VN-humanit?re span ontmoet Zim-leiers

‘n VN-humanitêre span wat in Zimbabwe is om die land se humanitêre krisis te assesseer, het Maandag vergader met president Robert Mugabe en die nuwe eerste minister Morgan Tsvangirai, het ‘n amptenaar gesê.

“Die VN-span het die nuwe eerste minister ontmoet gedurende die oggend en die president laat in die middag; hulle het humanitêre sake bespreek,” het die amptenaar aan AFP gesê.

Die VN wil ‘n samewerkingspoging skep met die regering oor hoe om die humanitêre sake aan te spreek,” het die amptenaar gesê, en bygevoeg dat meer besonderhede oor die vergadering Dinsdag vrygestel sal word.

Die span wat gelei word deur Catherine Bragg, die VN se assistentsekretarisgeneraal vir humanitêre sake, is op ‘n 5 dae besoek aan die land wat deur krisisse oorweldig is, na amper ‘n dekade van ekonomiese wanbestuur.

Bragg het Sondag gesê “Die doel van die besoek is om die realiteit van die situasie in Zimbabwe te verstaan.”

Die span sluit in verteenwoordigers van die Wêreld Gesondheidsorganisasie (WHO), die Wêreld Voedsel Program (WVP) en die VN Kinderfonds (UNICEF).

Zimbabwe stry tans teen ‘n cholera-epidemie wat meer as 400 mense dood gelaat het, ‘n ernstige voedseltekort en ‘n ekonomie wat in vryval verkeer.

Suid-Afrikaanse president, Kgalema Motlanthe, die voorsitter van die SAOG het die organisasie se ministers van finansies die week byeen geroep om ‘n plan te maak om Zimbabwe uit die krisis te help.

Twee weke gelede is Tsvangirai ingesweer as eerste minister, waardeur hy aangesluit het by sy eertydse teenstaander Mugabe in ‘n regering van nasionale eenheid.

гольфа для девочкиДанильченео

De Beers gaan twee myne in Botswana sluit

ImageBotswana se hoofmynmaatskappy het Maandag gesê dat hulle twee diamantmyne vir die res van die jaar sluit en 588 poste verminder om die dalende aanvraag te hanteer te midde van die globale ekonomiese afplatting.

Debswana, wat besit word deur die regering en die diamantreus De Beers, het gesê hulle gaan operasies by noordelike myne in Orapa en Damtshaa staak.

Twee ander myne wat gesluit was sedert die Kersvakansie sal egter weer op 14 April begin werk, het die maatskappy bygevoeg.

‘n Verslag wat verlede week deur De Beers uitgereik is, het aangedui dat produksie by Debswana met 4% gedaal het van 33,6 miljoen karaat in 2007 tot 32,3 miljoen karaat in 2008.

De Beers het verlede jaar ‘n 6,9 miljard wins aangekondig, wat 0,8% op is, weens die toenemende aanvraag in die eerste 9 maande van 2008. In die laaste kwartaal het aanvraag gedaal regoor die wêreld, volgens die maatskappy.

Botswana is die wêreld se grootse produsent van diamante per volume en per waarde. Ongeslypte diamante is die land se grootste industrie, wat 50% van openbare inkomste bydra, 33% van bruto binnelandse produk en 70% van buitelandse verdienste.

справка форма 086уФільчаков Олександр Васильович прокурор

Julius Malema ‘geen werklike leier’ – Mulder

Image

Pieter Mulder

"Julius Malema is geen werklike leier nie. Hy is slegs ’n gevaarlike opsweper en haatsaaier. Dit is die maklikste soort politiek. Om opponente sleg te sê en hulle kakkerlakke en slange te noem, kan enigeen doen. Op die kort termyn is jy gewild, maar op die langer termyn besef jou volgelinge dat jy geen werklike bydrae tot oplossings maak nie", het dr. Pieter Mulder, VF Plus-leier, in reaksie op mnr. Malema se aanvalle op opposisiepartye gesê.

Die moeilikste politiek is om met wysheid leiding aan jou volgelinge te gee. Dit mag jou op die kort termyn ongewild maak, maar op die langer termyn word jy reg bewys en styg jy uit as ’n ware leier.

Dit is die soort leierskap wat Nelson Mandela geïllustreer het. Malema glo ANC-leiers het ’n geskiedenis van omstredenheid en probeer dit op ’n amateuragtige wyse naboots. As voorbeelde neem hy egter nie Nelson Mandela nie, maar Peter Mokaba met sy “Kill the Boer” slagspreuk en Winnie Mandela wat almal met vuurhoutjies wou bevry. Soos sy rolmodelle is net die beste goed genoeg vir Malema. Te midde van sy volgelinge se armoede ry hy in ’n Mercedes-Benz E-klas en woon in die rykmansbuurt Sandton.

Suid-Afrika kan nie bekostig om by hierdie tipe leier en politiek vas te steek nie. ’n Miljoen Tutsi’s is in 1994 in ’n volksmoord in Rwanda vermoor. Dit is ook voorafgegaan deur haatspraak waarin Tutsi’s as kakkerlakke wat uitgewis moet word, beskryf is.

As dissipline uit ’n samelewing en uit skole verdwyn, dan word ’n individu soos Julius Malema ’n jeugleier. As jeugleier is hy gekies by ’n ANC-Jeugkongres waar swak gedrag, drank misbruik, ontbloting en skade aan eiendom die kenmerke van die kongres was. In ’n gedissiplineerde samelewing soos Japan of China sou so ’n kongres op die toekoms van die land gekonsentreer het en sou Malema se soort retoriek nie eers raakgesien gewees het nie.

Om te verhoed dat Malema ooit president van hierdie land word, moet die ANC in die opposisiebanke eindig. Geen opposisieparty kan dit alleen regkry nie. ’n Koalisie van opposisiepartye kan dit wel regkry. Daarom moet elke kieser stem vir die party die naaste aan sy waardes. Ná die verkiesing werk ware verantwoordelike leiers dan saam om dit reg te kry.

комбинезон зимний девочка годлобановский александр отзывы

Zim-diplomate kan nie hul rekeninge betaal nie

Die maand het 'n diplomaat van Zimbabwe wat in Oostenryk gestasioneer is, selfmoord gepleeg, klaarblyklik in 'n toestand van depressie na 'n uitsettingsbevel. Sy is in Harare begrawe na vriende en familie geld bygedra het om die liggaam na Zimbabwe te laat vervoer.

Daar is baie stories oor diplomate wat oorleef op buitelandse geld wat gestuur word deur uitgebreide families in Zimbabwe en op gunste en gawes van vriende. Baie is diep in die skuld nadat hulle oortrokke geraak het vir hulle alledaagse behoeftes.

Zimbabwe het 38 diplomatieke sendings en 3 konsulate regoor die wêreld. Die grootste sendings is in New York en Geneva, as gevolg van die VN. Ambassadeurs word tussen 11,000 en 13,000 Amerikaanse dollar per maand betaal, afhangende van senioriteit.

Buitelandse geldaansoeke aan die reserwebank van Zimbabwe deur oorsese ambassades is nie ten volle uitbetaal nie. In Februarie het die New Yorkse sending net $100,000 ontvang, nadat die agterstallige en ander maandelikse verpligtinge meer as $i miljoen beloop het.

Bronne sê dat Zimbabwiese diplomate en buitelandsesakepersoneel wat oorsee geplaas is, nie vir die laaste 5 tot 7 maande betaal is nie. Dit beteken dat hulle nie in staat is om meeste verpligtinge te ontmoet nie, soos om akkommodasie te betaal, verhitting, medikasie en skoolfondse. Plaaslik gewerfde personeel het vir die laaste 3 tot 5 maande geen salarisse ontvang nie, en ook geen bonusse nie.

In Indië, Iran en Oostenryk het eienaars vir kanselarye en wonings hulle ministeries van buitelandse sake genader om klagtes te rig omtrent die agterstallige betalings deur Zimbabwiese missies.

'n Diplomaat wat anoniem gepraat het, het gesê: "As gevolg van die humanitêre krisis by die huis is ons nie meer 'n prioriteit nie."

jewellery forАлександр Фильчаков

ANC en IVP wil-wil slaags raak

Minister van veiligheid en sekuriteit Nathi Mthethwa moes Sondagmiddag fisies tussenbeide tree om botsings tussen IVP- en ANK-ondersteuners te verhoed in KwaZulu-Natal se Mselenigebied.

Die minister het gehelp om 'n potensieel plofbare situasie te voorkom toe 'n handvol IVP-ondersteuners probeer het om ANK-ondersteuners te verhoed om die stadion te verlaat waar hulle 'n saamtrek gehou het.

Die twee partye het saamtrekke gehou net meters van mekaar af, ten spyte van die Pietermaritzburgse hofuitspraak wat Saterdag 'n interdik toegestaan het waarvolgens die IVP verhoed is om 'n saamtrek te hou minder as 5 kilometer van die ANK se saamtrek.

Die ANK het die hof genader om die IVP te verhoed om 'n saamtrek te hou naby die Nselenistadion, omdat daar insidente van geweld uitgebreek het toe die IVP en ANK hulle saamtrekke naby mekaar gehou het.

Kaptein Jay Naicker het gesê die IVP-saamtrek was 'n onwettige vergadering, en het bygevoeg dat hulle 'n hofbevel verontagsaam het. Hy het gesê die polisie ondersoek 'n geval van 'n onwettige vergadering.

Die polisie het geen arrestasies gemaak nie, en ook nie die vergadering van die IVP uitmekaar gejaag nie.

Daar was swaar teenwoordigheid van polisie en soldate op die toneel gedurende die saamtrekke op Sondag, wat meer as 5000 mense gelok het.

ударный гайковертЛобановский

Minister sit vas in Antarktika

Minister van wetenskap en tegnologie, Mosibudi Mangena, is gestrand in Antarktika vanweë slegte weer, het sy departement Sondag gesê.

Woordvoerder Nelvis Qekema het gesê Mangena het Vrydag soontoe gevlieg vir navorsingsdoeleindes met Suid-Afrikaanse, Duitse, Russiese en Noorweegse spanne.

"Hulle was veronderstel om Saterdag teen 11uur die aand terug te kom, maar was nie in staat nie, omdat dit te winderig was en steeds is…die weer maak dit onveilig om te vlieg," het hy gesê.

Qekema het gesê hy hoop Mangema en sy spanne sal taan Maandagoggend in staat wees om na Kaapstad te vlieg.

пазлы для детейЛобановский

Honger hi?na slaan toe

’n Werker van ’n natuurreservaat in Mpumalanga is gister deur ’n hiëna aangeval en doodgemaak.

Mnr. John Khoza (39) was besig om in ’n kamer by die Inyathi Sabi Sand-natuurreservaat televisie te kyk toe die hiëna toegeslaan het.

Die reservaat is naby die Krugerwildtuin.

Supt. Abie Khoabane het gesêdie hiëna is waarskynlik soontoe gelok deur vleis wat daar gaargemaak is.

Veiligheidswagte het die hiëna met sambokke verwilder, maar Khoza was reeds dood, het Khoabane gesê.

Die hiëna is later deur ’n wildbewaarder doodgeskiet.

line casinoФільчаков прокурор

Doop loop skeef

’n Doopplegtigheid gister van die Zionist Christian Church (ZCC) hier het in ’n tragedie ontaard toe twee mans vermoedelik verdrink het.
 
Boonop was die leraar van die kerk, biskop Joseph Molaoa (41), langer as drie ure op ’n eiland van boomtakke in die sterkvloeiende Modderrivier gestrand.

Die drama het hom afgespeel toe 29 mense van die kerk in Ipopeng gister in die rivier by Glen op die Brandfort-pad gedoop moes word.

Polisieduikers van Bloemfontein het Molaoa net ná 11:00 uit die water gered en is steeds op soek na die lyke van twee mans, mnre. David Monwame-tsi (49) en Joseph Malae (21).

Mev. Katherine Monwametsi, wie se man steeds vermis word, het gesê die lidmate hulleself het teen 07:00 na die rivier gewend. “Dit is deel van ons kerk se geloof om ons elke nou en dan te laat doop.”

Die gemeente bestaan sedert Mei verlede jaar en gister was die tiende doopplegtigheid.

Sy het gesê Molaoa het haar man en Malae in die water in laat loop. Hulle sou eerste gedoop word.

“Ons weet steeds nie hoe dit gebeur het nie. Die stroom moes seker baie sterk gewees het en die drie mans het net verdwyn.”

Die leraar het sowat 200 m verder aan takke in die middel van die rivier vasgegryp.

Hy was langer as drie uur gestrand. Insp. Norman Kühn, onder wie se leiding die duikers die reddingsaksie uitgevoer het, het gesê die stroom was baie sterk. “Ons het op die beste en veiligste reddingsmetode moontlik besluit en die predikant met ’n reddingsboot en toue uit die rivier gekry.”

Dit het nagenoeg ’n uur geneem om Molaoa in veiligheid te bring. “Ek is so bly ek lewe. Daar is nie woorde om my blydskap te beskryf nie,” het hy gesê.

Die soektog na die ander twee is vertraag deur die ruwe terrein langs die rivier en swak weersomstandighede wat verhinder het dat ’n polisiehelikopter ingespan kon word.

Kühn het gesê die soektog na die ander twee sal vandag hervat word.

фонарь прожекторАлександр Фильчаков прокурор

MIV-koers onder Swazi-vroue staan nou op 42 persent

'n Nuwe verslag sê dat 42% van swanger vroue in Swaziland besmet is met die virus wat Vigs veroorsaak.

Die klein Suider-Afrika-nasie het die hoogste Vigssyfer ter wêreld  en die gemiddelde lewensverwagting is selfs 37 jaar as gevolg daarvan.

In 2007 was 39% van swanger vroue MIV-positief. 'n Regeringsverslag wat Vrydag vrygestel is, het gesê die toename in 2008 was toe te skryf daaraan dat meer vroue medikasie neem en op dié manier langer lewe.

Vigsaktiviste blameer Swaziland se koning Mswati III dat hy te min doen om die gebruik van kondome en bewustheid van MIV-toetsing aan te spoor. Hulle sê dat hy 'n swak voorbeeld stel deurdat hy 13 vroue het.

игрь для детейАлександр Фильчаков Васильевич

Wateraanvraag ‘n kopseer

Waterprobleme wat ervaar word in Suid-Afrika is die gevolg van aanvraag wat groter is as die beskikbare voorraad, en nie die gevolg van swak beplanning nie, het 'n waterkenner Donderdag gesê.

Die SA Instituut van Siviele Ingenieurs se waterdivisievoorsitter, Chris Herold, het gepraat tydens 'n openbare debat by die universiteit van Johannesburg (UJ) oor die onderwerp of plaaslike water veilig was om te drink en wateruitdagings wat die land in die gesig staar.

"Dit is 'n ernstige probleem, veral as ons nie vuil water kan vinniger suiwer nie. Infrastruktuur en waterwerke word nie vinnig genoeg gebou nie en daar is geen kapasiteit (siviele ingenieurs) om die werk te doen nie," het Herold gesê.

Die ministerie van water en bosbou het eenkeer gesê dat teen 2013 sal die watervoorraad meer wees as die aanvraag daarvoor.

"2013 is reeds met ons en die wateraanvraag is reeds meer as die voorsiening," het hy gesê.

"Dit is nie omdat daar nie behoorlike beplanning is nie, maar vertraagde reaksie met die implementering van die planne. Ons moet aandring op aanvraagbestuur," het Herold gesê.

Hy het ook gesê dat water wat kom van projekte in Lesotho nie die Vaaldam bereik nie, maar gekaap word deur boere op die roete.

Ander kundiges wat by Herold aangesluit het op die paneel was Rand Water voorsitter by UJ, dr. Kobus van Zyl, professor Mike Muller en dr. Anthony Turton, voorheen van die WNNR.

Die gasheer vir die waterkennersbyeenkoms was die Weekender koerant en die Instituut vir Rasseverhoudings, wat gepraat het oor die probleme wat munisipaliteite ervaar het gedurende die onlangse cholera uitbraak.

сколько стоит пломбирование зубалобановский класс