Is Gustav Venter ‘n Christen?

Die rubriek van Gustav Venter oor Aartsbiskop Tutu is die grootste klomp snert wat ek in 'n lang tyd gelees het. Die man klink amper soos ons eie Malema met die kragdadige aanval op die persoon van 'n ou man wat al meer vir die kerk en sy mense gedoen het as wat Venter ooit sal. Dit laat mens dan ook wonder wie sy volgende slagoffer gaan wees.

Gustav se weerbarstige geworstel om Tutu se Christenskap te probeer bevraagteken, is erg verdag aangesien hy nêrens in sy skrywe hoegenaamd 'n aanduiding gee of hy wel een is nie. Indien hy daarop sou aandring dat hy wel een is, sou dit hom 'n patetiese figuur laat. Die Christen met die ystersaaglemtong, gereed om enige ander mens se christenskap te bevraagteken.

As hy praat van die "ons" wat wag vir Tutu om hom te bekeer, wonder ek wie almal deel van die groepie is wat in afwagting sit. Hy waarsku dat hoogmoedigheid nie deel van die Christenmondering is nie, maar in sy skrywe maak hy homself telkens daaraan skuldig.

Ek sou dink verwaandheid hoort ook nie by Christenskap nie, Gustav. As jy niks het om te sê nie, bly eerder stil. Jy verraai jou eie swakhede aan mense wat dit dalk vorentoe gaan uitbuit. Vernaamlik nie-christene.

освещение сауны парнойФільчаков Олександр Васильович прокурор