VN-gesant kom aan vir Zim-samesprekings

ImageDie VN-gesant Haile Menkerios het gister na Suid-Afrika teruggekeer om die samesprekings oor Zimbabwe se politieke krisis te monitor.

Menkerios, die VN se assistent-sekretaris-generaal vir politieke aangeleenthede, sal Pretoria en daarna Zimabwe besoek vir raadpleging alvorens hy dié naweek na New York terugkeer.

Menkerios dien as die VN-hoëvlakverteenwoordiger in 'n verwysingsgroep.

Die groep sluit die Afrika-Unie en 'n paneel van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap in.

Dit is opgerig om Suid-Afrikaanse bemiddelaars by te staan en om gereelde inligting oor vooruitgang te verskaf.

паркетная доска как выбратьлобановский александр жена

Maak 'n opvolg-bydrae