Nelson Kgwete, die woordvoerder van die die departement van Internasionale Betrekkinge, sê hulle is nie bewus van enige Suid-Afrikaners wat in die terreuraanvalle in Brussel omgekom het nie.
Die Afrika Unie Kommissie het die aanvalle in die Belgiese hoofstad veroordeel.
Die voorsitter van die Kommissie, Nkosazana Dlamini-Zuma, het haar medelye uitgespreek met die families wat geraak is deur die aanvalle.
Dlamini-Zuma sê die AU verwerp terrorisme en gewelddadige ekstremisme. Sy sê die AU sal met die internasionale gemeenskap saamwerk om terrorisme te bekamp.
Plaaslike en internasionale reise in België is steeds opgeskort en veiligheid regoor Europa is na die aanvalle opgeskerp.
‘n Vlag van ISIS en ‘n bom is gevind by ‘n huis in Brussel tydens ‘n soektog deur die Belgiese polisie in verband met Dinsdagoggend se aanvalle, het aanklaers gesê.
Die ploftoestel met spykers is by ‘n huis in die Schaerbeek-munisipaliteit gekry, het Belgiese aanklaers gesê.
Chemikalieë is ook gevind tydens die soektog.
Klopjagte word gedoen regoor die land in die nasleep van die terreuraanvalle, het die Belgiese federale aanklaer Frederic Van Leeuw aangekondig op ‘n perskonferensie.
‘n Moontlike verband tussen die Brusselaanvalle en die aanvalle in Parys word nog ondersoek.
Minstens 30 mense is dood toe selfmoordbomdraers by die Brussel-lughawe en die Maelbeek-moltreinstasie toegeslaan het. Bykans 200 mense is beseer, waaronder ook kinders.
Ploftoestelle, wat nie afgegaan het nie, is ook by die lughawe gevind. Alle lug- en spoorverkeer na en van Brussel is opgeskort.
Alle vlugte is gekanselleer en Brussel se lughawe sal minstens vir nog `n dag gesluit bly.
Eurostar het alle treindienste na en van die Belgiese hoofstad gekanselleer. Sekuriteit is ook in Brittanje by die Gatwick- en Heathrow-lughawens opgeskerp.
Die Nederlandse polisie het waarskuwingskote by Amsterdam se hoofstasie afgevuur toe drie verdagtes in hegtenis geneem is.
`n Polisie-woordvoerder sê die voorval het te doen gehad met dwelmmiddels, maar het plaasgevind nadat sekuriteit by Europese lughawens en stasies opgeskerp is weens die terreuraanvalle in België.

Ek beskou die ‘Aanvalle’ as vals vlag operasies- die EU polisie vind altyd op die toneel identifikasie dokumente,adresse en ander leidrade waarmee hulle dan op ISILvlae en bommaak toerusting beslag beslag le. Dit is reelmatig dieselfde uitkoms, dit klink nie reg nie. ISIL sit spesmagte oor die wereld ore aan , n mens sou dink dat hulle hul veilighuise sou beskerm of geheim hou.Dink aan die tyd wat die beplanning moes neem,wat dit logies maak dat hulle nie die ding impilsief gedoen het nie .
Gevolgtrekking ;kyk na die vryhede wat die vredeliewende bevolking weer gaan verloor, kyk watter land nou weer deur EU aangeval word, die veiligheidmaatreels wat nooit -selfs na die bedreiging weg is , opgehef word nie.
Ons Polisie,hoe onbeholpe ook mag wees sal nie so gou op die terrs kan toeslaan nie- plaasaanvalle n voorbeeld , vir ons SAP om saam te werk soos D-zuma se is lagwekkend want slegs regse groepe word gemonitor.
REG!
“Dlamini-Zuma sê die AU verwerp terrorisme en gewelddadige ekstremisme” – maar nie plaasmoorde op wit boere in ZA nie, daaroor sê julle niks!
En wat van haar eie ANC se terreuraanvalle op mense in die straat, restourante, kerke ens.’n skrale twintig jaar gelede. Die moesadi se geheue is ook maar kort.