Die aanslag op Bok van Blerk in onlangse uitgawes van Beeld en ander koerante het betrekking. Die feit dat Naspers besluit het om Bok te verguis, verbaas my geensins nie. Om die waarheid te sê, dit verstom my eerder dat dit hulle so lank geneem het om daarmee te begin.
Naspers bevind hom in ’n geweldige dilemma. Terwyl daardie mediahuis die ANC en lg. se beleid vooropstel moet dit terselfdertyd sy koerante aan sy oorwegend Afrikanermark verkoop. Die krisis waarin Naspers verkeer, is dat sy ideologiese sentrum, nl. die ANC, aktief die blanke, maar veral die Afrikaner, probeer ondergrawe. Soos wat Afrikanernasionalisme te midde van die groeiende anargie in die NSA ontwaak, word hierdie tameletjie toenemend taai.
