Oliepryse was Dinsdag gemeng in Asiese handel in 'n mark wat afgetrek is deur 'n swakglobale ekonomiese vooruitsig, het analiste gesê.
New York se vernaamste termynkontrak, vir ligte , soet ru-olielewering in Maart het gedaal met 71 sent tot $36,80 per vat gedurende die middag.
Vloerhandel op die New York Merchantile Exchange (Nymex) was Maandag gesluit vir die Presidentsdag vakansiedag.
Brent Noordsee ru-olie vir April het toegeneem met 53 sent tot $43,81.
"Daar is afwaartse druk op Nymex ru-olie bo en behalwe die fundamentele toestande wat baie swak voorkom vir olie as gevolg van die swak ekonomiese vooruitsig," het Victor Shum, van Purvin en Gertz energie konsultante in Singapoer gesê.
Die groot ru-olie voorraad wat opgebou is in Cushing, Oklahoma, en die verval van die Maart kontrak hierdie Vrydag het gehelp om die standaard New York kontrak onder $37 te hou.
Cushing is die leweringspunt vir Nymex ru-olie.
Shum het gesê die April Nymex kontrak mag dalk bokant $40 verhandel, maar die "swak ekonomiese vooruitsig sal pryse maar laag hou."
Ru-olie termynkontrakte het gedaal van 'n rekordhoogtepunt van $147 per vat verlede jaar in Julie.
