“Die navorsing wat ons gedoen het, toon dat tussen 50% en 60% van senior bestuurders nog nooit blootgestel is aan bestuur nie. Hulle is net aangestel vanweë hulle politiekepartyverbintenisse,” het dr. Gustaaf Wolvaardt gesê by ‘n persverklaring oor die vierde Suid-Afrikaanse Vigskonferensie.
Wolvaardt is die direkteur van die stigting vir professionele ontwikkeling.
Die driedaekonferensie met deelnemers van 52 lande het Dinsdag begin by die Inkosi Albert Luthuli-konvensiesentrum en sou na verwagting amptelik geopen word deur adjunk-president Baleka Mbete op dieselfde dag.
Suid-Afrika beleef een van die ergste Vigs-epidemies ter wêreld. Teen die einde van 2007 was daar omtrent 5,7 miljoen mense in Suid-Afrika wat met Vigs besmet is.
“Ons het nie die infrastruktuur, dokters en verpleegsters om behoorlike MIV-behandeling aan te bied nie… En ons het meer fondse vergeleke met ander lande…,” het een konferensieganger gesê.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.