Staat trek aanklagte teen buitelanders terug

Die staat het aanklagte teruggetrek teen 'n groot groep buitelandse mans wat in hegtenis geneem is omdat hulle twee weke gelede langs die kant van die R28 in Johannesburg gekampeer het.

Die meer as 200 mans hetgister in die Krugersdorpse landdroshof verskyn.

Die polisie is vir hul selektiewe geregtigheid gekritiseer omdat hulle net mans gearresteer het en die vroue wat dieselfde oortreding gepleeg het, gelos het.

Die Menseregtekommissie het die staat veroordeel omdat hulle vir twee weke op 'n geringe klag in die tronk aangehou is.

Die immigrante was vir 'n week langs die pad nadat hulle uit 'n vlugtelingkamp gesit is.

Landdros Erina Breedt het gesê die staat het om humanitêre oorwegings sy saak laat vaar.

Die immigrante, wat meesal van die DRK en Boeroendi afkomstig is, het geweier om na die Lindela-repatriasiesentrum terug te keer.

домики для кукол купитьлобановский харьков класс