praag.co.za

Die Regsvereniging van Suid-Afrika is bekommerd

Written by

in

Die vereniging het gister 'n verklaring uitgereik waarin hulle die aanvalle op die hoofregter, die grondwethof, ander lede van die regbank en regsinstellings betreur.

Sulke aanvalle ondermyn die legitimiteit van die regbank, die howe en demokrasie en is onhoudbaar, het die liggaam gesê.

Die regstelsel kan nie doeltreffend werk sonder openbare vertroue nie.

Langa en die grondwethof word daarvan beskuldig dat hulle deel is van 'n politieke komplot om ANC-president Jacob Zuma te saboteer.

Die ANC se nasionale sekretaris, Buti Manamela, het Langa se uitsprake oor Zuma as uiters giftig bestempel.

игрушечный поездлобановский супермаркет класс

Comments

Leave a Reply