Duitse wapenmaatskappy ontken enige oortreding

Die Duitse maatskappy MAN Ferrostaal sê hy het nog nooit enige betalings aan president Thabo Mbeki, Jacob Zuma of enige ander ANC-lid gemaak nie.

In reaksie op 'n koerantberig het MAN Ferrostaal in 'n verklaring vanuit Essen, Duitsland, gesê dat die artikels 'n groot aantal feitefoute bevat en die basiese beginsels van joernalistieke juistheid oortree.

Die maatskappy het die Sunday Times gevra om 'n regstelling van die artikel te publiseer.

Anders as wat die Sunday Times beweer, meen die maatskappy dat albei sy wapenruilhandelprogramme goed op dreef is. Die maatskappy het gesê dat die program vir Krygkor reeds voltooi is.

Hoewel die departement van handel en nywerheid 'n vlekvryestaalfabriek in Coega verwerp het, word ander projekte in die plek daarvan beplan.

машинки для малышейлобановский александр харьков