Ses uit tien mense in die wêreld het nou selfoonsubskripsies, wat aandui dat selfone die kommunikasietegnologie van keuse is, veral in armer lande, volgens ‘n verslag van die VN wat Maandag gepubliseer is.
Teen die einde van verlede jaar was daar omtrent 4,1 miljard intekenaars regoor die wêreld, vergeleke met omtrent 1 miljard in 2002, het die internasionale telekommunikasie unie gesê.
Landlyn subskripsies het teen heelwat stadiger tempo toegeneem tot 1,27 miljard van omtrent 1 miljard oor dieselfde periode.
“Daar is ‘n duidelike verskuiwing na mobiele sellulêre tegnologie,” het die agentskap gesê, en die aandag daarop gevestig dat ontwikkelende lande vir sowat twee derdes van selfone wat in gebruik is getel kan word. In 2002 was minder as die helfte van selfone wat in gebruik was wêreldwyd in die ontwikkelende wêreld, het die organisasie gesê.
Internet gebruik het meer as verdubbel. Omtrent 23% van mense op die planeer het die internet verlede jaar gebruik, wat ‘n verhoging is van 11% in 2002.
Arm lande is steeds agter wat betref internet toegang, met net een uit 20 mense in Afrika wat aanlyn gegaan het in 2007 – die mees onlangse jaar waarvoor daar behoorlike syfers beskikbaar was.
Vaste breëband het toegeneem tot omtrent 20% in ryk lande, terwyl regoor die wêreld net meer as een uit 20 mense toegang het tot vinnige internetverbindings by die huis.
Die Geneva-gebaseerde agentskap het die skerpste toename in mobiele breëband internet opgemerk. Die tegnologie wat gebruikers toelaat om op die internet te konnekteer teen hoë spoed met mobiele toestelle was beskikbaar vir 3% van die mense wêreldwyd, en het toegeneem tot 14% in ontwikkelde lande.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.