Die kompetisie kommissie het Donderdag gesê dat dit moontlik ‘n kartel oopgevlek het onder plaaslike fietshandelaars wat daarop gemik was om hulle winsgrense te verhoog.
Die kommissie het gesê dat ‘n ondersoek geloods is en dagvaardigings is Donderdag bestel op twee fietswinkeleienaars, Fritz Pienaar van Fritz Pienaar fietse en Andrew Mclean van Cycle Lab.
Die kommissie het in ‘n verklaring gesê dat hulle die notule van 'n vergadering in hulle besit het waar ‘n groep fietshandelaars bespreek het hoe om winsgrense te verhoog.
Die minute van die vergadering is ook geplaas op ‘n fietsry webwerf, www.thehubsa.co.za.
“Die winkeleienaars het klaarblyklik bespreek dat hulle pryse sou opstoot op bybehore om winsgrense te verhoog van 50% tot 75%, om pryse op fietse te verhoog sodat winsgrense sou klim van 35% tot 50% en die koordinering van die verhogings om alles op dieselfde tyd in werking te tree…op die 1ste Oktober 2008.”
Die kommissie het gesê die winkeleienaars het klaarblyklik ook ‘n plan bespreek om sekere groothandelaars te kry om saam te werk.
Die handelaars wou gehad het dat die groothandelaars nuwe kleinhandelpryse aan hulle voorstel.
Die kommissie het gesê die winkeleienaars het klaarblyklik aangesig tot aangesig ontmoet in Gauteng en Kaapstad omtrent kartel planne.
Kommissaris Shan Ramburuth het gesê dit blyk asof daar meer partye betrokke was en die moontlikheid word ondersoek.
“Dat die handelaars gelgo het hulle kan saamwerk om pryse te verhoog sonder om gestraf ge word is skokkend.”
“Die kommissie beoog om deeglike ondersoek in te stel na die klaarblyklik blatante poging onder kompeterende handelaars om gesamentlik die pryse te verhoog vir niksvermoedende verbruikers.”

Goudproduksie in Suid-Afrika het in 2008 met 13,6% gedaal tot sy laagste vlak sedert 1922, het Suid-Afrika se kamer van mynwese Dinsdag gesê.
'n Britse motorvervaardiger is op die punt om toe te maak, wat 'n bedreiging inhou vir 100 000 poste, het vakbondverteenwoordiger Alistair Darling gister gewaarsku.
Fifa was Woensdag onseker oor hoe die globale resessie kaartjieverkope vri die 2010 Sokkerwêreldbeker kan beïnvloed, maar het gesê hulle is steeds vol hoop dat elke kaartjie vir elke wedstryd uitverkoop sal word.