Zimbabwe: die multikulturele utopie

ImageDanksy ʼn 15 000-persentinflasiekoers, wat die huidige wêreldrekord is, het die meeste mense op aarde nou al van Zimbabwe gehoor. Verlede week is die vorige leier van die oud-Rhodesië, Ian Smith, in Kaapstad dood. Smith is in die laat sewentigerjare deur Brittanje verraai sodat Robert Mugabe die welvarendste staat in Afrika suid van die Sahara – benewens Suid-Afrika – kon oorneem.

Dit mag vreemd klink, maar toe ek onlangs oor Hillary Clinton opgelees het, het haar lewensverhaal my aan Zimbabwe laat dink. Sy was ʼn goeie, konserwatiewe meisie van Park Ridge, Illinois, wat die pad byster geraak het en in ʼn liberale en multikulturele feeks ontaard het. Gedurende haar eerste jaar aan Wellesley-kollege, was sy voorsitster van die Jong Republikeine. By 1968 se Republikeinse Nasionale Kongres in Miami het sy egter as ondersteuner van Nelson Rockefeller se kandidatuur ʼn intense renons in Nixon ontwikkel en ook “bedekte rassistiese boodskappe” by die kongres bespeur.

Die multikulturele gety het nie net vir die arme Hillary oorspoel nie, maar ook hele gebiede ter wêreld. In Suid-Afrika het die “stryd teen rassisme” gelei tot een van die mees diskriminerende stelsels wat daar nog ooit gesien is – maar wat tans teen blankes gemik is. Die konserwatiewe, pro-Westerse regerings wat voorheen deur blankes oorheers is, is vervang met radikale, Afrikanistiese bewinde wat ʼn wêreldwye derdewêreldrevolusie teen die Weste voorstaan.

In Zimbabwe is ekonomiese, opvoedkundige, vervoer- en gesondheidstelsels besig om vinnig in duie te stort soos wat die ekonomie na die steentydperk terugkeer. Skole het so te sê tot stilstand gekom en volgens ʼn onlangse berig in die Londense Daily Telegraph, word dele van die Universiteit van Zimbabwe tans in bordele omskep. Soos een vroulike student dit gestel het: “Wat sou u doen indien u ʼn skamele Z$2 miljoen (omtrent R14) per semester ontvang?”

Vir die meeste Amerikaners of Europeërs, behoort Zimbabwe tot ʼn vae versameling derdewêreldlande wat nie maklik op ʼn kaart te vind is nie. En tog is Mugabe se fanaties anti-blanke stelsel bloot die meer ekstreme manifestasie van die internasionale multikulturele beweging.

Zimbabwe is vir multikulturalisme dít wat Kuba vir kommunisme is: die suiwerste uitdrukking van die geloof. Die Marxistiese sekulêre godsdiens het Kuba destyds in ʼn kranklike Sowjetsattelietstaat verander. So suiwer was Castro se siening van kommunisme dat nie eens die ineenstorting van die Berlynse muur en die bevryding van Oos-Europa Kuba kon beweeg nie.

Die Eurokrate van Brussel hou van 8 tot 9 Desember hul spitsberaad in Lissabon waar Mugabe een van die genooide gaste sal wees, tesame met ʼn spul ander diktators en massamoordenaars uit Afrika. Verbasend genoeg het die Britse eerste minister, Gordon Brown, beswaar teen Mugabe se teenwoordigheid aangeteken.

ʼn Mens wonder waarom. Dit was juis Brittanje wat ekonomiese en militêre sanksies teen die ou Republiek van Rhodesië ingestel het en wat graag wou sien dat Kameraad Bob die land regeer. Die historikus Thomas Pakenham het in 1992 die Britse konsensus in sy boek The Scramble for Africa uitgedruk: “Oor die laaste tien jaar, het Zimbabwe voortdurend die skeptici se monde gesnoer… Die heersers van die nuwe staat, wat deur teëspoed in die tronk of in ballingskap gelouter is, het hul minderhede, swart en wit, met onverwagte selfbeheersing gehanteer.”

Dikwels word daar gesê dat Afrika geen mislukkings ken nie, slegs wisselende grade van sukses. Om jou staat te plunder, etniese suiwering teen jou blanke burgers toe te pas en om jou eie bevolking tot hongersnood en siekte te reduseer, verteenwoordig vooruitgang, solank as wat dit tot die ondergang van die Weste bydra.

Vele mense het teen dié tyd al gesê dat multikulturalisme net nog ʼn vorm van kommunisme is, maar onlangs het ek begin dink dat multikulturalisme dalk erger as kommunisme mag wees. Ná alles het Oos-Europeërs daarin geslaag om hul bevolkings op te voed, om hulle in ballet en klassieke musiek op te lei en op ʼn manier, sy dit dan op ietwat perverse wyse, tot die uitbreiding van die beskawing bygedra. Daarenteen neig multikulturalisme na barbarisme soos ons tans in Zimbabwe en Suid-Afrika kan waarneem. Anders as kommunisme, wat darem vir ons Prokofiëf en die strelende sosiaal-realistiese argitektuur van Nowa Huta in Krakow nagelaat het, is multikulturalisme suiwer vernietigend.

укладка кварцвиниловой плитки на фанеруАлександр Фильчаков прокурор

Komende energiekrisis verg politieke visie

ImageMet die ruolieprys op pad na honderd dollar per vat, stuur die wêreld op ʼn permanente energiekrisis af. Die gedagte dat die maklike, goedkoop energie wat ons die afgelope 200 jaar eers uit steenkool en toe uit olie verkry het oor enkele dekades gaan opraak, is besig om nagmerrievisioene by Westerse beleidmakers te veroorsaak.

Die meeste mense het al ingesien dat die Irakoorlog bedoel is om Amerika beheer oor daardie land se oliehulpbronne te gee. Maar veel minder mense besef dat die konflik in Israel in ʼn hoë mate oor ʼn ander noodsaaklike hulpbron, water, gaan. Israel klou verbete aan die verowerde gebied van 1967 omdat dit hom toegang tot die varswaterbronne van die Jordaanrivier en die Bergwatertafel gee. Die Gazastrook, wat tans 1,4 miljoen Palestyne huisves, se ondergrondse water is besig om op te raak weens 4 000 boorgate wat dié mense se enigste toegang tot varswater verteenwoordig. Daar heers reeds ʼn gesondheidskrisis in die Gazastrook en onlangs was daar berigte oor die gebied wat “in sy eie riool verdrink”.

Oorloë oor energie en water gaan waarskynlik kenmerkend van die een-en-twintigste eeu wees. Ons kan ons nouliks voorstel hoe die wêreld gaan verander as ruolie begin opraak en ons dalk moet teruggaan na hoe ons oumas en oupas op plase geleef het: sonder elektrisiteit en met dalk ʼn eenskaarploeg wat deur ʼn os getrek word. Trouens, nie net ons lewenstandaard nie, maar ons hele beskawing is afhanklik van ruolie en petrol wat in kannetjies of tenks vervoer kan word.

Die Vrystaatse wiskundige wat reeds jare lank aan die universiteit van York, Toronto, klasgee, Buks van Rensburg, het onlangs ʼn fassinerende artikel oor Die komende permanente oliekrisis hier op die PRAAG-webwerf geskryf. Daarin sit hy M. King Hubbard se teorie oor die “oliehoogtepunt” (Eng: Peak Oil) uiteen. Hubbard het reeds in 1956 voorspel dat enige olieboorgat of selfs ʼn hele olieveld se produksie tot op ʼn sekere hoogtepunt toeneem en daarna weer onvermydelik afneem. Die eerste bewys vir sy teorie was tydens die eerste oliekrisis in die vroeë sewentigerjare toe die Amerikaners vergeefse pogings aangewend het om hul eie ruolieproduksie vanuit Texas te laat styg.

Tans is daar aanduidings dat selfs die kolossale oliereserwes van Saoedi-Arabië hul “Hubbard-hoogtepunt” bereik het en dus van nou af onvermydelik gaan begin daal. Sadat al-Hoeseini, ʼn vorige hoof van eksplorasie by Saudi-Aramco, die Saoedi-oliemaatskappy, praat van ʼn “strukturele plafon” wat in sy land se olieproduksie bereik is. Die Ghawar-olieveld in Saoedi-Arabië, die grootste op aarde, het reeds een kwart van alle olie wat tot dusver ter wêreld geproduseer is, gelewer en dit wil voorkom asof dit reeds sy Hubbard-hoogtepunt bereik het.

Een aanduiding van die skaarste aan ruolie wat reeds in die mark voelbaar is, is natuurlik die duiselingwekkende styging in die prys vanaf slegs $20 per vat in 2000 tot meer as $90 tans. Suid-Afrikaanse motoriste voel dit reeds aan hul sak en mens kan sê dat ons nog maar aan die begin van die permanente oliekrisis verkeer.

Elke jaar word daar in die wêreld drie keer soveel ruolie verbruik as die hoeveelheid nuwe olievelde wat ontdek word; duidelik is die huidige “oliebeskawing” en selfs globalisering wat van petrochemiese vervoer gebruik maak, nie volhoubaar nie.

Vorige Afrikanerregerings in Suid-Afrika het versiendheid aan die dag gelê toe daar met die olie-uit-steenkoolprojek, SASOL, begin is. Tot redelik onlangs het kommentators in die Engelse pers SASOL as ʼn liefdadigheidsprojek vir armblanke Afrikaners afgemaak en die staat se aanvanklike belegging daarin as ʼn “vermorsing” beskou. ʼn Mens wonder egter wat Suid-Afrika vandag sónder die sedertdien geprivatiseerde SASOL sou vermag het, want dié onderneming verminder ons afhanklikheid van ingevoerde Midde-Oosterse olie en bespaar ook miljarde aan buitelandse valuta wat ons daarsonder sou bestee het.

Die ANC-bewind se gebrek aan enige vorm van beplanning of toekomsvisie blyk duidelik uit die huidige kragonderbrekings of “beurtkrag”-beleid van ESKOM. Dit was tog logies dat Suid-Afrika se groeiende ekonomie ook tot ʼn toename in energieverbruik sou lei en vele deskundiges het oor die jare die regering en die bestuur van ESKOM hieroor gewaarsku.

Indien die ANC-regering nie eens na ons gewone elektrisiteitsbehoeftes kan omsien nie, hoe op aarde gaan hy Hubbard se oliehoogtepunt hanteer? Ons chaotiese stadsbeplanning waardeur woonbuurte lukraak al verder van bestaande infrastruktuur aangelê word, tesame met gratis elektrisiteit in swart woonbuurte, verhoog op allerlei maniere die vraag na energie.

Regeringsbeleid veronderstel ook dat energie altyd goedkoop en maklik beskikbaar gaan wees. Suid-Afrika se afhanklikheid van padvervoer was nog nooit so hoog soos nou nie. Die verkeerspatroon aan die Rand word gekenmerk deur groot opeenhopings waar motors, minibus-taxi’s en vragmotors ure lank in die verkeer staan en luier en kosbare ingevoerde energie verbrand.

Die ANC se droom dat elke inwoner van ʼn plakkerskamp iewers in die toekoms ook gaan deel in die “oliebeskawing” in die vorm van ʼn groot, energiehonger huis met ʼn swembadpomp, viertrekvoertuie in die motorhuis, ondervloerse verhitting en dergelike meer, is net dít: ʼn droom. Soos Buks van Rensburg dit in sy artikel stel: “Ryker lande kan die verhoogde ruolieprys tans in ʼn mate absorbeer, maar armer lande sal aankope nie kan bekostig nie en sonder ruolie moet klaarkom.  Sulke lande trek dus geen voordeel uit die oliemeevaller nie, en kan nie volledig deelneem aan globalisering nie.”

Soos wat die “oliebeskawing” van die afgelope honderd jaar ten einde loop, sal die nywerheidslande wat die meeste voordeel daaruit getrek het die beste geplaas wees om alternatiewe energiebronne te ontwikkel, terwyl die gaping tussen ryk en arm lande gaan vergroot. Wat geld vir lande, geld ook vir individue. Diegene wat tans net-net energie kan bekostig of dit pasella van die ANC-welvaartstaat ontvang, gaan in die toekoms daarvan uitgesluit wees. Ook voedselpryse sal styg soos wat die koste van die energie om dit te produseer, toeneem.

Binne die volgende dekade of twee gaan die permanente oliekrisis met ons wees en gaan ons ons lewenstyl, tegnologie en energieverbruik radikaal moet aanpas. Indringende navorsing oor sonenergie en ander alternatiewe vorme sal deur die staat gefinansier moet word.

Weens onwettige immigrasie en geweldsmisdaad bestaan daar reeds vraagtekens rondom die volhoubaarheid van die SA staatsbestel. Die energieprobleem mag dalk net te veel vir ons staat in sy huidige vorm wees.

Met SASOL, die ou EVKOM, kernnavorsing by Pelindaba en ander inisiatiewe het die Afrikaner reeds getoon dat hy toekomsgerig kan optree. Die komende energiekrisis mag die belangrikste argument ten gunste van ʼn Afrikanervolkstaat wees waarbinne ons sal kan beplan vir ons toekoms met sy globale energietekort en ses miljard mense wat moontlik met geweld hul deel van die oorblywende energie- en varswaterbronne gaan opeis.

Hierdie artikel het in effens gewysigde vorm op 18 November 2007 in Rapport verskyn. 

сайт игрушкиФильчаков прокурор харьков

Immigrasie veroorsaak ons ondergang

Voortaan sal Dan Roodt weekliks ‘n internasionale rubriek van om en by 600 woorde skryf wat ook in Engels in die VSA en in Italiaans in Italië sal verskyn. Hierdie is die eerste aflewering.

ImageDie Italiaanse intellektueel, Umberto Eco, het enkele jare gelede iets kwytgeraak wat vir my skokkend was. In sy boekie Cinque Scritti skryf hy onder meer: “Die Derde Wêreld klop aan ons deure en gaan binnekom selfs al hou ons nie daavan nie… Europa gaan ʼn veelrassige kontinent word – of ʼn “gekleurde” een as u wil. Dis hoe dit gaan wees, of u daarvan hou of nie.”

Kennelik het mnr. Romano Prodi hom nie aan Eco se fatalisme gesteur nie, want tans lyk dit asof Italië die voortou in Europa gaan neem as dit by die summiere deportasie van ongewenste immigrante kom. Maar indien enigeen twyfel aan die verwoestende gevolge van onwettige immigrasie, hoef hy of sy maar net my land, Suid-Afrika, te besoek.

Na raming is daar tussen tien en vyftien miljoen onwettige immigrante uit die res van Afrika in Suid-Afrika. Dit verteenwoordig min of meer ʼn kwart van die bevolking! In sommige dele van die land, soos die Limpopo-provinsie, word tot tagtig persent van alle misdaad deur immigrante gepleeg. Nietemin het die president van Suid-Afrika, Thabo Mbeki, onlangs gesê dat sy regering “niks kan doen” om die immigrasievloedgolf, veral vanuit Zimbabwe, te stuit nie.

Suid-Afrika was eers ʼn Westerse land. Ons aandelebeurs is ouer as vele in Wes-Europa. Tot onlangs het ons meer spoorweë en paaie as Groot Brittanje gehad. Intussen het ons paaie egter vol gate geword en meer as die helfte van die spoorlyne werk nie meer nie. Dit is die gevolg van verafrikanisering, maar ook van onwettige immigrasie wat eenvoudig ons hele maatskaplike stelsel oorweldig het.

Eens was daar ʼn woonbuurt in Johannesburg by name Hillbrow wat as die “Manhattan van Afrika” bekend gestaan het. Dit was ʼn kosmopolitiese buurt waar mens vele Europese tale gehoor het. Ek kan onthou hoe ons as studente by die Café de Paris en die Café Wien ʼn drankie gaan drink het. Daar was ook boekwinkels en ʼn platewinkel bekend as Hillbrow Records wat ʼn groot afdeling vir klassieke musiek gehad het.

Vandag is Hillbrow ʼn misdaadgeteisterde slumgebied wat deur Nigeriese dwelmhandelaars beheer word. Van die 100 000 Nigeriërs in Suid-Afrika het slegs 3 000 wettige visums. Op enige straathoek kan mens, benewens heroïen, ʼn Suid-Afrikaanse ID-boekie vir die ekwivalent van 100 euro koop. Dikwels word sulke ID-boekies deur korrupte amptenare van Suid-Afrika se Binnelandse Sake-departement verkoop.

Woorde kan nie meer die toestande in Suid-Afrika beskryf nie. Elke dag in die pers lees ons van gister se vlaag moorde, verkragtings en rooftogte. Sommige rowers pleeg selfs misdaad in polisie-uniform. Trouens, soms as slagoffers van misdaad na die polisiestasie gaan om ʼn gewapende rooftog aan te meld, herken hulle hul aanvaller agter die toonbank in sy mooi blou uniform as ʼn regte polisieman…

Net enkele dae gelede skryf ʼn bekende Afrikaanse sanger, André Swiegers, hoe sy seun en dié se vriendin en haar ma deur die polisie gearresteer is omdat sy nie vinnig genoeg haar rybewys aan hulle getoon het nie. Natuurlik was die gearresteerde vrou blank en die polisiemanne swart of “gekleurd” soos Umberto Eco sou sê.

En dit is die wortel van die probleem: die rassebewussyn van ons swart-nasionalistiese president Mbeki veroorsaak dat hy nooit teen onwettige immigrante gaan optree nie, selfs al pleeg hulle die mees barbaarse dade teen vroue, kinders en oumense. Vir hom is ons, die wetsgehoorsame Westerlinge van Suid-Afrika, die vyand wat deur sy polisie geteister word, waarteen sy arsenaal van wette gerig is en wat bedoel is om ons uiteindelik landuit te verdryf. Blankes mag nie met die staat handel dryf of onafhanklik van swartes ʼn onderneming begin nie. Ons kinders mag ook nie aan die universiteite in die meer gesogte studierigtings studeer nie omdat sulke studierigtings vir swartes gereserveer word. Hulle moet ook ten duurste vir hul studies betaal terwyl swartes gratis mag studeer.

Die onreg wat daar vandag in Suid-Afrika heers, het ten minste gedeeltelik weens onwettige immigrasie ontstaan omdat soveel swart Afrikane van oorkant ons grense deur die ekonomiese voorspoed in ons Westerse land aangetrek is. Mag Italië ons lot gespaar bly en mag Umberto Eco se voorspelling nie bewaarheid word nie.

для дачиФільчаков прокурор

SAUK moet sy swak Afrikaans staak

ImageOns het almal waardering vir Riaan Cruywagen se professionele aanbieding van die Afrikaanse TV-nuus. Hy verteenwoordig egter die spreekwoordelike swaeltjie wat nie somer maak nie.

So pas het Cruywagen ‘n toekenning van Stellenbosse studente ontvang vir sy bydrae tot Afrikaans in die media. Maar in sy polities korrekte reaksie daarop poog Cruywagen nou om die agterlosige foute, swak uitspraak en intonasie van sy kollegas op taalkundige gronde te verskoon, as sou dit “variante van Afrikaans” wees. Kim “Kloetie” (in Afrikaans sê ons gewoon Cloete) en haar trawante op die TV-nuus is nie by magte om in Afrikaans verslag te doen nie.

Die vernaamste TV-nuusbulletin van die openbare uitsaaier is nie ʼn rockmusiekprogram wat in sleng aangebied kan word nie. Regoor die wêreld, in watter taal ook al, besig nuuslesers en joernaliste in sulke programme die standaardtaal. Sedert 1875 beskik Afrikaans oor ʼn baie duidelike standaardtaal wat op die skole gedoseer word en in tientalle woordeboeke en taalhandleidings vasgelê is.

Die SAUK, gesteun deur sommige polities korrekte akademici soos prof. Hans du Plessis van Potchefstroom, is blykbaar besig met ʼn berekende aanslag op Standaardafrikaans. Die afskuwelike Engfrikaans wat op Sewende Laan gebruik word, is daarop bereken om Afrikaanssprekendes soos morone voor te stel wat nie hul eie taal kan praat nie.

Kom ons stap af van die taalkundige mite dat Engels ʼn variant van Afrikaans is of dat Afrikaans “opgemors” moet word om polities aanvaarbaar te wees. Dit staan natuurlik in skrille kontras met die gewyde eerbied waarmee koloniale Britse Engels as standaardtaal op die SAUK behandel word.

Wat prof. Du Plessis betref en sy stelling dat “Afrikaans ʼn gemorstaal” sou wees, het ek hom nog laas uitgedaag tot ʼn debat daaroor in die Akademie se Tydskrif vir Geesteswetenskappe. Nodeloos om te sê, het hy die hasepad gekies toe hy sy teorie oor Afrikaans as ʼn gekreoliseerde “gemorstaal” op skrif moes verdedig.

Afrikaans is so ʼn mooi taal as dit korrek en suiwer gepraat word. Waarom moet ons mense op die kassie en oor die radio verduur wat ons ore seermaak en boonop ʼn swak indruk van Afrikaanssprekendes by andertaliges skep? As Ruda Landman elokusielesse kon neem om haar Engelse uitspraak te verbeter, kan die SAUK nie sy derderangse nuuslesers en joernaliste vir soortgelyke opleiding in Afrikaans stuur nie?

Dan praat mens nie eens van die alewige getshwane as Pretoria bedoel word nie en wat op ʼn uitdagende vorm van irritasie teenoor die kyker neerkom. As Cruywagen werklik vir Afrikaans omgee, sal hy weier om daardie non-woord oor sy lippe te laat kom.

golden shamrockФильчаков

Die Bosoorlog – ‘n verlore saak liefs vergeet?

Toespraak gehou te Balmoral op 11 November 2007, by ‘n geleentheid ter herinnering aan die gesneuweldes van die Bosoorlog, asook die einde van die Eerste Wêreldoorlog.

Image

Kmdt Willem Ratte met papawer

Jare lank was diensplig, grensdiens en alles wat daarmee saamgehang het, letterlik deel van die Suid-Afrikaanse landskap want oor naweke kon mens jong blanke mans in uniform by die uitgange van dorpe sien staan met ʼn bordjie waarop hulle bestemming geverf was. Hulle was die gelukkiges wat naweekpas gekry het in die Spartaanse en gedissiplineerde opset wat destyds tipies van die ou Suid-Afrikaanse Weermag was. Sulke jongmans in uniform het ons aan ʼn oorlog herinner wat op die duur lotsbepalend sou wees, ʼn oorlog wat destyds nooit behoorlik aan die publiek verduidelik is nie en wat nooit werklik deel van die openbare debat geword het nie.

Met die voordeel van terugskouing kan mens amper sê dat ons politieke leiers van destyds nie mooi besef het waaroor dit gaan nie. Anders waarom is Suidwes, om nie van Walvisbaai wat reeds van 1878 ʼn Suid-Afrikaanse besitting was te praat nie, sonder meer aan SWAPO oorhandig? Terwyl die Weermag hom op die slagveld onderskei het as ʼn professionele en gedugte vegsmasjien, het die politici heel dikwels by die onderhandelingstafel die witvlag gehys en word die Westerse beskawing wat ons voorouers in die land gevestig het vandag wesentlik bedreig. Al die strategiese implikasies van die Nasionale Party se sonderlinge bekering tot die ANC-standpunt waarmee die Afrikaner, onder andere, se eeue-oue strewe na selfbeskikking meteens beëindig is, is waarskynlik nog nie verreken nie.

Dit blyk dat selfs Brittanje, die argitek van die Lancasterhuisberaad waardeur Robert Mugabe aan bewind geplaas is, ietwat verbaas is deur die vinnige manier waarop alle Westerlinge uit daardie land gesit is. Gedane sake het egter geen keer en mens vermoed dat onlangse Britse kritiek op Mugabe meer uit verleentheid as enige werklike empatie met die eertydse blanke Rhodesiërs geskied.

Feit is dat die Bosoorlog ongeveer dertig jaar geduur het, vanaf die laat sestigerjare tot die 22ste van die tweede maand 2002 toe Jonas Savimbi, een van die hooffigure in daardie oorlog, tydens ʼn skietgeveg omgekom het.

Image

SAW-vlag…

Afgesien van die militêre operasies teen Duitsland tydens die Tweede Wêreldoorlog, was die Suider-Afrikaanse bosoorlog waarskynlik die grootste oorlog wat daar nog op Afrikabodem geveg is. Verskeie lande in Suider-Afrika, maar ook die vernaamste opponente tydens die Koue Oorlog soos die VSA en die Sowjetunie, was op een of ander manier betrokke.

Die feit dat hierdie ʼn belangrike oorlog was, dring waarskynlik nou eers tot ons deur, noudat die sogenaamde “progressiewe” oftewel linkse magte soos die MPLA, ZANU PF, SWAPO en ANC/SAKP ʼn onverwagte hegemonie in die streek behaal het.

Die wyse waarop Suider-Afrika téén die gang van die wêreldgeskiedenis in uiteindelik die mag oorhandig het aan politieke en militêre bewegings wat destyds binne die invloedsfeer van die ou Sowjet-Unie verkeer het, verteenwoordig een van die geheimsinnigste raaisels van die geskiedenis. Terwyl die Berlynse muur in Europa in 1989 afgebreek is, is hy by wyse van spreke vanaf dieselfde datum by ons herbou.

As daar vandag hoegenaamd in die pers na die Bosoorlog verwys word, word dit op ʼn baie stereotipe manier met apartheid in verband gebring. Daar bestaan weinig strategiese of politieke ontledings van die oorlog wat op ʼn objektiewe manier gedoen is. Die algemene indruk wat daar geskep word, is dat indien Suid-Afrika, asook die ou Rhodesië nooit weerstand gebied het nie, sou ons die geweld van die oorlog gespaar gewees het.

So eenvoudig is dit natuurlik nie. Indien Kennedy tydens die Kubaanse missielkrisis bes gegee het, sou daar vandag wêreldvrede geheers het? Gestel Suid-Afrika het nooit gereageer teenoor die Kubaanse, Oos-Duitse en Russiese magsopbou in Angola nie, sou ons vandag ʼn beter lewe gehad het, sonder transformasie, plaasmoorde en taaldiskriminasie? Vir seker nie.

Baie oorloë is sekerlik futiel. Maar elke oorlog het unieke oorsake wat uiteindelik met die politiek verband hou. In die beroemde frase van Von Clausewitz verteenwoordig “oorlog die voortsetting van politiek met ander middele”. Dikwels is oorlog die gevolg van politieke mislukkings. Vele mense gee die eensydige skikking by Versailles in 1919 die skuld vir die uiteindelike uitbreek van die Tweede Wêreldoorlog. Maar oorloë kan ook ewe dikwels veroorsaak word deur mededinging tussen lande en volkere, om nie van godsdienstige en ideologiese verskille te praat nie.

As ons dus vandag die vraag vra: waarom het ons oorlog gaan maak in die destydse Suidwes en Angola, dan is daar ʼn verskeidenheid antwoorde wat met die gewone oorsake van oorloë te make het. Dit opsigself sê vir ons dat dit geen vrugtelose oorlog was nie. Die destydse strategiese, militêre, ekonomiese en ideologiese kwessies wat die Bosoorlog onderlê het was werklike kwessies en kon nie langs gewone politieke weë opgelos word nie.

Image

Roodt te Balmoral

Ek wil vandag hier my eie siening of interpretasie van die oorlog gee. Ek wil selfs die stoute skoene aantrek en beweer dat die Bosoorlog in sekere opsigte nog nie verby is nie en dat ons iewers in die toekoms weereens in Suider-Afrika gaan oorlog maak omdat geen van die wesentlike geskille waaroor dit gegaan het tot dusver opgelos is nie. Ook wil ek fokus op die positiewe eienskappe van die ou SAW wat nog nie heeltemal verlore is nie en wat ons dalk in die nabye toekoms mag onderskraag in ons stryd om voortbestaan op waarskynlik die ongenaakbaarste en gewelddadigste kontinent op aarde.

Terwyl Suid-Afrika ingeneem is deur die ANC en hy hom in die Uniegebou tuisgemaak het waar hy na hartelus die SA staat vir sy eie doeleindes kan aanwend, kan mens tog sê dat iets van die ou Suid-Afrikaanse patriotisme oorgebly het. Deel van die oorlogservaring en deel van vele mense se Weermagervaring was dié patriotisme wat veral in die eerste vers van Die Stem deur Langenhoven verwoord is, die gedagte van: “Ons sal lewe, ons sal sterwe, Ons vir jou Suid-Afrika.”

Die ou Suid-Afrikaanse patriotisme, wat nou saamhang met die Afrikaneridentiteit, is, goddank, nog nie dood nie. Hoewel ons by die onderhandelingstafel oorwin is, is ons nog nie geestelik oorwin nie.

Ek het reeds genoem dat die Bosoorlog deel was van die Koue Oorlog-konflik tussen Oos en Wes. Maar myns insiens is daar nog ʼn wesentliker aspek daarvan wat deur die meeste mense misgekyk word. Deur die geskiedenis, of dit nou die geskiedenis van Rome is of die geskiedenis van die Franse of Russiese Revolusies, vind ons ʼn byna permanente konflik tussen die skeppende minderheid en die passiewe, afhanklike meerderheid. Terugskouend en veral in die lig van die soort Derdewêreldse welvaartstaat wat regdeur Suider-Afrika tot stand gekom het, was die Bosoorlog bloot die voortsetting van die eeue-oue stryd tussen patrisiër en plebejer. In daardie sin is die oorlog nie verby nie, maar het bloot ʼn nuwe gesig aangeneem; dit woed voort in plaas- en huisaanvalle en in al die pogings van die huidige owerheid om die besittersklas van sy bates te ontneem en dit aan sowel die plebejiese parvenu’s as die gepeupel uit te deel.

Sekerlik het die Afrikaner sentraal in die Bosoorlog gestaan. Die SAW is aangevoer deur Afrikanergeneraals, maar daar was ook ʼn groot aantal dienspligtiges uit die geledere van Engelssprekende blankes. Benewens hierdie weermag, was daar egter ʼn hele konstellasie van bondgenote, waaronder veral UNITA, die DTA in Suidwes, Buthelezi en ander tuislandleiers in Suid-Afrika. Daar was ook 32 bataljon, Koevoet en ander wat van nie-wit soldate gebruik gemaak het. Toe Meyer en De Klerk so te sê onvoorwaardelik aan die ANC oorgegee het, het die hele orde in duie gestort in ʼn illustrasie van die klassieke dominoteorie wat Amerikaanse sienings gedurende die Koue Oorlog bepaal het. Soos Dwight D. Eisenhower dit op 7 April 1954 gestel het:

“Uiteindelik het mens breër oorwegings wat neig na wat jy die ‘tuimelende domino’-beginsel sou noem. Jy het ʼn ry domino’s wat opgestel is, jy gooi die eerste een om en wat met die laaste een gebeur is die sekerheid dat dit baie vinnig gaan omval. So kan mens die begin van ʼn disintegrasie hê wat die mees diepgaande invloed kan uitoefen.”

Wat die meeste van die slimjanne wat vandag in die pers kommentaar lewer nie besef nie, is dat die politieke mislukking van die Nasionale Party en die De Klerk-oorgawe ook ʼn verwoestende uitwerking gehad het op almal wat deel was van wat mens destyds die Gematigde Alliansie, teenoor die Radikale Alliansie, sou kon noem. Savimbi, wat volgens sy biograaf ʼn intelligente en charismatiese leier was, is uiteindelik doodgeskiet terwyl elkeen wat op een of ander manier deel van die Gematigde Alliansie was die onderspit gedelf het.

Hoewel die wêreldmedia die sogenaamde skikking van 1994 voorgehou het as ʼn onderhandelde skikking, het niemand minder nie as Nelson Mandela tog die aap uit die mou gelaat toe hy op 26 Julie 1991 in Havana die volgende gesê het: “Die oorwinning oor die apartheidsweermag was ʼn inspirasie vir die strydende mense binne Suid-Afrika! Sonder Cuito Canavale sou die verbod op ons organisasies nie opgehef gewees het nie!… Cuito Canavale was die keerpunt in die stryd om ons kontinent en ons land van die euwel van apartheid te bevry!”

Volgens Fidel Castro was Mandela se woorde “die grootste en voortreflikste hulde wat ooit aan ons internasionalistiese vegters gebring is”.

Ook in sommige van Thabo Mbeki se uitsprake het dit al geblyk dat die ANC sy huidige magsposisie nie sien as die resultaat van onderhandeling nie, maar as die vrugte van ʼn militêre oorwinning. Onderliggend aan die tweedeklasstatus van blankes en veral Afrikaners in Suid-Afrika is ook die gedagte dat ons oorwin is en daarom die wette en regeringstelsel van ons oorwinnaars moet aanvaar.

Diegene van die SAW wat wel by Cuito Canavale was, vertel ʼn ander verhaal.

Kan mens dus sê dat die saak waarvoor daar geveg is, verlore is? Hierdie vraag kan slegs beantwoord word indien ons eers ʼn ander vraag vooraf beantwoord: wat is “die saak” waarvan ons hier praat? Op sy minste behels die saak die volgende:

1.       Die vryheid van die Afrikaner.

2.       Die vryheid van verskeie ander volke in ons sub-kontinent, waaronder die Ovimbundu van Jonas Savimbi, die Rehoboth-Basters, Namas, Herero’s en ander in teenswoordige Namibië, asook die blanke Rhodesiërs wat intussen uit hul land verdryf is.

3.       Die ekonomiese welvaart van Suider-Afrika wat plek-plek, soos in Zimbabwe, groot terugslae beleef.

4.       Die soewereiniteit van state in ons gebied wat waarskynlik binnekort deur groter moondhede soos Sjina en Indië bedreig gaan word.

Ten spyte daarvan dat die Bosoorlog amptelik ten einde geloop het, is hierdie vraagstukke hoegenaamd nie opgelos nie en roep steeds om ʼn bevredigende oplossing. Die algemene gevoel is dat Suid-Afrika dieselfde pad as Zimbabwe gaan bewandel, met die verdrywing van die blanke komponent.

Dit wil voorkom asof die Westerse lande ʼn groteske fout begaan het deur die Gematigde Alliansie in Suider-Afrika te verwerp en hul steun aan die radikales toe te sê. Nie net is Westerse invloed in Suider-Afrika besig om te taan nie, maar hul mededinger Sjina is besig om sy invloed uit te brei. Die Volksrepubliek van Sjina verteenwoordig die enigste oorblywende finansier van die Mugabe-bewind, maar duisende Sjinese werkers bou in Angola aan die spoorlyn wat 1 300 kilometer sal strek vanaf die wekusstad, Benguela, na die mineraalryke streek in die ooste wat aan die Demokratiese Republiek van die Kongo grens. Sommige mense beweer dat daar reeds twee miljoen Sjinese in Angola woon, in elk geval meer as die getal Portugese wat ooit in die land gevestig was.

As ons daaraan dink dat die Portugese vir meer as 500 jaar ʼn konstante teenwoordigheid in Angola gehandhaaf het en die land op ʼn stadium as ʼn “oorsese provinsie” beskryf het, dan besef ons watter grondverskuiwende strategiese verwikkeling hul vervanging deur Sjinese verteenwoordig. Wat die bosoorloog aanbetref, kan mens dus praat van twee honde baklei oor ʼn been, maar die derde gaan daarmee heen! Nóg Rusland en Kuba, nóg Suid-Afrika en die Afrikaner wat mekaar in Angola die stryd aangesê het, baat tans by die olierykdom van Angola.

Ook in Suid-Afrika is Sjinese maatskappye en beleggers besig om stelling in te neem. Die grootste enkele aandeel in Standardbank is onlangs aan die grootste bank in Sjina, die Nywerheids- en Handelsbank van Sjina, verkoop. Standardbank is in baie opsigte die toonaangewende bank in Suid-Afrika wat sinoniem is met die aanvanklike goudstormloop in die 1880s en die opkoms van Johannesburg as finansiële sentrum van ons land en toenemend van die hele Afrika. Die bank besit ook takke in die meeste lande suid van die Sahara. Dus sal Sjinese maatskappye en individue wat oral in Afrika sake doen voortaan hul lenings, asook valutatransaksies, deur ʼn Sjinees-Suid-Afrikaanse bank kan verrig.

Oor die afgelope aantal jare het daar veral by die Afrikaner ʼn groot ontnugtering ingetree rondom die oorgawepolitiek van mnr. FW de Klerk. Dit is al herhaaldelik gesê, maar in die laaste jare van die Nasionale Partybewind was daar geen strategiese visie meer nie. In weerwil van Mandela en Kuba se propaganda oor Cuito Canavale, het die SAW grootliks as militêre wenner uit die bosoorlog getree. Die strategiese voordeel wat die SAW aan die NP-bewind gebied het, is net nooit deur die politici benut nie. Trouens, vir die Nasionale Party was gunstige publisiteit in die buitelandse media belangriker as enige ander strategiese, militêre of politieke kwessie. Dit was selfs belangriker as die voortbestaan van die Afrikaner in Suid-Afrika. In sy boek Boetman en die swanesang van die verligtes verduidelik die joernalis Chris Louw hoe enige buitelandse joernalis binne ʼn halfuur ʼn afspraak met Roelf Meyer tydens die sogenaamde onderhandelings kon verkry, terwyl plaaslike joernaliste of selfs persone vanuit die binnekring van die ou regering dae lank moes wag of met ʼn kluitjie in die riet weggestuur is.

Die kragte van die geskiedenis wat tydens die bosoorlog werksaam was, is nog nie gestuit nie. Daardie kragte sal aanhou werk totdat die huidige neiging om alle blankes of mense van Westerse afkoms uit Suider-Afrika te vedryf sy logiese uiteinde van volledige verafrikanisering onder die ekonomiese oorheersing van Sjina en ander moondhede bereik het. In die lande van Oos-Afrika wat deur die Britte ontruim is, het ʼn ander moondheid waarna die Indiese oseaan vernoem is, oorgeneem en word die handel van lande soos Kenia en Tanzanië geheel en al deur Indiërs oorheers.

Meer as ooit wankel Suid- en Suider-Afrika vandag op die mespunt. In sy profetiese boek ʼn Swart Suid-Afrika  wat in 1962 geskryf is, voorspel die historikus en politieke kommentator G.D. Scholtz dat die blanke beskawing in Suid-Afrika sal ondergaan, mits die blankes afstand doen van hul ekonomiese gemaksug en afhanklikheid van nie-blanke arbeid. Volgens Scholtz het die blankes nooit verstaan dat daar na die Tweede Wêreldoorlog ʼn groot magsverskuiwing in die wêreld plaasgevind het waardeur die blankes van die oorheersende posisie wat hulle die afgelope 500 jaar beklee het, ontneem is nie. In ʼn hoë mate beleef ons tans die Untergang des Abendlandes wat Spengler voorspel het en ons huidige probleme hang ten nouste met die algemene dekadensie en afgang van die Westerse wêreld, bowenal in Afrika, saam.

Op ʼn dag soos vandag waarop ons die einde van een van die grootste slagtings in die wêreldgeskiedenis naamlik die Eerste Wêreldoorlog, herdenk, behoort ons diep te besin oor die toekoms van ons volk, ons land en ons beskawing. Gaan ons eenvoudig die pad van kapitulering, oorgawe en uiteindelike verdrywing uit ons vaderland loop? Of gaan ons die verloordersindroom van ons afskud en opnuut ons probleme in die oë kyk soos wat ons voorouers deur die eeue so dikwels reggekry het?

In dié opsig verstout ek my om te sê dat die bosoorlog, hoewel dit op die fiasko van De Klerk se oorgawepolitiek uitgeloop het, vandag vir ons op dieselfde manier kan inspireer as Vegkop of Bloedrivier! In ʼn wesentlike sin is die Afrikaner in die onlangse tyd nog nooit militêr oorwin nie; hy is bloot polities verraai deur sy eie vrotsige en boonop dom leiers.

Die merkwaardige stryd wat ons in Angola en elders tydens die bosoorlog gevoer het, waartydens ons ons vryheid teen die destydse magte van totalitarisme verdedig het, behoort in die annale opgeneem te word naas ons veldslae teen die Matabeles en Zoeloes, maar ook Majuba, daardie wonderbaarlike triomf oor Colley en sy Engelse. In die onlangse tyd is die naam van generaal Koos de la Rey weer in ʼn gewilde liedjie vir ons opgeroep en wie sal ooit Magersfontein vergeet, toe die Boere ʼn klinkende oorwinning oor majoor-generaal Wauchope behaal het?

Ons is ʼn dapper en vernuftige volk wat groot hoogtepunte in die geskiedenis behaal het en by verre die suksesvolste staat in Afrika tot stand gebring het. Soos ʼn span wat gewoond daaraan is om te wen en daarom nie een of twee verliese kan verwerk nie, is ons bloot ontsenu deur die politieke wending na afloop van die Bosoorlog.

Die geskiedenis wat ons troepe en offisiere in Angola en die destydse Suidwes gemaak het, leef egter met saam in die huidige tye. Teenoor die willoosheid van die burgerlike politikus soos ʼn Roelf Meyer of ʼn voetewassende, abjekte Adriaan Vlok, staan die soldaat in sy dapperheid, eerlikheid en onwrikbare trots.

Nietzsche sê iewers dat oorlog die enigste kuur vir dekadensie is. Indien Nietzsche vandag in ons land gelewe het, sou hy waarskynlik graag oorlog wou sien, want nog nooit in die geskiedenis behalwe miskien in Johannesburg tydens die 1890s was ons land nog so dekadent soos juis nou nie. Dis vandag vir ons moeilik om ons die ou Suid-Afrika voor te stel wat vir iets heeltemal anders gestaan het, nie individuele vryheid om te doen wat jy wil nie, maar ʼn soort Stoïsynse patriotisme en lojaliteit teenoor die land self. Toevallig val my oog nou die dag op ʼn passasie van Verwoerd wat voor in Erika Theron se boek oor sy rol as welsynsbeplanner in die dertigerjare voorkom en wat waarskynlik beter as enige ander omskrywing die etos van die ou Suid-Afrika verwoord.

Verwoerd se patriotiese betuiging van vaderlandsliefde in die gedeelte wat ek nou ten slotte gaan aanhaal, is tipies Westers en kan teruggevoer word na die ou-Romeinse siening van die vaderland wat bloot ʼn uitbreiding van die begrip paterfamilias was. Hierteenoor beleef ons tans ʼn heeltemal ander siening van die staat wat dit letterlik as ʼn skatkis of grot van Ali Baba sien wat geplunder moet word.

Op ʼn dag soos vandag waar ons daarom hulde bring aan al die miljoene gesneuweldes van die Eerste Wêreldoorlog, maar ook aan die oud-stryders van die Bosoorlog, waaronder die meer as duisend jong manne wat aan die grens omgekom het, is Verwoerd se woorde wat hy tydens ʼn Republiekfees in 1964 geuiter het soveel te meer gepas:

“Republiek van Suid-Afrika, land van ons vadere, land van ons kinders en hulle s’n – hoe trots is ons daarop om jou te mag dien. Ons sal ons met liefdevolle sorg toewy aan die beskerming van jou natuurlike prag. Ons sal jou bodem bebou en vaar op die seë wat jou omring. Wanneer ver verwyder, sal ons verlange na jou uitstraal. Jy is ons tuiste waarheen ons ons altyd wend. Jy besorg ons geluk, gesondheid, lewenskrag. In jou skoot vind ons die laaste rus. Aan jou verpand ons op hierdie dag van vervulling ons toewyding en liefde, en indien nodig die grootste offer wat ʼn mens kan bring.”

In die lig van al die strategiese kompleksiteite wat ek hierbo geskets het, was die Bosoorlog vir seker geen verlore saak nie. Totdat ons ons republikeinse vryheid herwin het en ons ons vaderland met Verwoerdiaanse liefde pleks van die huidige afsku kan bejeën, mag ons soos die ware soldaat nooit tou opgooi nie.

free bet sites no deposittopcargo отзыв

Op die glybaan na ‘Stellenbosch University’

ImageEnkele weke gelede het ek ʼn stuk vir LitNet geskryf waarin ek die taamlik retoriese vraag gevra het, “Hoe Afrikaans is die Afrikaanses?” Onder die polities korrekte toebehore wat soos die oordadige stelle pype, borsels en snoete van ʼn duur Duitse stofsuier saam met ANC-regering gekom het, tel die term “Afrikaanses”.

Niemand kon tot dusver ʼn gangbare definisie van ʼn "Afrikaanse" verskaf nie, maar dit is bedoel as ʼn teenvoeter vir die begrip “Afrikaner” wat in die NSA ongewens geword het. Afrikaners is so ongewens dat hulle heel dikwels, binne die verband van plaas- en huisaanvalle wat al hoe meer algemeen raak, gedwing word om kookwater te drink en andersins gemartel word, verkrag word en van die gras afgemaak word met minder ontsag as wat die meeste mense vir diere koester.

Stellenbosch het intussen ʼn “Afrikaanse” rektor verkry, prof. Russel Botman. ʼn “Verkorte CV” van prof. Botman is deur die universiteit in Afrikaans aan die media beskikbaar gestel (terwyl die nuwe rektor se amptelike CV op die US se webblad net in Engels beskikbaar is – ʼn aanduiding van waar sy simpatieë lê?) Volgens dié dokument is Botman 53 jaar oud en ʼn “bruin man”, dus verwys hy nie na homself as ʼn “Afrikaanse” nie.

In sommige kringe is daar ʼn sug van verligting geslaak toe Stellenbosch met Botman se aanstelling finaal van sy historiese Afrikanerbeheer onthef is; nie dat die vorige rektor, die anglofiele jingo Chris Brink, hoegenaamd die Afrikaner goedgesind was nie, inteendeel. Enkele weke lank het die media en die universiteit se openbare-betrekkingekonsultante egter die indruk probeer skep dat Botman, hoewel “ten gunste van transformasie” aan Stellenbosch, nogtans Afrikaans as onderrigtaal sou handhaaf. ʼn Mens hoef maar net na Botman se amptelike CV te kyk om te besef dat hy by voorkeur sy verhandelings in Engels skryf. Sy doktorale proefskrif heet: Discipleship as transformation? Towards a theology of transformation.

Te oordeel aan die titel, is Botman se denke deurdrenk van die ANC se anti-wit, anti-Afrikaanse transformasie-ideologie. Binnekort wil ek nog aantoon in welke mate transformasie, soos kommunisme of Nazisme, ʼn misdaad teen die mensdom verteenwoordig, want dit pas etniese suiwering op ʼn spesifieke minderheidsgroep toe. Die uiteindelike oogmerk van transformasie is om die Afrikaner taalkundig, kultureel en selfs fisies uit Suid-Afrika te laat verdwyn. Ons moet begin om die verband in te sien tussen die moordbendes wat ons op plase en in die voorstede teister en die beplande verengelsing van Stellenbosch. Net soos wat kommunisme en die utopiese gelykheidsideaal hand aan hand met massamoorde en strafkampe gegaan het, verteenwoordig transformasie strukturele geweld en kulturele vandalisme teen minderheidsgroepe en spesifiek teen die Afrikaner.

Dat Stellenbosch onder die transformasionistiese teoloog, Russel Botman, verengels gaan word, is so te sê ʼn uitgemaakte saak. Dié indruk word versterk deur die jongste taalbeleid van die universiteit wat onlangs gepubliseer is. In weerwil van die wollerige aard van die dokument blyk dit duidelik dat Afrikaans nog vir vyf jaar lank voorgraads toegelaat gaan word, maar dat die huidige toestand bestendig gaan word waar Engels reeds die nagraadse verstektaal geword het. Ook wat die herrie oor die “A-opsie” en “T-opsie” betref, kies Botman en sy taalkomitee kant vir die “T-opsie” waar Engels en Afrikaans in dieselfde klas gebruik gaan word. Volgens die universiteit se besprekingsdokument (maar waarop mens reeds sedert 1 November geen kommentaar kan lewer nie) werk die “T-opsie” so:

“Die mondelinge kommunikasietaal van die dosent in lesings, seminare, tutoriale en praktika van ’n module is

(i) in dieselfde klas Afrikaans en Engels, met dien verstande dat die gebruik van Afrikaans minstens 50% is, of

(ii) afwisselend Afrikaans en Engels in verskillende klasse van ’n module of program, met dien verstande dat die gebruik van Afrikaans minstens 50% is.”

Hierdeur word Afrikaans en Engels in lesinglokale en elders in mededinging gestel sodat Engels sy werk as killer language, soos taalkundiges dit noem, kan doen. Soos ons by Tukkies gesien het, sal die aandrang op 50% Afrikaans in die praktyk gou verdwyn en die enkele taalbewuste Afrikanerstudente wat dit sou durf waag om op hul moedertaal aan te dring, sal gou-gou as polities onkorrek, “regs”, “rassisties” en dergelike gestigmatiseer word, waarna die Stellenbosse trein seepglad by die eindstasie Stellenbosch University sal aankom, net soos wat die vorige Randse Afrikaanse Universiteit die Johannesburg University geword het.

Ek is seker Hermann Giliomee en ander wat hard vir die behoud van Afrikaans by Stellenbosch geveg het, moet hierdie nuwe wending met teleurstelling gadeslaan. Maar soos ek al so dikwels geargumenteer het, is die “Afrikaanses” nie baie Afrikaans nie en gaan die PK-strategie om “Afrikaans, maar sonder die Afrikaner” te propageer, op ʼn ronde nul uitloop.

Dit is byna lagwekkend om te sien hoe die US se besprekingsdokument klakkeloos die clichés waarmee die verengelsingsproses die afgelope dertien jaar bewierook word, napraat. Kastig word Afrikaans aan Stellenbosch “bevorder as onderrig- en wetenskapstaal in ’n meertalige konteks”. Die woord “meertalig” het sedert 1994 ʼn eufemisme vir “Engels-eentalig” geword. Blykbaar wil die universiteit ook ewe hard isiXhosa bevorder, wat seker die toppunt van politieke korrektheid verteenwoordig. Asof enige van ons Xhosa-imperialiste ooit hul eie taal op universiteit of selfs van ʼn openbare politieke verhoog af besig.

Met Botman aan die stuur, kan mens met redelike sekerheid sê dat Afrikaans by Stellenbosch as wetenskapstaal binnekort tot op die vlak van isiXhosa afgeskaal sal word.

Op die glybaan na ʼn Engels-eentalige Stellenbosch University sal daar met trane in die oë na “meertaligheid” en allerlei vorme van inheemse folklore verwys word. ʼn Paar tradisionele Xhosas uit die Transkei sal moontlik op die kampus hul Wes-Afrikaanse tromme kom slaan. Waarskynlik sal daar nog ʼn Woordfees en ʼn Versindaba – die Afrikaner se ekwivalent van bietjie tromslaan en fluitjieblaas – gehou word. Maar Stellenbosch gaan meedoënloos verengels word tot op die punt waar kampusgangers jou verbaas sal aankyk as jy selfs net Afrikaans in die verbygaan sou praat, soos reeds by die voormalige RAU die geval is.

большой теннис польза и вредлобановский александр биография

Padkaart na Afrikanervryheid 3

Toespraak gelewer op 2 November 2007 by die jaarlikse PRAAG-dinee, The Pinotage-restaurant, Centurion

ImageDeur vanaand oor die tema “ʼn Padkaart na Afrikanervryheid” te praat, wil ek juis sekere praktiese voorstelle maak oor hoe ons volk uiteindelik die vryheid wat hy in onlangse tye verloor het, kan herwin.

Die Afrikaner, miskien tot sy nadeel, is by uitstek pragmaties. In die onlangse verlede is hierdie pragmatisme deur ons vyande uitgebuit en word daar van ons verwag om in die aangesig van knellende anti-blanke wetgewing, geweld, verlies aan instellings en enige invloed op die staat ʼn soort hinderniswedloop te hardloop.

Iemand het onlangs gesê dat die Afrikaner se pragmatisme tydens die De Klerk-tydvak in nihilisme oorgegaan het, want daar word van ons verwag om blymoedig by ons eie ondergang aan te pas. Hoe knellender die wetgewing en hoe benouender ons situasie, hoe stywer moet ons die gordel intrek, hoe harder moet ons werk en met soveel minder klaarkom. Daar word ook deur vele Afrikaner-nihiliste bepleit dat ons hierdie onhoudbare stelsel moet “maak werk”, by gebrek aan enige alternatiewe.

Hoewel my padkaart bedoel is as ʼn praktiese oplossing vir ons huidige probleem, bevat dit onvermydelik ʼn paar intellektuele en ideologiese veronderstellings. In die eerste instansie is die woord “vryheid” oop vir interpretasie. In die Franse eksistensialisme is selfs die aangehoudene in ʼn konsentrasiekamp of in ʼn dodesel “vry”. In Camus se beroemde opstel oor die Sisifusmite begin hy deur te sê: “Daar is net een waarlik ernstige filosofiese probleem en dit is selfmoord… die res kom agterna.” Vir die Franse eksistensialiste was die lewe by uitstek absurd; vandaar dus ook hul klem op die absurde logika.

In ʼn onlangse peiling op die Praagwebwerf het ons lesers gevra om die grootste Afrikanerverraaier van alle tye te nomineer en vir hom te stem. Uiteindelik het die lys so daar uitgesien:

FW de Klerk (politikus) 43%            

Roelf Meyer (politikus) 15.9%

Pik Botha (politikus) 10.3%

Max du Preez (joernalis) 4.7%   

Deon Maas (joernalis) 4.7%   

Marthinus van Schalkwyk (politikus) 3.7%   

Genl. Constand Viljoen (politikus) 3.7%   

Dirk du Toit (politikus) 3.7%   

Beyers Naudé (predikant) 2.8%   

Steve Booysen van ABSA (sakeman) 1.9%   

Willie Esterhuyse (akademikus) 1.9%   

Ton Vosloo (sakeman) 1.9%   

Johan Heyns (teoloog) 0.9%            

Johan Pienaar (internetskrywer) 0.9%

Hierdie peiling is waarskynlik nie verteenwoordigend van die breë Afrikanervolk daar buite nie, maar ek verstout my om te sê dat FW de Klerk loshande enige kompetisie van dié aard sal wen, op watter manier dit ook al gehou word.

Ek wil daarom by hierdie geleentheid mnr. FW de Klerk gelukwens met sy nuwe titel. Benewens ʼn Nobelprys van die Sweedse Akademie is hy ook deur die lesers van www.praag.org verkies as die Grootste Afrikanerverraaier van alle tye.

Miskien is De Klerk, asook Roelf Meyer en Pik Botha wat saam 69% van die stemme op hulle verenig het, egter slimmer as wat ons almal dink. Heel moontlik is De Klerk ʼn eksistensialis en ʼn leser van Albert Camus. Hy word allerweë deur bedenklike joernaliste opgehemel as “die argitek van ons vryheid”. Maar dit is ʼn absurde vryheid, die vryheid van die terdoodveroordeelde. In Camus se Buitestaander wat deur Jan Rabie in Afrikaans vertaal is en deur Uitgewery Praag heruitgegee is, voel Meursault wat onskuldig ter dood veroordeel is dat hy sy “hart vir die heel eerste keer open aan die tere onverskilligheid van die heelal. En omdat ek voel dat dit so baie soos ek is, so broederlik verwant aan my, weet ek dat ek gelukkig was en nog is. Sodat alles vervul kan word, sodat ek minder alleen kan voel, kan ek nog net hoop dat daar baie toeskouers op die dag van my teregstelling sal wees, dat hulle my met krete van haat sal begroet.”

Soos Meursault in Die buitstaander, is die Afrikaner veronderstel om sy teregstelling en die meedoënlose vernietiging van sy identiteit, taal en kultuur onder die huidige stelsel met vrolike afwagting tegemoet te gaan. Of soos Izak de Villiers dit ʼn jaar of twee gelede in sy Akademietoespraak gestel het: ons moet “die varkwagters by ʼn bedeling” wees. Die parallelle tussen Camus se siening van selfmoord as “die enigste ernstige wysgerige kwessie” en die politieke selfmoord wat De Klerk oor ons afgeroep het, is frappant.

Daarom val dit ook op dat die tweede kategorie van persone wat beduidende stemme as groot verraaiers van ons lesers (en sedert 1 Januarie het ons bykans een miljoen besoekers aan ons webwerf gehad) getrek het, die joernaliste Max du Preez en Deon Maas was. Soos De Klerk, is ook hulle politieke eksistensialiste of nihiliste wat glo dat hoe meer absurd en onregverdig die stelsel raak, hoe “vryer” word ons.

Daar is mos daardie hippie-liedjie van Janis Joplin, “Me and Bobby McGee” wat lui: Freedom’s just another word for nothing left to lose. Joplin het op die ouderdom van 27 gesterf aan ʼn oordosis heroïen. Ongelukkig vir die Afrikaanse publiek, het Deon Maas, wat self ʼn voorstander van dwelmgebruik vir die jeug is, nog nie aan ʼn oordosis omgekom nie.

Ons moderne begrip “vryheid” soos dit ook tydens die Franse revolusie gebruik is in die slagspreuk liberté, égalité, fraternité, is ontleen aan die Latynse woord libertas. Dis nogal ironies en miskien veelseggend dat die naam van Libertas, die eertydse woning van Suid-Afrikaanse eerste ministers, intussen verander is! Die burgerlike vryheid wat deur die begrip libertas uitgedruk word, staan teenoor servitus, oftewel: slawerny, knegskap. In ʼn politieke sin het die ou Romeine dit gebruik om die vryheid van ʼn volk, wat nie deur ʼn monarg regeer word of deur ʼn ander volk oorheers word nie, uit te druk.

Terwyl diegene wat op Praag se treffersparade van groot verraaiers verskyn ons absurde papiervryheid, ʼn vryheid-in-naam, verheerlik, kan dit nie as vryheid in die klassieke Romeinse sin of in enige ernstige betekenis deurgaan nie.

Op ʼn manier preek ek hier aan die bekeerdes. Want as daar een ding is wat die groot verskeidenheid aktiviste, skrywers en betrokkenes van PRAAG in gemeen het, is dit ons afkeer van die onvryheid wat ons vandag op soveel gebiede moet verduur. Ek dink elkeen van ons is dit eens dat die absurde vryheid, die vryheid van die persoon wat sy eie of sy volk se lewe neem of wat soos Meursault in die dodesel verkeer, nie vir ons genoeg is nie. In die vierde vers van “Die Stem” deur C.J. Langenhoven word daar gepraat van “Knegte van die Allerhoogste teen die hele wêreld vry” waardeur die Afrikaner se eeue-oue vryheidstrewe uitgedruk word om aan alle vorme van oorheersing in hierdie wêreld te ontkom.

In een van sy mees revolusionêre geskrifte het Wladimir Lenin die vraag gevra: “Wat moet gedoen word?” En dit is ook ʼn vraag wat hom vandag met akute dringendheid aan die Afrikaner opdring, die Afrikaner wat moontlik besig is om sy laaste jare in Afrika te slyt.

As ons dan praat van ʼn padkaart na vryheid, impliseer dit niks minder as ʼn omwenteling in die huidige bestel waar ons oorheers en dikwels vertrap word nie. Toe ek aanvanklik in die laat negentigerjare by ons huidige vryheidstryd betrokke geraak het, het ek taamlik helder ingesien dat daar ses fases in so ʼn stryd is. Ek herhaal net hier die verskillende fases wat ek reeds op 10 November 2005 in ʼn gelyknamige rubriek oor ʼn Padkaart na vryheid opgenoem het:

  1. Intellektuele fase (waar ‘n stel idees ontwikkel word of herontdek word).
  2. Ideologiese fase (waar idees in slagspreuke vertaal word en aan die volk gekommunikeer word).
  3. Organisatoriese fase (waar die volk georganiseer en gemobiliseer word).
  4.  Politieke fase (waar politieke doelwitte nagestreef word).
  5.  ‘n Oorwinning en bereiking van politieke mag (hopelik).
  6. Konsolidasie en vernietiging van die vyand.

Twee jaar gelede het ek gemeen dat die Afrikaner in die huidige stryd iewers tussen fase 1 en 2 verkeer en ʼn aanvang neem met fase 3. Ek verstout my egter om te sê dat die De la Rey-fenomeen nie die begin nie, maar die afsluiting van fase 2 gemarkeer het en dat ons nou reeds besig is met fases 3 en 4.

Ons weet almal hoe moeilik dit is om mense in enige vorm van organisasie saam te snoer, veral wanneer jou opponent oor al die hulpbronne van die staat en die grootste deel van die media beskik. Maar ons mense het reeds male sonder tal in die verlede bewys dat ons die onmoontlike kán regkry. Dink maar net aan Bloedrivier, Vegkop en Majuba, of aan die Afrikaanse taal wat teen die historiese neiging in en ernstige taalverdrukking ten spyt, in die skadu van Engels kon ontwikkel en gedy.

Die longe van elke Afrikaanse asemteug vandag is die erfenis van die verlede toe ons voorgeslagte onder baie moeilike omstandighede ʼn nuwe taal deur hul blote harde werk en ywer geskep het. Sonder daardie oorgelewerde kapitaal sou ons vandag nie Afrikaans as kultuurtaal kon praat of skryf, daarin kon filosofeer of regspraak lewer nie.

Afrikaans is, inderdaad, iets onwaarskynliks, iets wonderbaarliks wat getuig van ons vermoë om teen Engels en die Britse Ryk op te staan en op soveel maniere die hele gang van die geskiedenis te verander.

Nou onlangs skryf my seuntjie van twaalf ʼn taak oor Angola. Ek haal ʼn enkele sin daaruit aan wat vir ons boekdele spreek, betreffende daardie land se onafhanklikheid in 1975: “Portugal het vir amper 500 jaar ʼn blywende teenwoordigheid in Angola gehandhaaf en die plaaslike inwoners se aansoek om onafhanklikheid is met gemengde gevoelens begroet.”

Trouens, Angola is veel ouer as Suid-Afrika. Die eerste Portugese nedersetting in daardie land dateer uit die jaar 1483, byna tweehonderd jaar voor ons eie volksplanting in die Kaap. Ná 500 jaar “handhaaf Portugal nie meer ʼn teenwoordigheid in Angola nie”, maar ons kan sekerlik sê dat die Afrikaner steeds in dié land teenwoordig is, ten spyte van die donker wolke oor ons toekoms. Gaan ons eenvoudig die slagoffers word van die Afrikageskiedenis se gang waar alle blankes of mense van Westerse afkoms soos in Angola, Mosambiek of Zimbabwe meedoënloos voor swart nasionalisme verdryf word of gaan die Afrikaner weer sorg vir ʼn sonderlinge ommekeer soos so dikwels in die verlede?

Wat die huidige politieke fase van ons stryd betref, moet ons vir ons die doelwit stel om weer beheer oor so ʼn groot deel van die land waar ons mense gevestig is en waar Afrikaans as moedertaal en as lingua franca gepraat word, te bekom. Vir my lê daardie toekomstige hinterland of Afrikaanse Republiek wes van die Drakensberg sodat veral die grootste deel van Natal waar die Zoeloes woon en die Transkei waar ons huidige oorheersers, die Xhosas, vandaan kom, uitgesluit word.

So ʼn toekomstige Afrikaanse Republiek sal ten minste in sy vroeë fase ook ʼn multikulturele staat wees, maar ek dink daar is vele verbeeldingryke maniere waarop ons die demografie van so ʼn staat kan bestuur ten einde emigrasie van nie-Afrikaners aan te moedig en die terugkeer van ons eie mense uit die diaspora, asook immigrasie van Europeërs uit ons stamlande. In baie opsigte het die ANC aan ons gewys hoe so iets gedoen moet word en ons hoef maar net hulle metodes en wetgewing effens aan te pas!

Benewens hierdie groter gebied, is ons voortbestaan in Afrika afhanklik van ʼn kleiner kerngebied waar ons van meet af aan in die meerderheid sal wees, ʼn soort Afrikanerprovinsie binne die huidige Suid-Afrika wat ook die hart van ʼn toekomstige multikulturele Afrikaanse Republiek sal verteenwoordig. Danksy die werk wat mnr. Anton Barnard van PRAAG gedoen het, asook vorige navorsing deur die destydse Volkstaatsraad, weet ons dat daar steeds so ʼn Afrikanerkerngebied in die huidige Pretoria-Centurion-gebied, wat ook dele van die Oos- en Wesrand insluit, bestaan.

Vanweë Mbeki se “oopgrensbeleid” waardeur onwettige immigrante eenvoudig toegelaat word om ongehinderd oor ons grense te stroom, sal hierdie Afrikanerkerngebied nie veel langer behoue bly nie en sal ons, soos die Portugese van Angola wat ná 500 jaar in daardie land verdryf is, uiteindelik ook van hierdie laaste oorblywende Afrikaner-enklawe waar ons oor die demografiese meerderheid beskik, vervreem word.

Dít mag nie gebeur nie. Reeds is daar tekens van weerstand onder ons mense soos byvoorbeeld die inwoners van Lynwood wat hul buurt teen geweld afgekamp het in weerwil van pogings van die ANC-stadsraad om dit te verhoed. Die huidige Afrikanerleierskap sal indringend oor optrede moet besin om daardie gebied te beveilig. Indien ons nie daardie gebied op ʼn vreedsame wyse kan bekom nie, sal ons na internasionale voorbeelde soos dié van Slowenië moet kyk waar ʼn minderheidsvolk eenvoudig in opstand teen meerderheidsoorheersing gekom het en ʼn geslaagde onafhanklikheidsoorlog, die sogenaamde Tiendaagse Oorlog vanaf 25 Junie 1991 tot 5 Julie 1991, teen die Serwiese meerderheid van die destydse Joego-Slawië gevoer het.

Soos die Sloweniërs wat alles in hul vermoë gedoen het om ʼn vreedsame skikking met Serwië te beding, maar aan die einde tog tot geweld oorgegaan het, sal ons moet besef dat ware vryheid nooit sonder vasberadenheid bekom word nie.

Myns insiens staan ons op die vooraand van groot gebeurtenisse in Suid-Afrika. Of meneer Jacob Zuma in Desember die ANC-magstryd wen of verloor, maak nie eintlik saak nie. Verloor hy, beskik ons oor ʼn potensiële Zoeloebondgenoot waarmee ons saam die vryheidstryd teen ʼn Xhosa-oorheersde ANC kan aanpak. Wen hy, bestaan daar ʼn sterk moontlikheid, gegrond op my gesprekke met hom, dat ons ʼn Afrikanerprovinsie binne die huidige Suid-Afrika kan bekom wat op die model van ʼn Québec of ʼn Vlaandere kan funksioneer.

Anders as wat soveel van ons mede-Afrikaners in hul nihilisme en defaïtisme dink, lê die weg na vryheid steeds voor ons oop.

Om af te sluit met Paul Kruger se beroemde woorde wat ook deur Jan Smuts op die vooraand van die Tweede Vryheidsoorlog aangehaal is (en wat ek insgelyks by 2005 se PRAAG-dinee gaan leen het):

“Hetsy ons oorwin of sterf, die vryheid sal in Afrika verrys soos die son uit die môrewolke en dan sal dit wees van die Zambesi tot aan Simonsbaai. Afrika vir die Afrikaner!”

очки для плавания детские ценалобановский александр интервью

Can Afrikaners and ESSAs forge a common future?

ImageWhereas only 50% of Afrikaners voted “yes” in 1992’s fateful referendum, English-speaking South Africans overwhelmingly supported the notion of negotiations, if not surrender, to the ANC. Since then many Afrikaners have become so disillusioned with their lack of language and cultural rights in the New South Africa, as well as land reform, crime and anti-white discrimination that probably the vast majority are opposed to the current system in which they have been stripped of all power and influence.

Since 1994, most ESSAs have basked in the increasing domination of English and Anglo-American culture and we have seen their concerns diverging significantly from those of Afrikaners. They seem to be happy with the pursuit of a privatised existence where personal wealth, personal safety in a gate community and personal healthcare in a private hospital are the main goals.

It may be my imagination, but in recent times the same degree of disillusion appears to have crept into ESSA conversations and attitudes as can be readily found among Afrikaners. Over recent weeks, I have received several letters from ESSAs requesting my view on some future Afrikaner-English rapprochement. I recall having written such a piece a few years ago in Focus, the Helen Suzman Foundation’s mouthpiece which did not even cause a ripple.

Recently a gentleman from Natal, Chris Moore, wrote a letter to me in which he asked some forthright questions:

“You make a lot of sense in many of the things that you say on your website about the country and the ANC government.

I am just not sure I understand your ESSA attitude ?  Do you not like English-speaking South Africans ?

If so WHY is this ?

Do you think that we do not have a place in SA ?  Do we not feel ‘African’ any more or less than others ?

Will we not fight just as much as anybody else to retain our place in Africa ?

Do we not have as long and as hard a history in Southern Africa as anybody else ?

I would be interested to know why you and many other ‘Afrikaners’ have this idea of an exclusively ( and exclusive )  ‘Afrikaans’  national identity ?

Do you think that it makes any difference to the murdering , killing , raping , thieving perps whether you are English or Afrikaans-speaking?"

In my reply to Chris Moore, I made it clear that I did not have anything against English-speaking South Africans. Many of them are decent, law-abiding intelligent people who have also made a real contribution to this country. Perhaps my experience studying at Wits for a long time during the heyday of English radicalism in the late seventies and early eighties has something to do with it, but over the last few years I have increasingly sensed that there is no longer any form of white nation in this country, despite all the effort that was put into it from 1910-1994. Notwithstanding my piece for the Helen Suzman foundation in which I pleaded for some form of cooperation among white South Africans, given that we are all victims of violence and ANC race policies.

Some form of English mea culpa should, in my opinion, also be forthcoming before such cooperation could take place. English countries generally have distinguished themselves in never succumbing to totalitarianism of either the left-wing or the right-wing variety during the twentieth century, unlike Germany, Russia and others. Except South Africa where a significant part of the English-speaking elite like the academics, journalists and clerics first espoused some form of communism which they wanted to see implemented in South Africa and then a radical form of multiculturalism or Africanism that is in essence anti-white, anti-Western and especially anti-Afrikaans. Even the English business and advertising people have taken to this idea of Africanism and routinely portray whites and Afrikaners in particular as morally and intellectually inferior to blacks. Just watch some of the Vodacom advertisements on TV. Increasingly, our English-speakers seem to be taking over the worst of what is available in the rest of the anglophone world, such as the climate of intolerance and political correctness at American universities.

A lot of the propaganda and ideology put out by the ANC is written by English-speaking academics, some of them even from Britain. Without this sustained and intricate propaganda, creating an "alternative reality" in South Africa, most of the extremist transformation policies such as "land reform", "broad-based black economic empowerment", etc., would not have been possible. Of course, there are many Afrikaners also participating in this propaganda effort directed against the indigenous white population, but somehow they seem to have adopted this "English" world-view and have actually ceased to refer to themselves as Afrikaners even though they might still speak Afrikaans occasionally. An example would be Dirk du Toit, the deputy minister of agriculture, who is even more viciously disposed to our farmers than the Xhosas in the cabinet.

Of course, the English-speaking population of Natal where Chris Moore lives is different, being more conservative than the progressive or radical elites of Johannesburg and Cape Town. But on my various visits to Natal and especially Durban, I have always had the sense that they see themselves as different and with very little interest in the rest of South Africa and especially in us. I may be corrected, but Afrikaans was only introduced in Natal fairly late as far as I recall, probably under the National Party, and it never really took hold, unlike in the rest of the country where most English-speakers are bilingual or have at least a passive knowledge of Afrikaans.

A knowledge of English is naturally an advantage in international communication and probably many Afrikaners have benefited from exposure to English. However, there are several negatives as well. One is that the centres of English culture lie far outside South Africa so that no matter what our local reality, the English or American view of Africa and Africans will always predominate in English books, TV documentaries and so on. Some people are starting to compare American political correctness and sensitivity around racial issues with the climate that once held sway in the ex-Soviet Union where dissidents were considered a threat to society. The fairly innocuous remarks made last week by geneticist James Watson, a former Nobel prize-winner, is a case in point. His suggestion that Africans might not perform, on average, as well in IQ tests as whites (which is a proven scientific fact) elicited hysterical reactions in America, causing him to cancel his entire lecture tour in Britain. Everywhere we are surrounded with Hollywood poison portraying whites as weak or criminally-minded individuals and blacks as courageous, moral and intelligent, fit to govern or to be police chiefs over subordinate whites.

The absurd system that favours blacks over whites in South Africa is in fact nothing but the implementation of this Anglo-American world-view that we encounter almost every day in the media, in books and in the grovelling posture of British and American politicians whenever they are confronted with Africans. There are few sights more sickening than seeing a video or photo of Jack Straw in the company of some African politician or dictator. It is highly surprising that Gordon Brown does not want to share a conference with Mugabe, but then who else but Britain installed Mugabe in the then Rhodesia in the first place?

Following from the above, I would say that my feeling that Afrikaners should "go it alone" in this current struggle for survival is based on a number of considerations:

1. It is difficult enough to maintain one’s identity as a white African without having to compete with the images broadcast from the U.S. and Britain, exalting blacks, as well as the virtues of race-mixing and the multicultural society.

2. Similarly, there is a huge amount of distrust between Afrikaners themselves which will only be exacerbated by the presence of significant numbers of English-speakers in our movement.

3. Historically, the record of English-Afrikaans cooperation in SA is poor, having mostly been at loggerheads for the last 200 years. The old conscription system brought young white men together in the army and gave them something of a common identity, but that inchoate "South Africanism" did not survive even a few years of ANC rule.

4. Probably for English-speakers the major issues are security and economic survival in the face of anti-white legislation. Very few English-speakers, if any, have noticed the huge cultural and ideological changes that have taken place over the last few years and that may actually be more destructive regarding our long-term presence here than a few affirmative-action laws. The assault on the Afrikaans language and institutions has gone to the core of our being and everything our forefathers stood for and fought for. In this fight we can expect very little support from English-speakers.

5. Ultimately, we are not going to survive without political power and especially the ability to govern ourselves. We need to control at last some part of South Africa and stage a coherent national project there. Bilingual societies are invariably complex (compare Belgium and Canada) and under our circumstances probably unattainable. We would be lucky to gain some form of Afrikaner state in the near future, let alone a bilingual state for white people.

I may be wrong, but I am pessimistic about our ability to formulate common goals to strive for, let alone attain them. On the other hand, I can well see the possibility of international cooperation among Western peoples, be they English, French, German , Italian, Spanish or Dutch. But that kind of cooperation takes place at another level and without any impact on one’s local culture and identity.

online casino euалександр лобановский харьков класс

Afrikaners kort ?n Israel

ImageLeopold Scholtz was onlangs in Israel en het reeds twee artikels oor sy besoek geskryf. In gister se Beeld argumenteer hy dat daar ooreenkomste tussen die situasie van Afrikaners en dié van Jode in Israel is. Albei volke poog volgens hom “om oorlewing met geregtigheid te versoen”.

Verder staan Scholtz krities teenoor die vorige tuislandstelsel en meen hy: “Die ironie is dat gebiedskeiding, wat in Suid-Afrika misluk het, in die Midde-Ooste kan werk. Anders as die wittes in Suid-Afrika, het die Jode ’n meerderheidsbesetting in die staat Israel.”

Ook oud-president F.W. de Klerk het ongeveer ses jaar gelede sy oorgawe aan die ANC teenoor my probeer regverdig deur te beweer: “Daar is nêrens ’n gebied in Suid-Afrika waar swartes nie in die meerderheid is nie.”

Sowel Scholtz as De Klerk wil daarmee sê dat ons demografiese oorheersing deur swartes, maar veral Xhosas, moet aanvaar binne ’n stelsel van sogenaamde “demokrasie” wat van enige politieke of morele inhoud gestroop is. Soos ’n Franse advokaat dit onlangs in ’n brief aan ’n ontevrede blanke Suid-Afrikaner gestel het: “By julle het ’n oormaat van geregtigheid in onreg geëindig.”

Soos ek al voorheen geargumenteer het, is demokrasie nie ’n doel op sigself nie, maar ’n middel tot ’n doel. Demokrasie of volksregering is veronderstel om tot goeie en verantwoordelike regering te lei, want as die politici nie hul plig nakom nie kan hulle uitgestem word. In Suid-Afrika en in Zimbabwe, wat bloot die voorspel vir ons toekoms is, is daar geen moontlikheid van ’n regeringsverandering nie, al gedra politici hulself ook hóé en al word hulle in die wêreldmedia verguis.

Die aard van “Suider-Afrikaanse demokrasie” wat allermins op morele aansprake berus, kalwe dus Scholtz se argument rondom demografie halfpad weg. By ons – en waarskynlik insgelyks in Israel – gaan dit slegs in ’n mindere mate “om oorlewing met geregtigheid te voorsoen”. Soos ons in die onlangse verlede aan eie bas ervaar het by wyse van plaas- en huisaanvalle, asook sistematiese rassediskriminasie dwarsdeur die ekonomie, staatsdiens en onderwysstelsel, gaan dit meer dikwels by ons om oorlewing tout court, soos die Franse sê.

Net soos wat die individu geregtig is op redelike geweld as dit by noodweer of selfverdediging kom, so is ’n volk myns insiens daarop geregtig om stelsels wat ook ander faktore as blote demografie erken te ondersoek as sy voorbestaan of oorlewing op die spel is. Enigiemand wat ná “grondhervorming” soos dit in Zimbabwe toegepas is en tans dreig om by ons geïmplementeer te word nog daaraan twyfel dat die Afrikaner se voortbestaan as sodanig op die spel is, beter uit sy daggadroom ontwaak.

Dit is vandag maklik om met die voordeel van terugskouing vir Verwoerd te kritiseer. Boonop is die man voortydig in ’n sluipmoord deur ene Tsafendas dood. Terloops, iemand wys my onlangs daarop dat Tsafendas die eerste persoon was wat die term “reënboognasie” gebruik het, ’n hele paar dekades voor Desmond Tutu!

Nietemin dink ek Verwoerd se stelsel van tuislande sou uiteindelik misluk, nie omdat daar te min grondgebied aan swartes toegeken is nie (70% van Suid-Afrika bestaan in elk geval uit die Karoo-woestyngebied waar swartes nog nooit gewoon het nie), maar omdat die buiteland waarskynlik nooit tuislandonafhanklikheid sou erken nie.

In daardie opsig het Smuts ’n veel beter idee gehad: lyf Suidwes en die Britse protektorate by Suid-Afrika in en verdeel dan die grond tussen Afrikaners en swartes. Vandag word die onafhanklikheid van Namibië, Botswana, Lesotho en Swaziland internasionaal erken, hoewel hulle yl bevolkte lande verteenwoordig wat ekonomies net so afhanklik van Suid-Afrika is soos wat die ou tuislande is. Trouens, via die Suider-Afrikaanse Doeane-unie ontvang hulle begrotingshulp van Suid-Afrika net soos regte, egte tuislande, iets wat al selfs vir Trevor Manuel van die ANC-bewind laat opmerk het dat sodanige hulp op ’n eerliker manier aan hulle oorgedra behoort te word as om dit as doene en aksyns te verdoesel.

Ook Zimbabwe is ten nouste aan Suid-Afrika verbind. Na raming bevind die helfte van daardie land se bevolking hom reeds in ons land. Mugabe se ekonomie word staande gehou deur Sjina, maar veral deur die buitelandse valuta wat trekarbeiders uit tuisland Zimabwe vanuit Suid-Afrika huistoe stuur.

Daar bestaan vele internasionale voorbeelde van minderheidsregerings of oligargieë wat hoegenaamd nie gekritiseer word nie. Die Verenigde Arabiese Emirate byvoorbeeld beskik oor ’n bevolking van 4 444 011 siele waarvan nie minder nie as 81% sogenaamde nie-burgers is hoewel die meeste van hulle permanent in die land woonagtig is. In Europa is daar Switserland waarvan 25% van die werksmag uit grenswerkers bestaan.

Tot dusver was daar nog geen druk van enigiemand op die emirati’s van die VAE om stemreg aan nie-burgers toe te staan nie. Switserland ervaar insgelyks geen druk van menseregte-organisasies om verblyfreg of burgerskap aan die hoë aantal trekarbeiders wat die land tydelik besoek, te verskaf nie.

Demografie of die blote fisieke teenwoordigheid van mense in ’n land is maar een van die kriteria vir burgerskap. As ons nou na die Suid-Afrika kyk, kan die vraag gevra word: behoort die land aan die Xhosas en hul kliënte wat hom tans regeer? Verteenwoordig die geboue in Pretoria voorbeelde van Xhosa-argitektuur? Hierdie is retoriese vrae wat geen antwoord behoef nie.

Meer en meer Afrikaners besef vandag dat die skrif aan die muur is en dat Van Wyk Louw gelyk had toe hy gesê het dat die Afrikaner sonder politieke mag in Suid-Afrika so hulpeloos sal wees soos Jode in Nazi-Duitsland. Die groot meerderheid van ons mense besef vandag waarskynlik dat slegs ’n Israel ons van gewisse ondergang sal red.

Die vraag is nou waar so ’n Israel of volkstaat gevestig moet word? Die ooglopende gebied is Suid-Afrika soos hy tans is, maar sonder die Ooskusgebiede soos Kwazulu-Natal en die voormalige Transkei. Oor daardie gebied kan die Afrikaner vir seker aanspraak maak as sy land op allerlei taalkundige, kulturele en historiese gronde. Steeds besit ons die grootste deel van die grondgebied in daardie deel van Suid-Afrika.

Nie net is Afrikaans die grootste huistaal in daardie gebied nie, maar ook die grootste lingua franca wat deur die meerderheid mense verstaan en gepraat word.

Die ideaal van ’n groot Afrikaanse Republiek wat deur die Atlantiese Oseaan in die weste, die Indiese Oseaan in die suide, die Limpopo in die noorde en die Drakensberg in die ooste begrens sal word, is iets waarna elke Afrikaner bereid sal wees om te streef. Rondom ons bestaan daar reeds ’n hele aantal Afrikastate waarin ’n groot deel van Suider-Afrika se swart bevolking hul regte sal uitoefen of reeds uitoefen.

Smuts se idee van ’n groter Suid-Afrika wat op ’n Suider-Afrikaanse Konfederasie sal uitloop, kan die sleutel wees tot ’n Israel vir die Afrikaner waarin ons aanvanklik nie die meerderheidsbevolkings sal wees nie, maar wat demografies so bestuur kan word dat ons wel mettertyd ’n meerderheid in ons eie land vorm.

Die regstellende aksie en ander maatreëls wat die Xhosa-oorheersde ANC tans toepas om ons stelselmatig uit die land te werk, kan ook deur die Afrikaner toegepas word om nie-Afrikaners te oorreed om hul heil in die lande rondom ons te soek. Anders as in die geval van die Afrikaner wat op eie onkoste moet emigreer, kan daar finansiële aansporings wees vir nie-Afrikaners, nie-burgers om ons land te verlaat en hulle in die yl bevolkte lande rondom ons soos Botswana te gaan vestig. ’n Toekomstige Afrikaanse Republiek kan ’n groot rol speel om ook die state rondom ons te ontwikkel en Zimbabwe weer op sy voete te kry as ’n produktiewe en welvarende land.

Al wat ons van ons eie Israel weerhou, is ’n gebrek aan verbeelding en die wil om so ’n ideaal na te streef. Sekerlik sal ons, soos op elke tydstip van ons geskiedenis, teenstand vanuit sekere oorde ervaar, maar dit behoort ons nie daarvan te weerhou om dit wat elke volk ter wêreld as vanselsprekend beskou – ’n eie land, ’n eie republiek – na te jaag nie. Na alles is dit wat soveel geslagte voor ons met groot ywer wou vestig.

светильники браtopcargo развод

Roelf Meyer en taalkundige totalitarisme

ImageEnkele jare gelede het ek en ’n klompie Praaglede ’n Roelf Meyer-partytjie bederf deur ’n aantal skerp vrae te vra tydens ’n toespraak van die Groot Uitverkoper aan die Potchefstroomse Universiteit. Wat my dié aand opgeval het – en ek meen ek het dit ook gesê – is dat Roelf Meyer verslaaf is aan Amerikaanse clichés. Trouens, sy Afrikaans is deurspek met sulke woorde. Dis asof die man iewers in ’n laboratorium geprogrammeer is met die korporatiewe jargon van Dilbert.

In suiwer juridiese terme het Meyer hoogverraad gepleeg deur op ’n kritieke stadium van die destydse onderhandelings oor te loop na die ANC toe. Vandag is hy wel ANC-lid. Vir seker is hy ook maar dom, soos die meeste lede van De Klerk se kabinet.

Maar die man se afhanklikheid van gemeenplase verraai sy intelllek – of gebrek daaraan. Terwyl hy destyds op Potchefstroom soos die “Bose Menslikehulpbronnedirekteur” in Dilbert geklink het, kom sy jongste resitasie aan die Vrystaatse Universiteit neer op die robotagtige herhaling van ANC-slagspreuke soos: “Transformasie moet versnel word.” Of: “Suid-Afrika het ’n Grondwet wat seker een van die modernste en mees liberale ter wêreld is. En: “Transformasie is ’n proses. ’n Voortdurende proses.”

Toevallig lees ek die jongste gepiep van Robot Roelf wat uit die ANC-liegfabriek ontsnap het ná ek ’n insiggewende artikel deur die taalkundige Jaco Alant op Litnet raakgeloop het. Alant spreek hom juis uit teen die manier waarop politieke korrekheid besig is om Afrikaans te vernietig. Ons praat en dink deesdae in vertaalde PK-Engels met terme soos “bemagtiging”, “voorheen benadeeldes”, “leerders”, “assesseerders”, “regstellende aksie”, “transformasie” en ander gedrogte wat ons denke inperk tot dié van die varke op George Orwell se plaas.

Alant gaan haal sy argument by die Franse filosowe van die sestiger- en sewentigerjare soos Foucault en Deleuze wat aangetoon het dat deur mense se taal te beheer, beheer jy insgelyks hul denke. Hulle het daarna verwys as die “diskoers”. In aansluiting hierby, meen Alant dat “magsverhoudinge… setel nie soseer in die ‘werklikheid’ nie (soos in die konkrete uitoefening van mag in die ekonomie en die politiek), maar in die manier waarop ons oor die werklikheid praat. Of eintlik: oor die werklikheid redeneer, wat behels hoe ons ons kennis van daardie werklikheid – juis dan veral dinge soos die politiek en die ekonomie, maar ook ander gebiede soos gesondheid, seksualiteit, die onderwys, ens – organiseer en gestalte gee deur middel van taal. Kortom, ons diskoers oor dinge.”

Destyds toe die Berlynse muur nog staande was, het Duitse taalkundiges insgelyks gewys op die groot verskille wat in die taal voorgekom het wat weerskante van die muur gepraat en geskryf is. Veral in Oos-Duitsland is die ganse realiteit vanuit ’n Marxistiese hoek beskou en ingeklee. Soos Jaco Alant dan ook geslaagd argumenteer, is PK-Engels besig om Afrikaans geheel en al te koloniseer en kan ons nie meer anders oor die politiek praat of dink as met die stelletjie gemeenplase waarmee die SABC en ANC Today ons gedurig breinspoel nie.

Iewers het Dirk Opperman mos ’n gedig oor “Man met flits geskryf” waarin hy praat van “In die klein wit kol / van my wete stol / bruin en skerp ’n klip / soos ’n bok wat skrik, / staan, vinnig weghol / uit die klein wit kol.”

Ek is bevrees dat mense soos Roelf Meyer en almal wat in PK-Engels verval het, soos daardie man is wat in die duister ronddwaal met slegs die klein wit kolletjie van hul beperkte en ingeperkte bewussyn wat nog vir die werklikheid rondom hulle vatbaar is. Die moord, onreg en verwoesting wat die huidige orde gebring het, word nie net deur Robot Roelf en se mede-“napraters, rugkrappers en gatkruipers” (soos Jaco Alant na hulle verwys) verswyg nie, dit gaan geheel en al by hulle verby.

Aan die ander kant moet ons erken dat die hele regse beweging in Afrikaans tot dusver gefaal het, juis omdat die verteenwoordigers daarvan nie skeppend genoeg met hul eie taal kon omgaan nie. In die proses het Afrikaans die knie gebuig voor PK-Engels en het ons, sowel taalkundig as polities, in ’n totalitêre doodloopstraat beland.

Iemand wat by al sy hebbelikhede en gebrek aan politieke konsekwentheid dikwels, nogal skeppende politieke terme in Afrikaans kon bedink, is die digter Breyten Breytenbach. Soos hy, behoort ons woorde soos “kripvreter”, “kruiper”, “Boereverneuker” as deel van ons politieke woordeskat te beskou. Iets wat Jaco Alant ook voorstel, is dat ons alle vertaalde PK-terme moet laat vaar en die ou Afrikaanse woorde moet terugbring, al val hulle bietjie kras op die oor.

Nie net moet ons onsself van figure soos Robot Roelf en sy trawante uit die ou Broederbond bevry, verkieslik deur hulle teen ’n muur te sit en dood te skiet nie, maar ons moet ook Afrikaans begin suiwer van die vertaalde Engelse uitskot wat die afgelope tien jaar ons vermoë om oor die politiek te praat en te dink belemmer het.

Woorde soos “bemagtiging”, “uitkoms”, “nierassig”, “versoening”, “nasiebou” en dergelike meer moet eintlik as die nuwe vloekwoorde gesien word. As iemand hulle in jou geselskap gebruik, vra die persoon beleefd om dadelik sy verskoning aan te teken. Indien hy weier, móér hom sommer net daar!

камера купитьлобановский харьков класс

Volkleurbetoging teen SABC se ge-tshwane

Die foto van Steve Hofmeyr in Beeld voor die mikrofoon met sy donkerbril en ’n vierkleur in die agtergrond gee iets weer van ons betoging Maandag teen die gebruik van die woord “Tshwane” pleks van Pretoria op die SAUK-TV. Ongeveer tweehonderd Afrikaners van alle politieke oortuigings het daaraan deelgeneem. Daarom was die geroesemoes van kleur simbolies van hierdie spontane samekoms van belanghebbendes wat nie langer met die SAUK se ge-tshwane in nuusbulletins gediend is nie.

Image

Betogers voor SAUK-gebou

Die meeste betogers het uit Pretoria na Aucklandpark, Johannesburg, opgeruk, maar een afvaardiging onder leiding van Inga Gilfillan, het al die pad van Louis Trichardt gekom. Daar was vele vlae, ’n meerderheid vierkleure, twee of drie oranje-blanje-blou vlae maar as “Prinsevlae” sonder die vlaggies in die middel en dan iets interessants, die Brawolandvlag: ’n oranje vaandel met ’n blou en wit kruis op Skandinawiese wyse effens na die kant van die vlagpaal geplaas. Voeg daarby die oordaad van plakkate en baniere wat met groot moeite en sorg vooraf ontwerp, geverf, gedruk en geprakseer is en mens kom onder die indruk dat die Afrikaner in die NSA ’n betogende dier geword het!

Image

Tswhane is ‘n koei

Ons mense betoog egter nie soos ons toi-toiende landgenote met klippe en buitebande nie, maar met ’n vertoon van hul praktiese vindingrykheid as dit kom by die vervaardiging van plakkate en baniere, asook die pièce de résistance, ’n lewensgrootte standbeeld van ’n swart koei van veselglas agter op ’n bakkie met die woorde “Tshwane” en “Aikona” daarop geverf. Dié blink idee behoort aan André Alkema van die GHA (Genootskap vir die Handhawing van Afrikaans) wat ook ’n reuserol in die reëling van die byeenkoms gespeel het.

Tydens die toesprake voor die SAUK-gebou met die betogers in ’n halfmaan rondom ingang twee versamel, lê Theuns de Wet van die AKB (Afrikanerkultuurbond) die betekenis van die swart koei uit: “Kaptein Tswane” soos die Pretoriase stadsraad na hom verwys, is ’n mite. Daar bestaan ook geen woord soos “Tshwane” in inheemse tale nie, soos prof. Louis Louwrens, Afrikataalkenner van UNISA, bevestig het nie. Die enigste gedaante op deeske aarde wat ooit daardie naam in Noord-Sotho of Tswana gedra het, was die koei wat in reënmaakseremonies gebruik is. Tydens die seremonie het die toordokter moeti aan die bees gesmeer en oral waar sy mis, sou dit reën.

Is die huidige burgemeesteres van “City of Tshwane”, Gwen Ramakgopa, daarom ’n soort reënkoningin? Pleks van voggies vir voorstedelike tuine, laat reën sy egter net straatnaamveranderings, misdaad, swak dienste en korrupsie.

As ons verby die kantore van Beeld in Kingsway (ja, Kingsway, is dit nie ’n naam wat smeek om verander te word nie, maar hieronder meer daaroor) stap, skree die skare die slagspreuk: “Ons wil ’n Pretoria-Beeld hê!”, asook “Beeld verraai die volk!” Tog verbysterend hoe Naspers, die uitgewers van dié koerant met sy groot sirkulasie in Pretoria, aanhou om ’n “Tshwane-Beeld” te publiseer. Hopelik het iemand in die hermetiese verseëlde glaskantore van die grootste Afrikaanse dagblad in die Transvaal tog iets van die krete buite op straat kon hoor.

Mens word dors so in die warm son en oral sien mens halfliterwaterbotteltjies wat geledig word. Voor in die optog loop ek, Steve Hofmeyr, André Alkema, Wille Spies van die VF+, asook Henk van de Graaf van die Verkenners. En voor ons almal ry die heilige koei Tshwane op haar bakkie met ’n luidspreker waaruit die skare aangemoedig word om slagspreuke te skree, waaronder: “Pretoria is ’n stad, Tshwane is ’n koei!” Ons sing darem insgelyks die “Lied van jong Suid-Afrika”.

Tydens die oorhandiging van ons petisie met 95 000 name, ’n reusegetal as mens daaraan dink, heers daar ’n feestelike atmosfeer wat agterna so effens oorgaan in ’n vae aggressie teen die propagandamasjien van die verdrukker in sy betonbetoring wat, soos meer as een opmerk, “met Afrikanergeld gebou is”. Daar word TV-stelle wat die koei op haar reis vergesel het, moontlik vir vermaak in reënmaakland, op die sypaadjie voor die ingang afgelaai en mnr. Jaap Kelder van Kemptonpark poog om een met ’n stok van sy banier stukkend te slaan.

Die polisiekaptein of inspekteur of wat hulle ook al deesdae genoem word, kom kla by my dat dit “onaanvaarbaar” is.

Op pad terug na die parkeerterrein van waar ons begin het, sien ek ’n bordjie raak wat die onhoudbaarheid van ons situasie verder illustreer: “University of Johannesburg, Kingsway Campus”. Vir diegene wat nie weet nie, dis die voormalige RAU oftewel “Randse Afrikaanse Universiteit”. So het Afrikaans neffens die SAUK waar soveel Afrikaners eens gewerk en gewoon het, gesneuwel.

Image
 
Soos ek in my toespraak voor die SAUK gesê het, sal ons die vryheidsvlam moet hoog hou, anders gaan ons totalitêr getransformeer word tot ’n “Kingsway” waar die kwasi-Britse beeskultuur en sy Mugabe-agtige tirannie en naamsveranderings die septer gaan swaai.

100 лДанильченко Юрий Харьков

Vrystaatse koshuisintegrasie skend regte

ImageDERTIEN jaar ná die ANC-oorname in 1994 en 20 jaar ná die einde van segregasie in Suid-Afrika, verkry die debat oor “koshuisintegrasie” aan die Universiteit van die Vrystaat (UV) ’n nuwe aanskyn. Immers gaan dit nie hier om kritiek jeens segregasionistiese wetgewing soos dit in die ou Suid-Afrika, die suide van Amerika en Britse kolonies in Afrika toegepas is nie, maar om die ordening van die multikulturele samelewing wat oral ter wêreld krake begin vertoon.
In hierdie kort tydjie is die Afrikaner in die naam van “transformasie” meedoënloos van alle politieke mag gestroop en word sy kulturele en selfs ekonomiese voortbestaan vandag bedreig deur die verlies van sy instellings, asook die mees radikale regstellende-aksiewetgewing wat die wêreld nog gesien het, buiten die anti-Joodse wetgewing van Nazi-Duitsland.
Is prof. Frederick Fourie (Volksblad, 29/08/07) daarom werklik eerlik as hy beweer dat die gedwonge integrasie van UV-koshuise om “opvoedkundige redes” geskied? Waarskynlik weet elke leser van dié koerant dat die saamvoeg van rasse- en taalgroepe in koshuise hoofsaaklik om politieke redes geskied en as deel van die algemene transformasieproses wat deur die ANC-bewind afgedwing word.
 
Die huidige koshuisreëling aan die UV het min of meer spontaan tot stand gekom waar Afrikanerstudente verkies om saam in sekere koshuise tuis te gaan en swart studente weer om saam met hul ras- en taalgenote in ander koshuise te woon.
Fourie betreur hierdie sogenaamde “enklawes”, maar kan ons in die omstandighede waar studente wat kultureel en andersins so ver van mekaar verwyder is, werklik die teenoorgestelde verwag? In ’n Europese land soos België het dit onmoontlik geblyk om blanke Christenstudente wat slegs ’n ander taal praat, hetsy Nederlands of Frans, aan dieselfde universiteit te akkommodeer. Daarom het die voorheen tweetalige Katolieke Universiteit Leuven van 1972 af in twee verdeel en bestaan daar vandag twee afsonderlike universiteite net enkele kilometer van mekaar.
Die internasionale ervaring is juis dat taal- en kultuurgroepe hul eie opvoedkundige instellings verkies en dat gedwonge assosiasie, veral waar een groep politiek of kultureel oorheers, as irriterend en selfs verdrukkend beskou word.
Die Marxistiese navorser van Wits Irma du Plessis gaan selfs verder as Fourie in haar pleidooi vir gedwonge integrasie deur ’n striemende aanval op prof. Danie Goosen van die FAK te doen en te beweer dat die pleidooi vir kultuurkoshuise aan die UV neerkom op “die logika van apartheid en Afrikaner-nasionalisme”.
Hierdie amalgaam wat so tipies van die agtergehaalde Engels-linkse denke in ons land is, doen Rip-van-Winkelagtig aan, asof 1994 nooit gebeur het nie.
Om vandag te argumenteer asof die toestande van 20 of 30 jaar gelede nog geld, is om ’n agterhoedestryd te veg. Nêrens erken die voorstanders van gedwonge integrasie en sy meer radikale broer, transformasie, dat die multikulturele model in vele lande ter wêreld ernstige probleme ondervind nie.
Sedert die Sweedse ekonoom Gunnar Myrdal die eerste keer die gedagte van die “smeltkroes” in sy boek An American Dilemma (1944) gepropageer het, is die meeste van sy aannames foutief bewys.
Onderliggend aan Fourie se pleidooi vir “diversiteit” in koshuise is Myrdal se beroemde uitspraak dat blanke diskriminasie die oorsaak van swart mislukking is, wat deur rasse-integrasie reggestel moet word: “Blanke vooroordeel en diskriminasie hou die Neger se lewenstandaard, asook standaarde van gesondheid, opvoeding, maniere en sedes laag. Op sy beurt ondersteun dit weer blanke vooroordeel. Blanke vooroordeel en Negerstandaarde ‘veroorsaak’ mekaar dus onderling.”
Ongeag Myrdal se wêreldvreemde aannames oor rasseverhoudinge en swart prestasie wat deur gedwonge integrasie vanself sou verbeter, moet Afrikaner-magteloosheid en die gevaar wat die meerderheidskultuur, Engels, vir Afrikaans inhou, in ag geneem word as belangrike kwessies by koshuisintegrasie.
Wat ek elders, in navolging van die Keniaan Ali Mazrui, die “Afro-Saksiese” kultuur genoem het, is vandag die dominante kultuur van ons land.
Afrikaans en Afrikanerkultuur verteenwoordig die minderheidskultuur wat wesentlik deur die oorweldigende Afro-Saksiese kultuur van Afro-Amerikaners en die verengelsde elites van Afrika bedreig word. Een van die uitwerkinge van koshuisintegrasie sal wees dat hierdie Afro-Saksiese kultuur die minderheidskultuur sal verdring en dat die resultaat dus nie “meer diversiteit” sal wees nie, maar minder.
Dit is een van die paradokse wat voorstanders van “diversiteit” nie begryp nie: Om alle kulture deur ’n worsmasjien te jaag, produseer nie verskeidenheid nie, maar eenselwigheid. Pleks van multikultuur het ons dan monokultuur. Koshuisintegrasie gaan in dié verband maar net nog ’n stap in die rigting van die totale verengelsing van die UV wees. Ontwortel uit die koshuise, sal Afrikaans net verder as kampustaal kwyn en uiteindelik verdwyn. Sosiolinguïste noem Engels die killer language wat Afrikaans outomaties in ’n multikulturele situasie gaan verdring.
In Fourie se argument dat ’n student aan die UV noodwendig ’n mate van onvryheid aanvaar en moet verduur, skuil ’n totalitêre logika wat indruis teen die demokratiese etos, ten minste in sy Westerse opvatting. Gegewe die feit dat ons regering Zimbabwe as ’n demokrasie beskou en ook by herhaling die Mugabe-bewind as sodanig getipeer het, kan dit wees dat die opvatting van Afro-demokrasie nou in ons land en ook aan die UV geld. In so ’n geval mag dit wees dat Fourie die “noodwendige onvryheid” van assosiasie met sy universiteit as normaal beskou, maar ek meen die meeste Afrikaners, asook die meeste Westerlinge, sal dit verwerp.
Die Westerse begrip van vryheid berus op die selfbeskikkingsreg van die individu en by uitbreiding dié van die kultuurgroep of volk waartoe hy behoort. Daar kan geen situasie wees waar ’n student sy reg op vrye assosasie “prysgee” die dag as hy met die UV assosieer deur ’n inskrywingsvorm in te vul nie. Wat word dan van akademiese vryheid? Het hy nie deur die inskrywingsvorm te teken ook sy reg op vrye meningsuiting weggeteken nie?
Vryheid as selfbeskikking is terug te voer na die denke van Immanuel Kant. Artikel 235 van ons Grondwet waarborg ook ons selfbeskikking as kultuurgroep en as volk. Interessant is dat dié artikel insgelyks deur adv. Pelser opgehaal is tydens die onlangse hofsaak rakende die Pretoriase naamsverandering.
Eie aan koshuisintegrasie is ook naamsveranderings van sodanige koshuise. Immers wil Afro-Saksiese studente nie in koshuise woon met Afrikaanse name nie. Die stelselmatige vervreemding van die Afrikaner se kultuurerfenis druis in teen sowel artikel 235 van ons Grondwet as teen internasionale norme, soos vervat in die Internasionale Konvensie oor Ekonomiese, Sosiale en Kultuurregte (1966). Die eerste artikel van daardie konvensie, wat deur Suid-Afrika onderteken en bekragtig is, bepaal: “Alle volke het die reg op selfbeskikking. Ooreenkomstig daardie reg bepaal hulle vrylik hul politieke status en streef vrylik hul ekonomiese, sosiale en kulturele ontwikkeling na.” Uit hierdie oogpunt beskou, skend koshuisintegrasie die Afrikanerstudent se menseregte omdat dit hom van sy sosiale en kulturele selfbeskikking ontneem.
Indien diversiteit so aangenaam, nastrewenswaardig en verrykend is, waarom moet dit juis afgedwing word? Volgens Fourie sal die student deur sy gedwonge assosiasie met kultuurvreemdes “ ’n waardering vir hierdie ryk diversiteit kan ontwikkel . . . (en sodoende) sal hy of sy dit ook in die werkplek en breër samelewing na waarde skat.”
Die teendeel mag egter bewaarheid word, dat gedwonge assosiasie lei tot diversiteitsafsku, minagting en rassehaat. Ons het gesien hoe swart en wit kinders wat heen en weer tussen skole in Amerika gebus is, die vlak van skoolintegrasie oor vyftig jaar van 23% tot 17% laat daal het. Wil ons Amerikaanse rasseverhoudinge, wat deur intense spanning en agterdog gekenmerk word, as model neem en slaafs navolg deur Amerikaanse metodes op ons kampusse toe te pas?
 
Hierdie artikel het op 19 September 2007 in Die Volksblad verskyn. 

отбеливание зубов москваФільчаков Олександр Васильович прокурор

Dan Roodt antwoord Deon Maas

Image Rassisme en die ‘gentleman cow’

Klik hier vir ‘n skakel na vandag se By waarin Dan Roodt vir Deon Maas antwoord op sy uitdaging tot ‘n debat oor ras en rassisme.

липецк средстводанильченко юрий брониславович прокурор

Ekonomie: wanneer bars die transformasiebel?

ImageSo pas het die hoof van die Switserse reserwebank, Jean-Pierre Roth, die huidige krisis in die Amerikaanse kredietmark as “ongelooflik” bestempel. Volgens hom is die huidige dalings op aandelebeurse “nog lank nie die einde van die verhaal nie. Daar is vraagtekens rondom die ontwikkeling van die Amerikaanse ekonomie. Iets ongeloofliks het gebeur. Mense wat nóg oor ‘n inkomste nóg oor kapitaal beskik, het krediet onder baie gunstige voorwaardes ontvang. Nou slaan die werklikheid terug.”

Mense sonder kapitaal of ‘n inkomste wat krediet ontvang… Klink dit dalk bekend? Feit is dat die Suid-Afrikaanse ekonomie oor die afgelope jare ‘n veel meer onwaarskynlike opbloei as dié van die VSA beleef het.

Kom ons dink vir ‘n oomblik logies oor wat met die Suid-Afrikaanse ekonomie aan die gang is. Vanweë regstellende aksie, transformasie, geweld en alles wat daarmee saamhang, verloor ons ons beste mense na Australië en ander lande. Hulle beskik oor opleiding en kapitaal en kan vir hulself in Suid-Afrika ‘n inkomste genereer. Nietemin word hulle deur owerheidsbeleid en swak regering landuit gedryf.

Terselfdertyd word mense sonder kapitaal en sonder kundigheid in die banke, groot maatskappye, universiteite, staatsdiens en elders aangestel teen aansienlike salarisse. Hulle ontvang dan krediet van die banke, gaan koop huise, motors, televisiestelle, klere en alles wat hul hart  begeer, wat weer vraag in die ekonomie skep. Oral word winkelsentrums gebou waar ons Sjinese goedere op skuld aan die sogenaamde “swart diamante” waarvan die advertensiemaatskappye praat, verkoop.

Die laaste maatskappy wat nog klerasie in Suid-Afrika vervaardig het, was Rex Trueform. Hulle kon egter nie met die goedkoper invoere vanuit die Ooste meeding nie en moes hul deure sluit. Suid-Afrika kan nie eens meer in die plaaslike vraag na sement, melk en ander voedselsoorte voorsien nie. Die produksiekant van die ekonomie verkeer op ‘n laagtepunt en verbruik op ‘n hoogtepunt.

Nou onlangs het ‘n takbestuurder van ABSA wat liefs anoniem wou bly, laat val dat sy bank huislenings van tot R700 000 aan kopers van HOP-huise verskaf. So ‘n HOP-huis is gewoonlik 50 vierkante meter groot en kos tot R500 000. Die bank leen dan nog R200 000 by – sonder enige deposito – vir ‘n motorhuis wat nog gebou moet word. In baie gevalle word die motorhuis nooit gebou nie en die R200 000 word op ‘n nuwe motor of ander verbruikersgoedere bestee. Sal die trotse eienaar van ‘n HOP-huis ooit daardie skuld kan terugbetaal binne ‘n stygende rentekoersomgewing? Indien die bank op die eiendom beslag lê, sal hy kwalik ‘n derde van die skuldlas kan delg indien die huis op ‘n veiling beland. Immers het die huis R14 000 per vierkante meter gekos, dieselfde prys as ‘n luuksewoonstel in Londen, Parys of Genève. Blykbaar bestaan daar reeds 20 000 sulke teruggeneemde huise op die banke se boeke.

Maar ons word vertel Trevor Manuel is die mees suksesvolle finansminister in die geskiedenis en Tito Mboweni spog soms dat die res van die wêreld se sentrale bankiers by hom lesse kan neem.

Die grootste seepbel van almal is egter die sogenaamde swartbemagtigingstransaksies self. Weereens word astronomiese somme geld deur die banke aan mense sonder kapitaal of inkomste geleen. Hulle is gewoonlik politici met ANC-bande, vakbondleiers en dergelike meer. Met hierdie geld word aandele aangekoop, gewoonlik teen ‘n afslag op die markprys. Nadat die banke vir hulself aansienlike somme geld in die vorm van kommissies, “struktureringsfooie”, asook “raad en advies”, afgeskep het, sit die pasryk ANC-helde nou met miljoene rande se aandele in ons groot maatskappye.

Solank as wat die aandelebeurs styg, is dit ‘n sogenaamde wen-wen scenario. Die banke het klaar gewen in die vorm van hul kommissies en sekerlik kan bankamptenare hulself groot bonusse vir hul moeite betaal om uit te werk dat 2 + 2 = 5 as dit by swartekonomiesebemagtiging kom. Die swart politici wat by dié transaksies baat, lag al die pad bank toe en word oornag miljoenêrs. Volgens die gangbare wysheid wat ons in die koerante lees en op TV hoor, skep dit “stabiliteit”. Regdeur Afrika is daar ‘n klas van vraatsugtige politici wat bereid is om te moor vir geld en die staatskaste en hulpbronne van hul lande plunder, wat dikwels op burgeroorloë uitloop, maar hier by ons gaan die skep van ‘n superryk swart burgery stabiliteit teweegbring. Of so word ons elke dag verseker deur “die mense wat weet”.

Solank as wat die aandelebeurs en eiendomsmark styg, is daar natuurlik niks wat hierdie kammarykdom wat so fluks uitgedeel word, bedreig nie. Diegene wat vyf jaar gelede aandele op skuld ontvang het, kan hulle vandag verkoop, die skuld teenoor die bank delg en die wins op nog swart afslaankap-Mercedesse en ingevoerde ontwerpersklere gaan uitgee.

Wat gebeur egter as die aandelebeurs en eiendomsmark daal? Dit verteenwoordig die nagmerrie-scenario waarvan u nie in Sake-Beeld of RSG se daaglikse beursverslag gaan hoor nie. In daardie geval gaan die banke nooit die geld wat hulle uitgeleen het, terugkry nie. Die aandele wat daarmee gekoop is in al die swartbemagtigingstransaksies gaan veel minder as die oorspronklike koopsomme plus rente werd wees en afhangend elke ooreenkoms, sal sulke aandele op die mark geplaas word om ten minste ‘n gedeelte van die uitstaande skuld te delg.

Die paniekverkope van aandele deur finansiële instellings wie se eie soliditeit deur die krisis bedreig gaan word, sal natuurlik die JSE nog verder na benede druk. Die kunsmatige likiditeit wat die petrol was vir die huidige opbloei in verbruik, sal net so vinnig omkeer en Suid-Afrika sal weer soos elke ander land ter wêreld die basiese wette van ekonomie moet leer wat bepaal dat geen toename in rykdom sonder ‘n verbetering in produktiwiteit moontlik is nie.

Hoe kan ons produktiwiteit verbeter as ons besig is om al hoe meer goedere van Sjina in te voer? Hoe kan ons produktiwiteit toeneem indien ons kundiges in die vorm van ingenieurs, rekenkundiges, wetenskaplikes besig is om die land te verlaat? Dit is die eenvoudige vraag wat geeneen van die ekonome wat ons op TV sien, wil beantwoord nie. Natuurlik was daar die styging in grondstofpryse wat die mynbousektor bevoordeel het, maar danksy rassistiese regeringsbeleid wat nuwe mynlisensies slegs aan swartes beskikbaar stel, word daar weinig, indien enige, nuwe myne ontwikkel.

Blykbaar word HOP-huise so swak gebou dat hulle na ’n jaar uitmekaar begin val. Dan sit ABSA met gekraakte bakstene wat nie ’n tiende van die R500 000 werd is wat daarvoor betaal is nie. Slegs die buitemure van die HOP-huis kry ’n fondament en die binnemure word sommer op ’n sementvloer gebou.

Die dag as die JSE suidwaarts begin neig, gaan ons agterkom dat hierdie ekonomie met sy wonderbaarlike toename in verbruik en al sy winkelsentrums wat tans soos paddastoele regoor die land verrys soos ’n HOP-huis op sand gebou is. Die stabiliteit wat met al hierdie vinnige geldmaakskemas vir swart politici gekoop moes word, gaan dan in onstabiliteit omskakel. Werkloosheid sal styg. Die laaste bietjie spaargeld wat nog deur die blanke bevolking opgebou is, gaan uitgewis word as die banke se kapitaal deur slegte skuld uitgewis word en hulle nie hul verpligtinge teenoor deposante kan nakom nie. Die res sal deur dalings in batewaardes (aandeel- en eiendomspryse) ingesluk word.

Hoe die huidige kredietprobleme in die Amerikaanse ekonomie gaan uitspeel, weet ons nie. Die invloed daarvan op ons aandelebeurs en eiendomsmark mag egter aansienlik wees. En as die transformasiebel eers geprik is, gaan hy bars. Dan sal ons uitvind hoeveel mooi plannetjies wat deur gierige bankiers met hul oog op hul volgende kommissies en bonusse, water hou en hoeveel nie.

Op ’n manier is die Afrikaner in sy huidige onvryheid afgekoop deur die idee van maklike geld wat op die JSE en in die eiendomsmark bekom kon word. Die dag as ons almal kaal anderkant uitgekom het, sal ons weer die waarde van vryheid en om jou eie ekonomiese beleid te mag bepaal, besef. Gegewe die huidige ontevredenheid onder Afrikaners oor transformasie, mag so ’n toekomstige finansiële krisis selfs aanleiding tot opstand gee.

 

светильники для подвесногоФильчаков прокурор харькова