Bridget Oppenheimer in haar huis aangehou

Bridget Oppenheimer, die doyenne van liberale Suid-Afrika en weduwee van die afgestorwe Harry Oppenheimer, is Woensdagnag met 'n mes aangehou en beroof in haar Milkwoodlandgoedwoning in Umhlanga, sê die KwaZoeloe-Natalse polisie.

Volgens polisiesuperintendent Jay Naiker, het twee mans, een met 'n mes gewapen, toegang tot die seefrontlandgoed verkry. Hulle het deur 'n badkamervenster in die huis ingedring en Oppenheimer met die wapen aangehou.

Naicker sê die mans het gevlug met 'n onbekende bedrag kontant, juweliersware en 'n televisie. Oppenheimer is nie beseer in die voorval nie.

проекты яхт для самостоятельной постройкилобановский александр харьков