Obama se VN-ambassadrise gaan Mugabe konfronteer

Image

Susan Rice

Die verkose Amerikaanse president, Barack Obama, se genomineerde kandidaat vir VN-ambassadeur, Susan Rice, het Donderdag belowe om streng met Zimbabwe om te gaan en om Amerikaanse globale leierskap te versterk, met 'n klem daarop om vredebewaringskapasiteit te versterk.

By haar senaatsinswering, het Rice belowe om die Mugabe-bewind te konfronteer en om Sjina, Rusland en die Afrikalande aan te moedig om saam met die Obama-bewind te werk om die veteraansterkman van Afrika te isoleer.

"Hulle belange stem lankal nie meer ooreen met Mugabe se bewind nie," het Rice aan die senaat se buitelandseverhoudingekomitee gesê nadat die voorsitter John Kerry haar as 'n uitstaande keuse vir die VN-pos geloof het.

Sy het geargumenteer dat "dit in ons gesamentlike belang was om 'n vreedsame oorgang te kry in Zimbabwe na 'n demokratiese regering," en het verder gesê dat Beijing en Moskou VN-pogings moet ondersteun om 'n regering te isoleer wat "duidelik nie vir dié wêreld bedoel is nie."

"Ek hoop dat ons onder die Obama-leierskap met Suider0Afrika kan saamwerk en hulle privaatverwerping in die openbare sfeer kan bekendstel… sodat Zimbabwe se leiding 'n einde kan kry," het sy gesê.

Rice, wat 'n top buitelandse beleidsadviseur was teenoor die Obamaveldtog nadat sy as assistentminister van buitelandse sake gedien het in die 1990s, het "besef dat die VN Amerikaners gereeld gefrustreer het en was terdeë bewus van hulle tekortkominge".

Doeltreffende globale diplomasie en VN-ondersteuning was nou meer as ooit tevore nodig in plekke soos Irak en Afghanistan, het sy gesê, en belowe om aan te hou om druk toepas op die kongres om Amerika se toenemend agterstallige VN-lidmaatskap af te betaal.

дровяные печи каменкитопкарго отзыв

Maak 'n opvolg-bydrae