Nege beseer tydens vullis-staking

Nege mense is Woensdagmiddag beseer toe oproeriges van Pikitup gewelddadig geraak in Bertha Street in Braamfontein, Johannesburg.

Volgens ER24 se woordvoerder Russel Meiring, is paramedici na die toneel ontbied, en by aankoms nege pasiënte op die sypaadjie aangetref.

Hy het verduidelik dat paramedici die pasiënte behandel het op die plek en daarna na ‘n nabygeleë hospitaal vir verdere assessering geneem het.

“Die pasiënte het klaarblyklik dié besering opgedoen tydens ‘n protesaksie,” het hy gesê.

Die Johannesburgse metroraad het intussen die gedrag van stakende werkers van die afvalverwyderingsmaatskappy Pikitup, skerp veroordeel.

Die werkers wat sedert Maandag staak, het die middestad tydens ‘n optog na die maatskappy se hoofkantoor met vullis bestrooi en klippe na die polisie gegooi voordat hulle met rubberkoeëls uiteeengejaag is.

‘n Lid van die Burgermeesterskomitee vir Omgewingsake en Infrastruktuurdienste, Matshidiso Mfikoe, sê dit is onaanvaarbaar dat werkers onwettig begin staak, ‘n hofbevel ignoreer om terug te keer werk toe, en voortgaan om die stad te bevuil.

Pikitup se woordvoerder Jacky Mashapu het gesê die maatskappy sal die beginsel van geen werk, geen betaling nakom en sal werknemers wat deelneem aan die onwettige staking uitsluit.

“Ons is besig om onvermoeid te verseker dat dienste so gou as moontlik herstel word,” het hy gesê.

Pikitup het verder aangedui dat inwoners aangemoedig word om vullisdromme in hul eiendom te hou tot tyd en wyl alternatiewe reëlings getref kan word vir verwydering.

Maatreëls om opgehoopte vullis te verwyder sal deur die maatskappy gekommunikeer word.

Vullis in Pretoria: ‘Gee geld terug’

Conrad BeyersDie Vryheidsfront Plus het gesê dat inwoners van Pretoria geregtig is om hulle geld vir vullisverwydering terug te eis nadat vullisverwydering in die Tshwane-metrogebied vir die vyfde keer vanjaar nie plaasvind nie.

Volgens dr. Conrad Beyers, VF Plus-raadslid, is die metroraad wetlik verplig om die dienste te lewer waarvoor inwoners betaal.

“Daar is oorgenoeg gronde vir inwoners om ‘n amptelike dispuut op groot skaal met die metroraad te verklaar, waarin daar geëis word dat korting gegee moet word vir dienste wat nie gelewer is nie. Dit help egter nie dat slegs enkelinge dit doen nie – dit moet regoor die stad gekoördineerd wees. Voorsitters van inwonersverenigings, tesame met ander belanghebbendes, moet in Januarie bymekaar kom om gekoördineerde aksie te beplan,” het Beyers gesê.

Die VF Plus het gesê dat dit jammer is dat die probleme rakende vullisverwydering aanhou herhaal, nadat die party reeds verlede jaar gewaarsku het dat voorkomende maatreëls getref moet word om die onderliggende probleme op te los.

Die VF Plus het gesê dat enige verdere versuim deur die ANC om alternatiewe reëlings vir vullisverwydering te tref tot ‘n ramp in die stad kan lei. “Die feit dat die ANC passief toekyk hoe die probleem vererger, het veroorsaak dat ‘n probleem wat op ‘n baie vroeër stadium opgelos kon word tot ‘n ernstige krisis gelei het. Hierdie is die swakste stadsadministrasie in Pretoria se geskiedenis.”

портальные автомойки ценаАлександр Фильчаков прокурор