Oom weet jy wil só graag ‘n doodsdreigement kry. Jammer, maar hierdie is dit nie. ‘n Mens dreig nie ‘n peslike klein nikswerd soos jy met die dood nie. ‘n Mens was maar net sy mondjie met goeie ou Sunlight-seep uit.
En Oom weet hoe graag jy die Groot, Brawe Koerantseun wil wees en hoe jy elke aand op jou knieë vir die Liewe Tokkelos bid dat die Ooms jou gatjie moet kom slaan by jou kantoor. Dan kan almal mos sien watse belangrike koerantmannetjie jy is. Nog ‘n jammer. Jy is ‘n kefferbrakkie met ‘n seer keel. Jy blaf en blaf en blaf so vreeslik en jy klink so kwaai vir jouself. Maar niemand hoor die seun nie en as hulle hom hoor, vergeet hulle onmiddellik alles wat hy wou sê. Hulle het belangriker goed om aan te dink: Wit- of bruinsuiker op vanoggend se krummelpap?
Toe nou, toe nou. Droog die traantjies en vee af die snotjies. Oom is nie meer kwaad nie. Hierdie is mos die eerste keer wat jy vir die koerant geskryf het, nie waar nie? Of, as jy al ander geskryf het, het die Ooms dit al vergeet. En Oom weet jy praat maar net so lelik van dinge waarvan jy niks weet nie omdat jy seerhartjie het en vir niks of niemand enige iets beteken nie.
Groetnis, Seuna, en onthou om agter die oortjies en in die naeltjie ook te was en slaap liewers met jou hande bo die komberse.
Oom Gustav
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.