President Denis Sassou Nguesso van die Kongo het die afgelope naweek se presidentsverkiesing gewen nadat hy gesorg het dat ‘n beperking op die aantal termyne wat hy mag dien, afgeskaf is. Hy is die afgelope 30 jaar reeds in die regeringstoel. Die land se ministerie van Binnelandse Sake het die uitslag in Brazzaville bekendgemaak te
Twee verdagtes ivm moord op wit egpaar vrygelaat
Die swart tuinier wat in verbrand met die moord op die Pienaar-egpaar van Nigel aangekeer is, se handlangers is vrygelaat. Volgens die polisiewoordvoerder was daar geen bewyse wat die twee ander swartes met die dubbelde moord kon verbind nie. Twee wit bejaardes, Allan en Chrissie Pienaar, is Saterdagaand tuis in Ferryvale in ‘n mesaanval vermoor.
Lees verder: Twee verdagtes ivm moord op wit egpaar vrygelaat
Trump, Hillary fokus op terreur, immigrasie na oorwinnings
Donald J. Trump en Hillary Clinton het hul teenstanders in die Arizonavoorverkiesing Dinsdag oorweldig, volgens die Associated Press. Die twee presidensiële voorlopers hoop om te verhoed dat die nominasiestryd ingewikkeld raak sodat hulle op mekaar kan begin konsentreer. Dit blyk dat een van die belangrikste verkiesingskwessies sal handel oor immigrasie. Trump, die Republikeinse presidensiële voorloper,
Lees verder: Trump, Hillary fokus op terreur, immigrasie na oorwinnings
Sanral se e-tol-invordering onwettig
Sanral se voorneme om dagvaardings uit te reik vir agterstallige e-tolrekeninge, neem hoegenaamd nie die Nasionale Verbruikerskommissie se ondersoek in ag nie, het die VF+ gesê. Die party het vroeër reeds namens alle rekeninghouers ‘n klag by die Verbruikerskommissie ingedien waarin aangevoer word dat Sanral se meetinstrumente nie voldoen aan die vereistes van die Metrologiewet
‘Geen Suid-Afrikaners in Brusselse aanvalle dood nie’
Nelson Kgwete, die woordvoerder van die die departement van Internasionale Betrekkinge, sê hulle is nie bewus van enige Suid-Afrikaners wat in die terreuraanvalle in Brussel omgekom het nie. Die Afrika Unie Kommissie het die aanvalle in die Belgiese hoofstad veroordeel. Die voorsitter van die Kommissie, Nkosazana Dlamini-Zuma, het haar medelye uitgespreek met die families wat
Lees verder: ‘Geen Suid-Afrikaners in Brusselse aanvalle dood nie’
Belgiese polisie stel foto van Parysverdagte vry
‘n Foto wat Maandag deur die Belgiese federale polisie beskikbaar gestel is, toon die verdagte, Najim Laachraoui, wat glo met die onlangse aanvalle in België verbind kan word. Belgiese aanklaers het ’n beroep die publiek gedoen om enige inligting aangaande Laachraoui aan wetstoepassers te oorhandig. Daar word vermoed dat hy een van die topverdagtes in
Lees verder: Belgiese polisie stel foto van Parysverdagte vry
Aanval in Mali op EU militêre sending
Gewapende mans het Maandagaand ’n hotel in Mali se hoofstad, Bamako, bestorm, waar die Europese Unie (EU) se militêre opleidingsending tuis is. Een persoon is in die aanval dood. Die gewapendes het die hotel omstreeks 18:30 aangeval waarna hulle onder geweervuur van veiligheidswagte ontsnap het. “Vier mense het probeer om hul weg te baan deur
ANC-oudminister gekaap
Netwerk24 het berig dat genl. Siphiwe Nyanda, voormalige minister van kommunikasie, glo Dinsdagaand in Rooihuiskraal, Centurion, gekaap is. Drie kapers het blykbaar die generaal se blou Porsche Panamera toegeëien en daarmee in Centurion rondgery, volgens die ANC-woordvoerder, Keith Khoza. Khoza het op sy Facebook-bladsy mense op hul hoede gestel om op die uitkyk te wees
België vrees nog terreuraanvalle
Belgiese owerhede vrees nog terroriste-aanvalle nadat bomontploffings die lughawe en moltreinstelsel vanoggend geruk het en hulle op ‘n selfmoordbomgordel afgekom het wat nie ontplof het nie. Ten minste 34 mense is dood en 170 beseer na gekoördineerde bomaanvalle op die belangrikste lughawe en die moltreinstelsel in die hartjie van Brussel. Die aanvalle, wat veroordeel is
Nóg ‘n bom ruk metrostasie in Brussel
Net na 9:00 het ‘n ontploffing die Maelbeek-metrostasie in die middestad van Brussel geskud, nie ver van die gebied wat die meeste van kerninstellings van die Europese Unie huisves nie, volgens die Belgiese uitsaaier RTBF. Die EU-administrasie in Brussel het alle afsprake gekanselleer. Die jongste aanval kom net ‘n uur na die verwoestende aanval op
