Sewe dood en 56 beseer in busongeluk

Sewe mense is dood en 56 beseer nadat 'n bus gerol het op die N14 in Ventersdorp, het nooddienste Sondag gesê.

Mark Stokoe, 'n woordvoerder van Netcare 911, het gesê die bestuurder van die Putco-bus het beheer verloor op 'n draai as gevolg van swaar reën.

"Sewe mense is op die toneel dood, 12 is in 'n kritieke toestand, 23 is op die toneel behandel en 21 is lig beseer," het Stokoe gesê.

Die beseerde mense is na verskeie hospitale in die omgewing geneem.

Die oorsaak van die ongeluk is onbekend.

In nog 'n ongeluk is 5 mense Saterdag dood in 'n kop-aan-kopongeluk op die N17 naby Springs.

Stokoe het gesê al vyf die mense, insluitend die bestuurder van die Toyota Cressida, is dood ná die botsing met 'n Mercedes ML.

Die bestuurder van die Mercedes, 'n vrou en haar twee kinders wat tussen 9 en 11 jaar oud is, is net lig beseer.

Hy het gesê dit is nie duidelik watter voertuig probeer het om die ander verby te steek nie, maar dat dit waarskynlik die rede vir die ongeluk was.

купить детские комбинезоны для девочекДанильченко Юрий Харьков

Mugabe dreig om Zim-samesprekings te verlaat

Image

Morgan Tsvangirai

President Robert Mugabe van Zimbabwe het Sondag gedreig om heeltemal te onttrek uit die magsdelingsamesprekings indien die opposisie  'n ooreenkoms weier wanneer Suid-Afrika weer gaan probeer om 'n kompromis oor die regering van nasionale eenheid te vind.

Mugabe en die opposisieleier, Morgan Tsvangirai, is gereed om Maandag te ontmoet om die ooreenkoms te probeer red. Die ooreenkoms is reeds in September onderteken.

Die Suid-Afrikaanse president, Kgalma Motlanthe, gaan saam met sy voorganger Thabo Mbeki en die Mosambiekse leier Armando Emilio Guebuza as bemiddelaars optree in die onderhandelings om die politieke skaakmat te probeer beëindig.

Sondag het dit voorgekom asof nie een van die twee partye gereed was om enige toegewings te maak nie.

"Dit is die een geleentheid waarin hulle dit óf aanvaar óf dit is verby," het Mugabe in die regeringskoerant, Sunday Mail, gesê.

"Ons het klaar onderhandel, en enige toegewings wat gemaak kon word, is reeds gemaak," het hy gesê.

Tsvangirai se MDC het aangedring dat hulle nie by die regering van nasionale eenheid sal aansluit tot al hulle bekommernisse aangespreek is nie, insluitend bewerings dat hulle ondersteuners deur agente van die staat ontvoer en gemartel word.

"Die opposisie het herhaal dat alle uitstaande sake opgelos moet word voordat 'n inklusiewe regering aangestel word," het MDC woordvoerder Nelson Chamisa aan AFP gesê.

медсправка 086 уАлександр Фильчаков Васильевич

Obama lok toeriste na Keniaanse stat

Image

Die Obama-ho?rskool in Kogelo

Die Masai Mara-reservaat en die "groot vyf", sneeubedekte berg Kenia en die strande met palmbome aan die Indiese oseaan is alles nou vergete. Die beste toeristeplek om deesdae te besoek, is "Obamaland".

In die heuwels wat afdaal na die Victoriameer is die klein dorpie waar Obama se pa gebore is, nie iets wat beskryf sou word as die tipiese toeristeaantreklikheid nie.

In die onlangse maande het die dorpie, Kogelo, 'n konstante stroom besoekers gehad, van Amerikaanse Obama-aanhangers wat hulle held se voorgeslagte se land wil besoek, tot Keniane, wat oorloop van trots op hulle held.

Ná 'n stadige begin het 'n klomp plaaslike entrepreneurs, toeroperateurs en toerismeamptenare besluit om planne te beraam om geld te maak uit "Obamamania" en Kogelo in 'n nuwe toeristeaantreklikheid te verander.

Brian Coulson, 'n inwoner van Los Angeles het met sy blombedrukte hemp, sandale en sakkamera het 'n bekende gesig geword in Kogelo, maar hy het effens verlore gelyk tydens sy verkenning van die Senator Obama-sekondêre skool gedurende skooltyd.

"Ek kon nie veel inligting van Kogelo vind voordat ek gereis het nie," het Coulson gesê. Hy het 'n halfdag met 'n bus gereis vanaf Nairobi en 'n taxi geneem van Kisumuru, die naaste groot stad, om hier te kom.

Dié toeris het nie veel gevind met die aankoms by sy bestemming nie: "Ek het snuisterywinkels verwag, met Obama se gesig gedruk op materiaal items, miskien selfs 'n Obama-restaurant."

Ten spyte van die gebrek aan toerismeinfrastruktuur het Brian Coulson gevoel dat die uitstappie die moeite werd was, selfs al kon hy nie verby die polisiemanne kom wat Obama se 86-jarige ouma, "Mama Sarah", by haar woning opgepas het nie. 

casion onlineФильчаков прокуратура харьков

Japan se nywerheidsproduksie daal 8,5 persent in November

Japannese nywerheidsuitset het met 'n rekord 8,5% gedaal in November vanaf die vorige maand, sefs meer as wat die regering geskat het, het die regering Maandag gesê.

'n Aanvanklike skatting wat verlede maand vrygestel is, was vir 'n verlaging van 8,1%. Dit was die grootste daling sedert vergelykbare rekords in 1953 begin is.

интернет магазины детских игрушеклобановский депутат

Wat van die ou bul, Pik?

'n Skitterende artikel deur Gustav Venter oor Naspers se ou koei genaamd "apartheid". Maar Naspers het ook ‘n ou bul genaamd Pik. En die kalwers skryf onder skuilname en braak op hul borste oor ons grootste militêre prestasie ooit.

Want was hy nie eens minister in beheer van die pers nie? Soos ‘n goue (gagga-) draad loop sy vernietigende spore tot vandag toe. Op die TV se "Grensoorlog" rasionaliseer hy self in sy eie woorde hoekom hy die militêre stryd teengestaan het.  

Maar hoekom hy die propagandaprojek van die departement van Inligting ook gesaboteer het, is onverklaarbaar want dit het ons Afrikaners nie alleen militêr nie maar ook moreel ontwapen. En ook ontman soos wat dit wil voorkom in die Afrikaanse pers as 'n gay kinderlose spul hofnarre, op pad na nêrens, wat net gedurig besig is met hul eie ongevalle.

Maar nie almal nie!

Waarvan PRAAG-skrywers voorloop op die pad van geregtigheid en waarheid omdat dit alleen ons sal vry maak.

 

suckers slotтопкарго кидалы

Suid-Afrikaanse president gaan nog ‘n rondte Zim-sameprekings aan die gang sit

Image

Kgalema Motlanthe

Suid-Afrika se president Kgalema Motlanthe, hoof van die SAOG-streeksblok, gaan Maandag na Harare reis om die gesprekke met Zimbabwe se strydende politieke leiers te hervat, het 'n amptelike verklaring gelui.

Motlanthe gaan 'n afvaardiging lei van die SAOG wat die voormalige president en bemiddelaar Thabo Mbeki insluit, asook die Mosambiekse president Armando Emilio Guebuza, het die presidensie Donderdag gesê.

Zimbabwe se opposisieleier Morgan Tsvangirai het vroeër die dag aan joernaliste gesê dat Suid-Afrika binne 'n week nuwe samesprekinge met president Robert Mugabe sal lei in 'n poging om nuwe lewe te gee aan die magsdelingsooreenkoms wat vasgeval het. Die ooreenkoms is amper 4 maande terug onderteken.

Tsvangirai, van die Movement for Democratic Change (MDC), het gesê Motlanthe sal met die twee teenstaanders vergader waar hy gaan bevestig dat hy steeds verbind is aan die ooreenkoms wat amper vier maande terug onderteken is.

Maandag se vergaderings gaan gesprekke insluit oor 'n konstitusionele verandering wat die poste van eerste minister en adjunkeersteminister moet skep, wat gevul moet word deur Morgan Tsvangirai en Arthur Mutambara, die leier van die MDC-splintergroep, het die verklaring verder gelui.

no deposit betting siteтопкарго отзыв

Hongersnood in Zimbabwe nader nou hoogtepunt, volgens Oxfam

ImageZimbabwe se hongersnood nader nou sy hoogtepunt, het die Britse hulpagentskap Oxfam Donderdag gesê. Dit is vanweë die feit dat miljoene mense se voedsel gaan opraak voordat die volgende oeste gaan inkom.

Die situasie kan vinnige vererger terwyl hulpagentskappe gedwing word om voedsel te verminder vanweë geldtekorte, het die welsynsorganisasie in 'n verklaring gesê.

"Kwesbare huishoudings gaan vandeesmaand kleiner kosrantsoene kry as gevolg van 'n tekort aan geld. Volgende maand word daar ook verminderings verwag," het Oxfam gesê.

Tesame met die 5 miljoen Zimbabwiërs wat staatmaak op voedsel wat versprei word, is daar nog 'n miljoen mense wat ook voordeel behoort te trek uit die voedselhulpprogram wat vandeesmaand dalk nie enige voorrade gaan verkry nie as gevolg van geldtekorte.

Ten spyte van onlangse donasies, het die VN se Wêreldvoedselprogram steeds 'n tekort van omtrent $65 miljoen vir sy werk in Zimbabwe tot aan die einde van Maart, het Oxfam gesê.

"Mense se lewens is in gevaar as gevolg van 'n tekort aan voedsel. Hulle is erg verswak en daarom minder in staat om cholera te weerstaan wat oor die hele land versprei het, en ook minder bestand teen MIV/Vigs," het Peter Mutoredzanwa, Oxfam se direkteur in Zimbabwe, gesê.

боди для новорожденных девочек купитьЛобановский

LUR meen erge storms kan verhoed word

Erge storms in KwaZulu-Natal kan voorkom word indien 2009 'n jaar gemaak word van hernude sorg vir die omgewing, het die LUR vir omgewingsake, Mtolephi Mthimkhulu, Donderdag gesê.

"Oor die laaste twee maande was KwaZulu-Natal die speelgrond vir slegte weer as gevolg van die globale weersveranderinge."

Hy het gesê die veranderinge is 'n direkte gevolg van die "onvriendelike manier waarop ons die omgewing hanteer. Dit is as gevolg van ons eie nalatigheid…"

Sy toespraak by die Hilton-hotel in Durban het gekom nadat verskeie swaar donderstorms chaos in verskeie dele van die provinsie veroorsaak het.

Sedert die begin van die jaar is daar reeds 20 mense dood in die storms.

Sommige van die slagoffers is deur weerlig getref terwyl hulle in hul wonings was.

Mthimkhulu het gesê dat aardverwarming die grootste bedreiging is wat nie net Suid-Afrika nie, maar die hele wêreld bedreig, asook elke deel van die samelewing.

"Wanneer dit swaar reën, sal ons kwesbaar wees vir siektes soos malaria, wanneer daar vloede is sal ons landbougrond vernietig word, wanneer daar droogte is sal daar armoede wees… swaar storms, swaar reën, wind.. .kan voorkom word slegs indien ons almal hierdie 'n jaar van hernude sorg vir die omgewing maak."

Hy het almal aangemoedig om klein dingetjies te doen soos om bome aan te plant om die wêreld te verander.

"Moet net nie bloekombome of dennebome plant nie, plant vrugtebome soos lemoene, mango's en avokado's."

Hy het gesê dat bome ook soos windbrekers werk gedurende storms.

Mthimkhulu het gewaarsku daarteen om bloekombome te plant, omdat hulle baie water nodig het.

паркет цена ценаФільчаков прокурор

Obama se VN-ambassadrise gaan Mugabe konfronteer

Image

Susan Rice

Die verkose Amerikaanse president, Barack Obama, se genomineerde kandidaat vir VN-ambassadeur, Susan Rice, het Donderdag belowe om streng met Zimbabwe om te gaan en om Amerikaanse globale leierskap te versterk, met 'n klem daarop om vredebewaringskapasiteit te versterk.

By haar senaatsinswering, het Rice belowe om die Mugabe-bewind te konfronteer en om Sjina, Rusland en die Afrikalande aan te moedig om saam met die Obama-bewind te werk om die veteraansterkman van Afrika te isoleer.

"Hulle belange stem lankal nie meer ooreen met Mugabe se bewind nie," het Rice aan die senaat se buitelandseverhoudingekomitee gesê nadat die voorsitter John Kerry haar as 'n uitstaande keuse vir die VN-pos geloof het.

Sy het geargumenteer dat "dit in ons gesamentlike belang was om 'n vreedsame oorgang te kry in Zimbabwe na 'n demokratiese regering," en het verder gesê dat Beijing en Moskou VN-pogings moet ondersteun om 'n regering te isoleer wat "duidelik nie vir dié wêreld bedoel is nie."

"Ek hoop dat ons onder die Obama-leierskap met Suider0Afrika kan saamwerk en hulle privaatverwerping in die openbare sfeer kan bekendstel… sodat Zimbabwe se leiding 'n einde kan kry," het sy gesê.

Rice, wat 'n top buitelandse beleidsadviseur was teenoor die Obamaveldtog nadat sy as assistentminister van buitelandse sake gedien het in die 1990s, het "besef dat die VN Amerikaners gereeld gefrustreer het en was terdeë bewus van hulle tekortkominge".

Doeltreffende globale diplomasie en VN-ondersteuning was nou meer as ooit tevore nodig in plekke soos Irak en Afghanistan, het sy gesê, en belowe om aan te hou om druk toepas op die kongres om Amerika se toenemend agterstallige VN-lidmaatskap af te betaal.

дровяные печи каменкитопкарго отзыв

Selebi meen daar is geen getuienis teen hom nie

Image

Jackie Selebi

Die Nasionale vervolgingsgesag het geen getuienis om die korrupsiesaak teen die geskorste polisiehoof Jackie Selebi te ondersteun nie, het hy Donderdag in 'n onderhoud gesê.

"Daardie mense het geen saak nie…dit is 'n ongelukkige ondersoek, want hulle weet nie wat hulle wil hê nie," het Selebi aan die Sowetan-koerant gesê.

Hy het gereageer op die VG se besluit om dagvaardings te bedien op getuies, klaarblyklik ten minste 10 senior polisielede, insluitend die waarnemende polisiehoof, Tim Williams, om getuienis te oorhandig wat nodig is om Selebi te vervolg.

Die geskorste nasionale polisiekommissaris het gesê dat toe die skerpioene die eerste keer die klag van korrupsie en dwarsboming van die gereg gelê het, "hulle aan die publiek gesê het dat hulle gereed is om te vervolg".

Maar Selebi het gesê die uitreiking van dagvaardings toon dat die vervolgingsgesag geen getuienis teen hom het nie en op 'n "voortslepende visvangekspedisie uit is".

Selebi se verhoor sal na verwagting op 14 April in die Johannesburgse Hooggeregshof begin op die aanklagte wat verband hou met betalings van sowat R1,2 miljoen wat aan hom gemaak is.

"Wat hulle nie gaan kry nie is dat die saak weer uitgestel sal word," het Selebi aan die Sowetan gesê.

Die staat beweer dar veroordeelde dwelmhandelaar Glen Agliotti, vermoorde mynmagnaat Brett Kebble en voormalige Hyundaibaas en mynentrepreneur Billy Rautenbach en "ander relevante entiteite" korrupte betalings aan Selebi gemaak het tussen 1 Januarie 2000 en 31 Desember 2005.

Selebi is in Januarie 2008 geskors en het toe ook bedank as hoof van Interpol.

автомобильное зарядноеДанильченко Юрий прокурор

Mbeki gaan nie parlement?re nominasie aanvaar nie

ImageVoormalige president Thabo Mbeki het 'n plek op die ANC se Gauteng-lys van moontlike kandidate geweier, maar ook gerugte ontken dat hy nie meer aktief sal wees in politiek nie. 

Woensdag het Mbeki in 'n verklaring gesê dat hy geëerd was met die nominasie, maar dat hy dit ongelukkig nie kan aanvaar nie.

Hy het bygevoeg: "In die onlangse verlede was daar spekulasie aangaande my onmiddellike aftrede of bedanking uit die aktiewe politiek."

"In dié verband kan ek net my hoop uitspreek dat die openbare debat nie langer aangevuur sal word deur gerugte en spekulasies waarvan niemand weet waar dit vandaan kom nie."

"Ek staan nie roekeloos teenoor die politiek en politieke uitdagings wat die land, die kontinent en die wêreld in die gesig staar nie. Ek sal ook nooit in die toekoms so voel nie. Ek bly die politieke wese wat ek die laaste 53 jaar van my lewe was," het Mbeki gesê.

Ná sy vertrek uit die Uniegebou verlede jaar het die voormalige president gesê dat hy sal aanhou om die gemeenskap in 'n ander hoedanigheid te dien.

Dit sluit in die rol van bemiddelaar om die politieke skaakmat in Zimbabwe te beëindig en die daarstelling van 'n Leierskapsinstituut saam met ander Afrikalande.

шланги дляФильчаков прокурор харьков

Afrika se kusstede bedreig deur stygende seevlakke

Image

Vloed in Lagos, Nigeri?

Afrika se kusstede, Kaapstad, Lagos en Alexandrië, word bedreig deur stygende seevlakke wat miljoene kan ontwortel en massiewe ekonomiese verliese kan veroorsaak, het wetenskaplikes Woensdag gesê.

Geoff Bundrit van Global Ocean Observing System in Afrika het by 'n internasionale klimaatsveranderingkonferensie in Kaapstad gepraat, waar hy gesê het dat selfs 'n geringe styging in seevlakke chaos in sommige lande kan veroorsaak.

"Die risiko vir 'n ramp is hoog wanneer die kans vir gevaar hoog is, wanneer die vatbaarheid vir skade van daardie gevaar hoog is en die kapasiteit om die gevolge van die voorkoms van so ramp te hanteer laag is," het hy gesê.

Bundrit het aan AFP gesê dat baie Afrikalande geen soephelheid het teen al hoe meer skadelike storms wat voorkom as gevolg van die veranderende klimaat nie, en dat hulle gereeld getref word deur 'n storm voordat hulle van die skade van die vorige een herstel het.

Hy het gesê dit maak die kontinent baie kwesbaar.

Lagos in Nigerië is Afrika se digsbevolkte stad met 'n bevolking van meer as 15 miljoen mense wat tussen die see en 'n meer woon.

Met mense wat in elke beskikbare spasie ingeprop word, soms tot reg op die kuslyn, oorspoel storms alreeds laagliggende strate. Stygende seevlakke kan hele stukke land insluk, het Bundrit gesê.

"Waar sal die mense heen gaan?" het Bundrit gesê. Hy het bygevoeg dat die staat en regering "meer bekommerd was oor die ontwikkeling van Lagos" as om risiko te bestuur.

Volgens Bundrit "sal aanpassing deur beskerming 'n baie moeilike en duur proses wees" regoor die kus van Afrika en onmiddellike assesserings moet gedoen word en beleid in werking gestel word.

"Indien mens wel gaan rekening hou met die stygende seevlakke, sal buffersones langs die kus geplaas moet word waar mens ontwikkeling wil beperk," het hy gesê.

hair accessoriesДанильченко Юрий прокурор

Bloulig-BBP-eskort weer in die hof

Die “Bloulig”-BBP-eskort, Hlanganani Nxumalo, is vandag in die hof beveel om op 13 Februarie in die Camperdown-streekshof te verskyn.

Die Camperdown-landdros, Bheki Phoswa, het gesê dat die Streekshofaanklaer dan sal besluit wanneer hy weer moet verskyn.

Nxumalo, 'n polisiekonstabel wat in Pietermaritzburg woon, het na bewering op 15 November twee skote op 'n voertuig op die N3-snelweg tussen Pietermaritzburg en Durban gevuur.

Die bestuurder van die voertuig op wie die skote gevuur is, het beheer van sy voertuig verhoor.

Dit het daarna oor die middelmannetjie geswenk en met 'n aankomende voertuig gebots.

Agt mense is beseer in die botsing en is hospitaal toe geneem.

Nxumalo was ten tye van die voorval na bewering haastig om 'n LUR te gaan oplaai.

Agt klagtes van poging tot moord is teen Nxumalo as gevolg van die beserings aanhangig gemaak.

Nxumalo is aanvanklik borgtog deur 'n Camperdown-landdros geweier op 18 Desember, maar hy het hierteen geappelleer en is borgtog van R3 500 deur regter Isaac Madondo van Pietermaritzburg toegestaan.

'n Groot afvaardiging mediaverteenwoordigers was in die hof.

Nxumalo, 28, was netjies uitgevat in 'n donker pak klere en verskeie van sy vriende was in die hof.

free demo casinoФільчаков Олександр Васильович прокурор

Die Intellektuele Eiendomsregwetsontwerp is as wet bekragtig, s? die departement van wetenskap en te

Die wetsontwerp bevat duidelike verpligtinge ten opsigte van die eienaarskap van intellektuele eiendom in Suid-Afrika en is in die Staatskoerant op 22 Desember 2008 gepubliseer.

Die Wet op Intellektuele Eiendomsreg uit Regeringsgefinansieerde Navorsing (WIE) is ontwikkel om die doeltreffende gebruik van intellektuele eiendom wat uit regeringsbefondsde navorsing spruit, te verseker.

“Die spesifieke oogmerk van die wetgewing is dat intellektuele eiendom wat spruit uit regeringsbefondsde navorsing en ontwikkeling gekommersialiseer sal word tot die voordeel van alle Suid-Afrikaners en beskerm sal word teen onteiening.”

Om hierdie rede maak die wet voorsiening vir 'n instaatstellende omgewing vir intellektuele eiendomsreg, beskerming, bestuur en kommersialisering, sê die Departement.

Die regering se kennisontwikkelende instellings sal nou duidelike leiding hê oor hoe om intellektuele eiendom behoorlik te bestuur, asook hoe om seker te maak dat regeringsbefondsde intellektuele eiendom in die mark geplaas en gebruik word.

“Die sleutel hiertoe is dat die wet daarop gemik is om die skepping van nuwe kennis te fasiliteer wat uit openbare befondsing kom om hierdie kennis in die vorm van intellektuele eiendom te verseker, insluitende, maar nie beperk, tot patente nie, vir intellektuele eiendom wat ekonomiese en maatskaplike voordele kan inhou.”

мария шарапова теннисФильчаков прокуратура харьков