Die maatskappy het die Sunday Times gevra om 'n regstelling van die artikel te publiseer.
Anders as wat die Sunday Times beweer, meen die maatskappy dat albei sy wapenruilhandelprogramme goed op dreef is. Die maatskappy het gesê dat die program vir Krygkor reeds voltooi is.
Hoewel die departement van handel en nywerheid 'n vlekvryestaalfabriek in Coega verwerp het, word ander projekte in die plek daarvan beplan.

Die VN-gesant Haile Menkerios het gister na Suid-Afrika teruggekeer om die samesprekings oor Zimbabwe se politieke krisis te monitor.