Volgens polisiedirekteur Phuti Setati, is die verdagtes verbind met die ontploffing by 'n OTM Donderdag by Majarengstat naby Klipgat.
Hy sê die polisie het inligting ontvang en het die verdagtes agtervolg na 'n huis in Klipgat. Die rowers het begin skiet en die polisie het hul vuur beantwoord, twee gedood en vier in hegtenis geneem.
Die polisie het beslag gelê op 'n AK-47-aanvalsgeweer, drie pistole, plofstof, 'n groot bedrag geld en 'n voertuig wat vermoedelik gesteel is.
Die verdagtes kan moontlik met ander misdade in die omgewing ook verbind word.
