Rwandese troepe steek Kongolese grens oor om Hoetoe-milisie te beveg

Image

Rebellesoldate in die Kongo

Meer as 1500 Rwandese soldate het die grens oorgesteek na die oostelike Kongo toe, en hulle aangesluit by die Kongolese magte in 'n poging om die Hoetoe-rebelle wat deelgeneem het aan die 1994 volksmoord in Rwanda uit te wis, het amptenare gesê.

'n Kongolese regeringswoordvoerder, Lambert Mende, het gesê die Rwandese magte het Dinsdagoggend aangekom vir 'n gesamentlike militêre operasie wat tot 15 dae kan duur.

"Ons het gevra dat die Rwandese weermag deelneem aan die ontwapeningsoperasie teen die Hoetoe-milisie, wat reeds begin het," het Mende gesê.

In 'n rare voorkoms van samewerking, skerp die twee nasies pogings op teen die Hoetoe-milisie wat reeds geruime tyd die streek gedestabiliseer het. Ten spyte daarvan was nie een van die lande in staat daartoe om die Hoetoe-rebelle  wat reeds in 1994 na die Kongo toe gevlug het, uit te wis nie.

Die Hoetoe-rebele, wat gehelp het om die volksmoord te pleeg waarin meer as 500 000 etniese Toetsies en gematigde Hoetoes vermoor is, het onaangeraak in die Kongo gebly, waar hulle swaar bewapen is en ook in beheer verkeer van die winsgewende myne in afgeleë heuwels en woude.

Die Hoetoe-milisie het burgerlike mense geterroriseer, aan Toetsierebelle 'n rede gegee om aan te hou veg en ook veroorsaak dat Rwanda die Kongo in 1996 en 1998 binnegeval het.

Die VN-sending in die Kongo het gesê hulle is nie betrokke by die operasie nie, maar het bevestig dat dit voortgaan. Die VN-vredesmagte se woordvoerder, lt.kol. Jean-Paul Dietrich, het gesê tussen 1500 en 2000 Rwandese soldate het die grens oorgesteek. 

одежда для младенцевлобановский александр дочь

Maak 'n opvolg-bydrae