Dit is onmoontlik om ‘n verklaring vir hierdie selfverheffing te gee. Die hedendaagse Afrikaner-liberaliste is ‘n verslonste ou troppie op die politieke vlaktes, ‘n verguiste spulletjie, uitgelag oor hulle verspotte, naïewe idees en bespot agter hulle rug vir hulle algemene gatkruiperigheid. Elkeen van hulle sosio-politieke ideekonstruksies het voor hulle oë in stof verander. En tog, die een eienskap wat die Afrikaner-linkse van ander sterwelinge onderskei, is hulle onwrikbare vertroue in die uitnemendheid van hulle eie gedagtes. Hulle voel hulleself so verhewe dat hulle reken enige krummel van hulle ideologiese tafel sal met gulsige kake deur verhongerde hondjies opgeraap word. Wát hulle sê, maak nie regtig saak nie, en ook nie hóé hulle dit sê nie. Wat belangrik is, is dat dit húlle is wat dit sê en laat die gepeupel koek eet.
Dit is wat my persoonlik die grootste hekel in Amanda Gouws se rubriek gee. Sy het geen ontsag vir haar lesers nie. Haar getranskribeerde klaagliedjie drup minagting in elke jota en tittel. Lesers is vir haar ‘n noodsaaklike ergernis. Sy vind hulle ‘n oorlas.
Geen skrywer mag ooit vergeet dat sonder haar daar nog altyd lesers sal wees maar dat sonder lesers daar geen skrywer sal wees nie. Dit staan in sterk kontras met die staaltjie van die onderwyser wat in sestiende-eeuse Duitsland gereeld met groot nederigheid voor sy leerlinge gebuig het omdat hy nie kon voorspel watter hoogtes een van hulle dalk mag bereik nie. Een van sy leerlinge was Martin Luther, die Groot Hervormer. Amanda Gouws se opvatting van haar lesers is duidelik dat hulle ‘n onnosele, hardvogtige, reaksionêre horde is en dat hulle dankbaar moet wees vir elke krieseltjie insig waarmee sy hulle bedien uit die hoogtes van die Universiteit van Stellenbosch wat in linkse mitologie verhef is tot die Parnassus van Afrikaner-denke.
Gouws se peiling van die Afrikaner-leser is dat hy nie ‘n goeddeurdagte, logiese, ontwikkelde politieke mening werd is nie, en ook nie behoorlike punktuasie, gepaste woordkeuses en basiese taalversorging nie. As ‘n sosiale betoog verander haar rubriek die koerantpapier waarop dit gedruk is in gepaste materiaal om ‘n maagkoorsige boeppensmarmot se kouvloer mee te bedek.
Natuurlik het sy bondgenote in hierdie walglike ongeërgdheid nodig, vernaamlik ‘n redakteur met ‘n gevoel van beroepsekuriteit wat niks met sy vaardighede te doen het nie. Henry Jeffreys is die nommerpas samesweerder. As dit nie vir sy Regstellende Aksie-vatbare vel was nie, sou hy nie die redaksie van die Grassy Park Nuwe Apostoliese Kerk se kwartaalbladjie gehaal het nie.
Die man het ‘n ronddonderende onvermoë om in enige redaksionele omgewing in te pas. Maar Naspers onderhou wél die sakrament van Regstellende Aksie en Jeffreys hét die regte blas velskakering. Nou is hy die redakteur van Die Burger, eens ‘n Afrikaner-koerant opgerig met Afrikaner-geld, bestuur met Afrikaner-skranderheid en volgens die Afrikaner se tipiese hoë redaksionele waardes. In ‘n nugter wêreld sou Jeffreys moes pa staan vir die Gouws-rubriekfiasko. Maar hoe kan hy verantwoordelik gehou word vir die eise van ‘n werk waarin niemand enige bevoegdheid van hom verwag nie?
