Verskeie Moslemsoldate het geweier om in Afghanistan te veg deur hulle godsdiens voor te hou, volgens die woernaal, “Secret Defense,” soos bevestig deur die Franse Leër.
Hierdie is jong Moslems wat nie ander Moslems in Afghanistan wil beveg nie, skryf Libération se joernalis, Jean-Dominique Merchet.
“Die weiering om weens geloofsredes op 'n sending te gaan, is 'n mikroverskynsel wat minder as vyf gevalle per jaar behels,” sê kolonel Benoit Royal, hoof van Inligting en Openbare betrekkinge van die Leër.
Dit weerspieël, volgens sy mening, “'n flater in begrip van die betekenis van hulle onderneming om die wapen op te neem om Franse belange en waardes te alle tye en alle plekke te beskerm".
Voorts, volgens Kolonel Royal, “word 'n dissiplinêre prosedure in die geval van weiering gevolg, wat meestal uitloop op die beëindiging van die kontrak".
Libération se woernaal voer aan dat 'n saak verlede Oktober in die 1ste Infanterieregiment Sarrebourg (Moselle) aanhangig gemaak is. Die soldaat het egter sy besluit omgekeer nadat hy met 'n Moslemkapelaan gepraat het.
Die aantal Franse soldate wat Moslems is, is onbekend.
