Uitgebreide spioenasienetwerk ontbloot

‘n Uitgebreide elektroniese spioenasieoperasie het rekenaars geïnfiltreer en dokumente gesteel van honderde regerings- en privaatkantore regoor die wêreld, insluitend die van die Dalai Lama, het Kanadese navorsers gesê.

In ‘n verslag wat verlede naweek bekend gemaak is, het die navorsers gesê dat die sisteem beheer word vanaf rekenaars wat byna eksklusief in Sjina gebaseer is, maar hulle het bygevoeg dat hulle nie kan sê dat die Sjinese regering betrokke was nie.

Die navorsers wat gestasioneer is by die Munk Sentrum vir Internasionale Studies by die universiteit van Toronto, is deur die kantoor van die Dalai Lama, die verbande leier van Tibet waaroor gereeld deur Sjina gekla word, se rekenaars te ondersoek vir tekens van skadelike sagteware.

Hulle speuroperasie het die venster geopen op ‘n wyer operasie wat in minder as 2 jaar ten minste 1295 rekenaars in 103 lande geïnfiltreer het. Baie van die rekenaars is in ambassades, buitelandse regeringskantore en ander regeringskantore, en ook in die Dalai Lama se Tibettaanse vlugtelingsentrums in Indië, Brussel, Londen en New York.

Die navorsers, wat ‘n rekord het met die opspoor van rekenaarspioenasie, het gesê hulle glo dat saam met die spioenasie op die Dalai Lama, die stelsel wat hulle “ghostnet” noem gefokus is op die regerings van Suid-Asiese en Suidoos-Asiese lande.

Intelligensie analiste sê dat baie regerings, insluitend die van Sjina, Rusland en Amerika, en ander partye gebruik mak van gesofistikeerde rekenaarprogramme om op koverte manier inligting in die hande te kry.

Die nuwe spioenasie operasie is by verre nog die grootste wat op die lappe gebring is in terme van lande wat geaffekteer is.

Daar word geglo dit is die eerste keer wat navorsers daarin geslaag het om die werking bloot te lê met betrekking tot ‘n operasie van die grootte.

Die operasie duur steeds voort, en meer as ‘n dosyn nuwe rekenaars per week word ingeneem en gemonitor het die navorsers in hulle verslag “Tracking ‘GhostNet’ : Investigating a Cyber Espionage Network.” gesê. Hulle het gesê dat hulle geen getuienis het dat Amerikaanse regeringskantore geïnfiltreer is nie, alhoewel ‘n NAVO-rekenaar vir ‘n halfdag gemonitor is deur die spioene en die rekenaars van ‘n Indiese ambassade in Washington geïnfiltreer is.

Die skadelike sagteware is merkwaardig vir die wydte van die werking daarvan. Dit kan byvoorbeeld die kamera en klankopneemtoerusting van ‘n besmette rekenaar aanskakel, wat moniteerders toelaat om te sien en hoor wat in die vertrek aangaan. Die ondersoekers sê hulle weet nie of die fasiliteit aangewend is nie.

Die navorsers kon ook bevele monitor wat gegee word aan die besmette rekenaars en die name van leggers sien wat gesteel is deur die spioene, maar in meeste gevalle is die inhoud van die leggers nie vasgestel nie. Die navorsers wat saam met die Tibettane gewerk het, het egter gevind dat spesifieke korrespondensie gesteel is en dat die indringers beheer oorgeneem het van die elektroniese posbediener rekenaars van die Dalai Lama se organisasie.

Die elektroniese spioenasie aktiwiteit het ook sommige impak gehad in die werklike lewe, volgens die navorsers. As voorbeeld het hulle ‘n e-pos uitnodiging genoem wat die Dalai Lama se kantoor gerig het aan ‘n buitelandse diplomaat, waarna die Sjinese regering ‘n oproep gemaak het aan die diplomaat en die besoek afgeraai het. Verder is ‘n vrou wat vir ‘n groep gewerk het wat internetkontak maak tussen Tibettaanse uitgewekenes en Sjinese burgers deur Sjinese intelligensie amptenare gestop onderweg na Tibet, waarna sy transkripsies van haar aanlyngesprekke gewys is en gewaarsku is om haar politieke aktiwiteite te staak .

Die Toronto navorsers het gesê dat hulle internasionale wetstoepassingsagentskappe ingelig het omtrent die spioenasie operasie, wat in hulle mening basiese tekortkominge blootstel in die regstruktuur van die kuberruimte. Die FBI het geweier om kommentaar te lewer.

Alhoewel die Kanadese navorsers gesê het dat die meeste rekenaars wat betrokke is in Sjina gestasioneer is, het hulle gewaarsku daarteen om te aanvaar dat die Sjinese regering betrokke is. Die spioenasie kan ‘n nie-regerings, winsgedrewe ding wees, soos een wat deur privaat burgers in Sjina, bekend is as die “patriotic hackers”  bedryf word.

Ronald J. Deibert, ‘n lid van die navorsingsgroep en medeprofessor van politieke wetenskap by Munk het gesê: “Ons is versigtig rondom dit, omdat ons die stemming ken van wat aangaan in die donker onderwêreld.” “Dit kan selfs die CIA of die Russe wees. Dit is ‘n skaduagtige wêreld waarvan ons die deksel nou oopmaak.”

‘n Woordvoerder vir die Sjinese konsulaat in New York het die idee dat Sjina betrokke is verwerp. “Dit is ou stories en dis nonsens,” het woordvoerder Wenqi Gao gesê. “Die Sjinese regering is gekant teen kubermisdaad en verbied dit ten sterkste.”

Die Toronto navorsers wat die spioene se digitale spore aan ‘n New York Times verslaggewer gewys het, gaan hulle bevindinge publiseer in “Information Warfare Monitor”, ‘n aanlyn publikasie wat geassosieer word met die Munk Sentrum.

Ter selfde tyd gaan twee rekenaar navorsers by Cambridge universiteit wat ook gewerk het aan die ondersoek saam met die die Tibettane ‘n onafhanklike verslag bekendmaak. Hulle blameer Sjina en waarsku dat ander kuberkrakers dieselfde taktiek kan aanneem met die gebruik van skadelike sagteware.best way to promote instagramФільчаков Олександр Васильович прокурор

Hisbolla saai uit na Sjina, Australi

Die Amerikaanse regering is bekommerd dat ‘n TV-kanaal wat deur die Hisbolla-militante groep ondersteun word ‘n Indonesiese satelliet gebruik om uit te saai na die Asiese Stille-oseaanstreek, het ‘n Amerikaanse ambassadewoordvoerder gesê.

Al-Manar-TV het Indonesië se Palala C2-satelliet gehuur deur die PT Indosat-operateur met ‘n kontrak wat in April 2011 verval, volgens Indosat-woordvoerder Adita  Irawati.

Die Amerikaanse regering het Al-Manar in 2006 as ‘n terroriste-entiteit verklaar.

Al-Manar en sy vennote en filiale maak ‘n erkende deel uit van Hisbolla, het Tristan Perry, ‘n openbare diplomasiebeampte by die Amerikaanse ambassade in Jakarta gesê.

Perry het gesê die stasie “blaas geweld en haat aan”. Die Amerikaanse regering het informeel sy kommer gedeel met die owerhede in Jakarta oor Al-Manar se uitsendings vanuit Indonesië, wat die wêreld se grootste Moslembevolking het.

Dié kommer is van die tafel gevee deur die minister van kommunikasie Muhammad Nuh, wat die uitsendings ‘n suiwer besigheidstransaksie noem. Hy het opgemerk dat stasies soos die BBC ook die satelliet gebruik. Die regering besit omtrent 14% van Indosat se aandele en het ‘n vetoreg oor strategiese besluite.

“Die Amerikaanse regering het geen reg om in te meng in Indosat se sake nie,” het Nuh gesê. “Dit is Indosat se besluit.”

Die Indonesiese satelliet word gebruik om Al-Manar se dikwels anti-Joodse en anti-Amerikaanse programme uit te saai na Sjina, Suidoos-Asië en Australië.

In Januarie het ‘n Thaise satellietmaatskappy opgehou om uitsendings van die Midde Oosters-gebaseerde televisiekanaal uit te saai ná hulle agtergekom het dat dit verbind was aan dié Sjiïtiese militante groep.

pro100casinoпрокурор Фильчаков

Heimattroue Duitse jeug verbied

Die Duitse minister van binnelandse sake, Wolfgang Schäuble, het ‘n patriotiese jeuggroep, die Heimattroue Duitse Jeug (HDJ) Dinsdag verbied terwyl polisie vroegoggend klopjagte gehou het op lede se huise in verskeie deelstate.

Regeringsamptenare het opgemerk dat die HDJ wat in Kiel geregistreer is, nou amptelik ontbind is, het mediaberigte gesê. Intussen het polisie die huise van lede in die deelstate Laer-Sakse, Berlyn en Brandenburg binnegegaan om klubgelde te konfiskeer.

Volgens die ministerie van binnelandse sake oortree die groep ‘n klubwet, wat sê dat indien groepe die landswette oortree of teen 'n internasionale verstandhouding inbeweeg, dit verbied kan word.

Die uitsaaier MDR het gesê die minister van binnelandse sake baseer sy besluit op getuienis wat verlede jaar in Oktober gevind is in klopjagte wat bewys het dat die groep effektief oorlogsgereed is en dus onwettig is.

Op sy webwerf sê die HDJ dat hulle stry vir ‘n onafhanklike Duitsland, vir tradisionele waardes en ‘n lewensstyl wat gereflekteer word in ‘n gesonde liggaam, gees en karakter. Die groep stry ook teen die gebruik van Engels in hulle Duitse moedertaal.

Hulle koerant “Firebrand” het ‘n subtitel “Jonk, Wild, Lojaal teenoor die volk”.

free slotsданильченко юрій броніславович компромат

Op die rand van ?die duisternis?

ImageDie VN sekretarisgeneraal Ban Ki-Moen en die hele Veiligheidsraad probeer om Haïti in ‘n “voorbeeld-A” te verander om buitelandse hulp te laat aanhou vloei, ten spyte van meer beperkte begrotings. Almal van hulle benadruk dat die arm land by ‘n kruispad staan tussen redding en die duisternis, soos mnr. Ki-Moen dit gestel het. Haïti se onluste verlede jaar was redelik intens, met die land wat steier onder voedseloproere wat die regering omvergewerp het en ‘n reeks orkane wat honderde dood gelaat het en die ekonomie verder op sy knieë dwing.

Die VN is nou bekommerd dat hoewel die grondslag gelê is om die bedreigings die hoof te bied, die geleentheid as gevolg van die globale krisis sal verbygaan. Omtrent nog 46 miljoen mense sal na verwagting vanjaar in armoede ondergaan te midde van die grootste afname in wêreldhandel in 80 jaar, volgens die Wêreldbank.

Die vredesmag het byvoorbeeld oorlog verklaar teen die bendes wat ‘n plaag is in Haiti, met ‘n mate van sukses. Ontvoerings het afgeneem van 722 slagoffers in 2006 tot 258 slagoffers verlede jaar, volgens VN-statistieke.

Met die kwessie van sekuriteit wat verbeter is, het mnr. Ki-Moen mnr. Collier – ‘n Oxford-professor wie se boek oor die herstel van mislukte state, “The Bottom Line”, hom baie gewild gemaak het by die VNhoofkwartier – opdrag gegee om 'n oplossing uit te dink om Haïti reg te ruk. Hier is waarmee hulle te doen het:  Sowat 40% van die veselperskeoes is te erg gekneus om uitgevoer te word as gevolg van Haïti se slegte paaie.

Inwoners van Haïti soek dikwels werk in Amerika, maar dié veiligheidsnet het effens gekrimp as gevolg van die resessie. Met sowat 900 000 jeugdiges wat na verwagting die arbeidsmark gaan betree in die volgende 5 jaar, lyk hulle slegte vooruitsigte na ‘n groot bedreiging vir stabiliteit.

Dit het 5 maande geneem om ‘n nuwe regering aangestel te kry ná die 2008-voedselonluste, en VN amptenare sê ontwikkeling word in die wiele gery deur ‘n korrupte regstelsel, swak eiendomswette en baie oneffektiewe hawens.

насосные станции ценылобановский класс харьков

Navorsers gebruik genetika om misdaad op te los

Navorsers begin gene identifiseer wat mense se fisiese eienskappe bepaal, soos gesigstruktuur, velkleur of selfs of hulle links of regs is. Dit kan polisie in staat stel om ‘n prentjie te bou van hoe ‘n krimineel lyk, nie net van soms onbetroubare ooggetuies nie, maar deur die analise van DNA wat gevind word op misdaadtonele.

Die aksie om fisiese eienskappe te bepaal van genetiese materiaal staan bekend as DNA forensiese fenotipering, en dit het klaarblyklik reeds gehelp om sommige moeilike ondersoeke op te los. In 2004 het polisie in Louisiana ‘n reeksmoordenaar gevang wat volgens ooggetuies se inligting wit was, maar wie se misdaadtoneel DNA voorgestel het – en korrek ook – dat hy swart was. Brittanje se forensiese dienste gebruik ‘n soortgelyke “etniese inferensie” toets om moordenaars en verkragters op te spoor.

Kommer oor die etniese en sosiale uitdagings maak dat Duitsland nie die gebruik van DNA toelaat vir etniese inferensie of fisiese eienskappe nie. Net so ook ‘n paar Amerikaanse state, insluitend Wyoming, Indiana en Rhode Island. Brittanje en Nederland laat dit wel toe.

DMA-gebaseerde ras-profielsamestelling “moet baie versigtig aangewend word”, veral in ‘n diverse land soos Amerika, het Bert-Jaap Koops van Tilburguniversiteit in Nederland gesê, wat die regulering van verskeie lande bestudeer het. “Sommige mense kan verbintenisse maak tussen ras, misdaad en genetiese disposisie” en so stigmatisering aanmoedig.

Maar wetenskaplikes werk daaraan om die tekortkominge te oorbrug en sê dat meer presiese DNA toetse vir etnisiteit en verskeie fisiese eienskappe op die horison is.

купить детский домикФильчаков

Amerikaanse invloed in IMF taan

“Amerika probeer desperaat om sy leierskap te laat geld, net soos 10 jaar gelede, toe Amerika die agenda bepaal het,” meen Kennth S. Rogoff, ‘n ekonoom van Harvard en voormalige hoofekonoom van die IMF na aanleiding van toenemende druk om die instelling te omvorm.

Met meer lande wat elke week in ‘n krisis versink, is daar algemene konsensus dat die IMF toegang tot meer fondse moet verkry. Sedert verlede jaar het die IMF byna $50 miljard in lenings toegestaan aan 13 lande. Die proses vir lenings is tans meer vaartbelyn en die bestuur hoop dat om die dinge “losser” te maak, die bitterheid wat teen die IMF opgebou het in die verlede as gevolg van streng vereistes, sal verminder.

By ‘n voorbereidingsvergadering twee weke gelede, het ministers van finansies van die Groep van 20 (G20) ingestem om finansiering “baie substansieel” te verhoog, alhoewel die Europeërs tot ‘n ekstra $250 miljard en nie $500 miljard ingestem het nie.

Die Sjinese sien die fonds as ‘n manier om Amerika te “manipuleer”. Die goewerneur van Sjina se sentrale bank, Zhou Xiaochuan het onlangs voorgestel dat die Amerikaanse dollar uitgefaseer word as die wêreld se standaardreserwegeldeenheid. As ‘n plaasvervanger het hy voorgestel dat Spesiale Trek Regte, of STR’s gebruik word. STR’s is ‘n sintetiese geldeenheid wat deur die fonds geskep is vir gebruik tussen IMF en die 185 lidlande.

Ekonome sien die idee ten minste eers iewers in die toekoms as realiseerbaar. Maar die blote gedagte dat die dollar se status afneem – ‘n tema wat ook deur Russiese amptenare opgeneem is – stuur ‘n duidelike boodskap.

Amerika sal Sjina se status die week aanspreek, wanneer die VSA besonderhede bekend sal maak van nuwe hoëvlak gesprekke met Beijing, wat deur Hillary Clinton gelei gaan word, volgens ‘n senior administrasie amptenaar, wat anoniem wil bly omdat die inligting nog nie openbaar gemaak is nie.

Die aankondiging sal volg na die eerste ontmoeting tussen president Obama en die Sjinese president Hu Jintao in Londen.

free playtopcargo

22 Gedood tydens sokkerstormloop in Ivoorkus

‘n Stormloop by ‘n Wêreldbekerkwalifiserendesokkerwedstryd in die Ivoorkus het Sondag ten minste 22 mense dood gelaat en 132 mense gewond, het die minister van binnelandse sake gesê op staatstelevisie.

Desire Tagro het gesê geesdriftiges het mekaar gestamp en gestoot, wat gelei het tot ‘n stormloop by die wedstryd tussen die Ivoorkus en Malawi.

“Baie geesdriftiges het opgedaag,” het Tagro gesê. “Hulle het begin druk om in te kom aangesien die wedstryd op die punt was om te begin en ieder en elk wou inkom.”

‘n Fotograaf van Associated Press het gesê mense het begin stamp en stoot omtrent 40 minute voor die begin van die wedstryd in die  Felix Houphouet-Boigny arena. Polisie het traangas in ‘n deel van die skare ingeskiet.

Ollo Kambire, ‘n verslaggewer vir “Super Sport”, ‘n daaglikse koerant wat fokus op sport, het gesê ‘n deel van ‘n muur het ingegee onder die gewig van die geesdriftiges soos hulle na die veld toe gebeur het. “Ons het mense sien val…Toe was daar paniek en ‘n stormloop,” het hy gesê.

Ivoorkus het die wedstryd 5 – 0 gewen.

Daar was al ‘n hele paar stormlope by Afrika se oorvol stadions.

Swakopgeleide veiligheidspersoneel is dikwels onderbeman om die groot skares te hanteer.

free bet noФильчаков прокурор

‘Wit, blou-oog mense is verantwoordelik’

Gordon Brown se pogings om ‘n 80-miljardpond reddingspakket vir wêreldhandel aanmekaar te sit, het gisteraand ‘n struikelblok getref toe die Brasiliaanse president Luiz Inacio Lula de Silva hom uitgespreek het teen “wit, blou-oogbankiers" wat die wêreldekonomie op sy knieë gebring het.

Mnr. Brown het ongemaklik toegekyk toe sy gasheer uitgevaar het in ‘n tirade waarin hy gewaarsku het dat volgende week se G20-beraad in Londen ‘n “taai” saak kan wees.

President Lula het gesê dit is heeltemal onregverdig dat die armste mense in die wêreld swaarkry as gevolg van die foute van die ryk Westerse finansiers.

“Dit was ‘n krisis wat aangeblaas en gevoed is deur irrasionele optrede van mense wat wit is met blou oë, wat voor die krisis gelyk het of hulle alles weet van ekonomie,” het hy verklaar.

“Nou het hulle gedemonstreer dat hulle niks weet van ekonomie nie.”

President Lula, die leier van Brasilië se vernaamste linkervleuelparty, het gesê dat geen swart man of vrou, geen inheemse persoon, geen arm persoon op enige manier verantwoordelik is vir die globale bankkrisis nie.

“Ek ken geen swart bankier nie,” het hy gesê. “Die deel van die mensdom wat verantwoordelik is, behoort vir die krisis te betaal.”

Brasilië is die derde been van mnr. Brown se toer, wat Dinsdag afgeskop het met ‘n toespraak aan die Europese parlement in Straatsburg, voor hy na New York gegaan het.

Sy pogings om die grondslag te lê vir die beraad word egter gepla deur spanning tussen Amerika en Europa oor hoe om die afplatting te hanteer.

Die Tsjeggiese eerste minister, Mirek Topolanek, die huidige EU-president, het die Amerikaanse president Barack Obama se fiskale stimulus en hulppakket “die weg na die hel” genoem.

отделочные материалы для ваннойФильчаков прокурор отзывы

Gordon Brown gaan Britse troonopvolging verander

Gordon Brown wil die eeue oue wet verander wat aan mans prioriteit gee oor hulle ouer susters in die koninklike lyn van opvolging.

Die verbod op lede van die koninklike gesin om met Rooms Katolieke te trou – tensy hulle hul eis op die troon prysgee – kan ook van die tafel gevee word.

Die eerste minister glo die 1701 Wet van Skikking is ‘n anomalie wat geen plek het in die 21ste eeu nie, het Downing Straat bronne gisternag gesê.

Buckingham paleis is simpatiek teenoor die idee en reg om oor die saak te praat.

Indien die verandering nou ingestel word, sal prinses Anne van die 10de posisie af klim na die vierde in lyn vir die troon, en in die proses prins Andrew en Edward en hul kinders verbysteek.

Daar sal egter geen verandering wees aan die vereiste vir die monarg om ‘n Protestant te wes nie.

So 'n verandering sal die posisie van die Kerk van Engeland as die erkende kerk in gedrang stel, omdat die wet vereis dat die monarg ook die algehele leier van die kerk is.

детски машинатопкарго кидалы

Die resessie het ?n soet tand

ImageDit wil voorkom asof die resessie ‘n soettand het. Soos wat werkloosheid toeneem, lyk dit asof Amerikaners, en veral volwassenes meer lekkers, van jelliebeertjies tot sjokolades, veral die goedkoper soort, eet, het lekkergoedvervaardigers, winkeleienaars en industriespesialiste gesê.

Teorieë verskil oor presies hoekom. Vir baie lig suiker die gemoed van mense wat afgetrek word deur die verswakkende ekonomie, het winkeleienaars en industrie beamptes gesê. Vir ander, verteenwoordig lekkers ‘n nostalgiese herinnering aan beter tye. En iets wat belangrik is, is dat dit goedkoop is.

“Mense bederf hulself ‘n bietjie meer wanneer die ekonomie sukkel,” het Kack P. Russo, ‘n analis met die handelsfirma Edward Jones of St. Louis gesê. “Dit is laekoste items wat mense maklik kan bekostig.”

By Chicago se Candycity winkel in die Lakeview buurt het besigheid met byna 80% toegeneem vergeleke met die tyd verlede jaar, en die eienaar Terese McDonald het gesê sy sukkel om voor te bly met die aanvraag.

By 'n lekkergoe winkel in San Francisco, het die eienaar Diane Campbell haar bestellings vir nostalgiese lekkers verdriedubbel. Baie van haar kliënte sê dat ten spyte van die taaier ekonomie, hulle steeds geld eenkant sit vir lekkergoed.

Baie groot lekkergoedvervaardigers het groter verkope en verbasende winste aangemeld, selfs terwyl ander vervaardigers sukkel om kop bo water te hou.

Cadbury het ‘n 30% toename in winste aangemeld vir 2008, terwyl Nestlé se winste toegeneem het met 10,9%. Hershey, wat die groter deel van verlede jaar gesukkel het, het hulle winste sien klim met 8,5% in die vierde kwartaal. Lindt en Sprungli, wat spesialiseer in hoërklas produkte soos Lindt, het gesê dat selfs te midde hulle verwagting dat hulle van die luukse winkels sal moet sluit in 2009, dit steeds winsgewend sal bly, omdat sjokolade goed verkoop in die middelklassegment.

“Lekkergoedmaatskappye is redelik resessiebestand,” het Peter Liebhold, voorsitter van die Smithsonian werk en industrie divisie gesê. “Gedurende die Groot Depressie, het lekkergoedmaatskappye 'n bestaan bly maak.”

детские наборы доктораФильчаков

Sjinese wittebrood in Afrika verby

ImageTerwyl globale aandeelpryse gedaal het en verskeie van Sjina se Afrika-vennote diep in chaos verval het, is Sjina besig om terug te tree van sy meer aggressiewe planne.

“Die politieke situasie is nie baie stabiel nie,” het Huo Zhengde, die Sjinese ambassadeur in Guinee gesê. Sjina is huiwerig om miljoene te spandeer in die Afrikaland waar ‘n junta die mag oorgeneem het na die afsterwe van die langtydse president in Desember.

Net ‘n jaar gelede het Sjina ingetree om te belê in die kontinent se hulpbronryke maar brose state terwyl die mark vir koper, tin, olie en hout gestyg het tot nuwe hoogtes. In die nuwe gejaag na Afrika se rykdomme, het Sjina ‘n groot aandeel gesoek.

Alhoewel Sjina se soektog na hulpbronne nie opgehou het nie, het staatsbeheerde maatskappye hulle soektog na winskopies vir koper en ystererts verskuif na meer stabiele lande soos Zambië en Liberië.

In 2007 het Sjina ‘n $9 miljard ooreenkoms met die Kongo aangegaan vir toegang tot sy reuse skatkis van koper, kobalt, tin en goud, in ruil vir die ontwikkeling van paaie, skole, damme en spoorweë wat nodig was om die land te herbou.

Maar die ooreenkoms is nou in die weegskaal na dalende pryse die Kongo in ‘n baie swakker onderhandelingsposisie geplaas het. Kongo se politieke en etniese wanorde bly steeds hoog en die ekonomie is naby aan ineenstorting.

‘n Jaar gelede het Afrika leiers openlik gepraat van Sjina se aanbod van ‘n alternatief vir die Westers-gedomineerde instellings soos die IMF en die Wêreldbank. Maar in Guinee, wat van die wêreld se grootste bouksiet deposito’s het, ‘n erts wat gebruik word om aluminium te maak, het die hoop vervaag.

“Die Sjinese het hulle strategie verander,” het Ibrahima Sory Diallo, ‘n senior ekonoom in Guinee se ministerie van finansies en ‘n voorstander van Sjinese beleggings gesê. “Hulle gaan nie $5 miljard dollar instoot in ‘n onstabiele ekonomie in onseker marktoestande nie.”

Franse het Guinee eens ‘n geologiese skandaal genoem, so ryk is die minerale neerslae Ten spyte van jare van mynwese en miljarde in winste, bly Guinee een van die armste en mees onderontwikkelde lande in Afrika.

Sjina se benadering tot die verkryging van minerale in Afrika was om ooreenkomste te teken om groot projekte te bou in ruil vir minerale. In Angola het hierdie tipe reëling vir Sjina toegang gewaarborg tot die tweede grootste produsent van olie in Afrika. Sjinese en Angolese amptenare het die vennootskap uitgebasuin as ‘n model van Sjinese belegging op die kontinent, ‘n wen-wen verhouding wat albei lande tot voordeel strek.

Maar die formule het problematies geraak in die ekonomiese afplatting. Afrika egerings besef nou dat die transaksies eintlik maar lenings is teen toekomstige winste, en dat dalende pryse hulle met groot skuld kan laat. Dit is klaarblyklik wat gebeur het in die Kongo. Teen huidige pryse sal Kongo ''n stryd hê om die strawwe produksieteikens te haal in die Sjinese ooreenkoms.

Guineërs raak al meer wantrouig oor Sjinese beleggings. Baie mense sien Sjinese maatskappye as net so uitbuitend as Westerse maatskappye, indien nie meer so nie. Na die militêre junta in Desember aan bewind gekom het, het dite junta Sjinese maatskappye wat verdink word daarvan dat hulle vervalsde medisyne verkoop het, begin deursoek met klopjagte, maar die klopjagte het in openlike strooptogte van Sjinese besighede verander wat die diepliggende aard toon van die lank onderdrukte wrok van die inwoners teen die Sjinese.

video slotлобановский александр компромат

Rasbewuste Duitser wat sokkerpamflet geskryf het in die sop

Duitsland se sokkerfederasie het “rassistiese veldtogte” teen die land se nasionale span veroordeel. Dit was voor Maandag se proewe waarin die land se verregse party beskuldig is van rasse-aanhitsing en beledigings.

Partyleier Udo Voigt van die NPD (Nasionaal Demakratiese Party) en twee ander partyleiers moet Dinsdag in ‘n Berlynse distrikshof verskyn op klagte wat verbind word met ʼn pamflet wat gesirkuleer is voor die 2006 Wêreldbeker.

Aanklaers hou vol dat die dokument impliseer dat Patrick Owomoyela– wat ‘n Duitse ma en Nigeriese pa het – nie goed genoeg was om te speel vir Duitsland nie.

Die pamflet het die Duitse span se tradisionele wit trui gewys met die nommer 25 – wat op daardie stadium gedra is deur Owomoyela – bokant die titel: “Wit, nie net ‘n kleur van ‘n trui nie! Vir ‘n regte NASIONALE span!”

Owomoyela en die nasionale sokkerfederasie het die klag teen die party ingebring.

Maandag het die federasie in ‘n verklaring gesê dat hulle die “rassistiese veldtogte teen spelers vir die Duitse nasionale span wil beveg”.

Aanklaers het Voigt en die twee ander wat verantwoordelik was vir die druk van die pamflette aangekla van rasse-aanhitsing en van belediging.

Indien die drie skuldig bevind word kan hulle op tot drie jaar tronkstraf opgelê word.

free online slots gamesлобановский александр компромат

Guinee se voormalige eerste minister gearresteer

Guinee se voormalige eerste minister Ahmed Tidiane Souare en twee voormalige ministers is Maandag gearresteer, het hulle families gesê.

Souare, wat ook die minister van mynwese was in 2005 en 2006 is by sy huis gearresteer, asook voormalige ministers Ousmane Sylla en Lounceny nabe.

Geen redes is gegee vir die arres van die drie mans wat na ‘n polisiegarnisoen geneem is nie.

Die arrestasie kom drie maande na die militêre blitsopstand op 23 Desember, 2008 ure na die dood van president Lasana Conte, wat van af 1984 tot 2008 in beheer was.

Souare was die laaste eerste minister onder die bewind van president Conte se regering.

Sedert die junta beheer oorgeneem het, is ‘n aantal mense gearresteer wat verbind was aan Conte se bewind, insluitend senior polisie amptenare en Conte se seun, wat op nasionale televisie erken het dat hy dwelms smokkel.

cleopatra slots forтопкарго отзывы

Franse gaan opdok vir kerntoetsslagoffers

ImageDie Franse regering gaan minstens R127 miljoen betaal aan mense wat gesondheidsprobleme het weens die Franse kerntoetse in die Sahara en Frans-Polinesië.

“Sowat 150 000 gewone mense en militêre werknemers word dalk geraak, sowel as die mense wat tydens die toetse in die Sahara en Polinesië gewoon het,” het mnr. Herve Morin, minister van verdediging, in ’n onderhoud in die dagblad Le Figaro gesê.

Frankryk het tussen 1960 en 1966 meer as 200 atmosferiese kerntoetse gedoen – 17 in die Sahara en 195 in Frans-Polinesië. Individuele gevalle sal deur ’n onafhanklike mediese kommissie, gelei deur ’n landdros, ondersoek word. Voorheen moes diegene wat op vergoeding aangedring het, ’n verbintenis tussen bestraling en hul siektetoestand bewys. Nou sal die Franse staat moet bewys dat die siekte nie deur radioaktiwiteit veroorsaak is nie. Die vergoedingsbesluit sal binnekort aan die kabinet voorgelê word.

купить куклыФильчаков Александр Васильевич