PRAAG het so pas van ‘n bron binne die Suid-Afrikaanse Polisiediens verneem dat klopjagte op Afrikanerleiers en sogenaamde “regses” uitgevoer gaan word. Huise gaan deursoek word vir onwettige wapens, plofstof en opruiende materiaal. Blykbaar gaan daar selfs voorwerpe geplant word by mense wat as hinderlik vir die regering beskou word.
Volgens ons bron is die polisie bewus van die ontevredenheid en pogings van Afrikanergroepe om te begin mobiliseer ná die moord op Eugene Terre’Blanche en gemoedere wat hoog loop oor geweldsmisdaad, Malema se uitsprake en dreigemente van plaasbesettings deur sowel Malema as die minister van grondsake, Gugile Nkwinti.
Die doel van die polisieklopjagte gaan tweeledig wees:
- om aan die buiteland te demonstreer dat die ANC steeds “in beheer” van die land verkeer en in staat is om enige verset in die kiem te smoor;
- om Afrikaners te intimideer om enige voorbereidings tot verset, opstand of selfverdediging te laat vaar.
Intussen is duisende Afrikaners besig om op te ruk na Ventersdorp om Eugene Terre’Blanche se begrafnis Vrydag om 12.00 by te woon.
Volgens interne e-posberigte gaan die Vryheidsfront Plus ‘n amptelike afvaardiging onder leiding van dr. Pieter Mulder na die begrafnis stuur en die provinsiale bestuur van Gauteng sal ook in volle sterkte teenwoordig wees.

PRAAG se nuus- en meningsportaal, praag.co.za, het oor die Paasnaweek uit sy nate gebars. Hoewel naweke en vakansiedae gewoonlik stiller is omdat die meeste mense by die werk ons webblad lees, was dit die afgelope twee dae presies die teenoorgestelde.
‘n
Die Vryheidsfront Plus veroordeel die premier van Gauteng, me. Nomvula Mokonyane, se vyandige uitsprake teenoor wit belastingbetalers in die Tshwane-munisipaliteit. Die VF Plus se leier in Gauteng en LPW, mnr. Jaco Mulder, gaan ‘n dringende gesprek met die Gautengse premier aanvra in verband met haar uitsprake.
Die voormalige parlementslid en leier van die Vryheidsfront Plus in Pretoria, Willie Spies, het met onmiddellike ingang uit die party bedank. Die redes vir Spies se bedanking is oënskynlike spanning tussen die party en Afriforum, sy huidige werkgewer, met as bykomende faktor die adjunkministerskap van dr. Pieter Mulder in die ANC-kabinet.
Die Vryheidsfront Plus het gesê dat inwoners van Pretoria geregtig is om hulle geld vir vullisverwydering terug te eis nadat vullisverwydering in die Tshwane-metrogebied vir die vyfde keer vanjaar nie plaasvind nie.
Volgens kollegas en vriende van die veteraanjoernalis Chris Louw het hy selfmoord gepleeg deur hom met ‘n AK-47 op die dak van sy huis te skiet. Blykbaar het Louw, ‘n voormalige redakteur van RSG se aktualiteitsprogramme Monitor en Spektrum, finansiële probleme gehad en is daar die afgelope tyd ook 40 keer by sy huis op ‘n kleinhoewe by Silkaatsnek tussen die Hartebeespoortdam en Brits ingebreek.
Die oudste Afrikaanse koerant in die land, Die Volksblad, kry van aanstaande jaar af ‘n bruin redakteur, mnr. Ainsley Moos. Hy sal vanaf Januarie 2010 die leisels by mnr. Jonathan Crowther oorneem wat ná 36 jaar in die joernalistiek aftree.