praag.co.za

Hisbolla saai uit na Sjina, Australi

Al-Manar-TV het Indonesië se Palala C2-satelliet gehuur deur die PT Indosat-operateur met ‘n kontrak wat in April 2011 verval, volgens Indosat-woordvoerder Adita  Irawati.

Die Amerikaanse regering het Al-Manar in 2006 as ‘n terroriste-entiteit verklaar.

Al-Manar en sy vennote en filiale maak ‘n erkende deel uit van Hisbolla, het Tristan Perry, ‘n openbare diplomasiebeampte by die Amerikaanse ambassade in Jakarta gesê.

Perry het gesê die stasie “blaas geweld en haat aan”. Die Amerikaanse regering het informeel sy kommer gedeel met die owerhede in Jakarta oor Al-Manar se uitsendings vanuit Indonesië, wat die wêreld se grootste Moslembevolking het.

Dié kommer is van die tafel gevee deur die minister van kommunikasie Muhammad Nuh, wat die uitsendings ‘n suiwer besigheidstransaksie noem. Hy het opgemerk dat stasies soos die BBC ook die satelliet gebruik. Die regering besit omtrent 14% van Indosat se aandele en het ‘n vetoreg oor strategiese besluite.

“Die Amerikaanse regering het geen reg om in te meng in Indosat se sake nie,” het Nuh gesê. “Dit is Indosat se besluit.”

Die Indonesiese satelliet word gebruik om Al-Manar se dikwels anti-Joodse en anti-Amerikaanse programme uit te saai na Sjina, Suidoos-Asië en Australië.

In Januarie het ‘n Thaise satellietmaatskappy opgehou om uitsendings van die Midde Oosters-gebaseerde televisiekanaal uit te saai ná hulle agtergekom het dat dit verbind was aan dié Sjiïtiese militante groep.

pro100casinoпрокурор Фильчаков

Comments

Leave a Reply