Hongersnood in Zimbabwe nader nou hoogtepunt, volgens Oxfam

ImageZimbabwe se hongersnood nader nou sy hoogtepunt, het die Britse hulpagentskap Oxfam Donderdag gesê. Dit is vanweë die feit dat miljoene mense se voedsel gaan opraak voordat die volgende oeste gaan inkom.

Die situasie kan vinnige vererger terwyl hulpagentskappe gedwing word om voedsel te verminder vanweë geldtekorte, het die welsynsorganisasie in 'n verklaring gesê.

"Kwesbare huishoudings gaan vandeesmaand kleiner kosrantsoene kry as gevolg van 'n tekort aan geld. Volgende maand word daar ook verminderings verwag," het Oxfam gesê.

Tesame met die 5 miljoen Zimbabwiërs wat staatmaak op voedsel wat versprei word, is daar nog 'n miljoen mense wat ook voordeel behoort te trek uit die voedselhulpprogram wat vandeesmaand dalk nie enige voorrade gaan verkry nie as gevolg van geldtekorte.

Ten spyte van onlangse donasies, het die VN se Wêreldvoedselprogram steeds 'n tekort van omtrent $65 miljoen vir sy werk in Zimbabwe tot aan die einde van Maart, het Oxfam gesê.

"Mense se lewens is in gevaar as gevolg van 'n tekort aan voedsel. Hulle is erg verswak en daarom minder in staat om cholera te weerstaan wat oor die hele land versprei het, en ook minder bestand teen MIV/Vigs," het Peter Mutoredzanwa, Oxfam se direkteur in Zimbabwe, gesê.

боди для новорожденных девочек купитьЛобановский