'n Eenheid van die Nasionale Sosialiste Beweging, 'n Nazigroep het 'n snelweg naby Springfield aangeneem as deel van die staat se teen-rommelstrooiingsprogram.
Die groep is verantwoordelik vir 'n halfmyl stuk van Snelweg 160 wat net binne die stadsgrense is. Groepe wat snelweë aanneem is verantwoordelik om die stroke langs die pad skoon te hou.
Die tekens wat die groep se pogings adverteer is in Oktober aangebring, maar het onlangs eers aandag getrek toe die groep rommel langs die snelweg opgetel het.
Die staat het gesê daar is geen manier om die groep se aansoek af te keur nie. 'n Hooggeregshofuitspraak van 2005 na 'n soortgelyke poging van die Ku Klux Klan het gesê lidmaatskap van die "neem 'n snelweg aan" kan nie geweier word op grond van die groep se politieke oortuigings nie.
