Lekota wil Mthethwa dagvaar oor lyfwagte

Image

Nathi Mthethwa

Die KVP-leier Terror Lekota oorweeg regsoptrede teen die minister van veiligheid en sekuriteit, Nathi Mthethwa, se besluit om sy lyfwagte weg te neem, het die party gesê.

"Ons oorweeg regsoptrede teen die minister," het die party se woordvoerder Phillip Dexter aan Sapa gesê.

Mthethwa het Maandag die aankondiging gedoen dat daar geen rede is vir die regering om lyfwagte aan Lekota te voorsien nie, aangesien sy lewe nie in gevaar is nie.

"Gebaseer op die verslag wat ek ontvang het, is dit duidelik dat mnr. Lekota in geen gevaar verkeer nie en dat dit onnodig is om die diens voort te sit. Indien dit wel sou nodig raak vorentoe, kan die besluit hersien word," het Mthethwa in 'n verklaring gesê.

Hy sê hy het tot die gevolgtrekking gekom ná hy die aanbevelings in 'n verslag gelees het "wat die bedreigingsanalise van sleutelpersoneel wat verlede jaar bedank uit die kabinet bedank het", uiteengesit het.

Lekota het meer as een keer beweer dat sy lewe in gevaar was en dat hy beskerming nodig het. Maar Mthethwa het nie saamgestem nie.

"Volgens die ministeriële handboek wat dien as riglyne oor die aangeleenthede, is ministers net geregtig op die diens vir 'n maand nadat hulle bedank het."

"Voormalige ministers kan egter aansoekdoen vir die voortsetting van die diens en 'n bedreigingsanalise sal dan gedoen word, waarvan die aanbeveling sal aandui of die diens voortgesit moet word of nie."

 

фасадная штукатурка купитьлобановский александр дети

Maak 'n opvolg-bydrae