praag.co.za

Obama stuur geheime boodskap aan Rusland

President Barack Obama het verlede maand ‘n geheime brief gestuur aan Rusland se president, waarin hy voorgestel het dat hy sal terugstaan oor die ontplooiing van ‘n nuwe missielverdedigingstelsel in oostelike Europa indien Moskou sal help om Iran te verhoed om langafstandwapens te ontwikkel, het Amerikaanse amptenare Maandag gesê.

Die brief aan president Dmitri A. Medvedev is drie weke gelede per hand afgelewer in Moskou deur top administrasie amptenare. Daarin word beskryf dat Amerika nie hoef voort te gaan met die Interceptor-sisteem, wat erge teen kanting van Rusland uitgelok het omdat dit deur Bush voorgestel is, indien Iran hulle pogings sou staak om kernplofkoppe en ballistiese missiele te bou nie.

Die amptenaar het gevra om anoniem te bly omdat die brief nie openbaar gemaak is nie. Hoewel hulle gesê het dat dit nie ‘n direkte quid pro quo aanbied nie, was die brief bedoel om aan Rusland rede te gee om saam met Amerika ‘n verenigde front te stel teen Iran. Rusland se militêre, diplomatieke en kommersiële bande met Tehran gee aan die land ‘n seker mate van invloed daar, en het die Russe Amerika se onbuigbare standpunt teen Iran dikwels gekritiseer.

Moskou het nie gereageer nie, maar ‘n Russiese amptenaar het Maandag gesê dat die minister van buitelandse sake Sergei Lavrov iets te sê sal hê oor missielverdediging aan die minister van buitelands sake, Hillary Clinton, wanneer hulle Saterdag in Geneva ontmoet. Obama en Medvedev sal vir die eerste keer op 2 April ontmoet in Londen, het amptenare Maandag gesê.

Medvedev het Sondag aanduidings gegee van die moontlikheid van ‘n ooreenkoms. “Ons het tekens gekry van ons Amerikaanse kollegas,” het hy aan die Spaanse media gesê volgens die staatsnuusagentskap RIS Novosti.

“Ek verwag dat daardie seine in positiewe voorstelle sal verander. Ek wil die saak, wat baie ernstig is vir Europa, bespreek met president Barack Obama.”

купить монополию киевданильченко юрій броніславович компромат

Comments

Leave a Reply