'n Woordvoerder van die Johannesburgse polisie, Inspekteur Moses Maphakhele, sê 'n onbekende aantal mans het die erf van Malema betree en die kattebak van sy Mercedes E-klas oopgebreek.
'n Handsak wat sy paspoort, identiteitsdokument en bankkaarte bevat, is gesteel.
Die huis self is nie by ingebreek nie en geen inhegtenisnames is nog gemaak nie.
Die ANC-jeugliga het die inbraak by sy president se woning verwerp en dit as 'n lafhartige daad beskryf.
