VN ontruim personeel uit Pakistan

Die Verenigde Nasies het Maandag gesê dat hulle hul internasionale personeel uit noordwes Pakistan gaan onttrek as gevolg van die veiligheidsituasie wat daar heers.

“Hulle sal onmiddellik verplaas word,” het Ishrat Rizvi, ‘n VN-woordvoerder gesê.

Ban Ki-moon, die sekretaris-generaal, het ‘n veiligheidstoestand, bekend as Fase IV, in die provinsies aan die noordwestelike grens en federaal beheerde stamgebiede afgeroep, het ‘n verklaring van die VN gesê.

“Die besluit is gemaak met die intense veiligheidstoestand wat in die gebied heers in gedagte,” het die verklaring gelui.

Die VN se Wêreldvoedselprogram, VFP, het aan die einde van verlede maand verspreidingsentra, wat sowat twee miljoen mense in die noordweste van voedsel voorsien het, as gevolg van sekuriteitsvrese gesluit.

Rizvy kon nie onmiddellik bevestig hoeveel buitelandse personeel ontruim word nie.

“Ons het nie groot getalle internasionale werkers in daardie omgewing nie,” het hy gesê.

 

управление парусной яхтой в одиночкутопкарго

VN prys Obama oor hy MIV-reisverbod ophef

Ban Ki-moon, sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies (VN) het pres. Barack Obama geloof nadat hy die reisverbod op mense wat MIV-positief is, opgehef het.

Hy het ander nasies aangemoedig om dieselfde te doen.

Obama het aangekondig dat sy administrasie Maandag dié omstrede Amerikaanse beleid wat sedert 1987 van krag is, gaan omkeer.

Die verbanning van buitelanders met MIV/vigs wat Amerika besoek, sal na verwagting vroeg volgende jaar opgehef word.

 

play slots online for free with bonus gamesФільчаков Олександр Васильович прокурор

Verbete Afrikaners

Ek sien Max du Preez vra die vraag “Waarom is Afrikaners so gatvas en verbete?” in Beeld en Die Burger se By van 17 Oktober 2009. Tipies van Max soek hy die fout by die Afrikaner. Alles net omdat die Afrikaner ‘n beleid van afsonderlike ontwikkeling gevolg het. Dan vra mens: was apartheid ‘n onding of geniale sosiale ingenieurswese wat verongeluk is deur sekere Afrikaners wat nie oor die nodige insig en deursettingsvermoe beskik het nie?

Rewolusionêre druk is deur ‘n swart beweging gemobiliseer en volbring deur mense uit Afrikanergeledere. Ons kan herhaaldelik argumenteer oor wat kon wees, maar die werklikheid is wat dit is. Dit beteken nie almal moet dit so aanvaar en inskakel by ‘n mislukte regering en Suid-Afrika nie. Die enigste fout wat die Afrikaner begaan het, was om toe te laat dat Suid-Afrika uitverkoop word. Hoekom moet ons hou van etniese vermenging, regstellende aksie aanvaar, orals transformeer of blatante swart bemagtiging aanvaar? Of soos Dan Roodt sê: ons leef in ‘n kakistokrasie. Hoekom moet ons?

Sodra die Afrikaner op regte aandring, is dit rassisme. Dit het ‘n cliché geword. Dit is ‘n basiese en universele beginsel van beskawing om jou medemens te respekteer. Elke volk het ‘n reg op selfbeskikking. Waarom word dié reg van die Afrikaners weerhou? Dieselfde reg is aan die verskillende etniese groepe vóór 1994 aangebied, maar dit is verwerp. Dan Roodt het onlangs nog ‘n uitstekende artikel op Praag geplaas waar hy die situasie omkeer en ‘n Xhosa-intellektueel bid:  “Liewe Nkosi, my taal, my kultuur, my volk, my tradisies gaan ten gronde. Mag ons eendag apartheid en ‘n eie tuisland ontvang. Mag die getransformeerde gebiede wat deesdae aan die Afrikaners behoort, eendag aan ons terugbesorg word. Seën ons tog met apartheid!”  Die Afrikaner wil apart wees en wil niemand onderdruk nie. Mag ons tog geseën word met ‘n eie staat!

Die enigste relevante vraag op dié stadium is: waarom mag die Afrikaner nie selfregerend in sy eie staat wees nie? Op die keper beskou, het Afrikaners die volle reg om Suid-Afrika op te eis soos dit voor 1994 daar uitgesien het. Voor 1994 was Suid-Afrika ‘n de jure-staat onder Afrikanerbeheer. Alles was beter in die tydperk tussen 1948 en 1994. Daar was behoorlike dienste, administrasie, orde en en en… Hoekom moet die Afrikaner deel en deelneem as hy nie wil nie? Die Afrikanervolk wil op sy eie wees. Afrikaans praat, met sy eie mense assosieer en op sy eie ontwikkel en presteer.

Iemand sal seker nou weer vra: wie is die Afrikaner en wie het die reg om namens die Afrikaner te praat? Dan is daar die uitverkopers wat steeds hul bes probeer om Suid-Afrika te laat werk en bly glo aan ‘n Afrika-utopie. Daar is ook ‘n groot aantal wat nie branders maak nie. Die realiteit is te vinde in die alledaagse handel en wandel. Baie min is tevrede met die huidige Suid-Afrika waar die Afrikaner en blanke in die algemeen gemarginaliseer word. Wanneer ‘n Afrikanerstaat weer vorm aanneem, sal die meerderheid daar wil woon.

Afrikaners sal die volkstaatdebat verbete voortsit en verbete veg om die volkstaat te laat realiseer. Organisasies kom en gaan, maar een ding is seker: Afrikanerongeduld en -solidariteit groei. ‘n Verenigde front is nodig om die Afrikanervolkstrewe by veral die Verenigde Nasies te promoveer en druk te mobiliseer op die huidige Suid-Afrikaanse kakistrokatiese regering. Of moet daar eers ‘n Kosowo-situasie ontwikkel voordat die Afrikaner sy volkstaat kan verkry? Na regte kan die hele Suid-Afrika opgeëis word maar iewers is daar ‘n Afrikanerintellektueel wat ook bid: “Seën ons tog met ‘n volkstaat.”

wedding jewelry earringsлобановский супермаркет класс

Zuma loof internasionale samewerking vir die val van apartheid

Die Suid-Afrikaanse president, Jacob Zuma, het gister gesê dat die einde van apartheid in sy land moet dien as ‘n voorbeeld van die vermoë van samewerking op die globale verhoog.

In sy eerste toespraak aan die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering in New York het Zuma gesê dat soortgelyke vasberadenheid getoon moet word om die wêreldwye ekonomiese krisis te beëindig, klimaatsverandering te beveg en om ‘n einde aan armoede regoor die wêreld te bring.

“Die rol van die Verenigde Nasies in die stryd om apartheid te beëindig is ‘n uitstaande voorbeeld van die kollektiewe politieke wil van die internasionale gemeenskap,” het hy gesê. “Dit verteenwoordig die oorwinning van eenheid oor verdeeldheid, van onderhandelinge oor konfrontasie.”

Zuma het ‘n beroep op ryker lande gedoen om nie die ekonomiese krisis ‘n verskoning te laat word om ondernemings aan armes in te perk nie. Hy sê Afrika het die afgelope paar jaar verbeterings gemaak in die beëindiging van konflikte regoor die vasteland, maar hy het steeds gepoog om meer internasionale ondersteuning vir vredesmagpogings te verkry.

центр насосного оборудованияДанильченко Юрий прокурор

‘China beheer Afrika’

Die Royal African Society voorspel dat China se beleggings in Afrika dié van Amerika teen 2010 sal oorskry.

Direkteur, Richard Dowden, het in Londen gewaarsku dat China tans die wêreldwye ekonomiese krisis gebruik om Afrika op te koop.

Hy het gesê Morgan Tsvangirai, Zimbabwe se premier, het met sy onlangse toer na Amerika en Europa net R1,2 miljard kon insamel, terwyl China aan die land 'n lening van R7,6 miljard toegestaan het.

Dowden sê ’n lening aan Zimbabwe is dieselfde as om geld onvoorwaardelik aan die mislukte regime te oorhandig en China is bewus daarvan.

“Wat hulle dus hulp, lenings of beleggings noem, is hoofsaaklik subsidies vir Chinese maatskappye om mynkonsessies te koop of om beter mee te ding met Westerse maatskappye vir Afrika se aanloklikste projekte."

Dowden meen China is besig om die politieke stryd op die vasteland ook te wen.

China en Rusland, sê hy, het 'n jaar gelede teen ’n Britse en Amerikaanse resolusie in die Veiligheidsraad gestem wat sanksies teen Mugabe en ander leiers voorgstel het. Dit was die oomblik toe Westerse mag in Afrika na China verskuif het, meen Dowden.

шланги дляАлександр Фильчаков