praag.co.za

Oorstromings tref Angola

Written by

in

Die VN het Dinsdag die hoeveelheid mense wat geraak word deur vloede opgeskuif na 200 000 en gewaarsku dat die syfer “waarskynlik sal toeneem” te midde van die ergste vloede wat die streek getref het in meer as vier dekades.

Die jongste syfers het ‘n verhoging aangetoon van 40 000 meer as die 160 000 wat verlede Vrydag gegee is deur die VN se kantoor vir koördinasie van humanitêre sake (OCHA).

Swaar reën en vloede het soveel as 350 000 mense geaffekteer in Namibië, met Malawi, Mosambiek, Botswana en Zimbabwe wat ook getref is deur die vloede.

“Die vloede in Suider-Afrika neem toe,” het OCHA-woordvoerder Elizabeth Byrs gesê, en bygevoeg dat die vloede “die ergste is in die streek sedert 1963”.

Namibië het ook gelei onder ‘n “kumulatiewe effek” omdat die vloede in 2008 reeds baie van die paaie en brue wat onder konstruksie was vernietig het toe nuwe reëns uitgesak het.

Die VN-agentskap het verlede week gewaarsku dat die vloede ‘n groot voedseltekort kan veroorsaak, omdat oesopbrengste na verwagting met 35% kan daal.

оборудование для ремонта грузовых автомобилейtopcargo отзыв

Comments

Leave a Reply