Die minister in die presidensie, Essop Pahad, het aan 'n mediakonferensie in Pretoria gesê dat die presidensie kategories ontken dat Mbeki enige geld ontvang het om die transaksie te fasiliteer.
Die minister van openbare ondernemings Alec Erwin het ook die media gekritiseer oor wat hy die absurde aantygings rondom die wapenskandaal noem.
Erwin het verder die media gemaan om die ouditeur-generaal se verslag oor die saak te lees.
