Valutahandel in SAOG-lande gaan makliker gemaak word

Image

Die SAOG-streek

Vooruitgang word gemaak om dit vir reisigers makliker te maak om buitelandse geldeenhede in SAOG-lande om te ruil, het die Suider-Afrikaanse posdiensoperateursassosiasie (Sapoa) Dinsdag gesê.

"Die proses is nou in die implementeringsfase," het Sapoa se uitvoerende direkteur Kaynet Moyo gesê.

Dit volg na 'n kwartaallikse vergadering in Februarie van Sapoa-beamptes. Die vergadering is 'n opvolg van 'n besluit van verlede Mei om aan SAOG-posdiensoperateurs die geleentheid te gee om valutahandelstoonbanke te bedryf.

"Dit beteken dat wanneer die poskantoor die regsformaliteite gefinaliseer het met die relevante reserwebanke, kliënte in staat sal wees om in enige poskantoor in te loop en valuta sal kan omruil, soos wat die geval in Zambië en Zimbabwe is," het Moyo gesê.

Dit sal 'n "een-stop-winkel" skep wat verbeterde toegang tot geldoordraging en leweringsnetwerke gee.

Sapoa het gesê hulle sal ook 'n kliëntehandves publiseer, wat diensvlakke uiteensit wat verwag kan word binne die SAOG-streek.

play casino tableданильченко юрий брониславович прокурор

Niehaus bedank uit ANK

Image

Carl Niehaus

Die voormalige ANK-woordvoerder Carl Niehaus het bedank uit die regerende party, het die ANK Dinsdag aangekondig.

"Die ANK is ingelig omtrent die bedanking van Carl Niehaus uit sy posisie in die organisasie. Die ANK aanvaar sy bedanking," het die nasionale woordvoerder Jessie Duarte gesê.

банюФильчаков прокурор харьков

Lekota wil Mthethwa dagvaar oor lyfwagte

Image

Nathi Mthethwa

Die KVP-leier Terror Lekota oorweeg regsoptrede teen die minister van veiligheid en sekuriteit, Nathi Mthethwa, se besluit om sy lyfwagte weg te neem, het die party gesê.

"Ons oorweeg regsoptrede teen die minister," het die party se woordvoerder Phillip Dexter aan Sapa gesê.

Mthethwa het Maandag die aankondiging gedoen dat daar geen rede is vir die regering om lyfwagte aan Lekota te voorsien nie, aangesien sy lewe nie in gevaar is nie.

"Gebaseer op die verslag wat ek ontvang het, is dit duidelik dat mnr. Lekota in geen gevaar verkeer nie en dat dit onnodig is om die diens voort te sit. Indien dit wel sou nodig raak vorentoe, kan die besluit hersien word," het Mthethwa in 'n verklaring gesê.

Hy sê hy het tot die gevolgtrekking gekom ná hy die aanbevelings in 'n verslag gelees het "wat die bedreigingsanalise van sleutelpersoneel wat verlede jaar bedank uit die kabinet bedank het", uiteengesit het.

Lekota het meer as een keer beweer dat sy lewe in gevaar was en dat hy beskerming nodig het. Maar Mthethwa het nie saamgestem nie.

"Volgens die ministeriële handboek wat dien as riglyne oor die aangeleenthede, is ministers net geregtig op die diens vir 'n maand nadat hulle bedank het."

"Voormalige ministers kan egter aansoekdoen vir die voortsetting van die diens en 'n bedreigingsanalise sal dan gedoen word, waarvan die aanbeveling sal aandui of die diens voortgesit moet word of nie."

 

фасадная штукатурка купитьлобановский александр дети

Niehaus en die endemiese korrupsie in SA

ImageDie geval Carl Niehaus is maar bloot die jongste in 'n reeks waartydens die geldgierigheid, oneerlikheid en korrupsie van linkse politici op die lappe gekom het. Voorheen was daar Winnie Mandela, Allan Boesak, Tony Yengeni, Shabir Shaik en die parlementêre reisskandaal.

Ek wil dit vandag waag om te sê dat Links in Suid-Afrika fundamenteel korrup is. Die hele linkse ideologie in Suid-Afrika wat deur die vakbonde, die Engelstalige Marxistiese akademici aan die universiteite, die ANC en SAKP, Naspers en ander media geproduseer word, is deurtrek van leuens en wanvoorstellings. In die eerste plek het hierdie mense vir hulself 'n magstruktuur gebou op die Groot Leuen dat die Afrikaner met sy fanatiese rassisme onder "apartheid" besig was met 'n Nazistiese uitwissingsprojek.

Die Nazi-leuen oor die Afrikaner is natuurlik groter as enige leuen wat Carl Niehaus al ooit vertel het. Pleks dat Carl Niehaus net een of ander relaas oor apartheid saamgeflans het, dan het die Universiteit van Utrecht dalk wel aan hom 'n doktorsgraad toegeken. Trouens, ek verstout my om te sê dat daar al meer doktorsgrade op grond van onwaarhede deur ons ewe korrupte, linkse universiteite toegeken is as wat Carl Niehaus se skuldrande beloop.

Die politieke leuen lei geredelik tot finansiële verduistering.

Die linkse ideologiese leuens het die linkse finansiële bedrog – waarmee ons hele samelewing deurtrek is – vooruit geloop. Waarom sal iemand wat onbeskaamd oor die geskiedenis of die politiek lieg eerlik wees as dit by geld kom? Iemand wat glo dat "die doel die middele heilig" en daarom bereid is om, soos Niehaus, aan stedelike terreur deel te neem, sal mos nie stuit voor 'n bietjie bedrog om sy lewenstandaard te ondersteun nie, sal hy?

Dink maar aan Mandela se kinderfonds waaroor daar soveel gerugte bestaan. Mandela samel geld vir kinders in, maar leef self soos die uitvoerende beampte van 'n Amerikaanse bank. Ek praat nou van die soort bankamptenare wat verlede jaar $18 miljard aan bonusse aan hulself uitbetaal het terwyl hul ondernemings tegnies bankrot was en net deur die steun van die belastingbetaler drywende gehou is. Is daar enigiemand wat soveel geld uit "liefdadigheid" verdien soos Mandela? Nietemin sal niemand ooit vrae hieroor durf vra nie, want binne die linkse heelal beklee Mandela natuurlik 'n goddelike posisie en word daar net in gewyde terme na hom verwys.

Iewers in die toekoms gaan ons onsself wel van hierdie bose, oneerlike, korrupte stelsel bevry. Op daardie stadium sal daar onthullings gedoen word oor die reusebedrae geld in dié land wat eenvoudig deur die trop linkse varke wat steunend en beurend aan die trog van die staat (én die lamsakkige privaatsektor) opgevreet is. Indien iemand ooit die somtotaal sou bereken van alles wat deur linkse korrupsie sedert 1994 verlore gegaan het, sou dit 'n astronomiese bedrag wees. Dit sal nie in die miljoene wees nie, ook nie in die miljarde nie, maar in die triljoene rand wat uit die staatskas gesteel en verduister is om die grypsug en hebsug van Links te voed.

FW de Klerk het self sy snoet in die trog gehad, as mens PW Botha kan glo. De Klerk se skielike en geheimsinnige oorgawe aan die ANC en sy rykmanslewe sedertdien verteenwoordig die twee plus twee wat op vier uitloop. Die logika van omkopery, kliëntelisme, bedrog en leuens het reeds in die vroeë negentigerjare posgevat toe die Geluksgodin haar kaal borste aan die ou NP's onbloot het en hulle oorreed is om hul eie mense uit te verkoop terwille van aansien en veral geld.

Die Nasionale Party – selfs in sy terminale, beginsellose fase – sou egter nooit kon droom om sulke reusebedrae te skep soos waarmee die ANC tans besig is nie.

Een van die irriterendste aspekte van die hele Carl Niehaussage is hoe die media konstant sulke stellings maak soos: "Ag ja, daar is maar oral ter wêreld korrupsie…" Of, my persoonlike bête noire: "Haai, ja, onder die ou regering was daar ook maar korrupsie, nè."

Net gisteraand luister ek na Classic FM waarop twee Ingelse deskundiges besig is om die Niehausgeval te bespreek. Ja, sê die een, "onder die rassistiese, immorele NP-regering was daar net soveel korrupsie, dis net dat ons nou oor 'n demokratiese samelewing beskik wat hierdie dinge na vore bring".

Se voet! 'n Mens moet seker Engels wees met een of ander Monty Pythonagtige sin vir absurde humor om te wil beweer dat daar onder die ou regering net soveel korrupsie as onder die ANC-bewind was, maar kan enige normale, nugtere mens werklik so iets glo? Het omtrent elke staatsdepartement in die ou dae 'n gekwalifiseerde ouditverslag ontvang soos tans? Watter ministers of hoë staatsamptenare het destyds die rojale, uitspattige lewenwyses beoefen van nou, De Klerk uitgesluit?

Ek wil geensins hier 'n apologeet vir die ou NP's wees nie, maar dis soos om te beweer dat "Nederland maar ewe korrup is as Nigerië" of "Switserland het meer ewe veel probleme as Zimbabwe". Trouens, die twee Engelse here van Classic FM het 'n algemene apologie vir korrupsie gelewer deur te beweer: "Daar is maar oral korrupsie, ook in Westerse liberale demokrasieë."

As mens hierna luister, dan gaan die morele verrotting van hierdie nuwe Suid-Afrika saam met intellektuele verrotting. Die nuanseverskil tussen die soort finansiële skandale wat daar in sommige Westerse demokrasieë aangetref word – en wat normaalweg darem lei tot die bedanking of vervolging van die skuldige(s) – en die endemiese staatsplundering en -diefstal wat daar in Suid-Afrika plaasvind, is blykbaar verlore op Classic FM se wysneuse.

Waarskynlik gaan die pers vir 'n week of drie oor Niehaus skryf, maar agterna sal almal daarvan vergeet en oor 'n paar maande sal hy weer – soos Boesak – gerehabiliteer wees. Niehaus, wat 'n patologiese leuenaar is, is egter simptomaties van die algemene morele en verstandelike insinking wat daar in Suid-Afrika plaasgevind het. Soos Niehaus is die meerderheid van die Suid-Afrikaanse gepeupel, waaronder ons die joernaliste en politici maar kan insluit, nie meer in staat om tussen reg en verkeerd, waar en onwaar, te onderskei nie. Die verskil tussen Julius Malema en Max du Preez is byvoorbeeld bloot een van styl, maar nie van inhoud nie. Beide is ewe irrasioneel en vervul met kwade wil jeens die normale samelewing, asook die Suid-Afrikaanse geskiedenis. Beide leef in 'n valse dwaalwêreld van mites en leuens.

Wat ons verder moet begryp is dat die linkse gegoël met "menseregte", "demokrasie" en "dienslewering" maar net oëverblindery is vir die werklike dryfveer agter linkse politiek: naakte hebsug.

Niehaus is maar net die simptoom van die groter verval wat Suid-Afrika kenmerk. Totdat hulle gekeer word, gaan die varke aanhou om ons land kwylend en stuk vir stuk te verorber.

модные рубашки для девочекОлександр Фільчаков прокурор

Niehaus skuld Rhema nie geld, s? kerk

Die ANK-woordvoerder Carl Niehaus skuld Rhema geen geld nie, het die kerk Maandag gesê.

Woordvoerder Vusi Mona het 'n verklaring uitgereik nadat die Star beweer het dat Niehaus die kerk R700 000 skuld.

"Mnr. Niehaus het eenkeer die kerk geld geskuld vir eiendom waarvoor die kerk borg gestaan het toe hy vir die kerk gewerk het (daar is groot verskil daartussen om borg te staan en om geld uit te leen). "Daardie saak is afgelos toe mnr. Niehaus die diens van die kerk verlaat het," het Mona gesê.

Hy het gesê die kerk is gekontak deur die Mail & Guardian, maar het geweier om ingetrek te word in die storie. Rhema het dit ook duidelik gemaak dat Niehaus geen geld geskuld het nie.

As gevolg van die onthullings deur die Mail & Guardian is kriminele klagte teen Niehaus gebring vir die beweerde vervalsing van handtekeninge van senior Gautengse amptenare, insluitend die voormalige LUR van finansies en huidige premier, Paul Mashatile, toe hy by die Gautengse Ekonomiese Ontwikkelingsagentskap was.

Niehaus het aan Radio 702 gesê dat "hy onder geweldige druk" was, met skuld wat klaarblyklik R700 000 insluit wat hy aan Rhemakerk verskuldig is.

Hy kon gesekwestreer word en sy voormalige vrou kon haar huis verloor het.

автоматическое управление насосной станциейДанильченко Юрий прокурор

Senior IVP-lid doodgeskiet

Image'n Senior IVP-lid is in Empangeni aan KwaZulu-Natal se noordkus doodgeskiet in wat geglo word 'n polities gemotiveerde misdaad is, het die party Maandag gesê.

Die Inkhata-vryheidsparty se provinsiale sekretaris, Bonginkosi Buthelezi, het gesê Sabeloa Zondi en 'n passasier het in sy motor gereis toe mense van die kant van die pad af op hom geskiet het.

Zondi is verskeie kere raakgeskiet en is op die toneel dood. Sy passasier het geen beserings opgedoen nie.

"Mnr. Zondi moet die krediet kry dat hy ten minste 70 mense van die ANK in onlangse weke gewerf het vir die IVP," het Buthelezi gesê.

"Sy harde werk in die gemeenskap het een hom die dank van plaaslike IVP-ondersteuners besorg asook dreigemente deur ANK-ondersteuners. Mnr Zondi sal baie gemis word," het hy gesê.

Buthelezi het gesê die party glo die moord was polities gemotiveer.

'n Polisiewoordvoerder, superintendent Jay Naicker, was nie onmiddellik beskikbaar om die voorval te bevestig nie, maar het gesê hy sal binnekort kommentaar daarop lewer.

проверить на полиграфеФильчаков прокуратура харьков

Geert Wilders-geval toon Britse dubbele standaarde oor spraakvryheid

Die angsvallige wyse waarop die Nederlandse politikus deur die Britse owerheid op Heathrow-lughawe aangehou is, toon die dubbele standaarde van Groot Brittanje as dit by spraakvryheid kom. Wilders sou die Britse Hoërhuis oor sy dokumentêre film, "Fitna", gaan toespreek het.

Enigeen wat die film verlede jaar kort ná die vrystelling daarvan op die internet gesien het, sal saamstem dat dit allermins ekstremisties, haatdraend of aanhitsend van aard is. Al wat Wilders baie oortuigend in "Fitna" doen, is om aan te toon in watter mate die beginsels van Islam onversoenbaar met moderne, demokratiese en veral Westerse waardes is. Hy het die film bedoel as waarskuwing vir diegene wat ongebreidelde Moslem-immigrasie na Europa voorstaan en meen dat dit geen gevolge vir die toekomstige waardes en vryheid van Europese bevolkings inhou nie.

Terwyl Brittanje in die redelik onlangse verlede die ANC en SAKP gehuisves het wat stedelike terreur in Suid-Afrika gepleeg het, is dié land nie bereid om 'n filmvertoning en 'n beskaafde gesprek daaroor toe te laat nie. Die morele bankrotskap van Brittanje word deur hierdie stap bevestig.

Op 'n ander vlak is die optrede van Groot Brittanje om 'n demokraties verkose politikus vanuit Nederland bloot op grond van sy kulturele of politieke menings op hul grondgebied te verbied uiters kommerwekkend. Dit toon weereens die toenemende onverdraagsaamheid van die multikulturele samelewing en sy voorstanders. Terwyl multikulti's die regte van nie-Westerlinge voorop stel, word die regte van Westerlinge bykans nie erken nie.

Ook die onhoudbaarheid van die ANC se transformasiemaatskappy wat met kommunisme of fascisme vergelyk kan word, gaan ongesiens in Westerse lande verby omdat die regte van Westerlinge nie op dieselfde vlak as dié van swartes of Moslems deur multikulturaliste gesien word nie.

Terwyl Wilders deur Brittanje die swye opgelê word, heers daar insgeslyks 'n onheilspellende stilte in die Verenigde Koninkryk en ander Westerse lande oor die onreg en geweld wat daar tans teen die Afrikaner in Suid-Afrika gepleeg word. Dit sou dom wees om nie die verband raak te sien nie.

ультразвуковая чистка или air flowФильчаков прокурор

Tutu is geen Christen

Ek stem saam met Gustav Venter wat biskop Desmond Tutu se Christenskap bevraagteken en wonder wanneer hy hom gaan bekeer. Tutu gebruik bloot die Bybel en die Christelike geloof om politiek te bedryf. Op 'n stadium het hy dan iets gesê in die trant dat die Bybel 'n beter wapen as Karl Marx se Das Kapital is om 'n revolusie in Suid-Afrika te bewerkstellig.

Die Anglikaanse kerk het noue bande gehad met die ANC se stedelike terreurgroepe wat in die verlede onskuldige burgerlikes vermoor het. Tutu het self nog nooit geweld afgesweer nie. As hy vir enigiemand bid, bid hy waarskynlik vir die plaasmoordenaars wat ons mense doodmartel.

Alwyn Mouton se brief spreek van volslae naïwiteit, iets waaraan baie Afrikaners helaas ly. Tutu is net so min 'n Christen as wat Robert Mugabe een is. Immers het Mugabe ook in sendingskole skoolgegaan en is deur Roomse priesters opgevoed. Tutu is deur Aartsbiskop Trevor Huddleston van die Anglikaanse kerk opgelei om die Afrikaner te vernietig.

Hoewel die Afrikaner oor geen politieke of militêre mag meer beskik nie en tans so hulpeloos soos 'n pasgebore baba sy lot afwag, is Tutu nog nie klaar met ons nie. Sy onlangse verskyning by 'n NG Kerk in Pretoria is maar deel van die sielkundige oorlog wat hy al dekades lank teen die Afrikaner voer en waarvan die Waarheidskommissie 'n integrale deel was.

Om die Rooi Priester se uitsprake op sigwaarde op te neem, moet mens óf baie naïef óf onnosel wees.

компрессор для пескоструяФильчаков

Is Gustav Venter ‘n Christen?

Die rubriek van Gustav Venter oor Aartsbiskop Tutu is die grootste klomp snert wat ek in 'n lang tyd gelees het. Die man klink amper soos ons eie Malema met die kragdadige aanval op die persoon van 'n ou man wat al meer vir die kerk en sy mense gedoen het as wat Venter ooit sal. Dit laat mens dan ook wonder wie sy volgende slagoffer gaan wees.

Gustav se weerbarstige geworstel om Tutu se Christenskap te probeer bevraagteken, is erg verdag aangesien hy nêrens in sy skrywe hoegenaamd 'n aanduiding gee of hy wel een is nie. Indien hy daarop sou aandring dat hy wel een is, sou dit hom 'n patetiese figuur laat. Die Christen met die ystersaaglemtong, gereed om enige ander mens se christenskap te bevraagteken.

As hy praat van die "ons" wat wag vir Tutu om hom te bekeer, wonder ek wie almal deel van die groepie is wat in afwagting sit. Hy waarsku dat hoogmoedigheid nie deel van die Christenmondering is nie, maar in sy skrywe maak hy homself telkens daaraan skuldig.

Ek sou dink verwaandheid hoort ook nie by Christenskap nie, Gustav. As jy niks het om te sê nie, bly eerder stil. Jy verraai jou eie swakhede aan mense wat dit dalk vorentoe gaan uitbuit. Vernaamlik nie-christene.

освещение сауны парнойФільчаков Олександр Васильович прокурор

Wilders dink die Britte is gek en lafhartig

Image

Geert Wilders

Die omstrede Nederlandse filmmaker, Geert Wilders, het Brittanje se weiering om hom toe te laat tot die land as "gek en lafhartig" bestempel.

Wilders, 'n Nederlandse politikus, wat die veel gekritiseerde film oor Islam, "Fitna", verlede jaar gemaak het, het na Londen gevlieg om die film te vertoon, ten spyte daarvan dat hy 'n dag tevore gesê is dat hy nie toegang tot Brittanje sal kry nie.

"Ek het steeds geglo en gehoop dat hulle van plan sal verander," het hy aan CNN per telefoon uit die aanhoudingsentrum by Heathrow-lughawe gesê.

Hy het gesê hy is deur doeanebeamptes ontmoet die oomblik toe hy uit die vliegtuig geklim het.

"Hulle het my na die aanhoudingsentrum geneem," het Wilders gesê, en daar is ek vir "45 sekondes" ondervra voor hulle my paspoort afgeneem het en uitgegaan het.

Wilders is deur die Britse Hoërhuis genooi om sy film "Fitna" Donderdagaand te kom vertoon.

Die Britse ambassadeur in Nederland het Woensdag aan hom gesê dat hy nie toegelaat sal word om die land binne te gaan nie, omdat die menings in die film openbare veiligheid sal bedreig.

Brittanje se departement van binnelandse sake het gesê die verbod op Wilders is toelaatbaar onder Europese-Uniewette, wat state toelaat om toegang te verbied op grond van openbare beleid, openbare veiligheid of openbare gesondheid.

"Die regering is gekant teen ekstremisme in alle vorme," het 'n woordvoerder van die departement van binnelandse sake gesê. Die beampte kon nie geïdentifiseer word nie vanweë beleid in dié geval. "Dit sal die mense wat boodskappe van ekstremisme, haat en geweld wil kom versprei in ons gemeenskappe verhoed om ons land binne te kom."

детски игтопкарго

Niehaus bied aan om te bedank n? bedrogskandaal

Image

Carl Niehaus (links)

ANK-woordvoerder Carl Niehaus het oor die naweek aangebied om te bedank uit sy posisie nadat nuus bekend gemaak is dat hy bedrog gepleeg het om 'n lening te bekom.

"Iets soos dié wat openbaar gemaak word… sal natuurlik gevolge vir my inhou… ek aanvaar dat die ANK oor my toekoms sal besluit," het Niehaus aan SAfm gesê.

"Ek het vanoggend (Vrydag) 'n boodskap aan die sekretarisgeneraal en die tesourier generaal van die ANK geskryf en my bedanking aangebied."

"Ek ws altyd in diens van die ANK en het altyd die ANK se dissipline aanvaar. Die ANK is nie 'n organisasie wat ek as net nog 'n organisasie beskou nie. Dit is my familie. Dit is die organisasie wat ek liefhet en ek sal nooit opsetlik iets doen om die organisasie te skaad nie. Ek sal altyd hulle dissipline aanvaar."

Die weeklikse Mail and Guardian het berig dat hy klaarblyklik 'n vals brief geskryf het terwyl hy hoof was van die Gautengse Ekonomiese Ontwikkelingsagentskap (Geda) en handtekeninge vervals het in 'n poging om 'n lening van 'n sakeman te verkry.

Niehaus het ook na bewering geld geleen van verskeie ANK-grootkoppe om sy hoë lewensstandaard te handhaaf.

"Die meeste inligting waarmee julle my konfronteer, is waar. Ek wens dit was nie so nie. Ek het groot foute gemaak en 'n klomp mense baie teleurgestel. EK het geen illusies dat indien julle die artikel publiseer dit die einde van my loopbaan sal beteken nie," het hy aan die Mail and Guardian gesê.

"Ek het vir mense soos Saki Macozoma, Cyril Ramaphosa, Tokyo Sexwale, Gill Marcus, Pallo Jordan en Rick Mennel gevra om my finansieel te help."

"Ek was platsak. Sommige van hulle het geld gegee en ander nie. EK is inderdaad diep in die skuld. EK het ook geld gekry van Brett Kebble."

Hy het gesê die oorlede mynmagnaat het aan hom R70 000 gegee vir kommunikasiewerk.

"Ek betaal R100 000 terug omdat ek nie meer die likwidateurs kan beveg nie – daar was geen kontrak nie, net 'n mondelinge ooreenkoms," het Niehaus gesê. 

безмасляный компрессорtopcargo

Amerikaanse banke insolvent

Sommige van die groot Amerikaanse banke is volgens ekonome en ander finansiële kenners soos dooie mense wat loop. Die banke is volgens hulle mening insolvent.

Verbruikers en besighede het egter nie nodig om bekommerd te wees oor hulle beleggings nie, aangesien dit deur die Amerikaanse regering verseker word. En selfs banke wat tegnies insolvent is, kan vir 'n lang tyd bly sake doen en hulle finansiële gesondheid herwin wanneer die ekonomie verbeter.

Maar sonder 'n oplossing vir die slegte bates, sal die kredietkrisis wat die ekonomie aftrek voortduur, omdat banke nie genoegsame lenings kan toestaan om die handel weer aan die gang te kry nie.

Die antwoord, volgens ekonome en kenners is groter, meer direkte betrokkenheid van die regering as wat in die tesouriedepartement se plan verlede week uiteen gesit is.

Sodanige ingryping is deur die Japannese regering van 2001 tot 2003 toegepas, deur die Sweedse regering in 1992 en deur Washington van 1987 tot 1989 om die spaar en leningskrisisse op te los.

"Die geskiedkundige rekord toon dat dit uiteindelik gedoen moet word," het 'n senior persoon by die Peterson-instituut vir Internasionale Ekonomie gesê. "Om dit uit te stel veroorsaak net meer probleme en hoër kostes op die lang duur."

Natuurlik sal die Obama-administrasie se stimulusplan kan help om ekonomiese herstel aan te help en die waarde van banke se bates kan begin toeneem.

Intussen styg die geskatte waardes van verliese steeds.

игры для девачекданильченко юрий брониславович прокурор

Anglikaanse kerk verbied lidmaatskap van regse party

ImageDie Anglikaanse kerk het met oorweldigende syfers gestem om mense in kerklike beroepe te keer om lede van sommige "rassistiese" politieke partye, spesifiek die BNP, te word.

Sommige sprekers het gewaarsku dat dié partye die reëls kan systap deur hulle name te verander, of kan beweer dat die lede ondersteuners eerder as amptelike lede is.

Hoe dit ook al sy, die stemming het deurgegaan met 322 stemme teenoor 13, en 20 wat buite stemming gebly het, te midde van bewerings dat die BNP probeer om hom as Christelike groep voor te hou,en vrese dat daar rassistiese ondertone in die kerk is wat etniese minderhede "skandaliglik onderverteenwoordig" in die kerklike beroepe laat.

Dit het gekom nadat 'n lys van 12 000 name en adresse van beweerde BNP lede op die internet gepos is, insluitend 'n afgetrede Anglikaanse priester, asook vyf eerwaardes van verskillende geloofsoortuigings.

самовсасывающий насос для скважиныданильченко юрій броніславович компромат

Meer aggressie nodig vir volkstaat

ImageSuid Afrika raak 'n groter gemors. Gustav Venter se rubriek oor Tutu gee mens hoop dat daar nog 'n paar enersdenkendes is.

Ek is 'n groot voorstander vir 'n volkstaat, maar raak ook bekommerd dat ons vermoë om eie grondgebied te bekom al hoe swakker word. 'n Volkstaat sal nie sonder 'n Afrikanerrewolusie kan realiseer nie en ons doen ook te min deur formele strukture om ons saak by die VN en ander lande te bevorder. Die voormalige Volksfront het groot werk gedoen om 'n basis vir 'n volkstaat te skep.

Ons hoef nie alles weer oor te doen nie en kan bou op wat reeds bestaan. Briewe en menings gaan nie die Afrikaner lei na 'n volkstaat toe nie, georganiseerde strukture moet gesamentlik en afsonderlik die kwessie met aggressie aanpak.

слесарь ремонтник насосное оборудованиеФільчаков прокурор