ANC gelukkig om van Skerpioene ontslae te raak

Die ANC het gister die Skerpioene beskuldig van ernstige oortredings van die grondwet en die regstaat.

Die ANC se voorlegging om die Direktoraat vir Spesiale Operasies te ontbind, is deur Siphiwe Nyanda gedoen.

Hy het gesê die Skerpioene het die veiligheidsbelange van die land en sy burgers gekompromitteer.

Die ANC het ook herhaaldelik kwessies geopper aangaande die eenheid se skakeling met buitelandse inligtingstrukture, wat 'n oortreding van die grondwet en nasionale wetgewing is.

Hy sê die mediagedrewe, Hollywoodagtige operasies het as primêre oogmerk die vernedering van individue gehad eerder as om hulle te vervolg.

Nyanda sê dit is eienaardig dat politieke partye anderpad kyk as dit by die Skerpioene se ernstige oortredings van die grondwet en regstaat kom.

bet online freeАлександр Фильчаков

Maak 'n opvolg-bydrae