Bantoe-bewind moet onmiddellik eindig!

Beide Anton Barnard en Gustav Venter se mees onlangse bydraes tot hierdie webkoerant het my weereens laat besin oor die ondraaglike situasie waarin ons verkeer. Terwyl Barnard die swarte se onvermoë om te beplan korrek opsom, is ek bevrees dat Venter se verklaring van die Afrikaners se sportbeswyming en ons gevolglike gebrek aan aksie ook enorme waarheid inhou.

Geruime tyd al verlekker ek my in sportkwotas en die Bantoe-burokratisering van ons sport. Dit het by my die hoop laat ontstaan dat die dopamienbeswyming waarvan Venter skryf ten einde sou loop. Nogtans merk ek op hoeveel Afrikaners geskok is wanneer ek  die hoop uitspreek dat  die Springbokke hierdie en daardie wedstryde verloor. Miskien moet dit nog slegter gaan en miskien moet al die spelers swart wees… Maar kan ons nog meer foltering verduur? Wil ons?

Teen hierdie agtergrond kon ek met ’n redelike gevoel van tevredenheid aan myself erken dat daar gelukkig darem heelwat Afrikaners is wat so siek en sat vir die NSA is dat geen hoeveelheid kitsch silwer bekers hulle hoop vir die toekoms van die  NSA sou gee nie. My gevoel is dat behalwe vir die anomalie van Naspers se personeel en die malste van die sportfanatici die meeste Afrikaners nou werklik keelvol is. Nogtans word byna geen teenstand gebied nie…

Die situasie in die land is tans so erg dat ek meermale voel asof ek in ’n tipe omgedraaide werklikheid leef waar nog net die wette van die natuur wag om ook omgekeer te word.  Moorde, verkragtings, aanrandings Afrikaner-verguising, die instroming van honderde duisende onwettiges per maand (200 duisend? 300 duisend? Hoeveel?!), blanke ekonomiese ontmagtiging, riool in drinkwater, konstante kragonderbrekings, wydverspreide korrupsie, dreigende plaasonteinings, uitbarstende plakkerskampe, verkrotting van ons middestede, astronomiese belastings wat geen voordeel vir die betalers inhou nie, verregaande arbeidswetgewing en vele meer is alles deel van die absurditeit van die ANC-orde.

As mens mooi daaroor dink het die hele situasie die blote werklikheid van ’n ANC-regering opsigself ’n absurditeit gemaak. Die idee van hierdie regime oor ons mense het nou so geklik geraak dat dit vergelykbaar is met ’n malhuis waar die sielsiekes die psigiatriese personeel bestuur in stede van andersom. Dit is pandemonium… Of dalk sou die beskrywing van ’n barbaarse kriminele regering oor ’n Westerse minderheid volstaan. Hierdie selfde absurditeit  het onder Zanu PF gelei tot die totale vernietiging van die eens florerende Rhodesië/Zimbabwe. Indien ons met hierdie kennis nie die huidige toestand in ons land probeer omkeer nie, maak ons onself sekerlik skuldig aan ’n vorm van immoraliteit.

’n Tipiese voorbeeld van hierdie soort absurditeit (waarvan daar nimmereindige voorbeelde is) is die Departement van „Korrektiewe“ Dienste wat R35 000 per dag aan restaurant-uitgawes bestee! Die mees onlangse geval, wat die diefstal van welsynsgeld deur 21 000 welsynsamptenare behels, bewys onteenseglik die huidige bestel se korrupte en kriminele aard. (U het reg gelees: dit die getal is 21 000!) Hierdie situasie getuig van totale disfunksionaliteit in die huidige staatsbestuur. Vanaf die polisiehoof tot die laagste welsynsamptenaar bedryf misdaad op die rekening van die oorwegend blanke belastingbetaler.

Vir praktiese doeleindes is die ANC-staat die grootste misdaadsindikaat in die land. Terwyl amper elke amptenaar (wat meesal swart is) gedurig staatsgelde vir persoonlike verryking probeer aanwend, staan ons magteloos om van hierdie regime by die stembus ontslae te raak. Die diktatuur van die Afrika-meerderheid is absoluut en d.m.v. staatkundige prosesse staan ons magteloos jeens hierdie oorheersing. Nogtans word daar aan ons voorgehou dat ons in ’n demokrasie leef. Hier bestaan geen demokrasie nie! Hierdie is ’n rassebestel van swart oorheersing. In die afwesigheid van die demokrasie en ’n verantwoordelike staat het Afrikaners geen plig om gehoorsaam aan hierdie staat te wees nie.         

Onvermydelik moet ek myself afvra waarom ons langer hierdie absurditeit duld. Miskien is dit omdat ons aan die wanpersepsie ly dat hulle mag oor ons uitoefen. Goed, ek erken daar is ’n beperkte mate van mag, maar selfs dit is grotendeels ’n situasie wat deur ons geskep word. Ja, dit is waar. Deurdat ons hulle foutiewelik as magtig waarneem, is ons onderdanig. Die werklikheid is egter dat hul ‚mag’ slegs waargenome mag is wat herhaaldelik deur die media aan ons as werklike mag uitgebeeld word. Ons word gebreinspoel.

Die enigste blankes wat uit hierdie regime voordeel trek, is groot besigheid en ook hierdie vyande sal tydens ’n Afrikanerrewolusie geëlimineer moet word. Die ANC het ons met behulp van groot besigheid en staatsmedia sielkundig gekoloniseer. As ons daardie sielkundige juk sou afgooi is die ANC-regime in groot moeilikheid.

Binne die huidige politiek korrekte kultuur is ons mense gans te verlam om enigsins te mobiliseer. Om die beperkinge van hierdie toestand te verbreek, het ons ’n krisis nodig. Alleen ’n nasionale krisis (waar oorlewing die sentrale kwessie is) sal daarin slaag om die kettings van politieke korrektheid te breek. Wanneer ons van daardie gevangenis ontglip, sal ons die sielkundige beweegruimte hê om die regime op elke denkbare gebied die stryd aan te sê.

Ek glo dat die regime reeds vir ons die aanvoorwerk vir so ’n krisis in veral die landbousektor gedoen het. Deur te dreig om ons boere te onteien het die boere die morele reg om hul tot alle middele te wend om hul posisie te verdedig.

Soos ek reeds voorheen aangevoer het, sal mobilisering nie vanuit die geledere van die stedelike Afrikaner kom nie. Daarvoor is lg. heeltemal te gedemoraliseer. Die Boere verteenwoordig die adel van ons volk, die mense met die morele ruggraat om standpunt in te neem. Waarop die Boere wel kan vertrou, is dat indien hul tot aksie sou oorgaan die oorgrote meerderheid stedelike Afrikaners daadeur geïnspireer sou word en hul op verskeie wyses sal ondersteun.

Sodoende sal die ideologiese beweegruimte geskep word om die regime se beheer oor ons te vernietig. Die sielkundige houvas van die ANC sal gebreek word. Die juk van sielkundige kolonisering deur die regime moet afgegooi word. Die huidige absurditeit waarin ons leef mag nie langer voortduur nie. Die ANC het die speelveld nou so gemanipuleer dat ons algehele ekonomiese, kulturele en waarskynlik biologiese uitwissing in die gesig staar. Hierdie ondraaglike situasie moet onmiddellik verander word en ons alleen kan dit bewerkstellig.

гидроаккумулятор купитьДанильченко Юрий Харьков

Imperiale skemer

ImageDie Verenigde State van Amerika was, tot onlangs, ’n selfversekerde reus wat geglo het dat hy sy wil op die res van die wêreld sonder teestand kan afdwing.  Amerikaanse leiers het vas geglo aan Amerikaanse uitsonderlikheid – ’n byna Calvinistiese idee dat die VSA belas en verkose is om die wêreld se hoeder en leier te wees.  Beide die liberale en konserwatiewe Amerikaanse leierskap het internasionale beleid ontwikkel met Amerikaanse uitsonderlikheid in gedagte.  In dié opsig, het Amerikaanse leiers geglo, moet die VSA ’n regverdige en wyse leier en arbiter wees, wat ontwikkeling en maatskaplike vooruitgang elders ondersteun en wat aktief teen politieke ideologieë soos fascisme en kommunisme optree.

Daar is egter teen dié tyd tekens dat Amerikaanse uitsonderlikheid en selfversekerdheid besig is om uit te rafel.  Dit word veral duidelik geïllustreer deur die fiasko in Irak, waar Amerika vasgeval is in ’n oorlog waar dit al moeiliker word om ’n oorwinning te verbeel. ’n Voormalige Amerikaanse bevelvoerder, luitenant-generaal Sanchez noem die situasie daar ’n “nightmare with no end in sight”.  Hy blameer veral die politieke inmenging in die oorlog, asook swak beplanning en ontleding van die Midde-Ooste wat hopeloos naïef is.  Ander belangrike stemme wat gehoor word is dié van Generaal Odom (“[Iraq] is the greatest strategic disaster in American history”), kolonel Larry Wilkerson (voorheen ge-assosieer met generaal Colin Powel) wat skryf dat “[Iraq is a] blunder of historic proportions”, en die voormalige National Security Council-voorsitter Zbigniew Brzezinzki” (“[Iraq is a] historic, strategic and moral calamity”). Daar is verder gerugte oor diep verskille tussen raadgewers en politici in die Amerikaanse Senaat en Huis van Verteenwoordigers, asook in die Wit Huis, oor Irak en wat gedoen moet word.  Die argumente wissel van meningsverskil oor besondere gebeure tot kwessies wat strategiese posisies aangaan.

Die gemors in Irak het ’n krisis by Washington se elite ontketen wat selfs dieper as die Viëtnam-oorlog se gevolge strek.  Dit is merkwaardig dat dit presies die Viëtnam-oorlog is wat neo-konserwatiewe denke in Washington aangespoor het om in Irak betrokke te raak:  Sielkundig omdat dit Amerikaanse uitsonderlikheid sou herstel, en strategies om aan die res van die wêreld te bewys dat die Hegemoon in die enkelpoolwêreld ’n internasionale betrokkenheid sal handhaaf om avonturiers en ander ongure lande en leiers in toom te hou.  Die resultaat was net die teenoorgestelde. 

Die neo-konserwatiewe elemente het nou in onguns verval.  Die Washington-elite, wat eens deur die ideologie van Amerikaanse uitsonderlik meegesleur is, is ontsenu en ontnugter.  Hillary Clinton, wat dalk die volgende president gaan wees, kry massiewe ondersteuning uit die Amerikaanse middelklas wat terugverlang na minder gekompliseerde dae toe Bill Clinton se eskapades the belangrikste nuus was in ’n wêreld waar Amerika by verre die belangrikste land was.  Die Demokratiese Party in die VSA is in ’n baie moeilike posisie oor Irak.  In die laaste Huis- en Senaatsverkiesings is lede verkies op grond van verkiesingsbeloftes dat Amerika uit Irak gaan onttrek.  Ongemaklike vrae oor die verkiesingsbeloftes begin uit die Amerikaanse kieserskorps opklink, en as die volgende president ’n Demokraat is, gaan daar ’n kreet van protes wees as Amerika nie met ’n vinnige uitgangstrategie uit Irak vorendag kom nie.  Die probleem?  Om so te vertrek is om te erken dat die oorlog verlore is en dit sal Amerika se baie vyande aanvuur om haar weer en aanhoudend aan te val.

Die idees onderliggend aan Amerika se uitsonderlikheid en haar persepsie om ’n unieke historiese rol te speel, kan dalk na haar Protestantse oorsprong teruggevoer word.  Hoe dit ook al sy, tot met die Eerste Wêreldoorlog was Amerika taamlik self-geïsoleerd van die res van die wêreld.  Toetredes tot die Eerste en Tweede Wêreldoorloë het die skaal in beide oorloë in die guns van die Amerikaanse hegemoon se bondgenote geswaai.  Die toetredes was in beide gevalle ietwat onwillig.  Pearl Harbour in 1941 het Amerika finaal wakker gemaak, en die wêreld word sedertdien deur haar (kultureel en ekonomies) oorheers.

Dat Amerika ’n land met buitengewone potensiaal is, was reeds voor die Eerste Wêreldoorlog bekend, maar dit is veral die diepte van Amerikaanse mag soos dit byvoorbeeld in die Slag van Midway in 1942 gesien is (toe Amerika met die geweldige sterk Japannese vloot korte mette gemaak het), wat vriend en vyand diep beïndruk het.

Die Amerika van die 1940s was ’n uitsonderlike en beskeie reus.  Die land het nie net uit die Groot Depressie opgestaan nie, maar het ’n nywerheidspotensiaal sonder gelyke opgebou. Haar soldate (wat gelowige en eerlike mense was) het nie net met Duitsland afgereken nie, maar het die Sparta van die Twintigste Eeu (Japan) oortuigend afgeransel en op die punt gestaan om die ontmoontlike doen:  Om Japan in te val en te beset.  Dit is net verhoed deur Amerikaanse kernwapens, wat Japan finaal geknak het en daarna heeltemal in bedwang gebring het. 

Uit die Tweede Wêreldoorlog kom net die VSA ongedeerd, as ’n land waarin amper 50% van die wêreld se totale ekonomiese bedrywighede plaasvind.  Die persentasie het later afgeneem, maar tot met 1990 was soveel as 25% van die wêreld se ekonomie Amerikaans. 

In die 1950s was Amerika ’n land met ’n doel:  Veg die Koue Oorlog, konfronteer kommunisme, en versprei die demokratiese en kapitalistiese ideaal.  Viëtnam het daardie gemeenskaplike doel ondermyn, en die Amerika van die periode 1960 tot 2000 was ’n verdeelde land sonder gemeenskaplike doelwitte.  Diep verskille tussen die Tweede Wêreldoorlog-generasie en hulle kinders (Die Baby Boomers) het Amerika se normale persepsies oor haarself ondermyn. Ook die wye verspreiding van dwelms en veral linkse idees geskoei op ’n nihilistiese en dekadente lewensbeskouing, het Amerikaanse families ondermyn, godsdiens as ’n dissiplinerende faktor verwyder, en sosiale kapitaal laat afneem.  Die land het tog daarin geslaag om kommunisme hok te slaan – dalk omdat kommunisme ’n onhaalbare ideal en ideologie was wat self sy logiese ondergang bewerkstellig het.

Die onvermoë van Amerikaanse soldate om af te reken met Noord-Viëtnamese insypelaars, Sputnik, Yuri Gagarin, studente-onluste in 1968, asook die olieskok in 1970 het die Amerikaanse psige diep geskud.  Daar was ’n kort herstel van Amerikaanse hegemonie na 1980, tydens die periode wat die val van die Berlynse muur en Ronald Reagan se optimistiese jare in die Wit Huis insluit. Gedurende die 1990s het ’n dekadente Amerika onder Bill Clinton rondgeslinger in die waansinnige geloof dat Amerika onaantasbaar, onoorwinlik en die enigste supermoondheid is.  Die aanvalle in New York en in Washington in 2001 daag Amerikaners se persepsies oor hulleself uit, maar die diep verdelings onder Amerikaners oor religie, rassisme, seksisme en die rol van Amerika in die wêreld, veroorsaak dat die reaksie na 2001 van korte duur is.  Amerika kan nie ’n lang oorlog veg nie, wat dalk ’n kenmerk van etnies en religieuse diverse gemeenskappe verteenwoordig.

Irak het die diep krake in die Amerikaanse gemeenskap laat uitkristalliseer.  Dit het verder weereens bewys, soos in die geval van Brittanje en Rome, dat Imperiale Skemer dikwels duidelik word wanneer die Empaaier betrokke raak in oorloë buite sy onmiddellike invloedsfeer.  Amerika kan nie eers een middelmatige land met ’n kleinerige bevolking dissiplineer nie.  Om wêreldleier te wees, verg meer potensiaal as dit, en ander lande weet nou dat die Amerikaanse Tier se tande wel getrek kan word. Amerikaanse leiers, wat met moedersmelk die idee van uitsonderlikheid en ’n unieke rol in die geskiedenis vir Amerika ingekry het, is ontnugter en ontsteld.  Hierdie leiers, wat glo dat hulle op die hoogste piek van die Wêreld sou sit, om ’n dominante staat te regeer wat vryheid en vooruitgang na die res van die mensdom sou bring, vind uit dat die werklikheid dalk baie anders gaan ontwikkel.  Die internalisering deur Amerikaanse leiers van sosiale idees soos anti-rassisme en anti-seksisme, ekonomiese vooruitgang,  kapitalisme, en Amerika se leiersrol om die idees te bemoedig en te versprei, het skielik te staan gekom teen ’n baie meer primitiewe vorm van politiek:  Dié van verowering, verslawing, oorlogsbuit en kulturele en geloofsoorheersing.

Net soos Britse uitsonderlikheid in die 19de eeu uiteindelik deur die Boere gestuit is, en later in die Wêreldoorloë vernietig is, blyk dit dat Viëtnam en Irak Amerikaanse uitsonderlikheid uitgedaag het en dalk mag vernietig. Die resultaat in Irak is nog onbekend, maar dit het die tekortkominge in die idee van Amerikaanse uitsonderlikheid duidelik sigbaar gemaak. In dié opsig gaan dit die internasionale balans van mag en Amerikaanse gewilligheid om internasionaal betrokke te wees ernstig aantas.

Op 20 Januarie 1961 het ’n selfversekerde Amerikaner die Wêreld aangekyk en verklaar: “Let every nation know, whether it wishes us well or ill, that we shall pay any price, bear any burden, meet any hardship, support any friend, oppose any foe to assure the survival and the success of liberty.”  Amerikaanse uitsonderlikheid het hoogty gevier, en John F. Kennedy het in sy eerste toespraak as president Amerikaanse uitsonderlikheid sentraal in sy presidensie en politiek gemaak.

Na Viëtnam en die olieskokke in die 1970s, verklaar Ronald Reagan in 1980: “it is morning in America”.  Hy was verkeerd, dit is skemer, en die Amerikaanse oomblik het dalk minder as ’n eeu geduur.

Оборудование Данильченко Юрий Харьков

Die kleur van misdaad

ImageDie skorsing van die hoof van die nasionale vervolgingsgesag, advokaat Pikoli, het opnuut die wêreldwye tendens van swart misdaad na vore gebring.  Mbeki het hierdie uitweg gekies om die ANC se nasionale polisiehoof, Selebi, wat ook Interpolhoof is, se beweerde misdade onder die mat in te vee want “dit sal nie net ’n nasionale skande wees as Selebi gearresteer word nie maar ’n internasionale skandaal veroorsaak”.  So glo die swart ANC dat misdaad maar gepleeg mag word, solank daar net nie verantwoording oor gedoen hoef te word nie.

Dit het weer swartes se siening van misdaad ter sprake gebring, en daarom kan daar met nuwe begrip na die New Century Foundation (NCF) se verslag oor misdaad in Amerika gekyk word.  Hierdie verslag, genoem The Color of Crime, het in 2005 groot opslae gemaak toe daar deur middel van sorgvuldige navorsing deur verskeie instansies, amptelike statistieke die lig gesien het oor die verbintenis tussen ras en misdaad.  Alhoewel geen statistiek ooit honderd persent betroubaar kan wees nie, het daaruit heelwat onbetwisbare feite aan die lig gekom.  Veral die feit dat dit so hewig aangeval en bevraagteken word deur die media, bevestig juis die vrees vir die ontbloting van die waarheid by die vyande van die blankedom.

Die feit dat swartes sewe keer meer geneig is om moord te pleeg as enige ander ras en agt keer meer om te roof, steel en plunder, is van die feite wat ontbloot is.  Dat die grootste oorsaak van ‘n hoë persentasie misdaad in spesifieke gebiede, die aantal swartes daar verteenwoordig,  voorspel vir Suid-Afrika ook niks goeds nie, veral in ag genome die ongeveer agtduisend onwettige immigrante wat daagliks uit Zimbabwe hier arriveer!

Feite soos dat swartes 39 keer meer gewelddadige aanvalle teen blankes pleeg as wat blankes teen swartes pleeg, en dat swartes 136 keer meer rooftogte teen blankes uitvoer as andersom, word in hierdie verslag aangedui.  Van die 770 000 gewelddadige aanvalle per jaar in Amerika, word 85 persent deur swartes gepleeg, en natuurlik slegs die orige 15% deur blankes. So kan daar uitgebrei word oor die magdom statistiek in hierdie verslag, en die boodskap kom duidelik deur oor wat dan ook vir Suid-Afrika vorentoe wag.

Die oeroue verweer teen hierdie feite naamlik dat die polisie bevooroordeeld optree teen swartes, of dat die sogenaamde armoede by die swart “agtergeblewenes”  die oorsaak van hulle misdaadpleging is, is almal die nek in geslaan deur inligting uit betroubare verslae van nog ander navorsingsbronne soos die SHR, die UCR en die NCVS, almal instansies met geloofwaardigheid.  Met samevattings daaruit berig die NCF in The Color of Crime onder andere dat die getal jeugbendes die afgelope drie dekades die hoogte ingeskiet het.  Waar daar in die sewentigerjare slegs 19 state in Amerika was wat las daarmee ondervind het, het 50 state in 2005 ernstig daaroor berig.  Ook die 270 stede en dorpe wat destyds verslag gedoen het oor jeugmisdade, het nou vermeerder na 2 300; asook dat jeugbendes meestal swart is met slegs 10% blanke bendes soos deur statistiek in 2001 bewys is.

Die vraag waarom rasse-studies oor misdaad gemaak behoort te word, het ‘n eenvoudige antwoord:  dit is uiters belangrik dat die waarheid gehoor moet word en die leuens van die globale multikulturaliste ontbloot word.  Geen samelewing floreer wanneer die waarheid onderdruk word nie. Dat rasseverskille ewig toegeskryf word aan armoede, werkloosheid, gebrek aan opleiding, ens, is leuens wat met feite gestaaf word deur noukeurige navorsingstudies. Dit is maklik om gewone publikasies oor misdaad te beskuldig van negatiewe stereotipes, maar statistiese rasseverskille is die fondament vir belangrike beginselbesluite, besluite wat ‘n hele volk of ras van uitwissing kan red.

Die waarheid, volgens The Color of Crime, is dat swartes doodeenvoudig meer geneig is tot misdaad as enige ander ras ter wêreld. Deel van die aanloop daartoe is dat swartes twee maal meer as blankes geneig is om uit ‘n skoolloopbaan of te ’n betrekking te dros. Wat interessant is, is dat selfs die liberale asook oningeligte Amerikaners weet dat hulle meestal deur swartes beroof word en daarom swart woonbuurtes eerder vermy. Dit blyk dat intuïsie sowel as feite darem nog ‘n rol speel ten spyte van die media se hardnekkige poging om die publiek anders te oortuig. Sal dit onredelik wees om ‘n spesifieke lugredery te vermy indien daar een na die ander vliegongeluk plaasvind…?

Dat immigrasie besig is om Amerika se probleme drasties te vererger, kan nie betwis word nie.  Intussen mag die onderwerp van rasseverskille nie openlik bespreek word nie, wat begrip vir die probleem by die gemiddelde blanke Amerikaner aan bande lê. Klink dit nie baie bekend as dieselfde toestand in Suid-Afrika nie?

In ’n land soos Amerika waar daar ‘n blanke president is en waar die meeste inwoners blankes is, is dit verstaanbaar dat navorsing oor rasse-misdaad soms wel die lig sien.  In Suid-Afrika waar daar ‘n swart president is, en waar die meeste inwoners (wettiges en welkome onwettiges!) swartes is, bestaan daar nie eers ’n moontlikheid dat die waarheid oor die kleur van misdaad geopenbaar sal word nie. As Mbeki eerder die misdaadondersoek na die swart polisiehoof in die wiele ry deur die betrokke advokaat te skors, vertel dit ons alles van die swart regime se siening oor misdaad.
 
Daarom sou dit die ideaal wees dat elke naasbestaande van elke blanke slagoffer in hierdie land, met ’n aangewese organisasie skakel om betroubare statistiek te help bou oor die etniese suiwering wat tans in Suid-Afrika plaasvind.  Daar is reeds ’n paar instansies wat hulle verbind het tot statistiekhouding daarvan, en elke blanke behoort moeite te doen om meer oor hulle te wete te kom en misdaadverslae daar te lewer.  Dit is al wyse waarop ons eendag met gesag oor die aanslag op die blanke mense van Suid-Afrika sal kan praat.

светодиодный миниатюрныйАлександр Фильчаков прокурор

Krag, kos en kitsbevrediging

ImageSuid-Afrika is die afgelope week of wat geteister deur aanhoudende kragonderbrekings. ‘n Onafhanklike energiekonsultant, Mnr Andrew Kenny, is ‘n uitgesproke kritikus van die ANC-regime se gebrek aan toekomsvisie. Volgens mnr Kenny het hy al tien jaar gelede gewaarsku dat daar ‘n krisis met kragvoorsiening sou voorkom. Daardie waarskuwings is egter deur die regime geïgnoreer en vandag ly Suid-Afrikaners daaronder.

Een gevolg van die kragonderbrekings is byvoorbeeld dat rou riool in riviere gestort word. Die SAUK berig vanoggend dat die inwoners van ‘n gebied wat strek vanaf Hartbeesboort tot by Bronkhorstspruit menslike afval in hul drinkwater kan verwag, aangesien miljoene liter riool nie behandel kon word nie. Die waterwerke wat drinkwater aan bogenoemde gebiede verskaf, is stroomaf van die rioolwerke. As ek in Bronkhorstspruit gewoon het, was gebottelde water my voorland.

Andrew Kenny sê dat daar tans slegs een steenkoolsentrale in die Noord-Transvaal gebou word, wat eers teen 2011 voltooi sal word. Die beplande tweede kernkragsentrale in die Weskaap sal eers teen 2015 voltooi wees. Dit beteken dat die huidige vlaag kragonderbrekings minstens vir die volgende dekade met Suid-Afrikaners sal wees.

Die situasie met ontoereikende elektrisiteit is uiteraard geen nuwe verskynsel in Afrika nie. Die groot meerderheid Afrikalande het óf wispelturige elektrisiteitsvoorsiening, óf daar is glad nie elektrisiteit in baie gebiede nie. Selfs al word kragsentrales met buitelands hulpgeld in Afrika opgerig, is die verspreidingsnetwerke so ontoereikend dat die vasteland vir baie jare nog sonder behoorlike elektrisiteitsvoorsiening sal wees. Suid-Afrika se oormaat elektrisiteit was dus ‘n anomalie in Afrika, en is "veroorsaak" deur die vorige regering se vermoë om behoorlike toekomsbeplanning toe te pas.

Elektrisiteit is slegs een aspek van die onvermoë van die ANC-regime om te kan beplan. In ‘n verregaande skema wil die owerhede die Ben Schoeman-snelweg se regterkantste baan reserveer vir voertuie met drie of meer insittendes. Internasionale vervoerpraktyk is egter om dit eerder vir voertuie met twee insittendes te doen, en dit gebeur in lande met toereikende openbare vervoer wat aan pendelaars ‘n realistiese alternatief bied. Die internasionale ervaring toon ook dat die impak slegs klein is en dat daar sodoende slegs ‘n klein toename in die aantal saamryklubs plaasvind.

Hierdie skema is dus gewaarborg om die probleme op die Ben Schoeman te vererger. Die groot gros motors wat tans in drie bane ry, gaan in die toekoms in twee bane moet ry. Dis niks meer as ‘n desperate poging om iets te doen aan ‘n situasie wat insgelyks tien jaar gelede reeds aandag moes geniet het nie. Die enigste realistiese oplossing sou wees om nog deurpaaie te bou, maar dit neem baie jare, en weer eens moes daar reeds ‘n dekade gelede beplan gewees het hiervoor.

Die vraag kom onwillekeurig by mens op: waarom kan die regime en Afrikane oor die algemeen klaarblyklik nie beplan nie? Ek doen die volgende verklarings aan die hand:

1. Die ou verdagte van regstellende aksie. Hieroor hoef ek nie veel uit te wei nie. Derduisende blanke kundiges soos elektriese en siviele ingenieurs is as gevolg van die regime se rassisme etnies uit die staatsdiens gereinig. Hulle is vervang deur onkundiges – met voorspelbare gevolge.

2. ‘n Gebrek aan toerekeningsvatbaarheid, wat ‘n universele kwaal op die kontinent is. Enkele jare gelede is die Amerikaanse deelstaat Kalifornië ook geteister deur kragonderbrekings soortgelyk aan dié wat tans in Suid-Afrika plaasvind. Kalifornië is tradisioneel ‘n staat wat vir die Demokrate stem, maar wydverspreide ontevredenheid onder die kieserskorps oor die elektrisiteitstekort het daarvoor gesorg dat die Demokraat Gray Davis deur ‘n Republikein, Arnold Schwarzenegger, vervang is as die goewerneur van Kalifornië.

In Afrika werk dinge egter nie so nie. Daar is klaarblyklik in die Afrikakieser se verstand geen verband tussen sy stemreg en sy persoonlike situasie nie. Onbevoegde regerings soos dié van Zanu-PF en die ANC kan vir donkiejare aan bewind bly, sonder dat die gedagte by die kieserskorps opkom om bloot vir ‘n meer bekwame regering te stem. Veral in Suid-Afrika, waar verkiesings geen doel dien buiten as ‘n soort rassesensus nie, is dit voorspelbaar dat die ANC geen risiko loop om vervang te word deur ‘n regering met die vermoë om wel te beplan nie.

3. Myns insiens is die eersgenoemde twee faktore egter slegs simptome van die grondliggende oorsaak van die probleem. Die geskiedenis het reeds honderde jare vóór Edison getoon dat daar ‘n fundamentele probleem met toekomsbeplanning in Afrika bestaan. Die eerste aanduidings hiervan was te vinde in Afrikane se landboupraktyke wat oor derduisende jare strek.

Jared Diamond het in sy boek Guns, Germs and Steel die opmerking gemaak dat Afrikane geen diere inheems aan die kontinent kon makmaak nie, buiten vir tarentale in Wes-Afrika. Beeste het uit Indië en die Midde-Ooste na Afrika gekom. Ook was die verbouing van gewasse uiters beperk, en is koring byvoorbeeld ook iets wat relatief onlangs uit die Midde-Ooste ingevoer is. Diamond probeer vergeefs om die verskoning aan te bied dat daar nie geskikte diere in Afrika was om mak te maak nie, maar die wilde voorsate van beeste in Indië was sekerlik ook gevaarlike diere, nes Afrika se buffels.

Landbou in gematigde streke van die planeet met groot verskille tussen seisoene, vereis egter toekomsbeplanning. Mielies word in die somer gesaai en in die winter geoes. Oorbenutting van grond verswak die kwaliteit van toekomstige oeste. Boere moet dus beplan om hul gewasse te roteer. Landbou vereis ook meganisering om ‘n groot bevolking te kan ondersteun, al is dit eenvoudige implemente soos ‘n ploeg wat deur ‘n perd getrek word. Afrikane se model was egter bloot om te trek agter hul vee se weiding aan. Van meganisasering en gesaaides wat ‘n groot, permanente bevolking in Afrika kon onderhou, was daar bykans geen sprake nie.

Dit was egter nie nodig vir Afrikane om te kan beplan nie, omdat die trope nie noemenswaardige seisoene het nie, en voedsel die hele jaar deur maklik bekombaar was. Daar is diegene wat spekuleer dat die onbetwiste verskynsel van lae IK onder Afrikane juis hierdeur veroorsaak is. In streke met ‘n kouer klimaat sou dommer mense, wat nie toekomsvisie aan die dag gelê het nie, eenvoudig uitgesterf het.

Die landbourewolusie wat in die res van die wêreld plaasgevind het, het nooit in Afrika plaasgevind nie. Die gevolg hiervan was dat Afrika relatief yl bevolk was toe die Europese koloniseerders die binneland in is.

Vir my is dit duidelik dat daar enorme kulturele probleme in Afrika bestaan en, durf ek dit skryf, ook probleme met denkvermoëns, veral waar dit die toekoms aanbetref. Vir derduisende jare was Afrika se kultuur een van leef vir die onmiddellike. Is jy honger? Slag ‘n bees. Het jy nie beeste nie? Plunder jou bure s’n.

Om terug te keer na Suid-Afrika se krisis met infrastruktuur: die eerste reaksie van die ANC-regime ná 1994 was nie om saam met kundiges te gaan sit en dink oor die toekoms nie. Dit was eerder om die land se ekonomie te plunder deur eerstens die staatsdiens van blankes te reinig. Tweedens is die sakesektor afgepers om miljarde rande aan die elite te oorhandig.

Toe Asiatiese lande soos Suid-Korea gemoderniseer het, het hulle ‘n grootskeepse poging aangewend om hul bevolkings op te voed en syfervaardig te maak. Dit het uiteraard nie onmiddellike rykdom geskep nie, maar die impak oor ‘n paar dekades was dramaties. Suid-Korea was in 1960 net so arm soos Zambië, maar deesdae is daar ‘n enorme gaping in welvaart tussen die twee lande.

Kontrasteer die langtermynvisie van die Asiate met die ANC-regime s’n. Die Xhosa-elite het binne ‘n kort tyd ongekende rykdom bekom deur eenvoudig andere se bates te plunder. Binne ‘n dekade het Suid-Afrika die ontwikkelende wêreld se grootste welsynstaat geword, met twaalf miljoen parasiete wat op drie miljoen belastingbetalers teer. Andersyds boer die land se opvoedkundige standaarde agteruit. Singapoer kom dikwels bo-aan die internasionale lys van wiskundige prestasies onder sy skoliere, teenoor minder as 3000 uit 350 000 swartes in Suid-Afrika wat jaarliks matriekwiskunde op hoër graad slaag.

Hier sien ons weer eens die fokus op kitsbevrediging: die Asiate gee hul mense die gereedskap om hulself mettertyd mee op te hef, maar Afrikane wil nou dadelik ryk word, ongeag die toekomstige impak waarvan.

Vandag sit ons letterlik in die duister as gevolg van Afrikane se onvermoë om die verband tussen huidige optrede en toekomstige gevolge in te sien. Gegewe die oorweldigende getuienis vir hierdie verskynsel in Afrika se geskiedenis, is die enigste misterie hoekom ons vandag verbaas is wanneer die krag weer eens afgeskakel word.

blackjack strategyлобановский александр биография

Afrikaners kort ?n Israel

ImageLeopold Scholtz was onlangs in Israel en het reeds twee artikels oor sy besoek geskryf. In gister se Beeld argumenteer hy dat daar ooreenkomste tussen die situasie van Afrikaners en dié van Jode in Israel is. Albei volke poog volgens hom “om oorlewing met geregtigheid te versoen”.

Verder staan Scholtz krities teenoor die vorige tuislandstelsel en meen hy: “Die ironie is dat gebiedskeiding, wat in Suid-Afrika misluk het, in die Midde-Ooste kan werk. Anders as die wittes in Suid-Afrika, het die Jode ’n meerderheidsbesetting in die staat Israel.”

Ook oud-president F.W. de Klerk het ongeveer ses jaar gelede sy oorgawe aan die ANC teenoor my probeer regverdig deur te beweer: “Daar is nêrens ’n gebied in Suid-Afrika waar swartes nie in die meerderheid is nie.”

Sowel Scholtz as De Klerk wil daarmee sê dat ons demografiese oorheersing deur swartes, maar veral Xhosas, moet aanvaar binne ’n stelsel van sogenaamde “demokrasie” wat van enige politieke of morele inhoud gestroop is. Soos ’n Franse advokaat dit onlangs in ’n brief aan ’n ontevrede blanke Suid-Afrikaner gestel het: “By julle het ’n oormaat van geregtigheid in onreg geëindig.”

Soos ek al voorheen geargumenteer het, is demokrasie nie ’n doel op sigself nie, maar ’n middel tot ’n doel. Demokrasie of volksregering is veronderstel om tot goeie en verantwoordelike regering te lei, want as die politici nie hul plig nakom nie kan hulle uitgestem word. In Suid-Afrika en in Zimbabwe, wat bloot die voorspel vir ons toekoms is, is daar geen moontlikheid van ’n regeringsverandering nie, al gedra politici hulself ook hóé en al word hulle in die wêreldmedia verguis.

Die aard van “Suider-Afrikaanse demokrasie” wat allermins op morele aansprake berus, kalwe dus Scholtz se argument rondom demografie halfpad weg. By ons – en waarskynlik insgelyks in Israel – gaan dit slegs in ’n mindere mate “om oorlewing met geregtigheid te voorsoen”. Soos ons in die onlangse verlede aan eie bas ervaar het by wyse van plaas- en huisaanvalle, asook sistematiese rassediskriminasie dwarsdeur die ekonomie, staatsdiens en onderwysstelsel, gaan dit meer dikwels by ons om oorlewing tout court, soos die Franse sê.

Net soos wat die individu geregtig is op redelike geweld as dit by noodweer of selfverdediging kom, so is ’n volk myns insiens daarop geregtig om stelsels wat ook ander faktore as blote demografie erken te ondersoek as sy voorbestaan of oorlewing op die spel is. Enigiemand wat ná “grondhervorming” soos dit in Zimbabwe toegepas is en tans dreig om by ons geïmplementeer te word nog daaraan twyfel dat die Afrikaner se voortbestaan as sodanig op die spel is, beter uit sy daggadroom ontwaak.

Dit is vandag maklik om met die voordeel van terugskouing vir Verwoerd te kritiseer. Boonop is die man voortydig in ’n sluipmoord deur ene Tsafendas dood. Terloops, iemand wys my onlangs daarop dat Tsafendas die eerste persoon was wat die term “reënboognasie” gebruik het, ’n hele paar dekades voor Desmond Tutu!

Nietemin dink ek Verwoerd se stelsel van tuislande sou uiteindelik misluk, nie omdat daar te min grondgebied aan swartes toegeken is nie (70% van Suid-Afrika bestaan in elk geval uit die Karoo-woestyngebied waar swartes nog nooit gewoon het nie), maar omdat die buiteland waarskynlik nooit tuislandonafhanklikheid sou erken nie.

In daardie opsig het Smuts ’n veel beter idee gehad: lyf Suidwes en die Britse protektorate by Suid-Afrika in en verdeel dan die grond tussen Afrikaners en swartes. Vandag word die onafhanklikheid van Namibië, Botswana, Lesotho en Swaziland internasionaal erken, hoewel hulle yl bevolkte lande verteenwoordig wat ekonomies net so afhanklik van Suid-Afrika is soos wat die ou tuislande is. Trouens, via die Suider-Afrikaanse Doeane-unie ontvang hulle begrotingshulp van Suid-Afrika net soos regte, egte tuislande, iets wat al selfs vir Trevor Manuel van die ANC-bewind laat opmerk het dat sodanige hulp op ’n eerliker manier aan hulle oorgedra behoort te word as om dit as doene en aksyns te verdoesel.

Ook Zimbabwe is ten nouste aan Suid-Afrika verbind. Na raming bevind die helfte van daardie land se bevolking hom reeds in ons land. Mugabe se ekonomie word staande gehou deur Sjina, maar veral deur die buitelandse valuta wat trekarbeiders uit tuisland Zimabwe vanuit Suid-Afrika huistoe stuur.

Daar bestaan vele internasionale voorbeelde van minderheidsregerings of oligargieë wat hoegenaamd nie gekritiseer word nie. Die Verenigde Arabiese Emirate byvoorbeeld beskik oor ’n bevolking van 4 444 011 siele waarvan nie minder nie as 81% sogenaamde nie-burgers is hoewel die meeste van hulle permanent in die land woonagtig is. In Europa is daar Switserland waarvan 25% van die werksmag uit grenswerkers bestaan.

Tot dusver was daar nog geen druk van enigiemand op die emirati’s van die VAE om stemreg aan nie-burgers toe te staan nie. Switserland ervaar insgelyks geen druk van menseregte-organisasies om verblyfreg of burgerskap aan die hoë aantal trekarbeiders wat die land tydelik besoek, te verskaf nie.

Demografie of die blote fisieke teenwoordigheid van mense in ’n land is maar een van die kriteria vir burgerskap. As ons nou na die Suid-Afrika kyk, kan die vraag gevra word: behoort die land aan die Xhosas en hul kliënte wat hom tans regeer? Verteenwoordig die geboue in Pretoria voorbeelde van Xhosa-argitektuur? Hierdie is retoriese vrae wat geen antwoord behoef nie.

Meer en meer Afrikaners besef vandag dat die skrif aan die muur is en dat Van Wyk Louw gelyk had toe hy gesê het dat die Afrikaner sonder politieke mag in Suid-Afrika so hulpeloos sal wees soos Jode in Nazi-Duitsland. Die groot meerderheid van ons mense besef vandag waarskynlik dat slegs ’n Israel ons van gewisse ondergang sal red.

Die vraag is nou waar so ’n Israel of volkstaat gevestig moet word? Die ooglopende gebied is Suid-Afrika soos hy tans is, maar sonder die Ooskusgebiede soos Kwazulu-Natal en die voormalige Transkei. Oor daardie gebied kan die Afrikaner vir seker aanspraak maak as sy land op allerlei taalkundige, kulturele en historiese gronde. Steeds besit ons die grootste deel van die grondgebied in daardie deel van Suid-Afrika.

Nie net is Afrikaans die grootste huistaal in daardie gebied nie, maar ook die grootste lingua franca wat deur die meerderheid mense verstaan en gepraat word.

Die ideaal van ’n groot Afrikaanse Republiek wat deur die Atlantiese Oseaan in die weste, die Indiese Oseaan in die suide, die Limpopo in die noorde en die Drakensberg in die ooste begrens sal word, is iets waarna elke Afrikaner bereid sal wees om te streef. Rondom ons bestaan daar reeds ’n hele aantal Afrikastate waarin ’n groot deel van Suider-Afrika se swart bevolking hul regte sal uitoefen of reeds uitoefen.

Smuts se idee van ’n groter Suid-Afrika wat op ’n Suider-Afrikaanse Konfederasie sal uitloop, kan die sleutel wees tot ’n Israel vir die Afrikaner waarin ons aanvanklik nie die meerderheidsbevolkings sal wees nie, maar wat demografies so bestuur kan word dat ons wel mettertyd ’n meerderheid in ons eie land vorm.

Die regstellende aksie en ander maatreëls wat die Xhosa-oorheersde ANC tans toepas om ons stelselmatig uit die land te werk, kan ook deur die Afrikaner toegepas word om nie-Afrikaners te oorreed om hul heil in die lande rondom ons te soek. Anders as in die geval van die Afrikaner wat op eie onkoste moet emigreer, kan daar finansiële aansporings wees vir nie-Afrikaners, nie-burgers om ons land te verlaat en hulle in die yl bevolkte lande rondom ons soos Botswana te gaan vestig. ’n Toekomstige Afrikaanse Republiek kan ’n groot rol speel om ook die state rondom ons te ontwikkel en Zimbabwe weer op sy voete te kry as ’n produktiewe en welvarende land.

Al wat ons van ons eie Israel weerhou, is ’n gebrek aan verbeelding en die wil om so ’n ideaal na te streef. Sekerlik sal ons, soos op elke tydstip van ons geskiedenis, teenstand vanuit sekere oorde ervaar, maar dit behoort ons nie daarvan te weerhou om dit wat elke volk ter wêreld as vanselsprekend beskou – ’n eie land, ’n eie republiek – na te jaag nie. Na alles is dit wat soveel geslagte voor ons met groot ywer wou vestig.

светильники браtopcargo развод

My dopamien op die altaar


Waarom ons die wêreldbeker nie durf wen nie

ImageNou goed. Ek erken, ek het ‘n dopamienkrisis. Dis so erg, dat ek myself in ‘n kringetjie in een of ander barre gemeenskapsaal kan sien opstaan en sê: “My naam is Gustav Venter. Ek is ‘n dopamienolis.” Soos enige verslaafde aan die begin van sy rehabilitasie, wil ek nog iemand anders vir my probleem blameer. Dis alles my pa se skuld. Hy het my opgevoed op ‘n dieet van storieboeke, flieks, opera en sport.

Die enigste van hierdie vier kultuurpilare waaroor ons enigsins verskil het, was opera: Pa het ‘n mate van ongeduld gehad met my Maria Callas-infatuasie. Op die ander gebiede is my smaak grootliks deur syne gevorm. Maar dit is veral oor sport wat ons harte saam geklop het.

Toe ek tien was, is ek saam met my pa Ellispark toe om te kyk hoe speel Transvaal teen die WP. Vir ander was dit dalk net ‘n Curriebekerwedstryd. Vir my was dit ‘n krygsveld! ridders! manlikheid! slagordes! Die WP het eerste verskyn en ek kon in hulle houdings en bleekblou-en-bleek streeptruie onmiddellik ‘n dodelike soort sluheid herken. Kort daarna kom die Transvalers uitgedraf. Sulke fierheid, trots en ooglopende opregtheid in hulle netjiese, soliede rooi-en-wit truie, swart kortbroeke en wit kouse met rooi lyne regom die bokant. Hulle name was soos ‘n dromgeroffel voor ‘n heldesaal: Greyling, De Klerk, Strauss, Bosch, Muller, Gustav Venter…

Gustav Venter? Nou goed, ek was nie op die spelerlys van die Transvaalse senior rugbyspan nie, maar geen speler op die veld was emosioneel meer intensief betrek as ek nie. Dis asof ek elke duikslag aan eie blad beleef het, asof my lyf saamgepers is vir elke gaping, asof my eie wêreld ‘n klein bietjie geëindig het met elke Rooibont-aanslaan. Meer presies, met elke bedreiging is dit asof my binnekant met mentol afgespons is. Andersins was daar die wonderlike gevoel van binnekrag; ‘n gloeiende viering van die stryd in my borskas. Angskoud en warmmagtig. Adrenalien en endorfiene. En ek onthou so goed die belofte: As ek seëvier – as Transvaal meer punte as die WP kry – gaan dit voel asof ek deel word van ‘n wolk van volslae tevredenheid en ‘n gevoel van algehele onoorwinlikheid en onaantasbaarheid. Dit is hoe ek vir die triomf beloon sal word.

Daardie beloning, weet ek nou, kom in die vorm van ‘n hormoon wat deur jou are suis: Dopamien.

As ‘n skoot dopamien ‘n wandeling op die pieke is, is die berowing daarvan ‘n nare geploeter in ‘n afvoersloot. Wie weet, as Transvaal daardie dag gewen het, was my dopamieninname nooit vir my so ‘n krisis nie. Maar toe verloor hulle – “Die WP hardloop kringe om Transvaal”, is hoe die verraderlike Rapport dit die volgende oggend gestel het – en my dopamienbeloning bly toe verstop in die speen. Dit is die ergste: Onttrekkingsimptome sonder die gloed.

Daardie aand voel ek verraai en verneder en ek het ‘n afgryslike verwyt in myself, asof ek net harder moes geskreeu het op die paviljoen, net meer intens moes gekonsentreer het… Nou is ek net ‘n verrinneweerde, gekweste, verkleineerde flenter van wat ek sou gewees het as ek en my Transvalers net een punt meer as die vandale van die Suide gekry het. Die dors na oorwinning is soos skuurpapier in my keel. Ek sou al my speelgoedgewere ingeruil het vir net een salige skoot van daardie heerlike beloning: 2-(3,4-dihidroksiefeniel)etielamien, ook bekend as dopamien.

Soos enige verslaafde het ek wonderlike verhale van ervarings met my voorkeurdop. Daar is veral twee amperse oordosisse wat ek met groot tevredenheid onthou: Toe die Nuwe Suid-Afrikaanse Springbokke die Wêreldbeker in 1995 gewen het en, veral, toe my opvoedinginstelling, Hoërskool Stoffberg, die Administrateursbeker in 1977 teen ontsaglike oormagte ingepalm het. Lenin het te vertelle gehad dat godsdiens die opium van die gepeupel is. Miskien so. Maar sport is vir seker die kokaïne van die Afrikaner.

Verraaier FW de Klerk het dit in ag geneem met die tydsberekening van sy volksvernietigende referendum in 1992. Die Afrikaner het met ‘n grinnik en ‘n sekere pupilverrekte dofheid in ‘n oorwinningswaas rondgeloop, deurtrek met die loonmiddel, opgedopamien tot by sy kroontjie. Suid-Afrika het so pas magtige oorwinnings oor Australië en Indië behaal in die krieketwêreldbeker.

As jy nie in daardie dae ‘n sportslaaf was nie, sal jy beswaarlik kan begryp wat gebeur het. Geen wêreldbekertoernooi voor dit of daarna sal ooit daardie Lord of the Rings-tipe fantasiegevoel bevat nie. Selfs die efferige gehalte van die uitsendings uit Australië en Nieu-Seeland  – korrelrige beeld, tonnelklank, rukkerige aanbieding en al – het bygedra om die effek te skep dat die aksie afspeel in een of ander buitenste ruimte vol gedrogte, towenaars en helde. Dit was asof ons deur ‘n wurmpyp tot in ‘n heel ander universum kon inkyk. En wie sien ons daar? Ons eie. Keppler en Peter Kirsten en Andrew Hudson en Richard Snell, Brian McMillan, Dave Richardson, Adrian Kuyper, Alan Donald en die twee nuwe jong ridders, Hansie Cronjé en die vlieënde Jonty Rhodes. En hulle spéél. Hulle slaan en boul en gooi en duik. Hulle wén!

So, die Afrikaner-sportslaaf loop rond en dis warm en vol in sy borskas, en hy voel magtig. Die dopamien spuit en spuit en spuit… Maar, soos enige dwelmhandelaar-streep-hoersmous, het FW de Klerk sy hand op die dopkraan gehad. Hy kon in een oomblik die kosbare dopamientoevoer afsny. Stem nee, het hy afgepers, en die manne kom huis toe. Geen wêreldbekerkrieket meer nie. Geen dopamien nie. Toe stem die verslaafdes maar ja.

Dit alles in ag geneem, wie kan my verkwalik dat ek voor die naweek al my hoop daarop geplaas het dat Fiji die Springbokke in die kwarteindrondte van die rugbywêreldbekertoernooi sou verslaan? My dopamienafhanklikheid het die afgelope dekade getaan. Want hoe balanseer jy die behoefte aan sportopwinding met beelde van verkragte meisies, verwurgte ou mense en ‘n vernielde jeug? Sportprestasies kan nie ‘n glans op die Nuwe Suid-Afrika sit nie. Daar is nie genoeg wêreldbekers op aarde daarvoor nie.

Ter wille van die voorspoed van die Afrikaner en die oorlewing van die res van Suid-Afrika, is dit noodsaaklik dat geen indrukke in ‘n dopamienwaas sal verdof nie. Die sportadministrateurs werk mooi saam. Hulle onnoselheid, kleinsieligheid, gierigheid en onredelike aandrang op rassekwotas doen baie om die dopamientoevoer na die gemiddelde Afrikaner af te sny.

Maar ‘n verslawing is so verraderlik soos die liefde van ‘n slegte vrou. Saterdagmiddag sit ek in die laaste sonlig op my stoep en rook my Calitzdorp-Ebenhardt-kalbaspyp. Ek voel asof ek deel van ‘n warm wolk is. Dit is wel met my en die wêreld. Die Springbokke het die verbete Fiji-aanslag afgeweer. Ons is beter as die Aussies en die All Blacks.

Verraaier.

Dit is nodig dat die Afrikaner met helder oë sien as hy ‘n einde wil bring aan die kranksinnigheid van die Nuwe Suid-Afrika in sy huidige gedaante. ‘n Dopamienwaas gaan nie help nie. Dit sal die Afrikaanse sportslaaf redeloos laat glo dat daar iets beredderbaar is aan die huidige politieke bestel. Dít kan ons nie bekostig nie.

My kop sê die Springbokke moet verloor; my dopamienlus sê hulle moet wen.

Ek is bevrees die Webb-Ellis-trofee kom in die hanskakie, John Smit, se bagasie Suid-Afrika toe.

En ek? Ek gaan teen my dopamienlus in.

Sondag skree ek vir Argentinië.

светильник уличный напрокурор харьковской области

Die belang van grense

ImageNa aanleiding van die verregaande twak wat die laaste paar dae op LitNet Genugtig! opduik, met name geproduseer deur ’n sekere persoon wat onder die skuilnaam “Afrikaan” skryf, het ek besluit om ‘n paar duidelikhede saam te stel in hierdie gevaarlike politieke spel wat hy speel.

Die betrokke persoon bly vashou aan die opvatting dat die boere die plaasmoorde oor hulself afroep omdat hulle nie kwansuis genoeg grond wil afstaan aan swartes nie. Selfs die ondersoeke wat aangetoon het dat 93% van die swart werkers op goeie voet met hul boere verkeer, maak op hom geen indruk nie.

Hoe dit ook al sy, is daar bepaalde knelpunte wat aandag verdien. Een vraag wat beantwoord moet word is: hoekom het lande grense? Die antwoord hierop is om te sorg dat die inwoners van daardie lande binne daardie grense kan bepaal in watter koers hulle wil vaar. Grense stel ‘n volk in staat om sy eie besluite te neem, sy kennis en inligting uit te brei soos hy dink goed is, en om sy hulpbronne, sy welvaart, sy energie toe te wys aan stelsels waar dit die meeste nodig is om op die lang termyn te oorleef. Daarbenewens kan daardie land bepaal welke persone van buite af welkom is en welke persone nie.

As dit nie was vir grense nie, sou volke geen insae gehad het in hul eie besluite nie. Hulle sou geen beheer gehad het oor die kennis en inligting van hul land nie. Hulle sou geen beheer gehad het oor wie sy hulpbronne bestuur, wie sy energie verbruik en waaraan hy sy welvaart moet bestee nie. Sodra ’n volk geen beheer meer het oor sy grense nie, raak anargie, uitwissing, oorlog en derglike narighede reële moontlikhede. Vanuit hierdie standpunt is grense juis getrek om vrede te bewaar, en om te sorg dat welvaart en oorlewing op die lang termyn gewaarborg is vir ’n bepaalde volk.

Daar is ook ’n sielkundige dimensie aan grense. Persone wat baie duidelike persoonlike grense stel is oor die algemeen gelukkiger en handhaaf gesonder verhoudings. Sodra ’n mens sy persoonlike grens versaak, soos wanneer hy/sy toelaat dat ’n ander homself oormatig afdwing op hom/haar, verloor daardie persoon beheer oor sy geestelike hulpbronne. Hy kan geen eie besluite meer maak nie, kan geen eie idees en intellektuele koers kies nie, en kan sy emosionele energie nie meer na eie wil stuur nie. Onder sulke omstandighede is sielkundige toestande soos angs, depressie, haat en woede dikwels die gevolg.

Psigoterapeute leer mense dikwels dat die beste of miskien selfs die enigste geneesmiddel teen hierdie angs en depressie is om duidelikheid oor jou persoonlike grense te verkry. Om hierdie grense te trek, kos selfvertroue en af en toe moed. (In die film Saving Private Ryan het ek ’n uitstekende definisie van die term ‘moed’ gehoor, naamlik: “Courage means doing the right thing”). Sodra mense die moed gekry het om hul grense duidelik te maak en ongewenste indringers af te weer, verhoog hul gevoel van selfvertroue soos wat hulle weer beheer terugkry oor hul emosionele energie.

Interessant genoeg het ondersoeke aangetoon dat die mense wat duidelike persoonlike grense stel as charismaties en bekoorlik gesien word. Om "nee" te sê maak ’n mens dikwels aantrekliker as om "ja" te sê. Nietzsche het dit goed saamgevat toe hy geskryf het: Om almal se beste vriend te wees is om jou eie grootste vyand te wees. Sodra iemand egter sy eie beste vriend is, met ander woorde hy maak duidelik bekend wie gewens en wie ongewens is, verhoog die bewondering vir daardie persoon. Mense voel aan dat daardie persoon sag is teenoor homself, wat af en toe vereis dat hy hard moet wees teenoor ander wat misbruik van sy tyd en energie wil maak.

Met hierdie sielkundige dinamiek in gedagte kan ek net hoop dat ons linksbekeerdes ’n bietjie hieraan sal aandag gee. Mense soos Afrikaan is nie net besig om ’n totale gek van homself te maak teenoor sy eie volk nie, maar sulke kruiperigheid is beslis nie gedrag wat baie liefde en aandag sal kry van sy naaste nie. Vir diegene wat in evolusie glo, kan ons die rede vir hierdie persoonlike grense terugtrek na die oertyd, toe die alfamannetjie die een was wat die duidelikste was oor sy grense om die oorlewing van sy groep te verseker. Hy was origens ook die een wie se kans op voortplanting die beste was om sy sterker gene oor te dra aan die volgende geslag. ’n Mens wonder nogal hoe die ekstreemlinkses, die kommuniste en ateïste, diegene wat geneig is om evolusie as oorsprong aan te hang, standpunte sal afdwing op mense om hul ondergang te veroorsaak. Dit bewys in elk geval weereens dat hulle nie in gelykheid belangstel nie, maar om die baas te wees oor alles wat asemhaal in hul land. Hulle maak van hulself die alfamannetjie.

Ek dink dis tyd dat Afrikaners "harder" standpunte moet inneem teenoor die ANC se imperialisme. Meer betogings, meer ontwrigting van ANC-vergaderings, meer ongewenste standbeelde beklad en harder en duideliker standpunte inneem.

Die leier van die Nederlandse Sosialistiese Party het nou die dag gesê dat mense verkies dit om onder hul eie soort te wees, en diegene wat nie ’n land se vooruitgang bevorder nie, moet liefs buite die grens bly. Met ander woorde die tydsgees is reg. Met die nodige insette kan ons dalk Europa se simpatieë wen om te help om die ANC hok te slaan. Net soos met die Anglo-Boereoorlog, kan ons dalk weer vasteland Europa aan die Afrikaners se kant kry en die ANC en hul Ingelse skoothondjies by die BBC onthul vir wie hulle werklik is.

 

компрессоры ценатопкарго

Amanda Gouws se selfhaatpolitiek 2

Image ‘n Dosent doseer, ‘n skrywer skryf… en ‘n politieke hoer?

Lees ook Deel 1:  Naspers se teringkuggie

Amanda Gouws is ‘n polities onwetenskaplike professor in politieke wetenskap en ‘n Afrikaanse skrywer met weinig agting vir Afrikaans of ordentlike taalgebruik. Met ander woorde, sy het presies die stoffasie waarvan Naspers-rubriekskrywers gemaak word. Henry Jeffreys is die Burger se regstellend-aangestelde kleurlingredakteur. Hy het ‘n onblusbare voorliefde vir rubriekskrywers met papperige opvattings en ‘n hekel in taalkunde. Daarom keur hy toe ‘n ondeurdagte, neulerige stuk van Gouws goed vir “Donderdag Aktueel”, ‘n forum in sy koerant vir ondenkende, neulerige woordknoeiers. Dit kom voor asof “me.” Gouws in ‘n sensitiewe stadium van sielkundige berading is. Haar rubriek lees meer soos ‘n verslag van die oorsprong en aard van haar neuroses as ‘n ontwikkelde meningsartikel. Sy ly aan obsessiewe, kompulsiewe liberalisme, ‘n toestand wat skynbaar die gevolg is van ‘n persoonlike opstand teen die mense wat beter weet as jy.

Sy beskryf dit so: “Indien jy hieraan [volkstrots] wou ontsnap, moes iets langs die pad gebeur het om jou aan die politiek van Afrikanerskap te laat twyfel.” Liberalisme is dus nie iets wat die gevolg is van die nugtere ontleding van feite, agtergronde, geskiedenis en staatkundige werklikhede nie. Dit is die resultaat van ‘n persoonlike krisis. Die genesing daarvoor is eweneens ‘n persoonlike trauma – soos om in ‘n parkeergarage verkrag te word of langs jou braaivleisvuur deur ‘n rowerkoeël verlam te word. (Let op dat Gouws aanvoer dat jy nie ‘n liberalis kan word sonder ‘n persoonlike krisis nie. Al sou jy ‘n liberalis wóú word, moes jy noodgedwonge wág totdat iets onaangenaams met jou gebeur. Gebeur dit nie, nou ja, jammer vir jou. Jy sal maar ʼn goeie, produktiewe Afrikaner vol volkstrots en eerbied vir jou meerderes moes bly.)

Amanda Gouws het self darem die geleentheid gehad om haarself van enige trots en sekerheid te stroop. ‘n Nare ervaring het haar die kosbare kans gebied om haarself uit die ontfermende gemeenskap van haar eie mense te verwyder na die ingeteelde intellektuele omgewing van agterdogtige en selfveragtende mense. Soos sy dit vertel, het die groot oomblik iewers in 1983-84 aangebreek toe sy “as ‘n jong dosent aan die Universiteit van die Noorde gedoseer het”. (Hmmm, nou weet ons: ‘n Dosent doseer. En vir daardie insig sê ons vir professor Amanda Gouws  dankie.)

“Die weermag,” skryf sy somber, “het ‘n basis op die kampus gehad en daagliks die akademiese vryheid en vryheid in die algemeen bedreig. Studente wat van politieke aktiwiteite verdink is, is uit klasse gehaal terwyl ons klasgegee het. Hulle is buite met swepe geslaan en bloeiend teruggestuur.”

Gekonfronteer deur dié roerende vertelling, ontvlam daar hewige emosies in my. Dit laat my hart warm klop oor troepe wat doerietyd nog genoeg beroepstrots gehad het om hulle werk deeglik en met oorgawe te doen.

Gouws is nie ewe aangedaan oor dié onbesonge helde se geesdrif nie. Sy is skoon verontwaardig dat die S.A.W. hoegenaamd kon inmeng met sulke tradisionele studentekaskenades soos aanhitsing tot moord, aanranding en vandalisme. ‘n Mens lei af dat sy besonder erg was oor die reuk van afgebrande lesinglokale in die oggend. Blykbaar het niks haar akademiese sappe so opgeklits soos die aanskoue van ‘n halssnoermoord tussen periodes nie. As die weermag net nie sy neus in ander mense se sake wou steek nie, wie weet, dalk was Amanda Gouws vandag nog ‘n ordentlike, selfrespekterende Afrikaner.

As ek wel enige kritiek teen die troepe se optrede het, is dit dat hulle dalk die verkeerde belhamels vir lyfstraf uitgekies het. Enige akademikus wat kan skryf van ‘n “dosent wat doseer” verdien eerder om met ‘n sweep geslaan te word.

Maar… dis juis die melding van daardie swepe wat my laat dink dat sy – ongelukkig – net ons been trek. Kyk, ek, anders as Armsalige Amanda, wás in die weermag. Daar het ek ervaring opgedoen met ‘n wonderlike en omvattende versameling voorwerpe waarmee jy jou medemens kan slaan. Jy het jou batterykabel, jou sleepstang, jou balsak met ‘n strykyster in, jou strykyster net so, jou tokkeltou, jou sleeptou, jou tenttou, jou tentpaal, jou tentpen, jou varkpan, jou mortier se grondplaat, jou asblikdeksel, jou graaf, jou byl, jou pik, jou piksteel, jou bylsteel… Jy kón iemand met jou geweer slaan ás jy met ‘n R1 uitgereik is. Dié het darem ‘n bekwame stuk kolf gehad. ‘n R4, nou weer, het ‘n tengerige opvoukolf gehad en het glad nie lekker geslaan nie. Maar die een ding wat ek nooit – nie eens een keer – in die weermag gesien het om mee te slaan nie, was ‘n sweep. Die weermag was, so ver ek kon vasstel, sweepvry.

Voorts het ek met van my ou kamerade gepraat en hulle het saam net soveel swepe as ek in die weermag gesien. Hulle stem saam dat daar een implement is wat bo enige ander vertrou is om blou kolle, knoppe en gebreekte ribbes mee toe te dien: Die getroue nommer-9 stewel. As sy vertel het van ‘n snedige, ondankbare, vernielsugtige studentesot wat aan sy strot gegryp is en buite die lesinglokaal te gronde gewerp is waar die blou badinges uit hom geskop is, sou ek ‘n sekere lewensgetrouheid daarin herken het. Maar swepe? Hie-HA! Vertel my nog een.

Dus, die sweepstorie glo ek nie. Wanneer Amanda Gouws haar weergawe van dié traumatiese gebeure afsluit deur onheilspellend te dreig dat “hierdie geskiedenis… nog opgeskryf” moet word, lei ons af dat sy – wanneer sy nie meer ‘n dosent is wat doseer nie –– ‘n skrywer gaan word wat skryf; fiksie skryf.

Dit sal nie die eerste keer dat sy die akademie verlaat het om ‘n skrywer (wat skryf) te word nie. Nadat sy so getraumatiseer is deur die troepe wat haar studente se gesonde oeboentoe-gedrewe moordlus getemper het, het sy ‘n toevlugsoord gesoek waar sy haar splinternuwe gevoelens van volksverraad kon gaan vertroetel. Blykbaar het sy ‘n keuse gehad tussen Weskoppies en die redaksiekantoor by Die Vrye Weekblad. So gaan sit sy toe aan die voete van die Groot Teepot, Max du Preez homself. ‘n Mens kan nie help om te voel dat sy verkeerd gekies het nie. Die inwoners van Weskoppies is minder psigoties, meer kleurryk en bedeel met ‘n nugterder politieke begrip. Party van hulle het selfs ‘n sin vir humor, iets wat tragies ontbreek by die  pruimerige Du Preez.

Amanda Gouws self het skynbaar ‘n sin-vir-humor-onderbreking gehad wat nou al meer as twee dekades strek. Ek het dié dame nog nooit gesien nie en vir al wat ek weet is sy ‘n blonde, mollige, spelerige ou mosbolletjie en is dit net haar skryfstyl wat ‘n bolla, plooie en ‘n kenmoesie met drie lang, swart hare in het. Tipiese Afrikaner-liberalis wat sy is, het sy ‘n – begrypbare – obsessie met Afrikanerskap. Dit is soortgelyk aan die weeskind se aandrang om sy biologiese ouers te vind. ‘n Mens is uiteraard obsessief oor dít waardeur jy verwerp is, al sou hierdie verwerping op jou eie aandrang en deur jou eie toedoen wees.

Behep met Afrikanerskap soos wat sy is en met die heiligste van alle liberalistiese aksiomas – alles is die Afrikaner se skuld – vooropgestel, skryf Amanda Gouws toe ‘n rubriek waarin sy Afrikaners verwyt vir hulle beheptheid met Afrikanerskap (!). Dit is een van daardie aftiklysierubrieke.

Dit blyk dat Naspers ‘n rubriekskrywer se polities korrekte ywer aan die hand van ‘n aftiklysie merk. Vir elke keer wat jy die Afrikaner beledig, kry jy een punt. As jy histeries daarop aandring dat hy sommer net verdwyn, kan jy soveel as tien punte kry. Verder kry jy punte vir kwylende lofsange oor die Nuwe Suid-Afrika en patriotiese uitsprake oor die onderbroekvlag en Nkosi Sikelele. Standaardpunte word toegeken vir oproepe tot “nasiebou”, “begrip vir ander kulture” en “oeboentoe”. Jy word ook toepaslik  beloon vir elke keer wat jy ‘n goeie Afrikaanse uitdrukking ignoreer ter wille van ‘n Engelse een, veral as jy moeite doen om dit nie eens in aanhalingstekens te skryf nie.

Jy kan ook bonuspunte kry as jy begrippe inwerk soos “transformasie”, “blanke skuldgevoelens”, “integrasie” en “inklusiwiteit”. ‘n Woord se punte word aangepas afhangende van die hitte wat dit op daardie presiese oomblik in Naspers se Endlösungsprogram vir die Afrikaner opwerk. Die huidige gloeiwoord is “identiteitspolitiek”, ‘n onsinnige liberalistiese konstruksie waaruit Amanda Gouws se soort ‘n sekere filosofiese verontwaardiging probeer opkook. Striemende aanvalle op die Afrikaner se taal, kultuur, kerk, prestasies en gewese weermag is altyd goeie punte werd. Jy kan ook bonusbonuspunte kry as jy die regte mense ophemel en, sou jy onthou om vir Dan Roodt te beledig, kry jy A++.

Amanda moes goed gevaar het met haar rubriek. Dit is alles daar: Die volgehoue iesegrimmigheid teenoor die Afrikaner (tik af), die kritiek op “identiteitspolitiek” (tik af), die kniebuiging met die teken van die kruis in die verhewe Max du Preez se rigting (tik af), valse getuienis teen die ou S.A.W. (tik af), die besoedeling van Afrikaans met minderwaardige Engelse uitdrukkings (tik af), dwarsklap vir Dan Roodt (tik, tik, tik, tik af).

Sy begin haar relaas met ‘n belydenis van sulke ontsaglike onkunde dat dit ‘n mens laat vermoed dat dit elke dag die eerste April is in die Burger se redaksiekantoor. “Ek wonder,” skryf sy, “of in die wêreld een ander bevolkingsgroep is wat só behep is met sy identiteit soos wit Afrikaners.” Hierdie, uit die pen van ‘n “professor in politieke wetenskap”, is – bo en behalwe die sintaktiese onbeholpenheid –  niks minder as ‘n daad van akademiese insolvensie nie. Dis ‘n idiotiese geprewel op die vlak van ‘n wiskundige wat wonder of daar hoeke in meetkunde is of van ‘n musikus wat nie kan onthou of daar note in ‘n toonleer is nie.

Die hele studieveld van politieke “wetenskap” is gemonteer op die voetstuk van groepsidentiteit. Hierdie soeke na identiteit en die bevrediging daarvan in die herkenning van jou volk is ‘n basiese sosiologiese en biologiese ingesteldheid van die mens en is ‘n eienskap van elke volk, van die Afghaan tot die Zoeloe en al die letters tussenin. Sonder hierdie “beheptheid” met identiteit is daar geen volk nie. Sonder die volk is daar geen staat nie. Sonder die staat is daar nie politiek nie. Sonder  politiek is daar nie ‘n vak soos politieke wetenskap nie en sou Amanda ander werk moes kry, soos om ‘n sjef te word wat wonder of daar eiers in ‘n omelet is.

Dit is nie net die professor se akademiese onderrok wat uitsteek nie. Sy het ‘n Freudiaanse onvermoë om haar vooroordele te verbloem, selfs binne die omvang van haar pseudo-intellektuele meningstuk. “… terwyl ek nou op hierdie vervelige punt [die identiteit van wit Afrikaners] is,” skryf sy, “laat ek ook my stuiwer in die armbeurs gooi.” Vir die sielsgesonde Afrikaner is hierdie identiteit ‘n ligtoring in ‘n donker nag, ‘n skuiling teen globale storms, ‘n gemoedelike, ontfermende, omvattende vesting. Vir Amanda Gouws se soort is dit “’n vervelige punt”.

Alhoewel sy ons met haar eie standpunt dreig, is haar beloofde “stuiwer in die armbeurs” ‘n munt wat sy by haar ghoeroe gaan leen het.

“Ek stem saam met Max du Preez,” kondig sy aan, en ‘n mens luister vir die tromgeroffel. Simbale! Trompette! Pouke! Jy wag vir die magtige koor om uit die dieptes en uit die hoogtes saam te swel in ‘n skrikwekkende crescendo in iets soos… soos die Dies Irae – Dag van Wraak! – uit Verdi se Requiem… want watter aardbolkantelende uitspraak van die enigste joernalistieke god van Suid-Afrikaanse Afrikaanse liberalisme – en Amanda is sy profeet – gaan sy nou aanhef?

Hou jou hand voor jou oë dat al dié insig nie korneas wegskroei nie, klou aan die lamppaal vas sodat die ontsaglike krag van die Du Preez-intellek jou nie eenvoudig van jou voete af waai nie. Hier dan, in alle onverdunde glorie, is die Groot Kennis wat sy met soveel ontsag oordra: Dit is “dat ‘n mens (dit is nou die generasie wat in sy veertiger- en vyftigerjare is) jou Afrikanerskap  met moedersmelk ingekry het deur die praatjies tuis, die leer van nasionalisme in die skool en die preke Sondae in die kerk…”

Wraggies, nè? Met watter ander ontsaglike insigte stem Amanda Gouws saam? Dat die gemiddelde mens se middelvinger sy langste vinger is, dat die meeste jare 365 dae bevat, dat Dinsdag tussen Maandag en Woensdag kom en dat koeie meer melk as bulle gee? Ja… en… is daar nog iets?

Natuurlik is ons Afrikaners as kinders geleer om ons volk te waardeer, ons ouers te respekteer, ons voorouers te eerbiedig en om trots op ons taal te wees. Hierdie lofwaardige program is inderdaad in die skole voortgesit en, omdat nasionalisme met die evangelie versoenbaar is, is dit moontlik met geleentheid van die preekstoel af versterk.

Maar Amanda se weergawe van Max se Groot Gedagte is nie net nuus uit Kentaborrie nie, dit is ten dele absurd  (sy identifiseer ‘n mens as “die generasie wat in sy veertiger- en vyftigerjare is”) en selfs skreiend onkundig. Jong mans, staaf sy plegtig, is in die weermag met Afrikanerskap geïndoktrineer.

En ek dog sy was in aanraking met elemente van die S.A.W? Want, en ek gee jou ‘n brief, as sy enige weermagpeloton vir langer as vyf minute dopgehou het, sou sy agtergekom het dat Afrikanerskap ‘n uiters onderbeklemtoonde faktor in die S.A.W. was. Die deurlopende klem was op Suid-Afrikaanse patriotisme. Binne die raamwerk van blanke, manlike identiteit was daar geen toegewings vir herkoms, geloof, kultuur of selfs seksuele oriëntering gemaak nie. Daar is geen onderskeid getref of afbakenings gemaak nie. Christen, Jood en klipheiden is saam gemeng. Lesings is volgens staande orde om die helfte in Engels en Afrikaans ingedeel.

Duidelik was Henry Jeffreys te besig om agteroor te leun in die redakteurstoel wat hy nie verdien het nie, met sy reggestelde voete op sy bemagtigde lessenaar. Daarom het hy nagelaat om ‘n nuttige aanwysing op sy aftiklysie vir rubriekskrywers aan te bring: MAAK SEKER VAN JOU FEITE.

Professor Gouws het nie net die tipiese liberalis se ongeërgdheid teenoor feite nie; sy het ook ‘n diepliggende, neurotiese afkeur in haar eie taal en dit wys in die vieserigheid waarmee sy Afrikaans skryf. Maar wat skeel dit haar? Dis nie asof Henry Jeffreys ‘n regte redakteur is nie.

Hei, kyk, Naspers slaan die Regstellende Aksie-trom met ylende geesdrif en hulle kan nou nie juis weier om self daaraan mee te doen nie. Ek verstaan dit. En ek weet dit verduidelik Henry Jeffreys se aanstelling as redakteur by Die Burger. Daarom sal dit vergeefs wees om van hom te verwag om nou eintlik regte redakteursdinge te doen. Maar, asseblief!, daar moet tog sekerlik iewers, iemand by Die Burger wees wat behoorlik gebelgd is oor die stilistiese gebreke van Amanda Gouws se prosa. Oorweeg die volgende sin van haar: “Diegene wat so voel (dit sluit op sy ekstreme in mense soos Dan Roodt en baie van diegene wat op LitNet skryf), benodig ‘n sense of belonging om hulself te kan uitleef.”

Kyk net na daardie “diegene”, ‘n woord wat sy myle wys en wat veral stokkerig word as dit twéé keer in afsonderlike dele van een sin gebruik word. Wat van daardie onsmaaklike “sluit op sy ekstreme in mense soos…” in plaas van “sluit op sy ekstreme mense in soos…”? “Hulself” is stram in vergelyking met die meer gewone “hulleself” maar die vrou is duidelik te lui om ‘n ekstra “l” en “e” te tik. En is dit regtig vir haar nodig om so taalkundig te hoereer deur die aanwending van die gruweluitdrukking “sense of belonging”?

Laaste keer wat ek gekyk het, doen Die Burger homself voor as ‘n Afrikaanse koerant. Is “’n sense of belonging” dan Afrikaans? Die Afrikaanse speltoetser op my woordverwerker keur nie die eerste drie woorde af nie. Daar is sulke woorde in Afrikaans. “Sense” kan die meervoud wees van “sens”, die oesinstrument wat soos ‘n groot haaitand op ‘n steel lyk; die een wat deur daardie vergestalting van die Dood, die Iesegrimmige Stroper, gedra word. Maar wat doen ons dan met “belonging”? My speltoetser trek ‘n verergde, rooi riffelstreep daaronder. Is dit ‘n nuutskepping: Om iemand met longe toe te deel? Bedoel Amanda Gouws regtig Dan Roodt moet ‘n langsteelsekel en ekstra longe kry om homself te kan uitleef?

Ek sou dink iemand soos Henry Jeffreys sal meer baat daarby vind. Die ekstra longe kan hy gebruik om op Amanda Gouws te skree om haar feite na te gaan en om iewers te leer Afrikaans praat. Met die sens kan hy, oorweldig deur ‘n gevoel van skande omdat hy ‘n werk aanvaar het wat hy nie kan doen nie, rituele selfmoord gaan pleeg aan die voete van Onze Jan Hofmeyr se standbeeld.

Nou goed, ons weet dat haar “sense of belonging” nie Afrikaans is nie. Ons is al gekondisioneer deur die intellektuele lamsakkigheid van Naspers se skrywers en die ongeërgdheid van die redakteurs. Amanda Gouws het die eerste frase wat in haar kop gekom het, net so neergeskryf en ongelukkig was dit in Engels. Sy was net te lui en haar minagting van haar lesers net so oorheersend dat sy nie moeite gedoen het om ‘n werkbare Afrikaanse teenvoeter vir “sense of belonging” te konstrueer nie. ‘n Paar oomblikke se gevroetel tussen die semantiese implemente wat in elke skrywer se verstand moet rondlê, kon haar gelei het om, byvoorbeeld, te praat van ‘n “inpassingsgevoel” of “behoefte om tuis te voel”. Dit stel selfs my speltoetser tevrede.

Maar nie net kan die vrou nie praat of skryf nie, sy kan ook nie dink nie. Sy is een van die nuwe treksel akademici. Hoe dink jy het sy haar professoraat bekom? Deur haar skranderheid? By die Universiteit Stellenbosch? Nee, sy is ‘n politieke hoer op die vlak van Marthinus van Schalkwyk, ewe veel ‘n regstellende aksie-begenadigde as Henry Jeffreys. Ek sal dit nie sê as ek dit nie kan bewys nie. Amanda Gouws is ‘n hopelose akademikus, oënskynlik nie in staat tot enige ferm vertrekpunte, samehangende gedagtes en logiese gevolgtrekkings nie. Ek bied as bewysstuk voor julle, liewe lede van die jurie, ‘n rubriek van professor Amanda Gouws, met die titel: Ons beheptheid met Afrikanerskap.

casino gametopcargo кидалы

Amanda Gouws se selfhaatpolitiek


Image Deel 1: Naspers se teringkuggie

Op 24 Mei 2007 gee Naspers se Afrikaanse koerantuitgewery toe ‘n kuggie, so ‘n slymerige een waarin jy die gesuis en knars kan hoor van mikroskopiese klontjies wat losspat uit geperforeerde bloedvate. Dis tering wat jy daar hoor, die laaste gehyg van ‘n eens fier, ferm, flink dier wat nog groot in gestalte, maar nou uitgeteer, spookbleek en bewerig, is. As ‘n mens so klink, moet die naasbestaandes ontbied word.

Enige iemand wat nog glo dat Naspers se Afrikaanse koerantbedryf nie terminaal siek is nie, het duidelik nie Amanda Gouws se rubriek, Ons beheptheid met Afrikanerskap daardie dag in Die Burger gelees nie. Dit is ‘n biopsiemonster wat die kwyning van Naspers se magtige Afrikaanse koerantuitgewery verduidelik. Nie net sien ons die onsamehangende Max du Preez-agtige beredenering daarin, die verkrummelde uitgangspunte en ek-is-‘n-teepot soort ontkenning van die werklikheid nie, dit is ook deurtrek aan die een kant met die kwylende selfbejammering van die tipiese eietydse Afrikaanse liberalis en andersyds die matelose arrogansie en aanmatiging van die huidige pluksel Stellenbosse intellektualiste.

Dit is onmoontlik om ‘n verklaring vir hierdie selfverheffing te gee. Die hedendaagse Afrikaner-liberaliste is ‘n verslonste ou troppie op die politieke vlaktes, ‘n verguiste spulletjie, uitgelag oor hulle verspotte, naïewe idees en bespot agter hulle rug vir hulle algemene gatkruiperigheid. Elkeen van hulle sosio-politieke ideekonstruksies het voor hulle oë in stof verander.  En tog, die een eienskap wat die Afrikaner-linkse van ander sterwelinge onderskei, is hulle onwrikbare vertroue in die uitnemendheid van hulle eie gedagtes. Hulle voel hulleself so verhewe dat hulle reken enige krummel van hulle ideologiese tafel sal met gulsige kake deur verhongerde hondjies opgeraap word. Wát hulle sê, maak nie regtig saak nie, en ook nie hóé hulle dit sê nie. Wat belangrik is, is dat dit húlle is wat dit sê en laat die gepeupel koek eet.

Dit is wat my persoonlik die grootste hekel in Amanda Gouws se rubriek gee. Sy het geen ontsag vir haar lesers nie. Haar getranskribeerde klaagliedjie drup minagting in elke jota en tittel. Lesers is vir haar ‘n noodsaaklike ergernis. Sy vind hulle ‘n oorlas.

Geen skrywer mag ooit vergeet dat sonder haar daar nog altyd lesers sal wees maar dat sonder lesers daar geen skrywer sal wees nie. Dit staan in sterk kontras met die staaltjie van die onderwyser wat in sestiende-eeuse Duitsland gereeld met groot nederigheid voor sy leerlinge gebuig het omdat hy nie kon voorspel watter hoogtes een van hulle dalk mag bereik nie. Een van sy leerlinge was Martin Luther, die Groot Hervormer. Amanda Gouws se opvatting van haar lesers is duidelik dat hulle ‘n onnosele, hardvogtige, reaksionêre horde is en dat hulle dankbaar moet wees vir elke krieseltjie insig waarmee sy hulle bedien uit die hoogtes van die Universiteit van Stellenbosch wat in linkse mitologie verhef is tot die Parnassus van Afrikaner-denke.

Gouws se peiling van die Afrikaner-leser is dat hy nie ‘n goeddeurdagte, logiese, ontwikkelde politieke mening werd is nie, en ook nie behoorlike punktuasie, gepaste woordkeuses en basiese taalversorging nie. As ‘n sosiale betoog verander haar rubriek die koerantpapier waarop dit gedruk is in gepaste materiaal om ‘n maagkoorsige boeppensmarmot se kouvloer mee te bedek.

Natuurlik het sy bondgenote in hierdie walglike ongeërgdheid nodig, vernaamlik ‘n redakteur met ‘n gevoel van beroepsekuriteit wat niks met sy vaardighede te doen het nie. Henry Jeffreys is die nommerpas samesweerder. As dit nie vir sy Regstellende Aksie-vatbare vel was nie, sou hy nie die redaksie van die Grassy Park Nuwe Apostoliese Kerk se  kwartaalbladjie gehaal het nie.

Die man het ‘n ronddonderende onvermoë om in enige redaksionele omgewing in te pas. Maar Naspers onderhou wél die sakrament van Regstellende Aksie en Jeffreys hét die regte blas velskakering. Nou is hy die redakteur van Die Burger, eens ‘n Afrikaner-koerant opgerig met Afrikaner-geld, bestuur met Afrikaner-skranderheid en volgens die Afrikaner se tipiese hoë redaksionele waardes. In ‘n nugter wêreld sou Jeffreys moes pa staan vir die Gouws-rubriekfiasko. Maar hoe kan hy verantwoordelik gehou word vir die eise van ‘n werk waarin niemand enige bevoegdheid van hom verwag nie?

Tog is daar waarde te vind in die produk van Amanda Gouws se veragting van haar eie volk en Henry Jeffreys se onbekwaamheid. Hulle rubriek is ‘n bloedspatsel komende uit die oopgekloofde polse van Naspers se Afrikaanse koerantuitgewery se verbete poging om selfmoord te pleeg. Derhalwe is dit noukeuriger ontleding werd.
 
Word vervolg 

casino for free slotsпрокурор Фильчаков

Prinsevlag is ‘n wapen

Strategies is die Prinsevlag vir die Afrikaner die heel beste vlag. Tewens, dit is meer as ’n vlag: dit is ’n wapen.

Tydens die onlangse optog teen die SABC (die ANC se uitsaaier) se gebruik van die woord „Tshwane“ was die verskeidenheid van „Afrikaner/Boere“-vlae opmerklik. Hierdie verskeidenheid en die noodsaaklikheid vir ’n gemeenskaplike vlag het my laat nadink.

Die pragtige Vierkleur,  met sy ryke geskiedenis, was soos gewoonlik sterk teenwoordig. Dan was daar aanpassings op die Vierkleur, waarvan een met ’n oranje baan bo in pleks van die gebruiklike rooi baan. Daar was ook ’n „Vierkleur“ (Vyfkleur?) met ’n vierde baan onder die blou baan en groen kolom. ’n Interessante verskynsel was die Skandinawiese-tipe Brawolandvlag met ’n oranje kruis. Ook was daar ’n enkele Kanadese-tipe vlag, maar in plaas van die Kanadese rooi kolomme het dit oranje kolomme bevat en in stede van ’n rooi esdoringblaar in die middel, het dit die Voortrekkermonument vertoon. Verder was daar natuurlik ook die Prinsevlag (oranje, blanje, blou, sonder die drie klein vlaggies op die wit baan).

Ek verneem ook dat ’n groepie Afrikaners selfs besig is om ’n geheel nuwe vlag vir die Afrikaner te ontwerp. Die vraag is natuurlik: waar gaan al hierdie ontwerpe en pogings eindig en met hoeveel vlae gaan ons op die einde sit? Selfs al doen ons op hierdie stadium ’n „inklusiewe“ ontwerp, moet Afrikanerpolitieke bevryding weereens problematies wees. Afrikaners wat tans nie deel van die stryd is nie gaan dan daarop aanspraak maak om ook ’n inset mbt vlagontwerp te lewer. Dan begin die hele oefening weer van voor af.

Elkeen van hierdie vlae se ondersteuners het vir seker goeie heraldiese, filosofiese, poltieke en selfs godsdienstige motiverings wat hulle ter ondersteuning van hul onderskeie vlae aanvoer. Self ondersteun ek die Prinsevlag. Ek kan aan sommer ’n hele rits geldige kulturele redes dink waarom die Prinsevlag juis die Afrikanervlag moet wees. Ek wil u egter nie daarmee verveel nie want ek kan u amper verseker dat op emosionele vlak my argumente net so goed soos al die ander se argumente gaan voorkom.

En dit is presies waar ons probleem lê. Ons redeneer emosioneel oor die vlagkwessie. U voel dalk, maar hoe dan anders: ’n vlag is ’n baie emosionele saak, en u is reg. ’n Vlag ís ’n baie emosionele saak, maar ons moet mooi gaan besin, wil ons die stryd teen die ANC met ons emosies of met rasionele strategieë aanpak?  In die geval van ’n bevrydingstryd is dit belangrik dat simbole nie net tot jou eie emosies spreek nie, maar ook tot dié van jou vyand.

Die Vierkleur is vir seker die mees populêre vlag, sou mens bloot gaan op die vertoning daarvan. Dit is myns insiens ook die enigste ernstige mededinger vir die Prinsevlag. Bo en behalwe die feit dat die Vierkleur ’n baie ekslusiewe vlag is (wat nooit breë Afrikaner-geografiese aanhang sal geniet nie) het dit ’n ander enorme tekortkoming. Strategies het die vlag geen waarde meer nie. Wat bedoel ek met strategies? Hiermee verwys ek daarna dat ons nie die ANC gaan oorwin deur ons eie „sagte gevoelens“ oor vlae te streel nie. Ons gaan die simboliese aanslag alleen wen deur simbole te kies wat impak op die onderdrukker maak.

Met die beeldsending van die onwettige teregstelling van drie AWB-lede, langs ’n ou Mercedes-Benz het die ANC die Afrikaner sielkundig verslaan. Met die gefaalde en beskaamde Bophuthatswana-inval deur die AWB, het alle skynbare mag van die regse dampkring summier tot ’n einde gekom. Die Vierkleur is van die begin deur die AWB gekaap en vinnig het die stank van die AWB-driebeenswastika daaraan gekleef. Van toe af is die Vierkleur geheel en al gemarginaliseer tot die simbool van ’n groepie neo-Nazi’s wat vir ewig die vlag bevlek het.

Met die AWB-kapitulasie tydens hul misleide en patetiese Bophuthatswana-ekskursie het die Vierkleur ook gekapituleer. Net soos die ANC na die beeldsending van die Mercedes-Benz-teregstelling nie meer die Afrikaner as ’n bedreiging sou sien nie (met die komplimente van Eugene Terrre’Blanche en sy „generaals“), net so het alle simbole wat saam met daardie groepie gehang het, van daardie oomblik af, in die swart bewussyn, totaal en finaal trefkrag verloor. Dit is baie problematies vir die aanhangers van die Vierkleur want die simbool is, buiten vir eie emosionele bevrediging, van alle mag gestroop. Eintlik lag ANC-ondersteuners daarvoor.

Vir die res van die „interessante“ vlae is die saak selfs slegter. Hul obskuurheid maak dat dit selfs minder mag as die Vierkleur projekteer. Wat tot en met hierdie skrywe nie openbare kennis was nie, is dat ten tye van die SABC-optog die polisie Dan Roodt beveel het dat „die ‚ou landsvlae’ verwyder moet word“. „Waarvan praat julle?“ het hy gevra. Onmiddellik is die vinger na die Prinsevlag gewys. Nou begin ons van simboliese mag praat! Nadat dr. Roodt hulle daarop gewys het dat dit nie die „ou vlag“ is nie het hulle onmiddelik ’n polisieregsadviseur (nogal ’n blanke) geskakel wat vir hul daarop gewys het dat dit nie die „ou vlag“ is nie en dat die „ou vlag“ boonop slegs by rugby- en sokkerbyeenkomste onwettig is. Begin u sien dat ons hier iets beet het?

Myns insiens het hulle (die swart polisie) goed geweet die ou vlag nie oral verbode is nie. Wat hulle wel gehoop het, was om vir Dan Roodt te intimideer om die vlag te verwyder. Hul emosionele wrewel jeens die „ou vlag“ het die oorhand gekry en toe het hulle ’n fout begaan. Hulle het die Prinsevlag verwar met die „ou vlag“ en buite die reëls begin optree.

Die Prinsevlag vorm die basis vir die „ou vlag“; die enigste vlag waaronder alle Afrikaners ooit grootliks verenig was. Dit is heraldies sterk omdat dit die simbool is wat Van Riebeeck met sy aankoms op Afrikabodem geplant het. Maar ek wil u nie met hierdie emosionele redes oorreed ten gunste van hierdie vlag nie. Ek wil my rig tot u sin vir objektiewe logika. Want dit is ons rasionele en strategiese vermoëns wat ons die oorhand oor die Bantoe se ooraktiewe emosionele denkwyse gaan gee.

Indien die ooreenkoms van die Prinsevlag met die „ou vlag“ hul so ontstel, beteken dit dat hierdie simbool mag in ons hande plaas. Vir die indiwiduele ANC-polisie wat op 24 September 2007 vir dr. Roodt lastig geval het moes dit ’n sielkundige vernedering en ’n bron van wrewel wees dat hulle magteloos teenoor die Prinsevlag staan. Indien die ANC die „ou vlag“ oral onwettig verklaar (soos by krieketwedstryde), kan hulle steeds niks aan die Prinsevlag doen nie. Terwyl die „ou vlag“ die gewig van daardie „misdaad teen die mensdom“, nl. apartheid, dra is die Prinsevlag op die morele hoëgrond geplant. Vir die Bantoe is die ooreenkoms egter net te erg om te verduur. Vir hulle is die Prinsevlag en die „ou vlag“ een en dieselfde of ten minste heeltemaal te na aan mekaar. Dit ontstel hulle genoeg om doodgewoon onnosel op te tree.

Onthou wat Pallo Jordan gesê het toe ANC-lede by hom oor die sog. „versoeningsbeleid“ gekla het: „Versoening is bloot ons strategie om die vyand se beweegruimte te beperk.“ Wat ons moet besef, is dat polarisering ons beweegruimte verbreed; dit verswak die regime se beheer oor ons mense en hul denke. Die Prinsevlag is by uitstek die polariserende vlag, veel meer as die Vierkleur wat allerweë as ’n „kultuurvlag“ beskou word.

сухая смесь для кладки кирпичаАлександр Фильчаков Васильевич

Trooswoorde vir Jaco Botha

ImageJacotjie, ou seun,

Oom kan sien die kalfie het sommer groot seer. Hoekom anders sal jy so lelik praat van mense wat beter en slimmer is as jy en jou gat aan die brand kan slaan net wanneer hulle wil? Kom, sê vir Oom, hoekom is jou hartjie so seer? Is dit omdat jy jou bed nog natgemaak het toe jy al op hoërskool was? Of het die groot seuns jou broek afgetrek en met jou tollie gespeel? Of is dit omdat jou sussie gesê het jy is nou groot en jy het ‘n werk en kry geld en alles en jy moet nou jou eie Barbie-pop koop?

Of praat jy so lelik omdat jy bang is? Dis goed. Want jy móét bang wees. Die Ooms praat nie met jou oor al die grootmensdinge nie, maar met Oom Bob wat al die wittetjies uit sy land gejaag het en ons eie Oom Thabo wat so baie met hom saamstem, wag daar lelike dinge vir jou en jou soort wat so kinderlik naïef is.

Oom weet jy wil só graag ‘n doodsdreigement kry. Jammer, maar hierdie is dit nie. ‘n Mens dreig nie ‘n peslike klein nikswerd soos jy met die dood nie. ‘n Mens was maar net sy mondjie met goeie ou Sunlight-seep uit.

En Oom weet hoe graag jy die Groot, Brawe Koerantseun wil wees en hoe jy elke aand op jou knieë vir die Liewe Tokkelos bid dat die Ooms jou gatjie moet kom slaan by jou kantoor. Dan kan almal mos sien watse belangrike koerantmannetjie jy is. Nog ‘n jammer. Jy is ‘n kefferbrakkie met ‘n seer keel. Jy blaf en blaf en blaf so vreeslik en jy klink so kwaai vir jouself. Maar niemand hoor die seun nie en as hulle hom hoor, vergeet hulle onmiddellik alles wat hy wou sê. Hulle het belangriker goed om aan te dink: Wit- of bruinsuiker op vanoggend se krummelpap?

Toe nou, toe nou. Droog die traantjies en vee af die snotjies. Oom is nie meer kwaad nie. Hierdie is mos die eerste keer wat jy vir die koerant geskryf het, nie waar nie? Of, as jy al ander geskryf het, het die Ooms dit al vergeet.  En Oom weet jy praat maar net so lelik van dinge waarvan jy niks weet nie omdat jy seerhartjie het en vir niks of niemand enige iets beteken nie.

Groetnis, Seuna, en onthou om agter die oortjies en in die naeltjie ook te was en slaap liewers met jou hande bo die komberse.

Oom Gustav

автоматическая насоснаяДанильченко Юрий Брониславович Харьков

Boere moet die volk red

Die Afrikanerboere en daarmee kan ek net sowel sê Boere, is myns insiens die etniese ruggraat van die Afrikanervolk. As daar enigsins ’n toekoms vir die Afrikanervolk in hierdie land voorlê, dan is dit van kardinale belang dat daardie ruggraat nou styf gemaak word.

Die stedelike Afrikaner is net ’n skadu van wat ons as volk eens was. Die proses van verstedeliking (hoewel onvermydelik) lei daartoe dat mense meer van diegene om hulle geïsoleerd raak. Die gevolg is die verval van wat Max Weber (‘n 19-eeuse Duitse sosioloog) na sou verwys as die „kollektiewe bewussyn“. Dit verklaar ten dele waarom dit so ’n geweldige gesukkel is om hierdie kategorie Afrikaners te mobiliseer.

Hierdie situasie sowel as die gepaardgaande internasionalisering van meestal hierdie groep stedelike Afrikaners het daartoe gelei dat baie van daardies wat nie reeds die land verlaat het nie „na binne geëmigreer“ het. Diesulkes wat nog probeer om hul Afrikaneridentiteit in die huidige situasie te verdedig en bevorder voer ’n frustrerende stryd, waar hulle in elk geval meestal aanklank by hul landelike volksgenote vind. Dan is daar die vinnig groeiende groep stedelike Afrikaners wie se stryd bloot gaan om liggaam en siel aanmekaar te hou. Vir hulle verteenwoordig enige etniese stryd ’n vergete luukse.

Die redding van die Afrikaner as volk in die huidige bestel gaan na my mening nie vanuit die stedelike Afrikaner gemobiliseeer word nie. Hiervoor moet nie gewag word nie. Inteendeel, stedelike Afrikaners sou hul hoop, waar daar nog so ’n bewussyn onder stedelinge bestaan, op die landelike Afrikaner kon plaas. Die landelike Afrikaner se etniese wil en dryfkrag is nog in stand. Hul band met die grond en hul gemeenskap maak hulle baie meer kragtig as hul getalryke stedelike volksgenote. „Die Boere sal die volk moet red.“ Die klein groepie hoopvolle stedelinge beskik egter oor ’n globale kennis (vaardighede, opleiding, ens.) wat die Boere sal versterk.

Voordat die Boere enigsins die volk kan red, sal hulle eers hul eie onmiddellike oorlewingstryd moet wen. Daar sal in harder terme met die regering gepraat moet word. Leierskap wat nie sielkundig of ideologies opgewasse is teen die ANC-regering nie moet heroorweeg word. Die ANC-bewind is op ’n ideologiese pad wat nie deur Chamberliaanse mooipraatjies gestuit gaan word nie.  Slegs ’n ideologiese styl wat ewe kragdadig oorkom, aan die kant van die Boere, gaan die regering die aftog laat blaas. Boere sal, as deel hiervan, hulself ook vir verskeie scenario’s moet voorberei.

Die huidige benadering stuur SA boere op ’n Zimbabwe-agtige op-die-rug-lê-tipe oorgawe af waar hulle bloot eendag sal wakkerskrik en besef hulle is onkeerbaar onteien. Dan word hulle deel van daardie vinnig groeiende groep Afrikaner- stedelike bywoners, wat van die aalmoese van ‘n snel krimpende en gedemoraliseerde blanke/Afrikanermiddelklas afhanklik is. Dit sal die einde vir ons almal beteken.

купить лестницу в москвеФильчаков прокуратура харьков

Roelf Meyer en taalkundige totalitarisme

ImageEnkele jare gelede het ek en ’n klompie Praaglede ’n Roelf Meyer-partytjie bederf deur ’n aantal skerp vrae te vra tydens ’n toespraak van die Groot Uitverkoper aan die Potchefstroomse Universiteit. Wat my dié aand opgeval het – en ek meen ek het dit ook gesê – is dat Roelf Meyer verslaaf is aan Amerikaanse clichés. Trouens, sy Afrikaans is deurspek met sulke woorde. Dis asof die man iewers in ’n laboratorium geprogrammeer is met die korporatiewe jargon van Dilbert.

In suiwer juridiese terme het Meyer hoogverraad gepleeg deur op ’n kritieke stadium van die destydse onderhandelings oor te loop na die ANC toe. Vandag is hy wel ANC-lid. Vir seker is hy ook maar dom, soos die meeste lede van De Klerk se kabinet.

Maar die man se afhanklikheid van gemeenplase verraai sy intelllek – of gebrek daaraan. Terwyl hy destyds op Potchefstroom soos die “Bose Menslikehulpbronnedirekteur” in Dilbert geklink het, kom sy jongste resitasie aan die Vrystaatse Universiteit neer op die robotagtige herhaling van ANC-slagspreuke soos: “Transformasie moet versnel word.” Of: “Suid-Afrika het ’n Grondwet wat seker een van die modernste en mees liberale ter wêreld is. En: “Transformasie is ’n proses. ’n Voortdurende proses.”

Toevallig lees ek die jongste gepiep van Robot Roelf wat uit die ANC-liegfabriek ontsnap het ná ek ’n insiggewende artikel deur die taalkundige Jaco Alant op Litnet raakgeloop het. Alant spreek hom juis uit teen die manier waarop politieke korrekheid besig is om Afrikaans te vernietig. Ons praat en dink deesdae in vertaalde PK-Engels met terme soos “bemagtiging”, “voorheen benadeeldes”, “leerders”, “assesseerders”, “regstellende aksie”, “transformasie” en ander gedrogte wat ons denke inperk tot dié van die varke op George Orwell se plaas.

Alant gaan haal sy argument by die Franse filosowe van die sestiger- en sewentigerjare soos Foucault en Deleuze wat aangetoon het dat deur mense se taal te beheer, beheer jy insgelyks hul denke. Hulle het daarna verwys as die “diskoers”. In aansluiting hierby, meen Alant dat “magsverhoudinge… setel nie soseer in die ‘werklikheid’ nie (soos in die konkrete uitoefening van mag in die ekonomie en die politiek), maar in die manier waarop ons oor die werklikheid praat. Of eintlik: oor die werklikheid redeneer, wat behels hoe ons ons kennis van daardie werklikheid – juis dan veral dinge soos die politiek en die ekonomie, maar ook ander gebiede soos gesondheid, seksualiteit, die onderwys, ens – organiseer en gestalte gee deur middel van taal. Kortom, ons diskoers oor dinge.”

Destyds toe die Berlynse muur nog staande was, het Duitse taalkundiges insgelyks gewys op die groot verskille wat in die taal voorgekom het wat weerskante van die muur gepraat en geskryf is. Veral in Oos-Duitsland is die ganse realiteit vanuit ’n Marxistiese hoek beskou en ingeklee. Soos Jaco Alant dan ook geslaagd argumenteer, is PK-Engels besig om Afrikaans geheel en al te koloniseer en kan ons nie meer anders oor die politiek praat of dink as met die stelletjie gemeenplase waarmee die SABC en ANC Today ons gedurig breinspoel nie.

Iewers het Dirk Opperman mos ’n gedig oor “Man met flits geskryf” waarin hy praat van “In die klein wit kol / van my wete stol / bruin en skerp ’n klip / soos ’n bok wat skrik, / staan, vinnig weghol / uit die klein wit kol.”

Ek is bevrees dat mense soos Roelf Meyer en almal wat in PK-Engels verval het, soos daardie man is wat in die duister ronddwaal met slegs die klein wit kolletjie van hul beperkte en ingeperkte bewussyn wat nog vir die werklikheid rondom hulle vatbaar is. Die moord, onreg en verwoesting wat die huidige orde gebring het, word nie net deur Robot Roelf en se mede-“napraters, rugkrappers en gatkruipers” (soos Jaco Alant na hulle verwys) verswyg nie, dit gaan geheel en al by hulle verby.

Aan die ander kant moet ons erken dat die hele regse beweging in Afrikaans tot dusver gefaal het, juis omdat die verteenwoordigers daarvan nie skeppend genoeg met hul eie taal kon omgaan nie. In die proses het Afrikaans die knie gebuig voor PK-Engels en het ons, sowel taalkundig as polities, in ’n totalitêre doodloopstraat beland.

Iemand wat by al sy hebbelikhede en gebrek aan politieke konsekwentheid dikwels, nogal skeppende politieke terme in Afrikaans kon bedink, is die digter Breyten Breytenbach. Soos hy, behoort ons woorde soos “kripvreter”, “kruiper”, “Boereverneuker” as deel van ons politieke woordeskat te beskou. Iets wat Jaco Alant ook voorstel, is dat ons alle vertaalde PK-terme moet laat vaar en die ou Afrikaanse woorde moet terugbring, al val hulle bietjie kras op die oor.

Nie net moet ons onsself van figure soos Robot Roelf en sy trawante uit die ou Broederbond bevry, verkieslik deur hulle teen ’n muur te sit en dood te skiet nie, maar ons moet ook Afrikaans begin suiwer van die vertaalde Engelse uitskot wat die afgelope tien jaar ons vermoë om oor die politiek te praat en te dink belemmer het.

Woorde soos “bemagtiging”, “uitkoms”, “nierassig”, “versoening”, “nasiebou” en dergelike meer moet eintlik as die nuwe vloekwoorde gesien word. As iemand hulle in jou geselskap gebruik, vra die persoon beleefd om dadelik sy verskoning aan te teken. Indien hy weier, móér hom sommer net daar!

камера купитьлобановский харьков класс

Volkleurbetoging teen SABC se ge-tshwane

Die foto van Steve Hofmeyr in Beeld voor die mikrofoon met sy donkerbril en ’n vierkleur in die agtergrond gee iets weer van ons betoging Maandag teen die gebruik van die woord “Tshwane” pleks van Pretoria op die SAUK-TV. Ongeveer tweehonderd Afrikaners van alle politieke oortuigings het daaraan deelgeneem. Daarom was die geroesemoes van kleur simbolies van hierdie spontane samekoms van belanghebbendes wat nie langer met die SAUK se ge-tshwane in nuusbulletins gediend is nie.

Image

Betogers voor SAUK-gebou

Die meeste betogers het uit Pretoria na Aucklandpark, Johannesburg, opgeruk, maar een afvaardiging onder leiding van Inga Gilfillan, het al die pad van Louis Trichardt gekom. Daar was vele vlae, ’n meerderheid vierkleure, twee of drie oranje-blanje-blou vlae maar as “Prinsevlae” sonder die vlaggies in die middel en dan iets interessants, die Brawolandvlag: ’n oranje vaandel met ’n blou en wit kruis op Skandinawiese wyse effens na die kant van die vlagpaal geplaas. Voeg daarby die oordaad van plakkate en baniere wat met groot moeite en sorg vooraf ontwerp, geverf, gedruk en geprakseer is en mens kom onder die indruk dat die Afrikaner in die NSA ’n betogende dier geword het!

Image

Tswhane is ‘n koei

Ons mense betoog egter nie soos ons toi-toiende landgenote met klippe en buitebande nie, maar met ’n vertoon van hul praktiese vindingrykheid as dit kom by die vervaardiging van plakkate en baniere, asook die pièce de résistance, ’n lewensgrootte standbeeld van ’n swart koei van veselglas agter op ’n bakkie met die woorde “Tshwane” en “Aikona” daarop geverf. Dié blink idee behoort aan André Alkema van die GHA (Genootskap vir die Handhawing van Afrikaans) wat ook ’n reuserol in die reëling van die byeenkoms gespeel het.

Tydens die toesprake voor die SAUK-gebou met die betogers in ’n halfmaan rondom ingang twee versamel, lê Theuns de Wet van die AKB (Afrikanerkultuurbond) die betekenis van die swart koei uit: “Kaptein Tswane” soos die Pretoriase stadsraad na hom verwys, is ’n mite. Daar bestaan ook geen woord soos “Tshwane” in inheemse tale nie, soos prof. Louis Louwrens, Afrikataalkenner van UNISA, bevestig het nie. Die enigste gedaante op deeske aarde wat ooit daardie naam in Noord-Sotho of Tswana gedra het, was die koei wat in reënmaakseremonies gebruik is. Tydens die seremonie het die toordokter moeti aan die bees gesmeer en oral waar sy mis, sou dit reën.

Is die huidige burgemeesteres van “City of Tshwane”, Gwen Ramakgopa, daarom ’n soort reënkoningin? Pleks van voggies vir voorstedelike tuine, laat reën sy egter net straatnaamveranderings, misdaad, swak dienste en korrupsie.

As ons verby die kantore van Beeld in Kingsway (ja, Kingsway, is dit nie ’n naam wat smeek om verander te word nie, maar hieronder meer daaroor) stap, skree die skare die slagspreuk: “Ons wil ’n Pretoria-Beeld hê!”, asook “Beeld verraai die volk!” Tog verbysterend hoe Naspers, die uitgewers van dié koerant met sy groot sirkulasie in Pretoria, aanhou om ’n “Tshwane-Beeld” te publiseer. Hopelik het iemand in die hermetiese verseëlde glaskantore van die grootste Afrikaanse dagblad in die Transvaal tog iets van die krete buite op straat kon hoor.

Mens word dors so in die warm son en oral sien mens halfliterwaterbotteltjies wat geledig word. Voor in die optog loop ek, Steve Hofmeyr, André Alkema, Wille Spies van die VF+, asook Henk van de Graaf van die Verkenners. En voor ons almal ry die heilige koei Tshwane op haar bakkie met ’n luidspreker waaruit die skare aangemoedig word om slagspreuke te skree, waaronder: “Pretoria is ’n stad, Tshwane is ’n koei!” Ons sing darem insgelyks die “Lied van jong Suid-Afrika”.

Tydens die oorhandiging van ons petisie met 95 000 name, ’n reusegetal as mens daaraan dink, heers daar ’n feestelike atmosfeer wat agterna so effens oorgaan in ’n vae aggressie teen die propagandamasjien van die verdrukker in sy betonbetoring wat, soos meer as een opmerk, “met Afrikanergeld gebou is”. Daar word TV-stelle wat die koei op haar reis vergesel het, moontlik vir vermaak in reënmaakland, op die sypaadjie voor die ingang afgelaai en mnr. Jaap Kelder van Kemptonpark poog om een met ’n stok van sy banier stukkend te slaan.

Die polisiekaptein of inspekteur of wat hulle ook al deesdae genoem word, kom kla by my dat dit “onaanvaarbaar” is.

Op pad terug na die parkeerterrein van waar ons begin het, sien ek ’n bordjie raak wat die onhoudbaarheid van ons situasie verder illustreer: “University of Johannesburg, Kingsway Campus”. Vir diegene wat nie weet nie, dis die voormalige RAU oftewel “Randse Afrikaanse Universiteit”. So het Afrikaans neffens die SAUK waar soveel Afrikaners eens gewerk en gewoon het, gesneuwel.

Image
 
Soos ek in my toespraak voor die SAUK gesê het, sal ons die vryheidsvlam moet hoog hou, anders gaan ons totalitêr getransformeer word tot ’n “Kingsway” waar die kwasi-Britse beeskultuur en sy Mugabe-agtige tirannie en naamsveranderings die septer gaan swaai.

100 лДанильченко Юрий Харьков