Mugabe dreig om Zim-samesprekings te verlaat

Image

Morgan Tsvangirai

President Robert Mugabe van Zimbabwe het Sondag gedreig om heeltemal te onttrek uit die magsdelingsamesprekings indien die opposisie  'n ooreenkoms weier wanneer Suid-Afrika weer gaan probeer om 'n kompromis oor die regering van nasionale eenheid te vind.

Mugabe en die opposisieleier, Morgan Tsvangirai, is gereed om Maandag te ontmoet om die ooreenkoms te probeer red. Die ooreenkoms is reeds in September onderteken.

Die Suid-Afrikaanse president, Kgalma Motlanthe, gaan saam met sy voorganger Thabo Mbeki en die Mosambiekse leier Armando Emilio Guebuza as bemiddelaars optree in die onderhandelings om die politieke skaakmat te probeer beëindig.

Sondag het dit voorgekom asof nie een van die twee partye gereed was om enige toegewings te maak nie.

"Dit is die een geleentheid waarin hulle dit óf aanvaar óf dit is verby," het Mugabe in die regeringskoerant, Sunday Mail, gesê.

"Ons het klaar onderhandel, en enige toegewings wat gemaak kon word, is reeds gemaak," het hy gesê.

Tsvangirai se MDC het aangedring dat hulle nie by die regering van nasionale eenheid sal aansluit tot al hulle bekommernisse aangespreek is nie, insluitend bewerings dat hulle ondersteuners deur agente van die staat ontvoer en gemartel word.

"Die opposisie het herhaal dat alle uitstaande sake opgelos moet word voordat 'n inklusiewe regering aangestel word," het MDC woordvoerder Nelson Chamisa aan AFP gesê.

медсправка 086 уАлександр Фильчаков Васильевич

Maak 'n opvolg-bydrae