Miskien soek VSA na blanke immigrante?

Na aanleiding van Dan Roodt se nuutste rubriek oor die negatiewe demografie van blanke Amerikaners wonder ek net of die regering van die VSA maatreëls hierteen neem.

Ek sinspeel nou op die feit dat die laaste paar dae/weke sien ek gereeld internetadvertensies vir groenkaarte. Ofskoon die advertensies multikulturalisme benadruk, wonder ek of hulle nie dalk eintlik na wit Protestante op soek is nie.

Die groenkaartadvertensies is nogal vreemd, gegewe die feit dat die werkloosheid in die VS nou al oor die 7% gestyg het.

Die kans bestaan ook dat hulle juis op soek is na kandidate wat ekonomies effektief is vir die land, want onder Obama gaan die VS nader na 'n welsynstaat neig, en welsynstate kos baie geld en het 'n sterk middelklaslokomotief nodig.

Weet iemand dalk meer hiervan?

видео укладка ламината своими рукамиФильчаков Харьков

Hout, ‘n eeue oue geldeenheid

Terwyl sommige mense kyk na alternatiewe ekonomieë om die finansiële krisis te hanteer, is inwoners van 'n dorpie buite Meksikostad reeds ligjare voor met hul manier van doen, met hul gebruik van hout as geldeenheid.

Elke Dinsdag daag vroue uit die berge op met stapels hout op hulle rûe by die dorpie wat hoofsaaklik uit inheemse mense bestaan.

Geen geld of kredietkaarte ruil hande by die Santiago Tianguistenco mark wat sowat 100 kilometer uit Meksiko se hoofstad geleë is nie, maar slegs stukkies hout, in ruil vir voedsel, seep, klere en speelgoed.

Die Santiago ruilhandel-mark is in 1820 gestig en is ouer as die sorpie waarin dit geleë is. In die Nahuatl inheemse taal beteken "tianguistenco" op die rand van die mark.

"Die mark het reeds bestaan toe ek 'n kind was. Ons kom elke week in vir kos, klere vir baie klein dingetjies," het een vroulike kliënt gesê, maar geweier om haar naam te gee, terwyl sy in 'n ry gewag het voor 'n stalletjie wat gebraaide vark verkoop.

By die voorpunt van die ry het sy 'n dosyn stukke hout oorhandig in ruil vir twee stukke sappige vleis.

'n Entjie verder, agter 'n vragmotor het nog 'n vrou twee stukke hout geruil vir 'n lemoen, terwyl ander 10 stukke hout geruil het vir 3 mate gekookte rys of bredie.

Op daardie dag het wasgoedseep 25 stukke hout gekos vir 'n half kilogram, 50 stukke hout het verruil vir 'n kilogram boontjies, sout of suiker en 100 stukke het 'n liter kookolie gekoop.

Tweedehandse klere kos 10 stukke per item en ou speelgoed en poppe kos 5 stukke elk.

Die houtdraers, vroue van die plaaslike Nahuatl, Otomi of Tlahuica etniese groepe het geweier dat hulle afgeneem word of om hulle name te gee.

"Hoekom wil jy my naam weet? Ek weet hoe dit gebruik gaan word na die tyd," het een van die vroue gesê wat die kamera agterdogtig dopgehou het.

"Vier jaar gelede het die polisie hierheen gekom en almal weggeneem, 300 mense op een slag. Hulle het die mense daarvan beskuldig dat hulle onwettig hout kap en dis hoekom hulle bang is," het Ernestina Ortiz, die dame van die inheemse ruilhandelraad wat oor die mark toesig hou gesê.

Meksiko het een van die wêreld se vinnigste onbostingstempo's en die regering het onlangse jare strawwe vir die kap van bome baie verhoog.

In die woude om die hoofstad is dit met tronkstraf strafbaar.

Omgewingsgroepe soek intussen na 'n wydverspreide houtsertifikasieskema.

"Die mense kap nie die bome af nie, maar tel die stukke droë hout op wat agtergebly het. Hulle lewe van die woud, maar kyk daarna, hulle maak skoon daar en plant self bome aan," het Ortiz gesê.

"Houtruilhandel is deel van die plaaslike kultuur. Mense van daardie gemeenskappe is baie arm, en as ons hulle nie toelaat om hout te kom verruil nie, sal hulle niks hê om te eet nie," het sy bygevoeg.

Daar is wel reëls vir die ruilhandel, insluitende verskillende tipes hout. Stukke moet drie hande lank wees en so breed soos 'n mens se vuis, en ten minste twee is nodig om enige transaksie te beklink.

'n Bondel stokke, wat een meter lank is, is genoeg om kos vir 'n gesin vir 'n week te kan bekom.

Die raad het 'n ongeskrewe ooreenkoms met die owerhede, wat waarneming van die mark laat vaar het, maar sommige polisiemanne daag tog soms op om omkoopgeld te vra.

Die handelaars by die mark is baie meer spraaksaam as die houtdraers.

"Ek bring kaktusse, boontjies en gebraaide vis om te verkoop, en hulle hout is handig omdat gas baie duur is. Ek ruil ook klein stukkies hout vir sout, suiker en sop," het die 62-jarige handelaar Julia Mejia gesê.

Arturo Rosales, wat al vir jare die mark gebruik, het gesê hy kom hierheen om die "ruilhandelkultuur" aan die gang te hou, met tweedehandse klere, seep en speelgoed.

для печилобановский политик

Probleme tref die boonste sport terwyl Bentley fabriek toemaak

ImageBentley gaan hul aanleg in sentraal-Engeland vir sewe weke sluit in 'n tydelike sluiting van Maart tot April.

'n Globale daling in die vraag na motors het die skuif nodig gemaak en 'n woordvoerder het gesê: "Ons is in dieselfde situasie as 'n hoeveelheid ander motorvervaardigers wat soortgelyke uitdagings moet weerstaan, produksie is 23% laer".

Tot nou toe het die mark gereken dat die klein, super-luukse mark teen die huidige kredietkrisis bestand was.

Die woordvoerder het nie gesê hoeveel Volkswagen hoop om te bespaar nie, maar die Crewe-aanleg het in 2008 net 7 600 voertuie gebou, wat 'n verlaging is van 24% teenoor 2007.

Syfers van die Vereniging van Motorvervaardigers en Handelaars het getoon dat voertuigproduksie in Brittanje met byna die helfte in Desember teenoor dieselfde maand in 2007 gedaal het.

Britse handelsyfers was die swakste sedert Julie 1980, toe Brittanje in 'n diep resessie was.

zishao детская одеждаtopcargo

Obama behou sy Blackberry

President Barack Obama, wat na sy oorwinning in die verkiesing bekommerd was dat hy sou moes afstand doen van sy verslawende Blackberry-foon weens veiligheidsredes, sal nou tog dié itempie kan behou.

"Die president het 'n Blackberry deur middel van 'n kompromis wat hom in staat sal stel om op 'n beperkte manier met senior personeel en 'n klein groepie persoonlike vriende in kontak te bly," het 'n woordvoerder van die Withuis, Robert Gibbs, gesê.

Die toestel se sekuriteit is wel opgeskerp, het hy gesê.

Obama, wat Dinsdag as president ingesweer is, is bekend as 'n ywerige gebruiker van die mobiele toestel wat deur Research In Motion Ltd. vervaardig word en het druk van sy personeel om die toestel prys te gee, weerstaan.

Presidensiële e-posse word beskou as openbare rekords, het Gibbs gesê en dus is dit onderworpe aan openbare blootstelling wanneer die president se termyn verby is. 

Nóg president George W. Bush nóg Bill Clinton het van e-pos gebruik gemaak gedurende hulle termyne as presidente. 

slots slotsФильчаков Александр Васильевич

Gasa is geen ‘separatistiese eenheid’

Die Palestynse owerheid sal nie toelaat dat Hamas Gasa in 'n "separatistiese entiteit" verander in die nadraai van Israel se oorlog teen die gebied nie, het 'n senior beampte van president Mahmud Abbas Donderdag gesê.

"Ons sal nie toelaat dat 'n separatistiese entiteit geskep word nie, maak nie saak wat die koste is nie," het Yasser Abed Rabbo aan 'n perskonferensie gesê.

"Die komplot om Gasa van die Wesoewer af te sny, sal nie toegelaat word nie."

Abbas beheer Gasa nie meer sedert Junie 2007 nie, toe die Islamitiese Hamas magte wat lojaal was aan sy sekulêre Fatah-party uit die kusstrook verdryf het.

Abed Rabbo het Hamas se politieke hoof, Khaled Meshaal, wat in ballingskap verkeer, daarvan beskuldig dat hy "slagspreuke en bloedvergieting in Gasa misbruik om sy separatistiese projekte mee te verdoesel".

Hy het ook "Hamas-bendes" in Gasa daarvan beskuldig dat hulle dosyne Fatah -ede onder huisarres geplaas het en ander "gearresteer het, geslaan het en in die bene geskiet het".

зарядное устройствоФильчаков Александр Васильевич

Israel word toenemend deur vuurpyle bedreig

Image

Kassamvuurpyle in ‘n Israelse polisiestasie te Sderot

Terwyl die media onlangs gefokus het op die Israeliese offensief en uiteindelike onttrekking uit die Gasastrook, is min aandag gegee aan die Palestynse aanvalle op Israel.

Hamas val Israel reeds agt jaar lank met meestal mortiere (die 82mm model) en tuisgemaakte Kassam-vuurpyle aan in 'n poging om Jode dood te maak en Israel te vernietig. Dit is die twee primêre doelstellings vir Hamas en dit verskyn prominent in hulle propaganda-materiaal.

Sedert die eerste Kassam-aanval in 2001, wat gemik was op Israeli's in Gasa, is omtrent 6 000 vuurpyle afgevuur. Daar was wel 'n paar aanvalle (omtrent 300 vuurpyle) toe Israel Gasa beset het, maar nadat Israel middel 2005 onttrek het uit Gasa, het Hamas die frekwensie van die aanvalle opgestoot – nagenoeg 5700 vuurpyle en 4000 mortierbomme – omdat daar nie Israelse soldate in Gasa was om in te meng met die bou en afvuur van die vuurpyle nie.

Die aanvalle was merkwaardig oneffektief, met slegs 37 mense wat in 8 jaar dood is. Van die 37 is die helfte dood in vuurpylaanvalle en die ander in mortieraanvalle. Hamas moes omtrent 270 vuurpyle afvuur vir elke Israelse soldaat en burgerlike wat hulle gedood het. Israelse teenvuur het een Palestyn dood gelaat vir elke 3 vuurpyle of mortiere wat deur die Palestyne afgevuur is. Een Israeli is dood of gewond vir elke 40 vuurpyle of mortiere wat afgevuur is.

Die vuur van die Israeli's was net soveel meer akkuraat, met die meeste Palestynse ongevalle wat terroriste of ander mense was wat betrokke by die bou of die afvuur van die vuurpyle of mortiere was. Hamas het probeer om burgerlikes te laat sterf deur vuurpyle in woongebiede te stoor en ook om hulle vanuit daardie gebiede af te vuur. Hoewel Hamas glo in "nie-vrywillige martelaarskap" (wat burgerlikes laat sterf al is die slagoffers nie gewillig nie), is baie van die gekose kandidate nie so gewillig nie. Dus bly burgerlikes weg van die gebiede waar vuurpyle afgevuur word, en verdoesel hulle die feit dat vuurpyle onder hulle huise versteek word.

Kassams het laat in 2001 in Israel begin val, kort ná die Hamas-Palestynse terroristeorganisasie die ontwerp daarvan vervolmaak het.

Dit was die Kassam I, in lengte amper 78 sentimeter lank, 60 mm in deursnee, het 5 kg geweeg met 'n halfkilogram plofkop en het 'n trefafstand van ongeveer 3 kilometer gehad. Soos met al die Kassams het mens ongeveer gemik en verder gehoop vir die beste. Vroeg in 2002 het Hamas begin om dié goed op die Joodse woongebiede in Gasa af te vuur.

Teen 2003 is die groter weergawes gebou, die Kassam II, wat 30 kg geweeg het, 150 mm in deursnee was en 2 meter lank was. Hulle het 'n plofkop van tussen 4 en 6 kg gehad en 'n trefafstand van tot 8 kilometer. Dit was eers in Junie 2004 dat een van die groter Kassams die lewe van 'n Israelse soldaat geëis het. Teen daardie tyd is daar al omtrent 200 Kassams op suidelike Israel afgevuur.

Later het die Kassam III gevolg, wat 2 meter lank is, 'n deursnee van 170 mm het en 'n trefafstand van omtrent 12 kilometer. Die plofkop van die Kassam III het tussen 10 en 20 kg geweeg en die totale gewig was ongeveer 90 kg.

Daar was heelwat variasies in die ontwerpe en groter vuurpyle is ook aangewend, insluitend die Kassam IV, met 'n trefafstand van 15 kilometer en 'n kloon van die BM-21, wat bekendstaan as die Nasser 4, met 'n reikafstand van tot 20 kilometer. Met 'n koste van net $400 om te bou, word die komponente vir die Nasser 4 deur die tonnels tussen Egipte en Gasa ingesmokkel.

Gedurende Junie 2008 het Israel en Hamas 'n skietstilstand bewimpel, waartydens die Palestyne aangehou het om vuurpyle (361) en mortiere (303) op Israel af te vuur. Toe Israel op 27 Desember begin het om Hamas en ander terroristeteikens aan te val, het die Palestyne hulle aanvalle vermeerder. Dit het 'n piek van ongeveer 100 bereik op die 28ste, waarna die daaglikse hoeveelheid aanvalle begin afneem het.

Israelse onbemande vliegtuie, vliegtuie en vegvliegtuie was konstant in Gasa se lugruim, en het vuurpylwerkswinkels, bergplekke en lanseerplekke gesoek. Op daardie stadium het die Israelse soldate nog nie Gasa binnegegaan nie en was dit steeds moontlik vir die Palestyne om ten minste 10 vuurpyle per dag oor die grens op Israel af te vuur.

Israel is bewus daarvan dat Hamas 'n arsenaal van vuurpyle in Gasa opgebou het. Israelse intelligensieamptenare glo dat Hamas tans 'n hele paar honderd fabrieksvervaardigde BM-21-vuurpyle het, elkeen met 'n trefafstand van 20 tot 40 kilometer. Hulle het ook 'n klompie kortafstand (6 kilometer) B-12-vuurpyle. Dié spesifieke een word nie meer baie ingesmokkel nie, aangesien die plaaslik vervaardigde Kassam II omtrent dieselfde trefafstand het. Die B-12 is wel meer betroubaar, met 'n meer betroubare trajek en ontstekingsmeganisme en gevolglik ook 'n beter kans dat dit sal tref daar waarheen dit gemik is en dat dit vir seker sal ontplof.

Die B-12 is 'n Russies vervaardigde vuurpyl wat baie gewild onder terroriste is. Dit is 107 mm in deursnee, 90 cm lank en weeg 20 kg. Die vuurpyl het 'n reikafstand van omtrent 6 kilometer en anderhalf kilogram plofstof in sy plofkop. Normaalweg word dié vuurpyl uit 'n lanseerder gevuur in salvo's van 12 op 'n slag. Indien dit alleen gevuur word, is dit meer akkuraat hoe nader die operateur aan die teiken kan kom. Die 107 mm-ontwerp is al deur vele nasies gekopieer en is baie gewild onder guerrillas en terroriste vanweë die maklike draagbaarheid daarvan.

Die BM-21 is 122 mm in deursnee, weeg 70 kg pond en is 2,5 m lank. Die plofkop is 20 kg, maar die akkuraatheid is nie veel beter as die 107 mm-model nie. Die trefafstand is 'n maksimum van 20km. Omdat hulle onbegeleide vuurpyle is, is hulle meer effektief wanneer hulle in salvo's afgevuur word, of op baie groot teikens soos stede, militêre basisse en nywerheidsinstallasies.

In die noorde, in Libanon, beskik Hisbolla oor 'n arsenaal van meer as 40 000 fabrieksvervaardigde vuurpyle, hoofsaaklik BM-21's wat deur Sirië vanaf Iran ingevoer is. Dit is drie keer soveel vuurpyle as wat hulle in die somer van 2006 gehad het, toe meer as 4 000 vuurpyle op die noorde van Israel afgevuur is in aanvalle waarin daar amper 50 mense dood is, waarvan die meeste burgerlikes. In die Israeliese  teenaanvalle het meer as 1 000 Libanese gesterf. Hisbolla en Hamas beplan om uiteindelik 'n gesamentlike aanval op Israel te loods. Die Israeli's het meer doeltreffende teenmaatreëls beplan, maar dit is nog nie openlik bespreek nie.

насосной станциилобановский класс

Franse Moslems weier om te veg in Afghanistan

Verskeie Moslemsoldate het geweier om in Afghanistan te veg deur hulle godsdiens voor te hou, volgens die woernaal, “Secret Defense,” soos bevestig deur die Franse Leër.

Hierdie is jong Moslems wat nie ander Moslems in Afghanistan wil beveg nie, skryf Libération se joernalis, Jean-Dominique Merchet.

“Die weiering om weens geloofsredes op 'n sending te gaan, is 'n mikroverskynsel wat minder as vyf gevalle  per jaar behels,” sê kolonel Benoit Royal, hoof van Inligting en Openbare betrekkinge van die Leër.

Dit weerspieël, volgens sy mening, “'n flater in begrip van die betekenis van hulle onderneming om die wapen op te neem om Franse belange en waardes te alle tye en alle plekke te beskerm".

Voorts, volgens Kolonel Royal, “word 'n dissiplinêre prosedure in die geval van weiering gevolg, wat meestal uitloop op die beëindiging van die kontrak".

Libération se woernaal voer aan dat 'n saak verlede Oktober in die 1ste Infanterieregiment Sarrebourg (Moselle) aanhangig gemaak is. Die soldaat het egter sy besluit omgekeer nadat hy met 'n Moslemkapelaan gepraat het.

Die aantal Franse soldate wat Moslems is, is onbekend.

раскрутка сайтаалександр лобановский супермаркет класс

Reserwebank ‘behoort rentekoerse af te bring’, s? eiendomsmaatskappy

ImageDie Suid-Afrikaanse reserwebank behoort die uitleenkoers met 'n volle 100 basispunte te verlaag wanneer die monetêre beleidskomitee in Februarie vergader, het die JAB-genoteerde Colliers Internasionaal Woensdag gesê.

"Indien die reserwebank die rentekoers net 100 basispunte verlaag wanneer hulle op 11 Februarie vergader, sal dit die uitwerking hê om die mark vir huiskopers te stimuleer. Dit sal die beste nuus in jare wees vir huiskopers," het Brian Falconer, die uitvoerende direkteur van die maatskappy se residensiële afdeling gesê.

Indien die reserwebank die rentekoers in Februarie met 100 basispunte verlaag sal dit 'n daling van amper R1 000 per maand in verbandbetalings wees op 'n verband van 'n miljoen rand, het Falconer gesê.

Die uitleenkoers, dit is die rentekoers waarteen die reserwebank geld aan kommersiële banke leen, het op 'n hoogtepunt van 12% gedraai in Augustus voordat dit met 50 basispunte in Desember verlaag is.

Dit is nou op 11,5% met die primakoers op 15%.

"Die verlaging met amper 50% van die petrolprys en 'n skerp daling in inflasie, behalwe vir voedselinflasie het aan die bank al die nodige redes gegee om 'n merkbare verskil te maak aan die rentekoers," het Falconer gesê.

"Ander lande in ontwikkelende markte, soos Australië en Thailand, het rentekoerse aggressief verminder, en nou is dit die beste moontlike skuif vir die plaaslike ekonomie."

интернет магазины детских игрушекtopcargo отзыв

Swartman verkrag 16-jarige in Johannesburg, vra om verskoning

'n 29-jarige swartman is Woensdag gearresteer in Johannesburg vir die beweerde verkragting van 'n 16-jarige meisie, het polisie gesê.

Kaptein John Maluleka het gesê die man het na bewering die meisie Dinsdag verkrag by die Manhattan-woonstelle op die hoek van Plein- en King Georgestrate omstreeks elfuur die oggend.

"Volgens die meisie het die man haar om verskoning gevra nadat hy haar verkrag het, en aan haar gesê het dat hy 'n kondoom aangehad het. Hy het haar R30,00-omkoopgeld aangebied om stil te bly. Ons het die kondoom gevind en dit gestuur vir forensiese toetse," het Maluleka gesê.

Die man wat van verkragting aangekla gaan word behoort na verwagting Vrydag in die Johannesburgse landdroshof te verskyn.

ігри для дєвачекФильчаков прокурор харькова

DA-webwerf van lyn af weens rekenaarwurm

Die Demokratiese Alliansie se webwerf is vir die laaste week al van lyn af en sal waarskynlik so bly, vanweë 'n "wurm" wat geplant is deur 'n onbekende Suid-Amerikaanse kraker.

Pogings om die werf te besoek laat 'n boodskap vertoon wat sê dat dit werf nie aanlyn is nie, "nadat dit deur 'n kraker gekompromitteer is".

Die DA-direkteur vir verhoudingsbestuur, Anthony Hazel, het Vrydag aan SAPA gesê dat 'n tydelike "mini-webwerf" binne 'n week op en in werkende toestand sal wees, en dat 'n nuwe kraakbestande webwerf teen Oktober vanjaar weer in werking sal wees.

Op vrae of die party die verantwoordelike persone kon opspoor, het hy gesê dat dit duur kos om die krakers se spoor te volg, aangesien hulle hul spore goed uitgevee het.

DA-woordvoerder, Lindiwe Mazibuko, het gesê dat iemand die rekenaarwurm etlike maande terug in die rekenaarstelsel geplant het, en "elke keer wat ons die probleem herstel, dupliseer die wurm homself weer".

"Ons het dit opgevolg tot êrens in Suid-Amerika."

'n Wurm is 'n program, of algoritme wat homself dupliseer binne 'n rekenaarnetwerk en al die bronne binne die sisteem opgebruik. 

free online bonus no depositДанильченко Харьков

Ontsnapte gevangene weer aangekeer

'n Verhoorafwagtende gevangene wat ontsnap het van die selle in Port St. Johns se landroshof is weer gearresteer in die Godini-woongebied, het Oos-Kaapse polisie Dinsdag gesê.

Kaptein Zamukulungisa Jozana het gesê die 26 jarige man is gearresteer by sy wegkruipplek gedurende 'n polisieklopjag in die woongebied teen drieuur die middag.

Hy het op 1 Desember verlede jaar saam met 5 ander uit wettige aanhouding ontsnap.

"Die 6 verhoorafwagtende gevangenes het 'n polisiebeampte oorweldig en sy dienspistool, 'n Z88 en 14 rondtes ammunisie gesteel," het Jozana gesê.

Vyf van die gevangenes is gedurende Desember weer gevang naby Umthathat Ultra City.

Voor die ontsnapping het gevangenes gewag vir verhore op klagte van moord, gewapende roof en kaping. 

fruit warpДанильченео

ANC-leiers bevestig eie regsaksie om Zuma te red

Image

Jacob Zuma

Die ANK se nasionale werkskomitee het hulle voorberei om "heeltemal betrokke" te raak by die korrupsiesaak teen ANK-president Jacob Zuma, het 'n woordvoerder Dinsdag gesê.

"Ons beoog om ten volle betrokke te raak. Die ANK het die siening dat hy betrokke sal raak by die regsopsies van die resident. Die situasie van die president raak die ANK," het woordvoerder Carl Niehaus gesê.

Op vrae van hoe die ANK betrokke sou raak in die bedrog en korrupsiesaak, het Carl Niehaus geantwoord: "Die res van dit word net spekulasie. Ons kyk steeds na ons opsies met die regsadviseurs."

Die nasionale werkskomitee het Maandag 'n vergadering gehou om verskeie sake te bespreek, insluitend die hangende saak teen hulle presidentskandidaat vir vanjaar.

"Die gesprekke was nie werklik enige iets wat nie in die loop van die laaste week gesê is nie… ons gaan by die regsproses aansluit en het ons regslui opdrag gegee en oorweeg ons opsies," het Niehaus gesê.

Verlede week het die appèlhof uitspraak gelewer in die guns van die nasionale vervolgingsgesag, en gevolglik die klagte van korrupsie, bedrog, geldwassery en afpersing teen Zuma weer ingestel.

Sy regsopsies sluit nou in 'n appèl in die konstitusionele hof en 'n aansoek dat die klagte teen hom permanent teruggetrek kan word.

iron man 2лобановский александр

Rwandese troepe steek Kongolese grens oor om Hoetoe-milisie te beveg

Image

Rebellesoldate in die Kongo

Meer as 1500 Rwandese soldate het die grens oorgesteek na die oostelike Kongo toe, en hulle aangesluit by die Kongolese magte in 'n poging om die Hoetoe-rebelle wat deelgeneem het aan die 1994 volksmoord in Rwanda uit te wis, het amptenare gesê.

'n Kongolese regeringswoordvoerder, Lambert Mende, het gesê die Rwandese magte het Dinsdagoggend aangekom vir 'n gesamentlike militêre operasie wat tot 15 dae kan duur.

"Ons het gevra dat die Rwandese weermag deelneem aan die ontwapeningsoperasie teen die Hoetoe-milisie, wat reeds begin het," het Mende gesê.

In 'n rare voorkoms van samewerking, skerp die twee nasies pogings op teen die Hoetoe-milisie wat reeds geruime tyd die streek gedestabiliseer het. Ten spyte daarvan was nie een van die lande in staat daartoe om die Hoetoe-rebelle  wat reeds in 1994 na die Kongo toe gevlug het, uit te wis nie.

Die Hoetoe-rebele, wat gehelp het om die volksmoord te pleeg waarin meer as 500 000 etniese Toetsies en gematigde Hoetoes vermoor is, het onaangeraak in die Kongo gebly, waar hulle swaar bewapen is en ook in beheer verkeer van die winsgewende myne in afgeleë heuwels en woude.

Die Hoetoe-milisie het burgerlike mense geterroriseer, aan Toetsierebelle 'n rede gegee om aan te hou veg en ook veroorsaak dat Rwanda die Kongo in 1996 en 1998 binnegeval het.

Die VN-sending in die Kongo het gesê hulle is nie betrokke by die operasie nie, maar het bevestig dat dit voortgaan. Die VN-vredesmagte se woordvoerder, lt.kol. Jean-Paul Dietrich, het gesê tussen 1500 en 2000 Rwandese soldate het die grens oorgesteek. 

одежда для младенцевлобановский александр дочь

SAL-bemanning aangekeer weens 50 kg dagga

Die vlieënier en hele bemanning van 'n SAL-vliegtuig is Dinsdag gearresteer nadat 50 kilogram dagga op 'n vlug van Johannesburg na Londen se Heathrow-lughawe gevind is, het doeanebeamptes gesê.

Die dwelms, wat sowat 150 000 pond werd is, is deur beamptes van die Britse grensagentskap (BGA) gevind, het 'n woordvoerder vir haar majesteit se inkomste en doeane diens (HMID) gesê.

Die dwelms is gevind in drie stukke bagasie. Die mense wat gearresteer is op die vliegtuig, wat om 8:00 op Londen se hooflughawe geland het, sluit in die vlugbemanning en kajuitbemanning het hy gesê.

"Toe die bemanning deur 'n doeaneklaringspunt beweeg het, het BGA-amptenare 'n hoeveelheid dagga in drie tasse gevind," het woordvoerder Bob Gaiger aan AFP gesê.

Die hele bemanning van die vliegtuig is gearresteer en word nou in aanhouding gehou en ondervra deur  HMID," het hy bygevoeg, en bevestig dat die vlieënier ook een van die aangehoudenes is.

"Onderhoude sal gevoer word en sal waarskynlik oorloop na môre toe, waarna ons sal besluit of ons enige iemand sal aankla, of van die mense sal vrylaat, op borgtog indien nodig," het hy gesê.

Geen verdere besonderhede is beskikbaar nie, maar die woordvoerder het beklemtoon hoe ernstig die Britse doeanediens sulke dinge opneem.

"HMID, tesame met die BGA speel 'n belangrike rol in die stryd om onwettige dwelms te verhoed om die land in te kom, en om ons gemeenskappe te beskerm teen die geweld en korrupsie wat altyd dié afstootlike handel vergesel," het hy gesê. 

расширительный бачок на отоплениеФільчаков прокурор