Waterprobleme wat ervaar word in Suid-Afrika is die gevolg van aanvraag wat groter is as die beskikbare voorraad, en nie die gevolg van swak beplanning nie, het 'n waterkenner Donderdag gesê.
Die SA Instituut van Siviele Ingenieurs se waterdivisievoorsitter, Chris Herold, het gepraat tydens 'n openbare debat by die universiteit van Johannesburg (UJ) oor die onderwerp of plaaslike water veilig was om te drink en wateruitdagings wat die land in die gesig staar.
"Dit is 'n ernstige probleem, veral as ons nie vuil water kan vinniger suiwer nie. Infrastruktuur en waterwerke word nie vinnig genoeg gebou nie en daar is geen kapasiteit (siviele ingenieurs) om die werk te doen nie," het Herold gesê.
Die ministerie van water en bosbou het eenkeer gesê dat teen 2013 sal die watervoorraad meer wees as die aanvraag daarvoor.
"2013 is reeds met ons en die wateraanvraag is reeds meer as die voorsiening," het hy gesê.
"Dit is nie omdat daar nie behoorlike beplanning is nie, maar vertraagde reaksie met die implementering van die planne. Ons moet aandring op aanvraagbestuur," het Herold gesê.
Hy het ook gesê dat water wat kom van projekte in Lesotho nie die Vaaldam bereik nie, maar gekaap word deur boere op die roete.
Ander kundiges wat by Herold aangesluit het op die paneel was Rand Water voorsitter by UJ, dr. Kobus van Zyl, professor Mike Muller en dr. Anthony Turton, voorheen van die WNNR.
Die gasheer vir die waterkennersbyeenkoms was die Weekender koerant en die Instituut vir Rasseverhoudings, wat gepraat het oor die probleme wat munisipaliteite ervaar het gedurende die onlangse cholera uitbraak.
