Fifa was Woensdag onseker oor hoe die globale resessie kaartjieverkope vri die 2010 Sokkerwêreldbeker kan beïnvloed, maar het gesê hulle is steeds vol hoop dat elke kaartjie vir elke wedstryd uitverkoop sal word.
Kaartjieverkope begin Vrydag vir die gebeurtenis in Junie en Julie volgende jaar.
"Ek sal 'n baie dom persoon wees as ek sê dat die globale resessie geen invloed op die Wêreldbeker sal hê nie, maar die probleem is dat ons geen idee het hoe groot invloed dit sal hê op die sokker Wêreldbeker nie," het David Will, voorsitter van Fifa se Wêreldbeker kaartjiekomitee aan media gesê.
"Die sokkergeesdriftiges is 'n snaakse groep en mag dalk nie te veel gepla wees oor die globale resessie of selfs die verlies van hulle werk nie, en kan dalk wel hulle spanne na die Sokkerwêreldbeker toe volg."
"Dit is ons mikpunt om elke kaartjie in elke stadion vir elke wedstryd te verkoop."
Van 'n totale voorraad van omtrent 3 miljoen kaartjies, sal 740 000 beskikbaar wees om gekoop te word gedurende 'n eerste fase van verkope, wat tot 15 April sal duur.
Kaartjies sal deur Fifa se webwerf (www . fifa . com) te koop aangebied word en in Suid Afrika by verskeie banktakke.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.