‘n VN-humanitêre span wat in Zimbabwe is om die land se humanitêre krisis te assesseer, het Maandag vergader met president Robert Mugabe en die nuwe eerste minister Morgan Tsvangirai, het ‘n amptenaar gesê.
“Die VN-span het die nuwe eerste minister ontmoet gedurende die oggend en die president laat in die middag; hulle het humanitêre sake bespreek,” het die amptenaar aan AFP gesê.
Die VN wil ‘n samewerkingspoging skep met die regering oor hoe om die humanitêre sake aan te spreek,” het die amptenaar gesê, en bygevoeg dat meer besonderhede oor die vergadering Dinsdag vrygestel sal word.
Die span wat gelei word deur Catherine Bragg, die VN se assistentsekretarisgeneraal vir humanitêre sake, is op ‘n 5 dae besoek aan die land wat deur krisisse oorweldig is, na amper ‘n dekade van ekonomiese wanbestuur.
Bragg het Sondag gesê “Die doel van die besoek is om die realiteit van die situasie in Zimbabwe te verstaan.”
Die span sluit in verteenwoordigers van die Wêreld Gesondheidsorganisasie (WHO), die Wêreld Voedsel Program (WVP) en die VN Kinderfonds (UNICEF).
Zimbabwe stry tans teen ‘n cholera-epidemie wat meer as 400 mense dood gelaat het, ‘n ernstige voedseltekort en ‘n ekonomie wat in vryval verkeer.
Suid-Afrikaanse president, Kgalema Motlanthe, die voorsitter van die SAOG het die organisasie se ministers van finansies die week byeen geroep om ‘n plan te maak om Zimbabwe uit die krisis te help.
Twee weke gelede is Tsvangirai ingesweer as eerste minister, waardeur hy aangesluit het by sy eertydse teenstaander Mugabe in ‘n regering van nasionale eenheid.
