Die swart Mercedes-Benz S600 staan reeds maande lank in die garage van die Balgowan-landgoed in Sandton toegesluit.
Die voertuig beskik oor koeëlvaste vensters, die blou ligte van 'n amptelike voertuig en twee lisensieskywe met verskillende registrasienommers.
Een lui GP GP en die ander TZF 610 GP
Volgens Beeld is die TZF-registrasienommer vals en die geregistreerde residensiële adres van GP GP se eienaar is die presidensie.
Die wettige eienaar is Justine Chiota, 'n stigterslid van die Zimbabwe People's Party. Die party is van president Thabo Mbeki se mees onalngse bemiddelingspogings uitgesluit.
