Mbeki boos vir e-tv

President Thabo Mbeki het e-tv se kommentaar verwerp dat hy verseg het om te reageer op die huidige Zimbabwiese samesprekings wat deur Suid-Afrika gefasiliteer word.

Dit volg op 'n eksklusiewe e-tv-berig wat die ooreenkoms oor Zimbabwe se oorgangsregering uiteensit.

Vandeesweek het bronne na aan die onderhandelings besonderhede aan die Suid-Afrikaanse media laat uitlek.

Dit word beweer dat president Robert Mugabe as president sal aanbly terwyl Morgan Tsvangirai Zimbabwe as eerste minister sal lei.

Mbeki se woordvoerder, Mukoni Ratshitanga, sê dat e-tv nooit enige kommentaar van die presidensie oor die Zimbabwe-onderhandelingsuitslag versoek het nie.

гипсовая лепнина спблобановский обыск