DA-webwerf van lyn af weens rekenaarwurm

Die Demokratiese Alliansie se webwerf is vir die laaste week al van lyn af en sal waarskynlik so bly, vanweë 'n "wurm" wat geplant is deur 'n onbekende Suid-Amerikaanse kraker.

Pogings om die werf te besoek laat 'n boodskap vertoon wat sê dat dit werf nie aanlyn is nie, "nadat dit deur 'n kraker gekompromitteer is".

Die DA-direkteur vir verhoudingsbestuur, Anthony Hazel, het Vrydag aan SAPA gesê dat 'n tydelike "mini-webwerf" binne 'n week op en in werkende toestand sal wees, en dat 'n nuwe kraakbestande webwerf teen Oktober vanjaar weer in werking sal wees.

Op vrae of die party die verantwoordelike persone kon opspoor, het hy gesê dat dit duur kos om die krakers se spoor te volg, aangesien hulle hul spore goed uitgevee het.

DA-woordvoerder, Lindiwe Mazibuko, het gesê dat iemand die rekenaarwurm etlike maande terug in die rekenaarstelsel geplant het, en "elke keer wat ons die probleem herstel, dupliseer die wurm homself weer".

"Ons het dit opgevolg tot êrens in Suid-Amerika."

'n Wurm is 'n program, of algoritme wat homself dupliseer binne 'n rekenaarnetwerk en al die bronne binne die sisteem opgebruik. 

free online bonus no depositДанильченко Харьков

Maak 'n opvolg-bydrae