Duitsland se sokkerfederasie het “rassistiese veldtogte” teen die land se nasionale span veroordeel. Dit was voor Maandag se proewe waarin die land se verregse party beskuldig is van rasse-aanhitsing en beledigings.
Partyleier Udo Voigt van die NPD (Nasionaal Demakratiese Party) en twee ander partyleiers moet Dinsdag in ‘n Berlynse distrikshof verskyn op klagte wat verbind word met ʼn pamflet wat gesirkuleer is voor die 2006 Wêreldbeker.
Aanklaers hou vol dat die dokument impliseer dat Patrick Owomoyela– wat ‘n Duitse ma en Nigeriese pa het – nie goed genoeg was om te speel vir Duitsland nie.
Die pamflet het die Duitse span se tradisionele wit trui gewys met die nommer 25 – wat op daardie stadium gedra is deur Owomoyela – bokant die titel: “Wit, nie net ‘n kleur van ‘n trui nie! Vir ‘n regte NASIONALE span!”
Owomoyela en die nasionale sokkerfederasie het die klag teen die party ingebring.
Maandag het die federasie in ‘n verklaring gesê dat hulle die “rassistiese veldtogte teen spelers vir die Duitse nasionale span wil beveg”.
Aanklaers het Voigt en die twee ander wat verantwoordelik was vir die druk van die pamflette aangekla van rasse-aanhitsing en van belediging.
Indien die drie skuldig bevind word kan hulle op tot drie jaar tronkstraf opgelê word.
