Botswana se hoofmynmaatskappy het Maandag gesê dat hulle twee diamantmyne vir die res van die jaar sluit en 588 poste verminder om die dalende aanvraag te hanteer te midde van die globale ekonomiese afplatting.
Debswana, wat besit word deur die regering en die diamantreus De Beers, het gesê hulle gaan operasies by noordelike myne in Orapa en Damtshaa staak.
Twee ander myne wat gesluit was sedert die Kersvakansie sal egter weer op 14 April begin werk, het die maatskappy bygevoeg.
‘n Verslag wat verlede week deur De Beers uitgereik is, het aangedui dat produksie by Debswana met 4% gedaal het van 33,6 miljoen karaat in 2007 tot 32,3 miljoen karaat in 2008.
De Beers het verlede jaar ‘n 6,9 miljard wins aangekondig, wat 0,8% op is, weens die toenemende aanvraag in die eerste 9 maande van 2008. In die laaste kwartaal het aanvraag gedaal regoor die wêreld, volgens die maatskappy.
Botswana is die wêreld se grootse produsent van diamante per volume en per waarde. Ongeslypte diamante is die land se grootste industrie, wat 50% van openbare inkomste bydra, 33% van bruto binnelandse produk en 70% van buitelandse verdienste.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.