Tutu is geen Christen

Ek stem saam met Gustav Venter wat biskop Desmond Tutu se Christenskap bevraagteken en wonder wanneer hy hom gaan bekeer. Tutu gebruik bloot die Bybel en die Christelike geloof om politiek te bedryf. Op 'n stadium het hy dan iets gesê in die trant dat die Bybel 'n beter wapen as Karl Marx se Das Kapital is om 'n revolusie in Suid-Afrika te bewerkstellig.

Die Anglikaanse kerk het noue bande gehad met die ANC se stedelike terreurgroepe wat in die verlede onskuldige burgerlikes vermoor het. Tutu het self nog nooit geweld afgesweer nie. As hy vir enigiemand bid, bid hy waarskynlik vir die plaasmoordenaars wat ons mense doodmartel.

Alwyn Mouton se brief spreek van volslae naïwiteit, iets waaraan baie Afrikaners helaas ly. Tutu is net so min 'n Christen as wat Robert Mugabe een is. Immers het Mugabe ook in sendingskole skoolgegaan en is deur Roomse priesters opgevoed. Tutu is deur Aartsbiskop Trevor Huddleston van die Anglikaanse kerk opgelei om die Afrikaner te vernietig.

Hoewel die Afrikaner oor geen politieke of militêre mag meer beskik nie en tans so hulpeloos soos 'n pasgebore baba sy lot afwag, is Tutu nog nie klaar met ons nie. Sy onlangse verskyning by 'n NG Kerk in Pretoria is maar deel van die sielkundige oorlog wat hy al dekades lank teen die Afrikaner voer en waarvan die Waarheidskommissie 'n integrale deel was.

Om die Rooi Priester se uitsprake op sigwaarde op te neem, moet mens óf baie naïef óf onnosel wees.

компрессор для пескоструяФильчаков