Sewe dood en 56 beseer in busongeluk

Sewe mense is dood en 56 beseer nadat 'n bus gerol het op die N14 in Ventersdorp, het nooddienste Sondag gesê.

Mark Stokoe, 'n woordvoerder van Netcare 911, het gesê die bestuurder van die Putco-bus het beheer verloor op 'n draai as gevolg van swaar reën.

"Sewe mense is op die toneel dood, 12 is in 'n kritieke toestand, 23 is op die toneel behandel en 21 is lig beseer," het Stokoe gesê.

Die beseerde mense is na verskeie hospitale in die omgewing geneem.

Die oorsaak van die ongeluk is onbekend.

In nog 'n ongeluk is 5 mense Saterdag dood in 'n kop-aan-kopongeluk op die N17 naby Springs.

Stokoe het gesê al vyf die mense, insluitend die bestuurder van die Toyota Cressida, is dood ná die botsing met 'n Mercedes ML.

Die bestuurder van die Mercedes, 'n vrou en haar twee kinders wat tussen 9 en 11 jaar oud is, is net lig beseer.

Hy het gesê dit is nie duidelik watter voertuig probeer het om die ander verby te steek nie, maar dat dit waarskynlik die rede vir die ongeluk was.

купить детские комбинезоны для девочекДанильченко Юрий Харьков

Maak 'n opvolg-bydrae